Anschen Conradie's Reviews > Die goorste week ooit!: Maandag

Die goorste week ooit! by Eva Amores
Rate this book
Clear rating

by
23680296
's review

really liked it

#DieGoorsteWeekOoitMaandag – Eva Amores & Matt Cosgrove
#HumanenRousseau

So…… dink jy jou week is goor ?

Justin Chase s’n is erger.

1. Sy ma is pas weer getroud – met ‘n vampier.
2. Terwyl sy op haar wittebrood is, moet hy by sy pa bly. Hy eet slegs groen kos en sy motor is ‘n reuse toilet op wiele.
3. Hy moet na ‘n nuwe skool toe gaan met klere wat minstens twee nommers te klein is en duidelik genoeg met sy naam gemerk is dat die etikette van die maan af leesbaar is.
4. Sy maag is omgekrap.
5. Hy moet sy eerste swemles met ‘n gehekelde swembroek aandurf.
6. Sy kat is deur aliens ontvoer.
7. Sy oumagrootjie woon ook by sy pa. Hy vermoed sy is dieselfde jaar gebore wat die wiel uitgevind is en dat sy bes moontlik die eerste wiel gehekel het.
8. ‘n Psigopatiese boelie het sy visier op hom ingestel.
En dit was maar net Maandag. Dinsdag kom nog.

Die formaat en humor herinner sterk aan die style van David Walliams en Dav Pilkey en, soos hierdie gewilde skrywers se kinderboeke, is hierdie boek ook in ‘n strokiesprentstyl met spraakborrels en voetnotas saamgestel. Bonusmateriaal sluit in ‘n gids om Justin Chase self te teken en ‘n bladsy waarop die leser kan raai wat Dinsdag vir hom voorlê.

Die skrywers is ‘n egpaar en hulle het saam ‘aandetes, koeke, foute, ‘n gemors, herinneringe, swak modekeuses en twee mense’ gemaak. Foto’s van beide is agterin die boek gedruk ‘sodat jy ‘in die teenoorgestelde rigting kan padgee as jy hulle in die regte lewe raakloop.’

Die boek is oorspronklik in Engels gepubliseer as ‘Worst Week Ever! Monday’ en is in Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys. Dit word aanbeveel vir lesers van 9-12 jaar en is by uitstek geskik vir trae en sukkelende jong lesers.

⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
1 like · flag

Sign into Goodreads to see if any of your friends have read Die goorste week ooit!.
Sign In »

Reading Progress

July 13, 2023 – Shelved
July 13, 2023 – Shelved as: to-read
July 27, 2023 – Started Reading
July 29, 2023 – Finished Reading

No comments have been added yet.