0% found this document useful (0 votes)
69 views95 pages

Voorwaarts

Uploaded by

Geovana
Copyright
© © All Rights Reserved
We take content rights seriously. If you suspect this is your content, claim it here.
Available Formats
Download as PDF, TXT or read online on Scribd
0% found this document useful (0 votes)
69 views95 pages

Voorwaarts

Uploaded by

Geovana
Copyright
© © All Rights Reserved
We take content rights seriously. If you suspect this is your content, claim it here.
Available Formats
Download as PDF, TXT or read online on Scribd
You are on page 1/ 95

Voorwaarts

Ellen G. White

2012

Copyright © 2021
Ellen G. White Estate, Inc.
Information about this Book

Overview
This eBook is provided by the Ellen G. White Estate. It is included
in the larger free Online Books collection on the Ellen G. White
Estate Web site.

About the Author


Ellen G. White (1827-1915) is considered the most widely translated
American author, her works having been published in more than 160
languages. She wrote more than 100,000 pages on a wide variety of
spiritual and practical topics. Guided by the Holy Spirit, she exalted
Jesus and pointed to the Scriptures as the basis of one’s faith.

Further Links
A Brief Biography of Ellen G. White
About the Ellen G. White Estate

End User License Agreement


The viewing, printing or downloading of this book grants you only
a limited, nonexclusive and nontransferable license for use solely
by you for your own personal use. This license does not permit
republication, distribution, assignment, sublicense, sale, preparation
of derivative works, or other use. Any unauthorized use of this book
terminates the license granted hereby. (See EGW Writings End User
License Agreement.)

Further Information
For more information about the author, publishers, or how you can
support this service, please contact the Ellen G. White Estate at

i
mail@whiteestate.org. We are thankful for your interest and feed-
back and wish you God’s blessing as you read.

ii
iii
Inhoudsopgawe
Information about this Book . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . i
Voorwaarts . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . vi
Hoofstuk 1 - Voorwaarts . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7
Hoofstuk 2 - Brood cn Watcr Gewis . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 16
Hoofstuk 3 - Die Bangoed . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 20
Hoofstuk 4 - Dic Tiende . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 31
Hoofstuk 5 - Offergawes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 37
Hoofstuk 6 - ‘n Weduwee Gevoed . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 44
Hoofstuk 7 - Om te Gee Is om te Leef . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 47
Hoofstuk 8 - Die Fees in Simon se Huis . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 51
Hoofstuk 9 - ‘n Verandcrde Kerk . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 62
Ontvang Omtekan Gee . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 63
“n Tyd Vir Spaarsaamheid En Opofferinc . . . . . . . . . . . . . . . 63
“n Voorreg en ‘n Verantwoordelikheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . 65
Steun Buitelandse Sendingwerk . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 65
Die Werk Moet Nie tot Stilstand Kom Nie . . . . . . . . . . . . . . . 66
Sal Ons Die Werkin Die Steek Laat? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 66
Blymoedige Vrygewigheidin Hierdie Sluitingstryd . . . . . . . . 67
Heelhartige Oetrouheid Aan Die Kerk . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 67
Die Doopgelofte . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 68
Ons Taak . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 69
Moenie virOproepe Wag Nie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 70
Die Stem Van Toewyding . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 70
“n Antwoord op Christus se Cebed om Eenheid . . . . . . . . . . 72
Ontledig die Hart van Selfsug . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 72
Geestelike Voorspoed En Christelike Vrygewigheid . . . . . . . 73
God Sal Die Hand Weer Vul . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 74
“n Oproep Tot Groter Erns . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 74
Belê Nouin Die Bank Van Die Hemel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 75
Laat Reën Uitgestel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 75
Maak Elke Aardse Belang Ondergeskik . . . . . . . . . . . . . . . . . 76
Die Gees van Opoffering . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 77
“n Toets Van Getrouheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 77
Gods Reserwes van Tyd en Besittings . . . . . . . . . . . . . . . . . . 78
iv
Inhoudsopgawe v

Betaal Tiende op Besittings Sowel as Inkomste . . . . . . . . . . . 79


Vir Elke Bedeling . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 79
Beplan as ‘n GrootSeëning . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 80
Nege-tiendes Meer Werd as die Tien . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 80
“n Merkbare Verandering Sedert die Dae van die Jode . . . . . 80
Op Ewige Beginsels Gegrondves . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 81
Paulus Het die Stelsel Erken . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 81
Gods Aanspraak op Ons . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 82
“n Planpragtig In Sy Eenvoud . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 84
Vir Ryk en Arm . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 84
Met’n Verbondsverhouding Verbind . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 85
Nie ‘n Strawwe Wet Nie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 85
Geen Las Nie, Behalwe vir die Ongehoorsame . . . . . . . . . . . 86
“n Skamele Bietjie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 86
“n Praktiese Aangeleentheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 86
Gereelo En Stelselmatig . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 87
Eers die Tiendes-Dan die Offergawes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 87
Kom Gods Vereistes Eerste Na . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 88
Die Sonde Van Ananias . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 88
Voorwaarts

God het nog nooit nagelaat om voorsiening te maak vir Sy volk


en vir die werk wat Hy aan hulle opgedra het nie. Om die bewoners
van die aarde te win en te waarsku, is die werk van die hemel,
maar God het verkies om die verloste mense te gebruik om hulle
medemense te bereik. Deur die eeue van die aarde heen het krisisse
dikwels voorgekom, en die verhale van die mensdom se welslae en
mislukkings, van die lankmoedigheid en wonderbare intrede van
God, sal dien om ons geloof dieper en sterkerte maak.
Daar is in ons tyd “onmoontlikhede,” Skelfseë, Jerigo’s, honger-
snode, armoede en menigtes wat gevoed moet word. Maar daar is
ook ‘n God wat gereed staan om vir ons net sulke groot dinge te
doen soos die wat opgeteken staan in hierdie verhale in die Gees van
profesie. Hoe dikwels weier ons om die bevele van God na te kom
en vervang ons dit met ons eie planne.
Daar was nog altyd net een vereiste vir sukses in die mens se
ondememings vir God, naamlik ‘n toegewyde, verbonde volk wat
hulle aan die wil en die plan van God onderwerp. Kom, laat ons
daardie soort mense wees, gereed om orals, te enige tyd wanneer die
Here dit beveel, “VOORWAARTS” te gaan.

vi
Hoofstuk 1 - Voorwaarts [1]

Met hulle heupe omgord, met skoene aan hulle voete en hulle staf
in die hand het Israel swygend en met ontsag en verwagting gewag op
die koning se bevel dat hulle moes trek. Voor dagbreek was hulle in
die pad. Gedurende die plae, terwyl die openbaringe van Gods mag
in die slawe se harte geloof verwek en hulle verdrukkers met vrees
besiel het, het die Israeliete geleidelik in die land Gosen saamgekom;
en ondanks hulle plotselinge vertrek is sekere reëlings reeds getref
vir die nodige organisasie en beheersing van die bewegende skare.
Hulle was reeds in groepe verdeel, elk met sy aangewese leier.
“Omtrent seshonderdduisend te voet, die manne buiten die kin-
ders. En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met
hulle opgetrek. ” Onder die skare was nie net diegene wat weens
hulle geloof in die God van Israel gegaan het nie, maar ook ‘n veel
groter aantal wat net van die plae wou wegkom, of wat uit blote
nuuskierigheid of opge-wondenheid agter die trekkende Israeliete
aangegaan het. Daardie klas was altyd vir Israel ‘n struikelbloken ‘n
strik.
Die volk het ook “kleinvee en beeste ‘n groot hoeveelheid vee”
met hulle saamgeneem. Dit was die eiendom van die Israeliete wat
nooit, soos die Egiptenare, hulle besittings aan die koning verkoop
het nie. Jakob en sy seuns het hulle beeste en hulle kleinvee saam
met hulle na Egipte geneem, en daar het hulle grootliks vermeerder.
Voordat hulle uit Egipte weggetrek het, het die volk, op bevel van
Moses, hulle onbetaalde loon geëis; en die Egiptenare was maar te
gretig om van hulle ontslae te raak, en het nie geweier nie. Die slawe
is daar weg, belaai met die buit van hulle verdrukkers.
Op daardie dag is die geskiedenis wat honderde jare vantevore
in profetiese gesig aan Abraham geopenbaar was, afgesluit. “Weet
vir seker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat
aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk
word vierhonderd jaar lank. Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan
wie hulle diensbaar moet wees, en Daarna sal hulle uittrek met baie
7
8 Voorwaarts

goed.” Genesis 15:13,14. Die vierhonderd jaar was nou verstreke en


op daardie selfde dag het die Here die kinders van Israel, volgens
hulle leërafdelings. uit Egipteland uitgelei. ‘n Kosbare erfnis wat
die Israeliete met hulle saam uit Egipte weggeneem het, was die
[2] gebeente van ]osef wat so lank op die vervulling van die belofte van
God gewag het en wat Israel gedurende daardie donkere jare van
slawemy herinner het aan hulle komende verlossing.
Pleks dat Hy hulle reguit deur die land van die Filistyne na
Kanaan geneem het, het die Here hulle suidwaarts na die oewers van
die Skelfsee gelei. “Want God het gesê:” Die volk kan dalk berou
kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.” As hulle geprobeer
het om deur die land van die Filistyne te trek, sou hulle teenstand
ondervind het, want die Filistyne sou hulle vir slawe aangesien het
wat van hulle meesters wegvlug, en hulle sou nie geaarsel het om
teen hulle oorlog te maak nie. Die Israeliete het in elk geval nie oor
die nodige wapens beskik om so ‘n magtige, oorlogsugtige volk aan
te durf nie. Hulle het min kennis van God gehad en hulle geloof
in Hom was nog maar swak, en hulle sou verskrik en moedeloos
geword het. Hulle was nie net ongewapend en sonder enige kennis
van oorlogvoering nie, maar hulle lange jare van slawemy het hulle
ook geesloos gemaak, en boonop het hulle vroue en kinders en vee
by hulle gehad. Deur hulle na die Skelfsee te lei het die Here bewys
dat Hy sowel ‘n God van genade as van wysheid is.
“So het hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in
Etam, aan die kant van die woestyn. En die Here het voor hulle uit
getrek, bedags in ‘n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags
in ‘n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon
trek. Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor
die volk gewyk nie.” Die psalmdigter sê: “Hy het ‘n wolk uitgebrei
as bedekking en vuur om die nag te verlig.” Psalm 105:39. Kyk
ook 1 Korinthiërs 10:1,2. Hulle onsigbare Leidsman se vaandel was
altyd by hulle. Bedags het die wolk hulle op hulle reis gelei, of dit
het as bedekking bokant die skare gedien. Dit het as beskerming
teen die brandende hitte gedien, en deur sy koelte en vog in die
dorre woestyn welkome verkwikking aangebied. Snags het dit’ n
vuurkolom geword wat hulle kamp verlig en hulle voortdurend aan
die Goddelike teenwoordigheid herinner het.
- Voorwaarts 9

In een van die mooiste en vertroostendste gedeeltes van Jesaja


word daar na die wolk - en vuurkolom verwys as ‘n sinnebeeld van
die sorg van God vir Sy volk in die laaste groot stryd met die magte
van boosheid. “Dan skep die Here oor elke woonplek van die berg
Sion en oor sy plekke van same-koms ‘n wolk bedags en rook met
die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik
is, sal daar ‘n beskutting wees. En daar sal “n afdak wees vir ‘n [3]
skaduwee bedags teen die hitte en vir ‘n skuilplek en toevlug teen
die stortbui en die reën.” Jesaja 4:5,6.
Hulle het deur ‘n somber woestynstreek gereis. Reeds het hulle
begin wonder waarheen hierdie weg hulle sou voer; en hulle het
moeg geword vir die moeilike pad, en in sommige harte het vrees vir
agtervolging deur die Egiptenare reeds ontstaan. Maar die wolk het
voortbeweeg en hulle het gevolg. En nou het die Here Moses beveel
om in’ n nou kloof af te draai en langs die see laer op te slaan. Daar
is aan hom geopenbaar dat Farao hulle sou agtervolg, maar dat God
hulle met redding sou vereer.
In Egipte het dit rugbaar geword dat die Israeliete nie in die
woestyn vertoef het om te aanbid nie, maar dat hulle in die rigting
van die Skelfsee getrek het. Farao se raadgewers het aan die koning
gesê dat hulle slawe gevlug het en nooit sou terugkeer nie. Die volk
het die feit betreur dat hulle so dwaas was om die dood van hulle
eersgeborenes aan die mag van God toe te skryf. Nadat die wyse
manne van hulle skrik herstel het, het hulle die plae aan natuurlike
oorsake toe-geskryf. Hulle het gesê:“Wat het ons nou gedoen dat
ons Israel laat trek het, sodat hulle ons nie meer dien nie?”
Farao het sy strydmagte versamel, seshonderd uitgesoekte stryd-
waens ... en al die ander strydwaens van Egipte, ruiters en aanvoer-
ders en voetvolk. Die koning self, vergesel van die groot manne
van sy ryk, was aan die voorpunt van hierdie aanvalsleër. Om die
goedkeuring van die gode te verkry en die welslae van die ondeme-
ming te verseker, het die priesters ook met hulle saamgegaan. Die
koning was van voomeme om die Israeliete bang te maak met sy
grootse magsvertoon. Die Egiptenare was bang dat hulle gedwonge
onderwerping aan die God van Israel hulle in die oë van die ander
nasies belaglik sou maak; maar as hulle nou met groot magsvertoon
uitgaan en die vlugtelinge terugbring, sou hulle hulle eer herstel en
ook die dienste van hulle slawe herwin.
10 Voorwaarts

Die Hebreërs se laer was langs die see en sy waters was skynbaar
‘n onoorkomelike versperring voor hulle. Boonop het die berge aan
die suide verdere vordering in daardie rigting belet. Skielik sien hulle
in die verte die blink pantsers en die bewegende strydwaens wat
die koms van die oprukkende leër verraai. Namate die mag nader
kom, besef hulle dat hulle deur die hele Egiptiese leër agtervolg
word. Israel is vreesbevange. Sommige bid tot die Here, maar die
meerderheid haas hulle om by Moses te gaan kla:“Het u, omdat daar
[4] in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn
te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Egipte uitgelei
het? Is dit nie die woord wat ons u in Egipte gesê het nie: Laat ons
met rus dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons
om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe.”
Moses was diep verontrus omdat sy volk so min vertroue in God
aan die dag gelê het, ondanks hulle herhaaldelik die openbaring van
Sy mag tot hulle voordeel aanskou het. Hoe kon hulle die skuld vir
hulle moeilikhede en gevare op hom pak aangesien hy die duidelike
bevel van God gehoorsaam het? Daar was wel geen moontlikheid
om te ontvlug tensy God self sou intree nie, maar aangesien hy
weens sy gehoorsaamheid aan God in hierdie moeilikheid beland
het, het Moses die gevolge nie gevrees nie. Bedaard het hy die volk
verseker: “Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing
van die Here wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die
Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid
nie. Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.”
Dit was geen maklike saak om die leërskare van die Israeliete
op die toetrede van die Here te laat wag nie. Omdat hulle geen
selfbeheersing of dissipline gehad het nie, het hulle gewelddadig en
onredelik geword. Hulle het verwag om spoedig weer in die hande
van hulle verdrukkers te wees en hulle het lank en luid geweeklaag.
Hulle het die wonderbaarlike wolkkolom gevolg as ‘n teken van God
dat hulle moet voorwaarts trek; maar nou het hulle hulle afgevra of
dit nie dalk die voorteken van ‘n groot ramp was nie. Het dit hulle
dan nie aan die verkeerde kant van die berg op ‘n onbegaanbare weg
gelei nie? Daarom het hulle die engel van die Here in hulle misleide
denke vir ‘n onheilsbode aangesien.
Maar toe die Egiptiese leër op hulle toesak en verwag om hulle
maklik te oorrompel, lig die wolkkolom hom sierlik op in die he-
- Voorwaarts 11

mele. Hy beweeg bo-oor die Israeliete en daal tussen hulle en die


Egiptiese leër neer. Nou is daar ‘n donker muur tussen agtervolgers
en agtervolgdes. Die Egiptenare kon die laer van die Hebreërs nie
meer sien nie en moes stilhou. Maar namate die nag donkerder word,
word die wolkmuur vir die Hebreërs ‘n groot lig wat hulle hele laer
met die lig van die dag verhelder.
Toe het daar weer in die harte van die Israeliete hoop gekom.
Moses het die Here aangeroep: “Toe vra die Here vir Moses: “Wat
roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.
En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit,
sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan
trek.”
Die psalmdigter beskryf in sy lied hoe Israel deur die see gegaan [5]
het: “U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was
nie te beken nie. U het u volk soos skape gelei deur die hand van
Moses en kiron.” Psalm 77:20,21. Toe Moses sy staf uitstrek, gaan
die waters oop en Israel loop op droë grond die see in terwyl die
water aan weerskante soos ‘n groot muur staan. Die lig van God se
vuurpilaar skyn op die skuimende golwe en verlig die pad wat soos
‘n voor deur die waters van die see oopgekloof is en in die duistemis
op die ander oewer verdwyn.
Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek
- al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters - die see in. En in die
morewaak het die Here, in die vuuren wolkkolom, op die leër van die
Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring
gebring. Die geheimsinnige wolk het voor hulle oë in ‘n vuurkolom
verander. Die donder het gedreun en die weerlig het geblits.” Die
wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u
pyle rondgevlieg. U rollende donder het weerklink; bliksems het die
wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.” Psalm 77:18,19.
Die Egiptenare was verwar en verskrik.Te midde van die toom
van die elemente waarin hulle die stem van ‘n vertoomde God
kon hoor, het hulle probeer omdraai om terug te vlug na die oewer
waarvandaan hulle gekom het. Maar Moses het sy staf uitgestrek, en
skuimend en bulderend het die opgehoopte water, gretig vir sy prooi,
teruggestroom en die Egiptenare in hulle donkere dieptes verswelg.
Toe dit more word, sien die Israeliete al wat van hulle magtige
vyande oorgebly het - die gepantserde lyke wat op die strand uit-
12 Voorwaarts

gespoel het. Hulle is in een nag uit die aakligste gevaar gered. Die
groot hulpelose skare slawe wat geen krygskuns geken het nie, vroue,
kinders en vee met die see voor hulle en die magtige Egiptiese leër
op hulle hakkehet gesien hoe hulle weg deur die water geopen is en
hoe hulle vyande in die oomblik van verwagte oorwinning vemietig
is. Net Jehova alleen het hulle verlos, en tot Hom het hulle harte met
dankbaarheid en geloof uitgegaan. Hulle gevoelens is in lofliedere
uitgespreek. Die Gees van God het op Moses gerus en Hy het die
volk voorgegaan in ‘n segelied van danksegging, die oudste en een
van die verhewendstes wat aan mense bekend is.
“Ek wil sing tot eet van die Here, want Hy is hoog verhewe.
Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.
Die Here is my krag en my psalm,
[6] en Hy het my tot heil geword.
Hy is my God, Hom sal ek roem;
die God van my vader, Hom sal ek verhef.
Die Here is ‘n krygsman;
Here is sy naam.
Hy het Farao se strydwaens en sy leërmagte in die see gewerp.
En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.
Die watervloede het hulle oordek.
Hulle het in die kolke gesink soos ‘n klip.
o Here, U regterhand is verheerlik deur krag.
U regterhand, o Here, verpletter die vyand...
o Here, wie is oor U onder die gode?
Wie is soos U, verheerlik in heiligheid,
gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?...
U het deur U guns die volk gelei wat U verlos het;
U het hulle deur U krag na U heilige woning gevoer...
Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder...
Verskrikking en vrees het op hulle geval;
deur die grootheid van U arm was hulle stom soos ‘n klip,
terwyl U volk deurtrek, Here,
terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.
U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfnis,
die plek, o Here, wat U as vaste woonplek vir U berei het.”
Exodus 15:1-17
- Voorwaarts 13

Soos die stem van die see het die verhewe hulde van die groot
skare van Israel opgegaan. Die vroue van Israel onder leiding van
Mirjam, Moses se suster, het dit verder gevoer terwyl hulle met
tamboeryne in die hande gedans het. Tot ver oor die woestynsand
en die see het die woorde van hulle loflied weerklink - “Sing tot eer
van die Here, want Hy is hoog verhewe.”
Hierdie lied en die verlossing wat daardeur herdenk word, het op
die geheue van die Hebreërs ‘n indruk gemaak wat nooit uitgewis
kon word nie. Eeu na eeu het die profete en sangers van Israel dit
oorvertel en getuig dat Jehova die krag en die verlossing is van
diegene wat op Hom vertrou. Daardie lied behoort nie uitsluitlik
aan die Joodse volk nie. Dit wys ook op die toekomstige verdelging
van al die vyande van geregtigheid en die laaste sege van die Israel
van God. Die profeet van Patmos het die witgeklede skare wat
“oorwinnaars” is, op die “see van glas, gemeng met vuur” sien staan”
met siters van God. En hulle het die lied gesing van Moses, die
dienskneg van God, en die lied van die Lam” (Openbaring 15:2,3).
“Nie aan ons, o Here, nie aan ons nie, maar aan U Naam gee eer,
om U goedertierenheid, om U trou ontwil.” Psalm 115:1. Van hierdie [7]
gees was die verlossingslied van Israel deurtrokke en dit is die gees
wat tuishoort in die harte van almal wat God vrees en Hom liefhet.
Deur ons van diensbaarheid aan die sonde te bevry, het God vir ons
‘n groter verlossing teweeggebring as die van die Hebreërs by die
Skelf-see. Soos die Hebreërs behoort ons die Here met hart en siel
en stem te prys vir Sy “wonderdade aan die mensekinders.” Diegene
wat by die groot genadedade van God stilstaan en ook Sy kleinere
gawes nie uit die oog verloor nie, sal hulle met vreugde omgord en in
hulle harte tot die Here sing. Ons behoort gedurig ons dank te betuig
vir die alledaagse seëninge wat ons uit die hand van God ontvang,
en bo alles vir die dood wat Jesus gesterf het om geluk en die hemel
binne ons bereik te bring. Watter medelyde, watter ongeëwenaarde
liefde het God teenoor ons as verlore sondaars bewys deur ons te
erken en as Sy besondere eiendom, Sy skat, aan te neem! Wat ‘n
opoffering het ons Verlosser gemaak sodat ons kinders van God
genoem kan word! Ons behoort God te loof vir die salige hoop wat
deur die groot verlossings plan aan ons voorgehou word; ons behoort
Hom te loof vir die hemelse erfnis en vir Sy dierbare beloftes; loof
Hom omdat Jesus leef om vir ons in te tree.
14 Voorwaarts

Die Skepper sê: “Die een wat dank offer, eer My” (Psalm 50:23).
Al die bewoners van die hemel loof God uit een mond. Laat ons dan
nou die engelelied leer sodat ons dit saam met hulle kan sing wanneer
ons, ons by hulle geledere aansluit. Laat ons soos die psalmdigter
sé: “Ek wil die Here prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer
van my God solank as ek nog daar is.” “Die volke sal U loof, o God,
die volke almal saam sal U loof.” (Psalm 146:2; 67:4).
In Sy voorsienigheid het God die Hebreërs tussen die berge en
die see gebring, sodat Hy Sy krag deur hulle verlossing kon betoon
en die trots van hulle verdrukkers kon verpletter. Hy kon hulle op
‘n ander manier gered het, maar Hy het hierdie metode verkies om
hulle geloof op die proef te stel en om hulle vertroue in Hom te
versterk. Die volk was moeg en verskrik, maar as hulle gehuiwer
het toe Moses hulle beveel om voorwaarts te trek, sou God nooit vir
hulle ‘n pad oopgemaak het nie. Dit was “deur die geloof” dat hulle
“soos oor droë grond” deur die Skelfsee getrek het (Hebreërs 11:29).
Deurdat hulle tot by die water getrek het, het hulle bewys dat hulle
die woord van God soos deur Moses gespreek, geglo het. Hulle het
[8] alles in hulle vermoë gedoen en Daarna het die Magtige van Israel
die see oopgekloof om vir hulle voete ‘n pad te baan.
Dit was ‘n groot les vir tyd en ewigheid. Die Christen se lewe
word dikwels deur gevare bedreig, en dit skyn dikwels moeilik om
ons plig te doen. Die verbeelding skilder vir ons ondergang voor
en slawemy of die dood agter. Nogtans spreek die stem van God
duidelik: “Voorwaarts!” Ons behoort hierdie bevel te gehoorsaam
al kan ons oë nie deur die duistemis dring nie en al voel ons die
koue golwe onder ons voete. Die struikelblokke wat ons vordering
belemmer, sal nooit voor ‘n aarselende, twyfelende gees wyk nie.
Diegene wat gehoorsaamheid uitstel totdat elke sweem van onseker-
heid verdwyn het en daar geen gevaar van mislukking of neerlaag
is nie, sal nooit gehoorsaam nie. Ongeloof fluister: “Kom ons wag
totdat alle struikelblokke verwyder is en ons die pad duidelik kan
sien,” maar geloof gaan moedig voorwaarts en dit hoop alles en glo
alles.
Die wolk wat vir die Egiptenare duistemis was, was vir die He-
breërs ‘n groot lig wat die hele laer verlig en die pad voor hulle
verhelder het. Op dieselfde manier bring die voorsienighede van
God vir die ongelowiges duistemis en wanhoop terwyl hulle vir die
- Voorwaarts 15

vertrouende siel vol lig en vrede is. Die pad waarop God voorgaan,
kan deur die woestyn of deur die see loop, maar dis ‘n veilige pad.
[9] Hoofstuk 2 - Brood cn Watcr Gewis

VAN die Rooi See af het die Israeliete hulle reis onder leiding
van die wolkkolom voortgesit. Die natuurtoneel rondom hulle was
uiters somberkaal, verlate berge, onvrugbare vlaktes, en die see met
sy strand bestrooi met die lyke van hulle vyande, het tot in die verte
weggestrek. Nogtans het hulle, hulle in die bewustheid van hulle
vryheid verheug, en elke sweem van ontevredenheid is onderdruk.
Maar drie dae lank het hulle voortgereis sonder om water te vind.
Die voorraad wat hulle saamgeneem het, was op. Daar was niks om
hulle brandende dors te les terwyl hulle hulle moeë voete oor die
verskroeide vlaktes voortsleep nie. Moses, wat daardie streek geken
het, was al een wat geweet het dat die water by Mara, die naaste fon-
teine, onbruikbaar was. Met groot kommer het hy die leidende wolk
dopgehou. Sy moed het hom begeef toe hy die blye uitroep:“Water!
Water!”van die kolonne hoor opgaan. Manne, vroue en kinders het
hulle na die fonteine gehaas, maar ‘n kreet van teleurstelling het van
die skare opgegaan - die water was bitter.
Deur skok en wanhoop gedryf, het hulle Moses verwyt omdat
hy hulle daarlangs gelei het, sonder om daaraan te dink dat die
Goddelike teenwoordigheid in daardie geheimsinnige wolk sowel
Moses as hulle gelei het. In sy droefheid oor hulle ontsteltenis het
Moses gedoen wat hulle vergeet het om te doen: hy het die Here
ernstig om hulp gebid. “En die Here het aan hom ‘n stuk hout gewys;
dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword.” Daar
het die Here Israel deur Moses beloof: “As jy getrou na die stem van
die Here jou God luister en doen wat reg is in Sy oë, en luister na Sy
gebooie en al Sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes
op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat
jou gesond maak.”
Van Mara af het die volk na Elim gereis, en daar het hulle “twaalf
waterfonteine en sewentig palmbome” gevind. Daar het hulle etlike
dae lank vertoef voordat hulle na die woestyn Sin getrek het. ‘n
Maand nadat hulle uit Egipte vertrek het, het hulle hulle eerste laer
16
- Brood cn Watcr Gewis 17

in die woestyn opgeslaan. Hulle voedselvoorrade was nou byna


uitgeput. Die weiding was in die woestyn maar skaars, en hulle
kuddes het begin maer word. Hoe sou daar vir hierdie groot skare
voedsel voorsien word? Hulle het begin twyfel en weer begin kla.
Selfs die owerstes en die oudstes van die volk het saam met die [10]
ander teen die deur God aangestelde leiers begin kla: “Het ons maar
in Egipteland deur die hand van die Here gesterwe toe ons by die
vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in
hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van hongerte
laat sterwe.”
Tot nog toe het hulle nie honger gely nie; hulle het nog genoeg
gehad, maar hulle het vir die toekoms gevrees. Hulle kon nie verstaan
hoe daardie groot skare op hulle reise deur die woestyn kos sou kry
nie, en in hulle verbeelding het hulle die kinders van die honger
sien omkom. Die Here het toegelaat dat hulle moeilikhede beleef
en dat hulle kosvoorraad min word sodat hulle kon leer om op Hom
te vertrou wat tot nog toe hulle Verlosser was. As hulle Hom in
hulle behoeftes sou aanroep, sou Hy die duidelike bewyse van Sy
liefde en sorg aan hulle openbaar. Hy het beloof dat as hulle Sy
gebooie gehoorsaam, hulle nie sou siek word nie, en dit was sondige
ongeloof aan hulle kant om vooruit te verwag dat hulle kinders van
die honger sou omkom.
God het beloof om hulle God te wees, om hulle as Sy volk te
neem en om hulle na ‘n groot en goeie land te lei; maar by elke
hinderpaal op die weg na daardie land het hulle moedeloos geword.
Hy het hulle op wonderbaarlike wyse uit hulle slawejuk in Egipte
verlos om hulle op die aarde te verhef en lofwaardig te maak. Maar
dit was nodig dat hulle moeilikhede moes teëkom en ontberinge
moes verduur. God het hulle uit ‘n verlaagde staat opgehef en geskik
gemaak om onder die volke van die aarde ‘n eerbare plek in te neem
en om belangrike en heilige pande te ontvang. As hulle na aanleiding
van alles wat Hy vir hulle gedoen het, in Hom geglo het, sou hulle
gewillig gewees het om ongerief en ontberinge te verduur en selfs
om waarlik te ly; maar hulle was onwillig om die Here verder te
vertrou as wat hulle die voortdurende bewyse van Sy krag kon sien.
Hulle het hulle bittere diensbaarheid in Egipte vergeet. Hulle het
vergeet watter goedheid en krag God aan hulle betoon het om hulle
uit hulle slawemy te verlos. Hulle het vergeet hoe hulle kinders
18 Voorwaarts

behoue gebly het toe die doodsengel al die eersgeborenes in Egipte


omgebring het. Hulle het vergeet hoe God Sy mag by die Rooi See
getoon het. Hulle het vergeet dat hulle veilig op die weg wat vir
hulle gebaan was deur die see gegaan het, maar dat hulle vyande
wat hulle probeer volg het, deur die water van die see oorweldig
was. Hulle het net hulle teenswoordige ongeriewe en beproewings
gewaar en gevoel; en pleks dat hulle gesê het: “God het vir ons as
slawevolk groot dinge verrig,” het hulle van die moeilikhede van die
[11] weg gepraat en gewonder wanneer hulle vermoeiende pelgrimstog
tog sou eindig.
Die geskiedenis van die lewe van Israel in die woestyn is ter
wille van die Israel van God tot aan die einde van die tyd opgeteken.
Die verhaal van Gods handelinge met die woestynswerwers in al
hulle heen en weer togte, in hulle blootstelling aan honger en dors
en moegheid en in die treffende openbaringe van Sy krag vir hulle
verlossing, bevat waarskuwings en lering vir Sy volk in alle eeue.
Die afwisselende ondervindinge van die Hebreërs was ‘n oefenskool
om hulle voor te berei om hulle beloofde woning in Kanaan in besit
te neem. In hierdie tyd wil God hê dat Sy volk die beproewinge wat
die outydse Israel getref het, met ‘n nederige hart en ‘n ontvanklike
gees moet betrag, sodat hulle vir die hemelse Kanaan gereed gemaak
kan word.
Daar is baie wat op die Israeliete terugkyk en verbaas staan oor
hulle ongeloof en klagtes en voel dat hulle nie self so ondankbaar
sou gewees het nie; maar wanneer hulle geloof deur selfs geringe
beproewinge op die proef gestel word, lê hulle niks meer geloof of
geduld aan die dag as outydse Israel nie. Wanneer hulle in noutes
kom, kla hulle oor die maniere wat God gekies het om hulle te
reinig. Hoewel daar in hulle huidige behoeftes voorsien is, is hulle
onwillig om God vir die toekoms te vertrou, en hulle is gedurig
bekommerd dat hulle dalk sal arm word en dat hulle kinders sal ly.
Sommige verwag altyd onheil of hulle vergroot die reeds bestaande
moeilikhede in so ‘n mate dat hulle oë verblind raak vir die baie
ryke seëninge waaroor hulle dankbaar behoort te wees. Pleks dat die
hindemisse wat hulle teëkom hulle dwing om by God, hulle enigste
kragbron, hulp te soek, skei dit hulle van Hom omdat dit by hulle
rusteloosheid en ontevredenheid verwek.
- Brood cn Watcr Gewis 19

Is dit reg dat ons so ongelowig is? Waarom sou ons ondankbaar
en wantrouig wees? Jesus is ons Vriend; die ganse hemel stel in ons
welsyn belang, en ons kommer en vrees bedroef die Heilige Gees.
Ons moet nie toegee aan besorgdheid wat net knaag en vermoei
maar ons nie help om die beproewinge te verdra nie. Ons mag God
nie in so ‘n mate wantrou dat voorsiening teen toekomstige armoede
die hoofdoel van ons lewe word asof ons geluk van aardse dinge
afhang nie. Dit is nie die wil van God dat Sy volk onder sorge gebuk
moet gaan nie. Maar die Here vertel ons nie dat daar geen gevaar
op die weg is nie. Hy is nie van plan om Sy volk uit die wêreld van
sonde en onheil weg te neem nie, maar Hy wys ons op die veilige [12]
skuilplek. Hy nooi die wat bedroef en bedruk is: “Kom na My toe,
almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Gooi af die
juk van bekommemis en wêreldse sorge wat julle self opgeneem
het, en “neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig
en nederig van hart, en julle sal rusvind virjulle siele.” (Matthéus
11:28,29.) In God kan ons rus en vrede hê as ons al ons bekommemis
op Hom werp, want Hy sorg vir ons. Kyk 1 Petrus 5:7.
Die apostel Paulus sê:“Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie
miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy
van die lewende God afvallig word nie.” Hebreërs 3:12. Aangesien
God soveel vir ons gedoen het, behoort ons geloof sterk, aktief en
volhardend te wees. Pleks dat ons murmureer en kla, behoort die
taal van ons harte te wees:
“Loof die Here, 0 my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige
Naam’ Loof die Here, 0 my siel en vergeet geeneen van sy weldade
nie!” (Psalm 103:1,2).
God het Israel se behoeftes nie veronagsaam nie. Aan hulle leier
het Hy gesê: “Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën.” En die
volk het bevel gekry om elke dag ‘n voorraad in te samel, en op die
sesde dag twee keer soveel sodat hulle die Sabbat heilig kon vier.
[13] Hoofstuk 3 - Die Bangoed

DIE Hebreërs het Kanaan wel binnegetrek, maar hulle het dit
nog nie onderwerp nie, en menslik gesproke sou die stryd om dit in
besit te neem lank en moeilik wees. Die land is deur ‘n sterk volk
bewoon en hulle was gereed om enige inval op hulle gebied teen te
staan. Die verskeie stamme is uit vrees vir ‘n gemeenskaplike gevaar
saamgebind. Hulle perde en ysterstrydwaens, hulle kennis van die
land en hulle krygs-opleiding sou in hulle guns wees. Boonop is die
land deur vestings versterk -“stede wat groot en tot aan die hemel
versterk is” (Deuteronomium 9:1). Alleen in die versekering dat
hulle hulle op ‘n krag buiten hulle eie kon beroep, kon die Israeliete
hoop om in die komende stryd te seëvier.
Een van die sterkste vestings van die land - die groot en magtige
Jerigowas net ‘n kort afstand van hulle laer te Gilgal af. Aan die
grens van ‘n vrugbare vlakte wat ryk was aan ‘n verskeidenheid van
tropiese produkte, het hierdie trotse stad met sy paleise en tempels
agter sy reusagtige verskansinge waarin weelde en ondeug gewoon
het, die God van Israel uitgetart. Jerigo was een van die vemaamste
setels van afgodediens, veral Astarot, die godin van die maan. Dit
was die middelpunt van Kanaan se verfoeilikste en verlagendste
gelowe. Die volk Israel wat nog terdeë bewus was van hulle sonde
te Bet-Peor, kon hierdie heidense stad nie anders as met veragting
en afsku bejeën nie.
Josua het die verowering van Jerigo as die eerste stap in die
onderwerping van Kanaan beskou. Maar eers het hy die versekering
gesoek dat God hom sou lei, en dit het hy dan ook gekry. Terwyl
hy hom buite die kamp afgesonder het om na te dink en te bid dat
die God van Israel voor Sy volk uit moes trek, het hy ‘n gewapende
krygsman, ‘n groot, imponerende persoon “met ‘n ontblote swaard
in sy hand” gesien. Op Josua se vraag: “Behoort u by ons of by ons
vyande?” het hy geantwoord:“Ek is die leërowerste van die Here; Ek
het nou gekom.” Dieselfde bevel wat Moses by Horeb ontvang het,
is nou weer gegee: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek
20
- Die Bangoed 21

waar jy op staan, is heilig.” Dit het die ware aard van die geheimsin-
nige besoeker geopenbaar. Dit was Christus, die Hoogverhewene,
wat voor die leier van Israel gestaan heil. Vreesbevange het Josua
aanbiddend op sy aangesig neergeval en die versekering gehoor: “Ek
gee Jerigo met sy koning en dapper helde in jou hand.” Daarna het
hy bevele ontvang oor hoe hy die stad moes inneem. [14]
Gehoorsaam aan die Goddelike bevel het Josua die leërs van
Israel gemonster. Daar moes geen aanval wees nie. Hulle moes
eenvoudig met die ark rondom die stad marsjeer en basuine blaas.
In die voorhoede was die gekeurde krygsmanne, maar hierdie keer
nie om met hulle eie vemuf en dapperheid te oorwin nie, maar deur
gehoorsaamheid aan die bevele wat God aan hulle gegee het. Sewe
priesters met basuine het gevolg. Agter hulle aan het die priesters,
in die gewaad van hulle heilige amp, die verbondsark, omring deur
‘n heeriike heilige stralekrans, gedra. Die leër van Israel het gevolg,
elke stam onder sy vaandel. Dit was die optog wat rondom die
gedoemde stad gemarsjeer het. Daar was geen ander geluid as die
voetstappe van daardie groot skare en die plegtige geluid van die
basuine wat van die heuwels af in die strate van Jerigo weerklink het
nie. Nadat hulle hulle optog voltooi het, het die leër in stilte na hulle
tente teruggekeer en is die verbondsark op sy plek in die tabemakel
neergesit.
Verbaas en ontsteld het die wagters van die stad elke beweging
dopgehou en dit aan die owerheid vertel. Hulle het nie geweet wat
al hierdie vertoon beteken nie, maar toe hulle daardie magtige ver-
gadering elke dag een keer rondom die stad sien marsjeer met die
heilige verbondsark en van priesters vergesel, het die geheimsinnig-
heid daarvan priesters en volk met vrees oorval. Dan het hulle, hulle
sterk vestings weer ondersoek en seker gevoel dat hulle die sterkste
aanslag sou kon weerstaan. Baie van hulle het gespot met die vrees
dat so ‘n sonderlike vertoning hulle enige kwaad kon aandoen. An-
der was bevrees toe hulle die optog elke dag rondom die stad sien
marsjeer. Hulle het onthou dat die Rooi See eenkeer voor hierdie
volk oopgegaan het en dat daar kort gelede vir hulle ‘n pad deur die
Jordaanrivier oopgemaak is. Hulle wis nie watter wonderwerke God
nog vir hulle kon doen nie.
Ses dae lank het die vergadering van Israel rondom die stad
getrek. Die sewende dag het aangebreek en Josua het die leërs van
22 Voorwaarts

die Here met die eerste daglig gemonster. Hierdie keer is hullie
beveel om sewe keer rondom Jerigo te marsjeer, en wanneer die
basuine hard blaas, hard te skreeu, want die Here het die stad aan
hulle gegee.
Die groot leër het plegtig rondom die gedoemde muur gemarsjeer.
Alles was stil behalwe die voetstappe en af en toe die geluid van ‘n
basuin wat die oggendstilte verbreek. Dit het geskyn asof die sterk
mure die beleëring deur mense trotseer. Met toenemende vrees het
[15] die wagters op die muur gekyk toe die eerste kringloop eindig en
die tweede begin, gevolg deur die derde, die vierde, die vyfde en die
sesde. Wat was dan die doel van hierdie geheimsinnige bewegings?
Watter geweldige gebeurtenis sou volg? Dit sou nie meer lank duur
nie. Met die voltooiing van die sewende rondte het die lang optog
gaan staan. Die basuine wat ‘n tyd lank stil was, het nou met ‘n
oorverdowende geluid losgebreek. Die stewige klipmuur met sy
sterk torings en kantele het op sy fondament gewaggel en in puin op
die grond neergestort. Die bewoners van Jerigo was lam van vrees
en die leër van Israel het ingestap en van die stad besit geneem.
Die Israeliete het nie deur hulle eie mag die oorwinning behaal
nie; dit het geheel en al van die Here gekom; en as eersteling van
die land moes die stad met alles wat daarin was aan die Here geof-
fer word. Die Israeliete moes uitdruklik verstaan dat hulle in hulle
verowering van Kanaan nie vir hulleself moes veg nie, maar dat
hulle eenvoudig werktuie moes wees om die wil van God te vol-
bring; hulle moes nie na rykdom of selfverheffing streef nie, maar
na die heerlikheid van Jehova, hulle Koning. Voordat hulle die stad
ingeneem het, het hulle die bevel gekry:“Die stad met al wat daarin
is, moet ‘n banoffer aan die Here wees.” “Neem julle net in ag vir
die ban, dat julle nie... van die bangoed neem en die laer van Israel
onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.”
Al die bewoners van die stad, met elke lewende ding daarin “man
sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe” is met
die swaard gedood. Net die getroue Ragab en haar huisgesin is gered
ter vervulling van die belofte van die verkenners. Die stad self is
verbrand; sy paleise en tempels, sy pragtige woonhuise met al die
weelderige meubels, die ryk gordyne en duur klere is alles in die
vlamme gegooi. Wat nie deur die vuur vemietig kon word nie, “die
silwer en die goud en die koperen ystervoorwerpe” is aan die diens
- Die Bangoed 23

van die tabemakel gewy. Selfs die plek waar die stad gestaan het, is
vervloek; Jerigo moes nooit as vesting herbou word nie; ‘n vloek
is uitgespreek op elkeen wat dit sou waag om daardie mure wat
deur die krag van God neergewerp is, weer op te bou. ‘n Plegtige
verklaring is in die teenwoordigheid van die ganse Israel uitgespreek:
“Vervloek is die man voor die aangesig van die Here wat sal opstaan
om hierdie stad Jerigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal
hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte
insit.”
Die algehele uitwissing van die bewoners van Jerigo was slegs
die vervulling van die bevel wat Moses voorheen reeds aangaande
die bewoners van Kanaan gegee het: “Dan moet jy hulle geheel en [16]
al met die banvloek tref” (Deuteronomium 7:2).” Van die stede van
hierdie volke... moet jy niks wat asem het, laat lewe nie” (Deutero-
nomium 20:16). Baie mense dink dat hierdie bevele teenstrydig is
met die gees van liefde wat in ander dele van die Bybel beveel word,
maar hulle was werklik die voorskrifte van oneindige wysheid en
goedheid. God het op die punt gestaan om Israel in Kanaan te vestig
om tussen die Kanaaniete ‘n volk en ‘n regering te ontwikkel wat
‘n openbaring sou wees van Sy koninkryk op aarde. Hulle sou nie
net die ware geloof erf nie, maar hulle moes die beginsels daarvan
aan die ganse aarde verkondig. Die Kanaaniete het hulle aan die
vuilste en vemederendste heidendom oorgegee, en dit was nodig om
daardie dinge uit die land te verwyder wat gewis die vervulling van
Gods genadige planne sou verhinder.
Daar is genoeg geleentheid aan die bewoners van Kanaan gegee
om hulle te bekeer. Veertig jaar vantevore het die opening van die
Skelfsee en die oordele wat die Egiptenare getref het, van die opper-
mag van die God van Israel getuig. En nou het die verowering van
die konings van Midian. van Gilead en van Basan verder aangedui
dat Jehova bo alle ander gode was. Sy heilige karakter en Sy afkeer
van onreinheid is bewys deur die oordele wat Israel getref het toe
hulle aan die afskuwelike plegtighede van Baal-Peor deelgeneem
het. Van al hierdie gebeurtenisse het die inwoners van Jerigo ge-
weet, en daar was baie wat net soos Ragab oortuig was, hoewel hulle
geweier het om hulle daaraan te onderwerp, dat Jehova, die God
van Israel, “God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder” is.
Soos die mense voor die sondvloed het die Kanaaniete net geleef
24 Voorwaarts

om die Hemel te belaster en die aarde te besoedel. En sowel liefde


as regverdigheid het geëis dat die rebelle teen God en die vyande
van die mense dadelik tereggestel moes word.
Hoe maklik het die leërs van die hemel die muur van Jerigo plat-
getrek, die trotse stad wie se vestings die harte van die ongelowige
verkenners veertig jaar vantevore met vrees vervul het, in puin laat
stort! Die Magtige van Israel het gesê:
“Ek gee Jerigo... in jou hand.” Teen daardie woord was geen
menslike krag bestand nie.
“Deur die geloof het die mure van Jerigo geval.”
Hebreërs 11:30. Die leërowerste van die Here het met niemand
anders as Josua gepraat nie; Hy het Hom nie aan die vergadering
[17] geopenbaar nie, en hulle moes Josua se woorde glo of betwyfel, die
bevel wat hy in die Naam van die Here gegee het, gehoorsaam of sy
gesag ontken. Hulle kon die engeleskare wat hulle onder leiding van
die Seun van God bygestaan het, nie sien nie. Hulle kon geredeneer
het: “Hierdie bewegings het geen betekenis nie en dis heeltemal
onsinnig om rondom die stad te marsjeer en op ramshorings te
blaas. Dit kan op hierdie reusagtige vesting geen uitwerking hê nie.”
Maarjuis omdat hierdie plegtigheid so lank moes voortduur voordat
die muur uiteindelik geval het, het die Israeliete die geleentheid
gehad om geloof te ontwikkel. Hulle moes daarvan bewus word dat
hulle krag nie in die wysheid of in die mag van mense skuil nie,
maar net in die God van hulle heil. So moes hulle gewoond word
om geheel en al op hulle Goddelike Leier staat te maak.
Vir diegene wat op Hom vertrou, sal God groot dinge doen. Die
rede waarom Sy belydende volk so min krag het, is dat hulle te veel
op hulle eie wysheid staatmaak en die Here nie die geleentheid gee
om Sy krag vir hulle te openbaar nie. Hy sal Sy gelowige kinders in
elke noodgeval bystaan as hulle hulle volle vertroue in Hom wil stel
en Hom wil gehoorsaam.
Kort na die val van Jerigo, het Josua besluit om Ai, ‘n klein
dorpie tussen die klowe ‘n paar kilometer wes van die Jordaanvlakte,
aan te val. Verkenners wat daarheen gestuur is, het berig dat dit min
inwoners het en dat ‘n klein leër genoeg sou wees om dit te verower.
Die groot oorwinning wat God vir hulle behaal het, het die Israe-
liete met selfvertroue besiel. Omdat Hy die land Kanaan aan hulle
beloof het, het hulle veilig gevoel en nie besef dat dit net die hulp
- Die Bangoed 25

van God was wat aan hulle die oorwinning besorg het nie. Selfs
Josua het sy planne vir die beleg van Ai beraam sonder om God
daaroor te raadpleeg.
Die Israeliete het hulle eie krag begin verhef en het met veragting
op hulle vyande neergesien. Hulle het ‘n maklike oorwinning verwag
en gemeen drieduisend man sou genoeg wees om die stad in te neem.
Hulle het haastig tot die aanval oorgegaan sonder om die versekering
te verkry dat God met hulle was. Hulle het byna tot by die poorte
van die stad gekom toe hulle hardnekkige weerstand ondervind.
Vreesbevange oor die getalle en deeglike voorbereiding van hulle
vyande het hulle in wanorde teen die steilte afgevlug. Die Kanaaniete
was vlak op hulle hakke en het... hulle agtervolg van die poort af...
en hulle verslaan op die afdraand.” Hoewel hulle verlies, wat getalle
betref, gering was -net ses-en-dertig is gedoodhet die neerlaag die [18]
hele vergadering ontmoedig. “Die volk se hart het versmelt en soos
water geword.” Dit was die eerste keer dat hulle werklik teen die
Kanaaniete veg, en as die verdedigers van so ‘n klein dorpie hulle
op vlug jaag, hoe sou hulle in die groter ondernemings voor hulle
vaar? Josua het in hulle neerlaag ‘n bewys van die misnoeë van
God gesien, en verleë en bevrees het hy “sy klere geskeur en met sy
aangesig op die grond geval voor die ark van die Here, tot die aand
toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hulle hoofde
gegooi.”
Josua het gebid:“Ag, Here Here, waarom het U hierdie volk ooit
deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die
Amoriete, sodat hulle ons kan vemietig?... Ag, Here, wat sal ek sê
nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het? En as die Kanaaniete
en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en
ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir u grote Naam
doen?”
Jehova het geantwoord: “Staan op; waarom tog lê jy op jou
aangesig? Israel het.... my verbond oortree wat Ek hulle opgelê
het.” Dit was tyd om dadelik en beslis op te tree liewer as om te
wanhoop en te ween. Daar was geheime sonde in die kamp en dit
moes uitgevind en verban word voordat die teenwoordigheid en
die seën van God onder Sy volk kon wees. “Ek sal nie meer met
julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.” Een van
diegene wat aangestel was om die oordele van God uit te voer, het
26 Voorwaarts

Sy gebod veronagsaam, en die hele volk is verantwoordelik gehou


vir die skuld van die oortreder. “Israel het... geneem van die bangoed
en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.” Josua is
aangesê om uit te vind wie die misdadiger is en om hom te straf. Die
lot sou gebruik word om die skuldige aan te wys. Die sondaar is nie
dadelik aangewys nie, maar die saak is tydelik in twyfel gelaat sodat
die volk hulle verantwoordelikheid kon voel vir die sondes onder
hulle en tot selfondersoek en vemedering voor God gelei kon word.
Vroeg in die oggend het Josua die volk volgens hulle stamme
laat byeenkom en die plegtige, indrukwekkende seremonie het begin.
Stap vir stap het die ondersoek voortgegaan. Nader en nog nader
het die vreeslike toets gekom. Eers die stam, toe die familie, Daarna
die gesin en uiteindelik die man is aangewys, en Agan, die seun van
Karmi van die stam van Juda is deur die vinger van God uitgesonder
as die beroerder van Israel.
Om sy skuld bo alle twyfel te bepaal sodat daar geen rede kon
wees om te beweer dat hy onregverdig gevonnis is nie, het Josua
[19] Agan plegtig besweer om die waarheid te erken. Die ongelukkige
man het sy misdaad openhartiglik erken:
“Waarlik, ek het gesondig teen die Here, die God van Israel. Ek
het naamlik een mooi mantel uit Sinear by die buitgoed gesien en
tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in
gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe
in die grond binnein my tent.” Boodskappers is dadelik na sy tent
gestuur. Hulle het op die aangewese plek gegrawe, en daar lê dit
begrawe in sy tent, en die silwer daaronder. En hulle het dit uit die
tent uitgehaal en dit na Josua... gebring en dit voor die aangesig van
die Here uitgeskud.”
Die vonnis is gevel en dadelik voltrek. “Hoe het jy ons in die
ongeluk gestort!” het Josua gesê. “Die Here sal jou vandag in die
ongeluk stort!” Aangesien die volk verantwoordelik gehou is vir
Agan se sonde en as gevolg daarvan gely het, moes hulle deur hulle
verteenwoordigers aan die strafdeelneem.” Daarop hetdie hele Israel
hom gestenig.”
Daarna is ‘n groot hoop klippe bo-op hom gestapel om te getuig
van die sonde en die straf.” Daarom noem hulle daardie plek Dal
Agor,“dit wil sê die dal van ongeluk. In die boek Kronieke staan
- Die Bangoed 27

daar aangaande hom geskryf.” Agar, wat Israel in die ongeluk gestort
het” (1 Kronieke 2:7).
Agan het sy sonde ondanks die duidelikste en plegtigste waarsku-
wings en die magtigste openbaringe van die krag van God gepleeg.
Die ganse Israel is gewaarsku: “Neem julle net in ag vir die ban,
dat julle nie... die laer van Israel onder die ban bring... nie.” Hierdie
bevel is gegee onmiddellik nadat hulle deur ‘n wonderwerk deur
die Jordaan getrek en die volk Gods verbond deur die besnydenis
erken het, na die viering van die Paasfees en die verskyning van
die Verbondsengel, die Leërowerste van die Here. Daarna het die
verwoesting van Jerigo gevolg as bewys van die verdelging wat alle
oortreders van Gods wet sal tref. Die feit dat net die krag van God
aan Israel die oorwinning besorg het, dat hulle Jerigo nie deur hulle
eie krag beset het nie, het gewig verleen aan die bevel om nie van
die buit te neem nie. Deur die mag van Sy eie woord het God die
vesting verower; die oorwinning was Syne en die stad met alles wat
daarin was, moes Syne wees.
Van al die miljoene Israeliete was daar net een man wat dit
gewaag het om die bevel van God in daardie plegtige uur van oor-
winning en van oordeel te oortree. Agan se hebsug is deur daardie
duur kleed van Sinear geprikkel. Selfs toe dit die doodsvonnis op
hom gebring het, het hy dit “een mooi mantel uit Sinear” genoem. [20]
Een sonde het aanleiding gegee tot die ander en hy het ook die goud
en die silwer wat in die Here se skatkis hoort, geneem - Hy het God
die eerstelinge van die land Kanaan ontroof.
Die dodelike sonde wat tot Agan se ondergang gelei het, het uit
gierigheid ontstaan, en van al die sondes is dit een van die wat die
meeste voorkom en wat die minste as sonde beskou word.Terwyl
ander oortredinge ontdek en gestraf word, gebeur dit selde dat die
oortreding van die tiende gebod selfs bestraf word. Die snoodheid
van hierdie sonde en die vreeslike gevolge daarvan is lesse uit Agan
se geskiedenis.
Begeerlikheid is ‘n kwaad wat langsaam ontwikkel. Agan het
inhaligheid gekoester totdat dit ‘n gewoonte geword het wat hom
met byna onbreekbare bande gebind het. Terwyl hy hierdie euwel
gekoester het, sou hy met afsku vervul gewees het as hy net kon
dink dat dit vir Israel ‘n ramp kon beteken; maar sy begripsvermoë
28 Voorwaarts

is deur die sonde verstomp en toe die versoeking kom, het hy dit
maklik ten prooi geval.
Word soortgelyke sondes nie deesdae ondanks die plegtigste
waarskuwings gepleeg nie? Ons word net so duidelik belet om inha-
ligheid te koester as wat Agan was om nie die buit van Jerigo te neem
nie. God het gesê dis afgodery. Ons word gewaarsku: ,Julle kan nie
God en Mammon dien nie!” (Matthéus 6:24). “Pas op en wees op
julle hoede vir die hebsug” (Lukas 12:15). “Hebsug moet onder julle
selfs nie genoem word nie” (Efesiërs 5:3). Ons het die verskriklike
voorbeelde van Agan, van Judas, van Ananias en Saffira. Voor hulle
almal het ons die voorbeeld van Lucifer, die “morester, seun van die
dageraad,” wat ‘n hoër rang begeer en daarom vir ewig die geluk van
die hemel verbeur het. En ondanks al hierdie waarskuwings heers
die begeerlikheid nog.
Sy slymerige spoor is orals te sien. Dit veroorsaak ontevreden-
heid en verdeeldheid in gesinne; by die armes verwek dit afguns
en haat jeens die rykes; dit veroorsaak dat die rykes die armes on-
derdruk. En hierdie euwel bestaan nie net in die wêreld nie, maar
ook in die kerk. Hoe algemeen is dit om selfs daar selfsug, inhalig-
heid, kullery, verwaarlosing van liefdadigheid en selfs berowing van
God op die gebied van tiendes en offergawes aan te tref. Onder ons
gemeentelede“van onbesproke gedrag en wandel” is daar, helaas,
talle Agans! Menige mens kom gereeld kerk toe en sit by die tafel
van die Here aan terwyl daar onder sy besittings onwettige wins
verberg is, dinge wat God gevloek het. Vir ‘n mooi mantel uit Sinear
sal talle mense die goedkeuring van hulle gewete en hulle hoop
[21] op die hemel opoffer. Daar is talle wat hulle onkreukbaarheid en
hulle begaafdhede om nuttig te wees vir ‘n sak silwer verruil. Die
noodroep van die armes val op dowe ore; die verbreiding van die
evangelielig word verhinder; wêreldlinge sien met veragting neer op
praktyke wat die Christelike belydenis loën; en nog hou die gierige
belyer aan om vir hom skatte op te gaar. “Mag ‘n mens God beroof?
Want julle beroof My” (Maleagi 3:8), sê die Here.
Agan se sonde het vir die hele volk ‘n ramp meegebring. Vir die
sonde van een mens sal die misnoeë van God op die kerk rus totdat
die oortreding opgespoor en verwyder is. Die invloede waarvoor
die kerk die meeste op sy hoede moet wees, is nie die invloed van
openbare teenstanders, ongelowiges en lasteraars nie, maar van in-
- Die Bangoed 29

konsekwente belyers van Christus. Dit is hulle wat die seën van die
God van Israel terughou en swakheid onder Sy volk veroorsaak.
Wanneer die kerk hom in die moeilikheid bevind, wanneer koud-
heid en geestelike agteruitgang bestaan wat aan die vyande van God
die oorwinning gee, dan moet die lede nie hulle hande vou en oor
hulle ongelukkige toestand kla nie, hulle moet eerder vemeem of
daar ‘n Agan in die kamp is. Met nederigheid en selfondersoek
moet elkeen soek na sy eie bedekte sondes wat die deur teen die
teenwoordigheid van God sluit.
Agan het sy misdaad erken, maar eers nadat dit te laat was vir
hom om daarby te baat. Hy het gesien hoe die leërs van Israel ver-
slaan en mismoedig van Ai terugkeer; maar hy het nog nie sy sonde
bely nie. Hy het Josua en die oudstes in onbeskryflike droefheid met
hulle aangesigte op die aarde sien lê. As hy toe sy sonde bely het,
sou dit ‘n bewys gewees het van berou; maar hy het nog geswyg.
Hy het die bekendmaking gehoor dat ‘n groot misdaad gepleeg was
en selfs wat die aard daarvan was. Maar sy lippe het toe gebly.Toe
kom die plegtige ondersoek. Hoe bevrees was hy in sy siel toe hy
sien dat sy stam, sy familie, sy huisgesin aangewys word! Maar hy
het niks bely voordat die vinger van God op hom gelê was nie. Eers
toe, toe sy sonde nie meer bedek kon word nie, het hy die waarheid
erken. Hoe dikwels word soortgelyke belydenisse gedoen. Daar is
‘n hemelsbreë verskil trussen die erkenning van feite nadat hulle
bewys is en die belydenis van sondes wat net aan ons en aan God
bekend is. Agan sou sy sonde nie bely het as hy nie gehoop het dat
hy sodoende die gevolge van sy misdaad sou vryspring nie. Maar
sy belydenis het net gedien om te bewys dat sy straf regverdig was.
Daar was geen egte berou oor sonde nie, geen skuldgevoel nie, geen
afsku vir sonde nie.
So sal die skuldiges hulle sonde bely wanneer hulle voor die [22]
regterstoel van God staan nadat elke geval vir die lewe of vir die
dood beslis is. Die gevolge wat hy self moet ly, sal van elkeen ‘n
erkentenis van sy sonde dwing. Dit sal deur ‘n vreeslike gevoel van
verdoemenis, ‘n verskriklike verwagting van oordeel, afgepers word.
Maar hierdie soort belydenis kan die sondaar nie red nie.
Daar is baie wat soos Agan voel dat hulle veilig is solank hulle,
hulle sondes van hulle medemense kan verberg en hulle stel hulle
gerus dat God nie streng sal optree teen hulle oortreding nie.Te laat
30 Voorwaarts

sal hulle sondes hulle uitvind wanneer daar vir ewig geen soenoffer
meer vir hulle sonde is nie. Wanneer die boeke van die hemel oopge-
maak word, sal die regter nie die mens se oortreding met woorde aan
hom bekend stel nie, maar Hy sal net een deurdringende, oortuigende
blik op elke daad werp, en elke daad van die lewe sal helder op die
geheue van die misdadiger afgedruk word. Dit sal nie, soos in die
dae van Josua, nodig wees om die persoon in elke stam, familie en
gesin op te spoor nie; sy eie lippe sal die skande bely. Die sondes
waarvan mense niks weet nie, sal dan aan die hele wêreld verkondig
word.
Hoofstuk 4 - Dic Tiende [23]

IN die Hebreeuse stelsel is een-tiende van die volk se inkomste


afgesonder vir die instandhouding van die openbare aanbidding van
God. Moses het Israel beveel: “Al die tiendes van die land, van die
graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die
Here; dit is heilig aan die Here.” “Wat betref al die tiendes van beeste
en kleinvee - alles wat onder die herderstaf deurgaan - die tiende
moet aan die Here heilig wees.” (Levitikus 27:30,32.)
Maar tiende heffing het nie by die Hebreërs ontstaan nie.
Van die begin af het die Here Hom die tiende toegeëien en is
hierdie eis erken en geëerbiedig. Abraham het aan Melgisedek, die
priester van die allerhoogste God, tiende betaal (Genesis 14:20).
Op Bet-el het Jakob, toe hy ‘n balling en ‘n swerweling was, aan
die Here beloof: “Van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik
die tiendes afstaan” (Genesis 28:22). Toe Israel gereed was om
as ‘n nasie gevestig te word, is die wet betreffende tiende heffing
herbevestig as een van die Goddelike instellings wat gehoorsaam
moes word as hulle voorspoedig wou wees.
Die heffing van tiendes en offergawes was bedoel om ‘n groot
waarheid onder die aandag van die volk te bring, naamlik dat God die
bron is van elke seëning wat Sy skepsele ontvang, en dat die mens
Hom dank verskuldig is vir die goeie gawes van Sy voorsienigheid.
Hy gee self“aan almal lewe en asem en alles” (Handelinge
17:25). Die Here getuig: “Al die wilde diere van die bos is myne,
die vee op berge by duisende” (Psalm 50:10).” Aan My behoort die
silwer en aan My die goud” (Haggai 2:8). En dit is God wat aan die
mens die krag gee om rykdom te verwerf (Deuteronomium 8:18).
Die Here het beveel dat almal moet erken dat alle dinge van Hom
kom deur ‘n deel van die seëninge in die vorm van geskenke en
offergawes aan Hom terug te gee vir die onderhoud van Sy aanbid-
ding.
Die tiendes... behoort aan die Here.” Hier tref ons dieselfde
uitdrukking aan as in die wet van die Sabbat:“Die sewende dag is
31
32 Voorwaarts

die sabbat van die Here jou God” (Exodus 20:10). Die Here het
‘n bepaalde gedeelte van die mensdom se tyd en van sy middele
vir Hom uitgehou, en niemand kon enigeen van die twee vir sy eie
doeleindes gebruik sonder om hom te besondig nie.
[24] Die tiende moes oorgegee word vir die uitsluitlike gebruik van
die Leviete, die stam wat afgesonder was vir die diens van die hei-
ligdom. Maar die gifte vir godsdienstige doeieindes is volstrek nie
tot die tiende beperk nie. Die tabemakel, en Daarna die tempel, is
uitsluitlik van vrywillige offergawes opgerig, en Moses het beveel
dat so dikwels die volk getel word, elkeen ‘n halwe sikkel vir”die
bediening van die tent van samekoms”moes gee sodat daar vir in-
standhouding en ander dienste voorsiening gemaak kon word. In
Nehemia se tyd is daar jaarliks vir hierdie doel ‘n bydrae gemaak.
Kyk Exodus 30:12-16; 2 Konings 12:4, 5; 2 Kronieke 24:4-13; Ne-
hemia 10:32,33. Van tyd tot tyd is daar ook sonden dankoffers aan
die Here gebring. Tydens die jaarfeeste is groot hoeveelhede gegee.
En daar is ruim voorsiening gemaak vir die armes.
Selfs voordat die tiende gehef is, het mense die aansprake van
die Here erken. Die eerstelinge van elke oes van die land is aan Hom
gewy. Die eerste wol wanneer die skape geskeer is, die eerste graan
wanneer die koring gedors is, die eerstelinge van die olie en die wyn
is vir God afgesonder. So ook die eersgeborenes van al die diere; en
daar moes vir die eerste seun ‘n losprys betaal word. Die eerstelinge
moes by die heiligdom aan die Here gegee word waar dit dan aan
die priesters vir hulle gebruik oorhandig is.
Op hierdie wyse is die volk gedurig daaraan herinner dat God die
eintlike eienaar was van hulle lande, hulle kuddes en hulle kleinvee;
dat Hy saaityd en oestyd, die sonskyn en die reen gestuur het, en
dat Hy die Skepper was van alles wat hulle besit het - dat Hy hulle
aangestel het as rentmeesters oor Sy goedere.
Toe die manne van Israel die eerstelinge van land en boord by
die tabemakel kom aflaai het, het hulle die goedheid van God in die
openbaar erken. Wanneer die priester die Offer ontvang het, het die
offeraar, asof hy in die teenwoordigheid van Jehova praat, gesê: “My
vader was ‘n swerwende, Arameër;” dan het hy sy verblyf in Egipte
en die verdrukking waaruit God Israel verlos het, beskryf:“Die Here
het ons uit Egipte uitgelei deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm
en deur groot skrikwekkende dade en deur tekens en wonders.” Dan
- Dic Tiende 33

het hy gesê: “Hy het ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land
gegee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Hier het ek dan
nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die land wat U, Here,
my gegee het.” (Deuteronomium 26:5,8-11.)
Die Israeliete moes ruim een-vierde van hulle inkomste vir gods-
dienstige en liefdadigheidsdoeleindes afstaan. Mens sou verwag dat [25]
so ‘n swaar belasting op hulle inkomste hulle sou verarm; maar
die getroue nakoming van hierdie reëls was inteendeel een van die
voorwaardes van hulle voorspoed. Op voorwaarde van hulle stipte
gehoorsaamheid het God hulle beloof: “Ek sal ook die sprinkaan vir
julle afweer, sodat hy die opbrings van jullie grond nie sal verwoes
nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees
nie... En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van
welbehae sal wees, sê die Here van die leërskare” (Maleagi 3:11,12).
“n Treffende voorbeeld van die gevolge van die selfsugtige te-
rughou van vrywillige offergawes aan die saak van God is in die
dae van die profeet Haggai gegee. Nadat hulle uit hulle Babiloniese
ballingskap teruggekeer het, het die Jode ondemeem om die tempel
van die Here te herbou; maar omdat hulle hardnekkige teenstand
van hulle vyande ondervind het, het hulle die werk gestaak; en ‘n
groot droogte wat hulle in werklike armoede gedompel het, het hulle
oortuig dat dit vir hulle onmoontlik was om die herbouing van die
tempel te voltooi. Hulle het gesê:“Nog het die tyd nie gekom, die tyd
dat die huis van die Here gebou moet word nie.” Maar die profeet
van die Here het ‘n boodskap aan hulle gebring: “Is dit vir julleself
wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis
in puin lê? So sê die Here van die leërskare dan nou: Gee ag op wat
julle wedervaar het: julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle
het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie
genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie;
en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ‘n stukkende
beurs te steek.” (Haggai 1:2-6.) Dan word die rede verstrek:“Julle
het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in
die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die
Here van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl
elkeen van julle vir sy eie huis hardloop. Daarom het die hemel bo
julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou. En
Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring
34 Voorwaarts

en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer;
en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.”
(Verse 9-11.) “In die tyd het iemand gekom by ‘n koringmied van
twintig maat, en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip
om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig. Ek het julle
swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael al die werk van
julle hande.” (Haggai 2:16,17.)
[26] Deur die bestraffing aangespoor, het die volk die huis van God
weer begin bou. Toe kom die woord van die Here tot hulle: “Merk
tog op, van hier die dag af terug, van die vieren-twintigste dag van
die negende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament
van die tempel van die Heregelê het;...van hierdie dag afsal Ekseën”
(Verse 18,19).
Die wyse man sê:“Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry,
en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.” Spreuke
11:24. En in die Nuwe Testament leer die apostel Paulus dieselfde
les: “Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop
saai, sal ook volop maai.” “God het mag om alle genade oorvloedig
oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê
en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” 2 Korinthiërs 9:6,8.
God wou hê dat Sy volk Israel die lig aan al die bewoners van
die aarde moes oordra. Deur Sy openbare aanbidding te onderhou,
het hulle van die bestaan en oppermag van die lewende God getuig.
En dit was hulle voorreg om hierdie aanbidding te onderhou om
van hulle trou en hulle liefde teenoor Hom te getuig. Die Here het
dit so verorden dat die verspreiding van lig en waarheid op aarde
afhanklik moet wees van die arbeid en die offergawes van diegene
wat deelgenote is in die hemelse gawe. Hy kon engele aangestel het
as gesante van Sy waarheid; Hy kon Sy wil, soos op Sinai, met Sy
eie stem bekend gemaak het; maar in Sy oneindige liefde en wysheid
het Hy mense geroep om Sy medearbeiders te wees deur hulle te
kies om hierdie werk te doen.
In die dae van Israel was die tiende en die vrywillige offergawes
nodig om die godsdiensinstellinge te onderhou. Behoort die volk
van God in hierdie eeu dan minder te gee? Die beginsel wat Christus
neergelê het, is dat ons offers aan God in verhouding behoort te
wees met die lig en voorregte wat ons geniet. “Elkeen aan wie veel
gegee is, van hom sal veel gevorder word.” Lukas 12:48. Toe die
- Dic Tiende 35

Heiland Sy dissipels uitgestuur het, het Hy aan hulle gesê:“julle


het dit vemiet ontvang, vemiet moet julle dit gee” (Matthéus 10:8).
Namate ons meer seëninge en voorregte ontvang - veral omdat ons
die ongeëwenaarde selfopoffering van die heerlike Seun van God
as voorbeeld het - behoort ons ons dankbaarheid nie met ruimer
offergawes te betuig sodat die verlossingsboodskap ook aan andere
oorgedra kan word nie? Namate die evangeliewerk uitbrei, vereis dit
ook groter ondersteuning as in die ou tyd, en dit maak die wet van
tiendes en offergawes ‘n dringender noodsaaklikheid as selfs in die
dae van die Joodse bedeling. As Sy volk Sy saak ruim deur middel [27]
van hulle vrywillige offergawes sou ondersteun pleks daarvan dat
hulle onchristelike en onheilige metodes aanwend om die skatkis
vol te maak, sou hulle God vereer en baie meer siele sou vir Christus
gewin word.
Moses se plan om middele vir die bou van die tabemakel te
versamel, het uitmuntend geslaag. Geen aansporing was nodig nie.
Hy het hom ook nie tot die metodes gewend waarvan soveel kerke in
ons tyd gebruik maak nie. Hy het geen groot fees gehou nie. Hy het
die mense nie na plesier, danspartye of ander openbare vermaaklik-
hede genooi nie; ook het hy nie van loterye of iets anders van so ‘n
ongewyde aard gebruik gemaak om middele te kry vir die oprigting
van die tabemakel van God nie. Die Here het Moses beveel om die
kinders van Israel te nooi om huile offergawes te bring. Hy moes
geskenke neem van elkeen wat dit gewilliglik uit sy hart gee. En
daar het soveel offergawes gekom dat Moses die volk moes beveel
om nie meer te bring nie, want hulle het meer gegee as wat gebruik
kon word.
God het mense as Sy rentmeesters aangestel. Die besittings wat
Hy in hulle hande toevertrou het, is die middele wat Hy voorsien het
vir die verbreiding van die evangelie. Aan diegene wat bewys dat
hulle getroue rentmeesters is, sal Hy ‘n groter pand toevertrou. Die
Here sê:
“Die wat My eer, sal Ek eer” (1 Samuel 2:30). “God het ‘n
blymoedige gewer lief,“en wanneer Sy volk hulle geskenke en of-
fergawes uit dankbare harte aan Hom gee,” nie met droefheid of uit
dwang nie,” sal Hy hulle seën soos Hy beloof het.” Bring die hele
tiende na die skathuis. sodat daar spys in my huis kan wees; en be-
proef My tog hierin, sê die Here van die leërskare. of Ek vir julle nie
36 Voorwaarts

die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige


seën sal uitstort nie.” Maleagi 3:10.
Hoofstuk 5 - Offergawes [28]

Om die volk aan te moedig om die eredienste by te woon en om


vir die armes te sorg, is ‘n tweede tiende van hulle wins vereis. Aan-
gaande die eerste tiende het die Here gesê:“Ek gee aan die kinders
van Levi al die tiendes in Israel” (Numeri 18:21). Maar aangaande
die tweede tiende het Hy beveel: “Jy moet voor die aangesig van die
Here jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat
woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie
en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan
leer om die Here jou God altyd te vrees” (Deuteronomium 14:23,29;
16:11-14). Hierdie tiende, of dieselfde waarde in geld, moes hulle
twee agtereenvolgende jare na die plek bring waar die heiligdom
gestaan het. Nadat hulle aan die Here ‘n dankoffer en aan die pries-
ter ‘n vasgestelde deel gegee het, moes die offeraars die oorskiet
gebruik om ‘n godsdienstige fees te hou waaraan die Leviet, die
vreemdeling, die wees en die weduwee moes deelneem. Op hierdie
manier is voorsiening gemaak vir die dankoffers en die feeste tydens
die jaarlikse feeste, en terselfdenyd is die volk met die priesters en
die Leviete in aanraking gebring sodat hulle die geleentheid kon hê
om in die diens van God onderrig en bemoediging te ontvang.
Al om die derde jaar moes hierdie tweede tiende egter tuis ge-
bruik word om die Leviet en die arme te onthaal, soos Moses gesê
het,” dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word” (Deuterono-
mium 26:12). Hierdie tiende sou die middele voorsien om gasvry-
heid en weldadigheid te betoon.
Daar is ook nog ander voorsiening vir die armes gemaak.
Benewens sy erkenning van die eise van God, is daar niks wat
die wette van Moses meer kenmerk as sy aandrang op ‘n gees van
milddadigheid, barmhartigheid en gasvryheid teenoor die armes nie.
Hoewel God beloof het om Sy volk ryklik te seën, was dit nogtans
nie Sy bedoeling dat daar geen armoede onder hulle sou wees nie.
Hy het gesê dat die land nooit sonder sy armes sou wees nie. Daar
sou onder Sy volk altyd diegene wees wat op hulle weldadigheid,
37
38 Voorwaarts

medelyde en teerhartigheid aanspraak sou maak. In daardie dae


was daar net soos nou mense wat deur die ongeluk, deur siekte en
deur die verlies van hulle besittings getref is; maar solank as wat
hulle die bevele van God uitgevoer het, was daar nooit bedelaars of
hongerlydendes onder hulle nie.
[29] Die wet van God het aan die armes die reg gegee op’ n sekere
gedeelte van die opbrengs van die grond. Wanneer iemand honger
was, was hy geregtig om na sy naaste se land of sy boord of wingerd
te gaan en genoeg te eet om sy honger te stil. Dit was ooreenkomstig
hierdie verlof dat Jesus se dissipels op die Sabbatdag van die staande
graan gepluk en geëet het terwyl hulle deur ‘n land geloop het.
Al die oorskiet van die oesland, die boord en die wingerd het
aan die armes behoort. “As jy jou oes op jou land insamel en . n gerf
op die land vergeet,” het Moses gesê, “mag jy nie omdraai om dit te
gaan haal nie.... As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die
takke rondsoek nie.... As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie
skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet
dit wees. En jy moet daaraan dink dat jy ‘n slaaf was in Egipteland.”
Deuteronomium 24:19-22; Levitikus 19:9,10.
Al om die sewende jaar is daar in besonder vir die armes voor-
siening gemaak. Die sabbatjaar, soos dit genoem is, het net na die
oestyd begin. Wanneer die saaityd na die insameling van die oes
aangebreek het, moes die volk nie saai nie; hulle moes die wingerd
nie in die lente bemes nie, en hulle moes nog graannóg druiweoes
verwag. Wat die grond op sy eie voortgebring het, kon hulle vars
eet, maar hulle moes daar niks van in hulle skure opgaar nie. Die
opbrengs van daardie jaar was vir die vreemdeling, die wees, die
weduwee en selfs vir die velddiere. (Exodus 23:10,11; Levitikus
25:5.)
Maar as die veld dan in gewone jare net genoeg opgelewer het
om in die behoeftes van die volk te voorsien, hoe moes hulle leef
wanneer daar die jaar geen oes was nie? Daarvoor het die belofte
van God ruim voorsiening gemaak.” Dan gebied Ek my seën virjulle
in die sesde jaar,“het Hy gesê,” en dit sal die oes vir die drie jare
oplewer. En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrings
eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrings hiervan inkom, moet
julle die oue eet.” (Levitikus 25:21,22.)
- Offergawes 39

Die waameming van die sabbatjaar moes vir sowel land as volk
tot voordeel strek. Nadat die grond ‘n jaar lank onbewerk gelê het,
sou dit Daarna meer oplewer. Die mense is van die dringende werk
op die landerye vrygestel, en hoewel daar verskeie soorte werk was
wat hulle in daardie tyd kon verrig, het almal vrye tyd geniet wat
hulle die geleentheid gegee het om uit te rus sodat hulle gereed kon
wees vir die inspanning van die daaropvolgende jare. Hulle het meer
tyd gehad vir bepeinsing en gebed en om bekend te raak met die leer
en vereistes van die Here en om hulle huisgesinne te onderrig. [30]
In die sabbatjaar moes die Israelitiese slawe vrygestel word, en
hulle moes nie met leë hande weggestuur word nie. Die bevel van die
Here was: “En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy
hom nie met leë hande laat weggaan nie. Jy moet hom ‘n behoorlike
voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers;
waarin die Here jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom
gee.” (Deuteronomium 15:13, 14.)
Die arbeider se loon moes dadelik betaal word. “Jy mag ‘n arm
en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in
jou land in jou poorte is, nie verdruk nie. Op die dag self moet jy sy
loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie - want hy is arm
en sy siel verlang Daarna.” Deuteronomium 24:14,15.
Met betrekking tot die behandeling van slawe wat uit hulle diens
gedros het, was daar ook spesiale opdragte. ,Jy mag ‘n slaaf wat
van sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie. Hy
moet byjou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou
poorte uitkies, waar dit vir hom goed is;jy mag hom nie verdruk nie.”
Deuteronomium 23:15,16.
In die sewende jaar is die armes ook hulle skuld kwytgeskel. Die
Hebreërs is gelas om hulle behoeftige broeders te alle tye te help
deur geld renteloos aan hulle te leen. Hulle is uitdruklik verbied om
van ‘n arme woeker te neem. “En as jou broer by jou verarm en agter
raak, moet jy hom ondersteun, soos ‘n vreemdeling en bywoner, dat
hy by jou kan lewe. Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar
jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe. Jou geld mag
jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins
gee nie.” Levitikus 25:35 - 37. As die skuld tot op die sabbatjaar
onbetaald gebly het, kon die kapitaal ook nie ingevorder word nie.
En die volk is ten strengste gewaarsku dat hulle nie weens hierdie
40 Voorwaarts

bepalinge moes weier om nodige hulp aan hulle broeders te verstrek


nie.” As daar by jou ‘n arme is, een uit jou broers,... dan moet jy jou
hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie... Neem
jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik:
Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby - en jou oog
dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen
jou na die Here roep, en dit sonde in jou word.” “Die arme sal in
die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet
jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme
[31] in jou land,” “en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy
behoefte, wat hom ontbreek.” (Deuteronomium 15:7-9, 11,8.)
Niemand hoef te vrees dat sy vrygewigheid hom behoeftig sal
maak nie. Gehoorsaamheid aan die gebooie van God sou hulle gewis
voorspoedig maak.. “Want die Here jou God seën jou soos Hy beloof
het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen
nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers
nie.” Deuteronomium 15:6.
Na “sewe jaarweke,” “sewe maal sewe jaar,” het die groot jaar
van vrylating, die jubeljaar, aangebreek. “Dan moet jy... ‘n basuin-
geklank... deur julle hele land laat gaan.
En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land
uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan
moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.”
Levitikus 25:9,10.
“In die sewende maand, op die tiende van die maand,... op die
versoendag” moes die basuin van die jubeljaar klink. Deur die hele
land, orals waar die Joodse volk gewoon het, het daardie klank op
die kinders van Jakob ‘n beroep gedoen om die jaar van vrylating
te verwelkom. Op die groot Versoendag is daar versoening gedoen
vir die sondes van Israel en die volk het die jubeljaar met vreugde
begroet.
Soos in die sabbatjaar, moes daar op daardie jaar nie gesaai
of geoes word nie, en alles wat die grond opgelewer het, was die
regmatige besitting van die armes. Sekere klasse Joodse slawe -
almal wat nie op die sabbatjaar vrygestel was nie - is nou vrygestel.
Maar die vemaamste kenmerk van die jubeljaar was dat alle grond
wat verpand was, aan die familie van die oorspronklike eienaar
teruggegee moes word. God het die land by wyse van die lot laat
- Offergawes 41

verdeel. Nadat die verdeling gemaak is, het niemand die reg gehad
om sy besitting te verkwansel nie. Hy kon sy grond ook nie verkoop
tensy armoede hom daartoe gedwing het nie, en selfs dan, as hy of
een van sy familielede dit wou terugkoop, kon die koper nie weier
om dit te verkoop nie; maar as dit nie voor die tyd verlos is nie, moes
dit in die jubeljaar na die oorspronklike besitter of sy erfgename
teruggaan.
Die Here het aan Moses gesê: “Die grond moet ook nie vir altyd
verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge
en bywoners by My is” (Levitikus 25:23). Die volk moes begryp dat
die land aan God behoort en dat hulle net toegelaat is om dit tydelik
te besit; dat Hy die regmatige eienaar, die oorspronklike besitter, is, [32]
en dat Hy om die rede besondere bepalinge ten gunste van die armes
en die verdruktes gemaak het. Hy wou almal laat verstaan dat die
armes net so geregtig is op ‘n plek op Gods wêreld as die rykes.
Dit is die voorsiening wat ons genadige Skepper gemaak het om
lyding te versag, om in die lewe van die nooddruftiges en hulpbe-
hoewendes ‘n bietjie hoop, ‘n glinstering van sonskyn te bring.
Die Here wou die buitensporige sug na besittings en mag onder
bedwang hou. Groot euwels sou voortspruit uit die toenemende
versameling van rykdom deur een klas en die armoede en verlaging
van ‘n ander. Sonder ‘n mate van beperking sou die mag van die
rykes ‘n alleenreg word en die armes wat in alle opsigte in die oë van
God net so verdienstelik is, sou deur hulle voorspoediger broeders
behandel word asof hulle minderwaardig is. Die hartstogte van die
armes sou deur die verdrukking opgewek word. Daar sou ‘n gevoel
van radeloosheid en wanhoop wees wat die maatskaplike orde sou
verstoor en die deur tot allerlei misdade sou open. Die reëls wat God
daargestel het, was bedoel om maatskaplike gelykheid te bevorder.
Die maatreëls van die sabbatjaar en die jubeljaar sou in ‘n groot
mate alles regstel wat intussen op maatskaplike en politieke gebied
in die land skeefgeloop het.
Hierdie bepalings was bedoel om vir sowel die rykes as die armes
tot seën te strek. Dit sou die hebsug en die strewe na selfverheffing
aan bande lê en ‘n edel gees van weldadigheid kweek; en deur
goedgesindheid en vertroue by alle klasse aan te moedig, sou dit
maatskaplike orde, die stabiliteit van die regering, bevorder. Ons is
almal saamgevleg indie groot web van die mensdom, en wat ons
42 Voorwaarts

ook al kan doen om ander te help en op te hef, sal vir onsself tot
seën strek. Die wet van onderlinge afhanklikheid geld die ganse
maatskappy. Die armes is niks meer van die rykes afhanklik as die
rykes van die armes nie. Terwyl die een klas ‘n aandeel eis in die
seëninge wat God op hulle ryk bure uitgestort het, het die ander
weer die getroue diens, die krag van murg en brein en spier, nodig
waaroor die armes beskik.
God het beloof om die Israeliete ryklik te seën as hulle Sy bevele
nakom. Hy het gesê:“Ek (sal) julle reëns gee op die regte tyd, en die
land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte
gee. En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die
druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop
[33] eet en veilig in julle land woon. Ook sal Ek vrede gee in die land,
sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal
die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur
julle land trek nie... En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n
God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees... Maar as julle nie na
My luister en al hierdie gebooie doen nie; en... my verbond verbreek
- dan sal... julle... ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande
sal dit opeet. En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voorjul
vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal
vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.” (Levitikus 26:4-17.)
Daar is baie mense wat met groot ywer daarop aandring dat
almal ‘n gelyke aandeel in die seëninge van God moet hê. Maar
dit was nie die doel van die Skepper nie. ‘n Verskeidenheid van
lewensomstandighede is een van die middele waardeur God van
plan is om ons karakter te ontwikkel. Nogtans is dit Sy bedoeling dat
diegene wat aardse besittings het, hulle bloot as rentmeesters van Sy
goedere moet beskou, as persone aan wie middele toevertrou is sodat
dit tot voordeel van die lydendes en die behoeftiges aangewend kan
word.
Christus het gesê dat die armes altyd onder ons sal wees, en
Hy vereenselwig Hom met Sy lydende mense. Die hart van ons
Verlosser simpatiseer met Sy armste en nederigste aardse kinders.
Hy vertel ons hulle is Sy verteenwoordigers op aarde. Hy het hulle
onder ons gesit om in ons harte daardie liefde op te wek wat Hy vir
die lydendes en onderdruktes voel. Christus aanvaar die medelyde
en weldadigheid wat ons aan hulle bewys asof dit aan Hom self
- Offergawes 43

bewys is. ‘n Daad van wreedheid of nalatigheid teenoor hulle word


beskou asof dit aan Hom gedoen is.
Indien die mensdom die insettinge wat God tot voordeel van die
armes gegee het, nagekom het, hoe anders sou die huidige toestand
van die wêreld sedelik, geestelik en tydelik gewees het! Selfsug en
eiewaan sou nie soos nou geheers het nie, maar elk sou welwillend
aan die geluk en welvaart van ander dink; en die wydverspreide
armoede wat in baie lande heers, sou nie nou bestaan nie.
Die beginsels wat God neergelê het sou die vreeslike euwels
verhoed wat in alle eeue die gevolg was van die onderdrukking van
die armes deur die rykes en die agterdog en haat wat die armes
teenoor die rykes koester. Terwyl dit verhinder dat mense groot ryk-
dom ophoop en onbeperkte weelde geniet, sal dit ook die gevolglike
onkunde en verlaging verhoed van tienduisende te laag besoldigde
arbeiders wat hierdie kolossale rykdomme met hulle arbeid moet [34]
opbou. Dit sou ‘n vreedsame skikking teweegbring vir die probleme
wat tans dreig om die wêreld aan regeringloosheid en bloedvergie-
ting oor te gee.
[35] Hoofstuk 6 - ‘n Weduwee Gevoed

“n TYD LANK het Elia tussen die berge by die spruit Krit
versteek gebly. Daar is hy maande lank op wonder-bare wyse van
voedsel voorsien. Toe die spruit later weens die aanhoudende droogte
opgedroog het, het God Sy dienskneg beveel om in ‘n heidense land
‘n skuilplek te soek.” Maak jou klaar,“het Hy hom beveel,“gaan na
Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan ‘n weduwee
bevel gegee om jou te onderhou.”
Daardie vrou was nie ‘n Israeliet nie. Sy het nooit die voorregte
of seëninge ondervind wat die uitverkore volk van God geniet het
nie; maar sy het in die ware God geglo en die lig gevolg wat op haar
weg geskyn het. En toe daar vir Elia geen veiligheid meer in die land
van Israel was nie, het God hom na hierdie vrou gestuur om in haar
huis onderdak te vind.
“Daarop het hy hom gereed gemaak en na Sarfat gegaan; en toe
hy by die ingang van die stad kom, was ‘n weduwee juis besig om
daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal
tog vir my ‘n bietjie water in die kan, dat ek kan drink. Terwyl sy
loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring vir my ‘n
stukkie brood saam.”
In hierdie armoedige gesin het die hongersnood swaar gedruk,
en dit het geskyn asof die skamele voorraad gedaan was. Die koms
van Elia op die juiste dag toe die weduwee gevrees het sy sal die
stryd om die lewe te behou gewonne moet gee, het” haar geloof in
die krag van die lewende God om in haar behoefte te voorsien tot die
uiterste toe beproef. Maar selfs in haar uiterste nood het sy vir haar
geloof getuig deur tot die versoek van ‘n vreemdeling in te willig
om haar laaste stukkie kos met hom te deel.
In antwoord op Elia se versoek om voedsel en drank het die
weduwee gesê: “So waar as die Here u God leef, ek het nie ‘n
broodkoek nie, net maar ‘n handvol meel in die pot en ‘n bietjie
olie in die kruik; en hier maak ek nou ‘n paar houtjies bymekaar;
dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan
44
- ‘n Weduwee Gevoed 45

eet en sterwe.”Elia het aan haar gesê:“Wees nie bevrees nie, gaan
heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ‘n
broodkoekie en bring dit uit vir my; Daarna kan jy vir jou en jou
seun iets klaarmaak. Want so sê die Here, die God van Israel: Die
meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder
word nie, tot op die dag dat die Here rëen op die aarde sal gee.
Mens kon geen groter beproewing van haar geloof gevra het [36]
nie. Tot nog toe het die weduwee alle vreemdelinge vrierídelik en
gasvry behandel. Ondanks die lyding wat dit vir haar en haar kind
kon beteken, en met volle vertroue dat die God van Israel in haar
behoefte kon voorsien, het sy aan die hoogste eis van gasvryheid
voldoen ,en gehandel volgens die woord van Elia.
“Hierdie Feniciese vrou het geweldige gasvryheid aan die pro-
feet van God bewys en haar geloof en edelmoedigheid is geweldig
beloon.” Sy het geëet - sy. en haar gesin dae lank: die meel in die
pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie,
volgens die woord van die Here wat Hy deur die diens van Elia
gespreek het.
“Na hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die
huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen
asem in hom oorgebly het nie. Toe sê sy vir Elia: Wat het ek met u
te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid
in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!
“Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van
haar skoot af geneem en hom opgedra na die bokamer waar hy self
gewoon het, en hom op sy bed neergelê... Daarop het hy hom drie
maal uitgestrek oor die kind en die Here aangeroep... En die Here
het Elia verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer,
sodat hy weer lewendig geword het.
“Daarop neem Elia die kind en bring hom af uit die bokamer in
die huis en gee hom aan sy moeder; en Elia sê:
Kyk, jou seun lewe! En die vrou sê vir Elia: Nou weet ek dit
dat u ‘n man van God is en dat die woord van die Here in u mond
waarheid is.”
Die weduwee van Sarfat het haar stukkie kos met Elia gedeel en
as beloning is haar lewe en haar seun se lewe gespaar. En aan allmal
wat in ‘n tyd van beproewing en gebrek medelyde en hulp verleen
aan andere wat groter behoefte het, het God ‘n groot seën belowe.
46 Voorwaarts

Hy het nie verander nie. Sy krag is deesdae niks minder as in die


dae van Elia nie.
Hoofstuk 7 - Om te Gee Is om te Leef [37]

En daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op


die fees te aanbid; hulle het na Filippus gegaan wat van Betsaida in
Galilea was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag
sien. Filippus kom en sê dit vir Andreas, en Andreas en Filippus
vertel dit weer aan Jesus.”
Op hierdie tydstip het die werk van Christus na ‘n volslae neer-
laag gelyk. Hy was die oorwinnaar in die stryd met die priesters en
Fariseërs, maar dit was duidelik dat hulle Hom nooit as die Messias
sou aanvaar nie. Die skeiding het finaal aangebreek. Sy dissipels
het sake hopeloos gevind. Maar Christus was op die drumpel van
die voleindiging van Sy werk. Die groot gebeurtenis waarby nie
net die Joodse volk nie, maar die hele wêreld betrokke was, sou
weldra plaasvind. Toe Christus die gretige versoek hoor: “Ons wil
Jesus graag sien,” het Hy daarin die hongerige geroep van die wê-
reld gehoor, en het Sy gelaat verhelder.” Die uur het gekom,” het
Hy gesê,“dat die Seun van die mens verheerlik moet word.” In die
versoek van die Grieke het Hy ‘n voorsmaak gekry van die resultate
van “Sy groot offer.
Hierdie manne het uit die Weste gekom om die Heiland aan die
einde van Sy sending te sien, net soos die wyse manne aan die begin
uit die Ooste gekom het. Met Christus se geboorte was die Joodse
volk so behep met hul eie ambisieuse planne dat hulle nie bewus
was van Sy koms nie. Die wyse manne uit ‘n heidense land het
met hul geskenke na die krip gekom om die Heiland te aanbid. So
het hierdie Grieke, wat die nasies, stamme en volke van die wêreld
verteenwoordig het, na Jesus. gekom. So sal die volke van alle lande
en alle eeue deur die kruis van die Verlosser getrek word. So sal
baie “kom uit die ooste en weste en saam met Abraham en Isak en
Jakob... aansit in die koninkryk van die hemele” (Matthéus 8:11).
Die Grieke het gehoor van Christus se triomfantelike intog in
Jerusalem. Sommige het veronderstel en het die tyding versprei dat
Hy die priesters en owerstes uit die tempel verdryf het en dat Hy
47
48 Voorwaarts

Dawid se troon sou bestyg en as koning van Israel sou regeer. Die
Grieke wou graag die waarheid aangaande Sy sending weet.” Ons
wil Jesus graag sien,“het hulle gesê. Die versoek is toegestaan. Toe
die versoek aan Jesus gerig is, was Hy in die deel van die tempel
[38] waar net Jode toegelaat is, maar Hy het in die buitenste voorhof na
die Grieke uitgegaan, waar Hy ‘n persoonlike onderhoud met hulle
gevoer het.
Die uur vir die verheerliking van Christus het aangebreek. Hy
het in die skaduwee van die kruis gestaan, en die navrae van die
Grieke het aan Hom getoon dat die offer wat Hy op die punt was om
te bring baie seuns en dogters na God sou lei. Hy wis dat die Grieke
Hom weldra in ‘n posisie sou sien waarvan hulle nie gedroom het
nie. Hulle sou Hom langs Barabbas, ‘n rower en moordenaar, sien
staan, wat bo die Seun van God vir vrylating gekies sou word. Hulle
sou hoor hoe die volk, deur die priesters en owerstes aangehits, hul
keuse sou maak. En op die vraag:
“Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus?”
sal geantwoord word: “Laat Hom gekruisig word” (Matthéus 27:22).
Christus wis dat Hy deur so vir die sondes van die mens versoening te
bewerkstellig, Sy koninkryk sou vervolmaak en oor die hele wêreld
sou verbrei. Hy sou die Hersteller wees, en Sy Gees sou oorwin. ‘n
Oomblik het Hy in die toekoms gekyk en die stemme in alle dele
van die aarde hoor roep:“Daar is die Lam van God wat die sonde
van die wêreld wegneem” (Johannes 1:29). In hierdie vreemdelinge
het Hy die belofte van ‘n groot oes gesien, wanneer die skeidsmuur
tussen Jood en heiden afgebreek sou word en alle nasies, tale en
volke die boodskap van verlossing sou hoor. Hierdie verwagting,
die vervulling van Sy hoop, word uitgedruk in die woorde:“Die
uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.”
Maar hoe die verheerliking sou plaasvind, was nooit uit die gedagte
van Christus nie. Die insameling van die heidene sou volg op Sy
naderende dood. Net deur Sy dood kon die wêreld gered word. Soos
‘n koringkorrel, moet die Seun van die mens in die grond gewerp
word; maar Hy sou weer lewe.
Christus het Sy toekoms geskets en met die verskynsels van die
natuur veraanskoulik, sodat die dissipels kon verstaan. Die ware
resultaat van Sy sending sou deur Sy dood bereik word. “Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en
- Om te Gee Is om te Leef 49

sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.” As die
koringkorrel in die grond val en sterf, ontkiem dit en dra vrugte. So
sou die dood van Christus lei tot vrugte vir die koninkryk van God.
Net soos met die wet van die planteryk, is lewe die gevolg van Sy
dood.
Landbouers het hierdie illustrasie altyd voor hulle. Jaar na jaar
verseker die mens sy voorraad graan deur skynbaar die beste deel
daarvan weg te gooi. ‘n Tyd lank moet dit onder die grond verberg
word, om deur die Here bewaak te word. Dan verskyn die sprietjie, [39]
dan die aar en dan die koring in die aar. Maar dit kan nie gebeur
tensy die graan onsigbaar begrawe word nie-verberg en oënskynlik
verlore.
Die saad wat in die aarde begrawe word, bring vrugte voort, en
op sy beurt word dit geplant. So word die oes vermenigvuldig. So
sal die dood van Christus op die kruis van Golgota vir die ewige
lewe vrugte dra. Die betragting van hierdie offer sal die heerlikheid
wees van diegene wat, as die vrugte daarvan, deur die ewigheid sal
lewe.
Die koringkorrel wat sy eie lewe bewaar, kan geen vrugte dra
nie.
Dit bly alleen. Christus kon, as Hy dit sou verkies, aan die dood
ontkom. Maar as Hy dit sou doen, sou Hy alleen moet wees. Dan
sou Hy geen seuns en dogters na God kon bring nie. Net deur Sy
lewe op te offer, kon Hy lewe aan die mense gee. Net deur in die
grond te val en te sterf, kon Hy die saad van daardie ontsaglike oes
word-die groot menigte wat uit elke nasie en stam en taal en volk
vir God vrygekoop sou word.
Aan hierdie waarheid verbind Christus die les van selfopoffering
wat almal moet leer: “Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie
sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.”
Almal wat vrugte wil dra as medewerkers van Christus, moet eers
in die grond val en sterf. Die lewe moet in die akker van die wêreld
se behoefte gegooi word. Eie liefde en eiebelang moet omkom. En
die wet van selfopoffering is die wet van selfbehoud. Die landbouer
behou sy graan deur dit weg te gooi. So ook in die lewe. Om te gee
is om te lewe. Die lewe wat behoue sal bly, is die lewe wat vrylik
gegee word in die diens van God en die mens. Wie hul lewe ter wille
50 Voorwaarts

van Christus in hierdie wêreld opoffer, sal dit vir die ewige lewe
behou.
Die lewe wat aan onsself gewy word, is soos graan wat geëet
word.
Dit verdwyn, maar daar is geen toename nie. ‘n Mens kan soveel
moontlik vir homself bymekaar maak; hy kan net vir homself lewe
en dink en beplan; maar sy lewe gaan verby, en hy het niks. Die wet
van selfdiens is die wet van selfvemietiging.
Hoofstuk 8 - Die Fees in Simon se Huis [40]

Simon van Betanié is as ‘n dissipel van Jesus beskou. Hy was een


van die min Fariseërs wat hom openlik onder Christus se volgelinge
geskaar het. Hy het Jesus as ‘n leraar erken, het gehoop dat Hy dalk
die Messias sou wees, maar het Hom nie as Verlosser aangeneem
nie. Sy karakter was nie vemuwe nie; sy beginsels was onveranderd.
Simon is van melaatsheid genees, en dit is wat hom na Jesus
getrek het. Hy wou sy dank betoon, en met Christus se laaste besoek
aan Betanié het hy ‘n maaltyd vir die Heiland en Sy dissipels klaar-
gemaak. Baie Jode het dit bygewoon. Dit was ‘n tyd van opwinding
in Jerusalem. Christus en Sy sending het groter aandag as ooit geniet.
Die gaste het Sy bewegings noukeurig dopgehou - party van hulle
met onvriendelike oë.
Die Heiland het net ses dae voor die Pasga in Jerusalem aange-
kom, en oudergewoonte het Hy in die huis van Lasarus gaan rus.
Die skares wat na die stad voortgereis het, het dit bekend gemaak
dat Hy op pad na Jerusalem was, en dat Hy die Sabbat in Betanië
sou rus. Groot geesdrif het onder die volk geheers. Baie het na Beta-
nië gestroom - party uit opregte belangstelling in Jesus, andere uit
nuuskierigheid om hom te sien wat uit die dode opgewek was.
Baie het verwag dat Lasarus hulle ‘n wonderlike beskrywing van
die tonele na sy dood sou kon gee. Hulle was verbaas dat hy hulle
niks vertel het nie. Hy het niks van hierdie aard te vertelle gehad nie.
Die Bybel sê: “Die dooies weet glad niks nie... Hulle liefde sowel as
hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn” (Prediker 9:5,6).
Maar Lasarus het ‘n indrukwekkende getuienis te lewer gehad in
verband met die werk van Christus. Om hierdie doel is hy uit die
dode opgewek. Met krag en oortuiging het hy verklaar dat Jesus die
Seun van God is.
Verslae wat deur besoekers aan Betanië na Jerusalem terugge-
neem is het die opwinding verhoog. Die volk was gretig om Jesus te
sien en te hoor. Almal wou weet of Lasarus Hom na Jerusalem sou
vergesel, en of die profeet op die Paasfees tot koning gekroon sou
51
52 Voorwaarts

word. Die priesters en owerstes het besef dat hul houvas op die volk
steeds verswak, en dit het hulle verder teen Jesus verbitter. Hulle
kon skaars wag op ‘n geleentheid om Hom vir goed van die toneel
te verwyder. Met verloop van tyd het hulle begin vrees dat Hy dalk
[41] glad nie na Jerusalem sou kom nie. Hulle het onthou hoe dikwels
Hy hul moordplanne verydel het, en hulle het begin vrees dat Hy
teen nou deur hul planne gesien het en daarom sou wegbly. Hulle
kon skaars hul angs verberg en het mekaar gevra:“Wat dink julle, sal
Hy nie na die fees kom nie?”
“n Vergadering van die priesters en Fariseërs is belê. Na die
opwekking van Lasarus het die volk hulle so volkome aan die kant
van Christus geskaar dat dit gevaarlik sou wees om Hom openlik te
gryp. Die owerhede het dus besluit om Hom heimlik te arresteer en
die verhoor so stil moontlik af te handel. Hulle het gehoop dat as dit
bekend sou word dat Hy veroordeel is, die wispelturige openbare
mening in hulle guns sou swaai.
Hulle wou Jesus so uit die weg ruim. Maar solank Lasarus geleef
het, wis die priesters en rabbi’s dat hulle nie veilig was nie. Net
die bestaan van ‘n man wat vier dae in die graf was en wat deur ‘n
woord van Jesus opgewek is, sou vroeër of later ‘n reaksie uitlok. Die
volk sou hulle op hul leiers wreek omdat hulle Een gedood het wat
so ‘n wonderwerk kon verrig. Daarom het die Joodse raad besluit
dat Lasarus ook moet sterf. Dit is die uiterstes waartoe jaloesie en
vooroordeel hul slawe kan dryf. Die haat en ongeloof van die Joodse
leiers moes toeneem totdat hulle selfs die lewe sou neem van een
wat deur die Almag uit die graf gered is.
Terwyl hierdie sameswering in Jerusalem aan die gang was, is
Jesus en Sy vriende na die maaltyd van Simon genooi. Die Heiland
het aan tafel gesit met Simon, wat Hy van ‘n afskuwelike siekte
genees het, aan Sy een kant, en Lasarus, wat Hy uit die dode opgewek
het, aan die ander. Martha het die gaste bedien, maar Maria het
ernstig geluister na elke woord wat Jesus gebesig het. In Sy genade
het Jesus haar sondes vergewe, Hy het haar geliefde broer uit die graf
uit teruggeroep, en Maria se hart het oorgeloop van dankbaarheid. Sy
het Jesus hoor praat van Sy naderende dood, en in haar innige liefde
en leed wou sy Hom graag vereer.Teen groot persoonlike opoffering
het sy ‘n albastefles “kosbare nardussalf” gekoop om Sy liggaam
mee te salf. Maar noudat baie begin sê het dat Hy op die punt was om
- Die Fees in Simon se Huis 53

tot koning gekroon te word, het haar droefheid in vreugde verander.


Sy wou graag die eerste wees om haar Here te vereer. Toe breek sy
die fles salf, giet die inhoud op die hoof en voete van Jesus uit; en
terwyl sy wenend kniel, maak sy hulle met haar trane nat en droog
Sy voete af met haar lang, los hare.
Sy het dit ongemerk probeer doen, en haar daad kon wel on-
gemerk verbygegaan het, was dit nie dat die geur van die salf die
hele vertrek gevul het en almal se aandag op haar gevestig het nie. [42]
Judas het die daad met misnoeë beskou. Pleks van te wag om te hoor
wat Jesus daaroor te sê het, het hy sy ontevredenheid in fluistertone
teenoor diegene om hom uitgespreek en Christus dit verwyt omdat
Hy sulke verkwisting toelaat. Listig het hy dinge geïnsinueer wat
ontevredenheid kon veroorsaak.
Judas was die dissipels se penningmeester, en van die bietjie geld
wat hulle gehad het, het hy heimlik vir sy eie gebruik aangewend,
wat weinig vir hulle in die beursie oorgelaat het. Hy was gretig om
alles wat hy in die hande kon kry, in die beurs te sit. Geld is dikwels
uit die beurs gehaal om die armes te help; en as iets gekoop is wat
deur Judas as oorbodig beskou is, het hy gewoonlik gesê: Waarom
die verkwisting? Hoekom is die geld daarvoor nie in die beurs gesit
wat ek vir die armes dra nie? Maria se daad het so helder afgesteek
teen sy selfsug dat hy in die skande gesteek is; daarom moes hy,
oudergewoonte, ‘n waardige motief vir sy beswaar teen die geskenk
voorhou. Hy het hom tot die dissipels gewend en gevra: “Waarom is
hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld, aan
die armes gegee nie? En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes
besorg was nie, maar omdat hy ‘n dief was en die beurs gehad het
en die bydraes geneem het.” Judas het geen medelye met die armes
gehad nie. As Maria se salf verkoop was en die geld, in sy hande
beland het, sou die armes geen baat daarby gevind het nie.
Judas was baie beïndruk deur sy eie bestuursvemuf, Hy het ge-
voel dat hy ‘n baie beter finansier as sy mededissipels is, en hy het
ook gesorg dat hulle hom in daardie lig beskou. Hy het hul ver-
troue gewin en ‘n sterk invloed oor hulle uitgeoefen. Sy geveinsde
meegevoel vir die armes het hulle om die bos gelei, en sy listige
insinuasie het hulle ook wantrouig teenoor Maria se wydingsdaad
gestem. Rondom die tafel is gemompel:
54 Voorwaarts

“Waarvoor is hierdie verkwisting? Want hierdie salf kon duur


verkoop en die geld aan die armes gegee gewees het.”
Maria het die kritiek gehoor. Sy het innerlik gebewe. Sy was
bang haar suster sou haar haar spandabelheid verwyt. Dalk dink
die Meester ook dat sy verkwistend is. Sy was op die punt om
sonder verskoning weg te sluip, toe die stem van haar Meester gehoor
word:“Laat haar staan, waarom val julle haar lastig?” Hy het gesien
dat sy verleë en ongelukkig voel. Hy wis dat sy met hierdie daad haar
dankbaarheid vir die vergifnis van haar sondes betoon het, en Hy
het haar gerusgestel. Toe verhef Hy Sy stem bo die gemompel van
[43] kritiek en sê:“Sy het ‘n goeie werk aan My gedoen. Want die armes
het julle altyd byjulle, en wanneer julle wil, kan julleaan hulle goed
doen; maar My het julle nie altyd nie. Wat sy kon, het sy gedoen. Sy
het vooruit al my liggaam vir die begrafnis gesalf.”
Die geurige gawe wat Maria op die dooie liggaam van die Hei-
land wou uitgiet, het sy nou op Sy lewende liggaam gestort. By die
begrafnis sou die soete geur maar net die graf gevul het; nou het dit
Sy hart verbly met die versekering van haar geloof en liefde. Josef
van Arimathea en Nikodemus het nie hul liefdegawes aan Jesus
gebied toe Hy nog gelewe het nie. Met bittere trane het hulle hul
kosbare speserye vir Sy koue, bewustelose liggaam gebring. Die
vroue wat hul speserye na die graf gebring het, het dit tevergeefs
gedoen, want Hy het opgestaan: Maar Maria het haar liefde op die
Heiland uitgestort terwyl Hy nog bewus was van haar toewyding, en
sy het Hom vir die begrafnis gesalf. En toe Hy deur die duistemis
van Sy groot beproewing gegaan het, het Hy saam met Hom die
gedagtenis van hierdie daad geneem - ‘n voorsmaak van die liefde
wat Hy vir ewig van Sy verlostes sou ontvang.
Baie bring hul kosbare gawes vir die dode. Hulle staan om die
koue, lewelose liggaam, en liefdeswoorde vloei vrylik. Teerheid,
waardering, toegewydheid, alles word op die een uitgestort wat nie
kan sien of hoor nie. As hierdie woorde gespreek was toe die ver-
moeide gees hulle so nodig gehad het, toe die oor kon hoor en die
hart kon voel, hoe kosbaar sou hul geur nie gewees het nie!
Maria het die volle betekenis van haar liefdedaad nie besef nie.
Sy kon haar beskuldigers nie antwoord nie. Sy kon nie verduide-
lik waarom sy hierdie geleentheid gekies het om Jesus te salf nie.
Die Heilige Gees het haar gelei, en sy het Hom gehoorsaam. Die
- Die Fees in Simon se Huis 55

ingewing verwerdig hom nie om redes te gee nie. ‘n Ongesiene


teenwoordigheid spreek tot die siel en gees en spoor die hart tot dade
aan. Dit het sy eie regverdiging.
Christus het Maria die betekenis van haar daad meegedeel, en
hierin het Hy haar meer gegee as wat Hy ontvang het. “Toe sy hierdie
salf op my liggaam uitgegooi het,” het Hy gesê, “het sy dit gedoen
met die oog op my begrafnis.” Soos die albastefles gebreek is en
die hele huis met sy geur gevul het, so sou die Christus sterf en Sy
liggaam gebreek word; maar Hy sou uit die graf uit opstaan en die
geur van Sy lewe sou die aarde vul. Christus het ons liefgehad en
Hom vir ons oorgegee “as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike
geur” (Efesiërs 5:2).
“Voorwaar Ek sê vir julle,” het Christus gesê, “oral waar hierdie
evangelie oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gespreek [44]
word van wat sy gedoen het, tot ‘n gedagtenis aan haar.” In ‘n toe-
komsblik het die Heiland met oortuiging van Sy evangelie gepraat.
Dit sou deur die hele wêreld verkondig word. En sover as wat die
evangelie sou reik, sou Maria se geskenk sy geur versprei en sou
harte deur haar spontane daad geseën word. Koninkryke sou opkom
en val; die name van vorste en veroweraars sou vergeet word, maar
hierdie vrou se daad sou onsterflik op die bladsye van die gewyde
geskiedenis bly pryk. Tot die einde van die tyd sou die gebreekte
albastefles die verhaal van God se oorvloedige liefde vir die gevalle
mensdom vertel.
Maria se daad het sterk afgesteek by wat Judas op die punt was
om te doen. Watter strawwe les kon Christus nie aan hom gegee het
wat die saad van kritiek en bose gedagtes by die dissipels gesaai
het nie! Hoe tereg kon die beskuldiger beskuldig geword het! Hy
wat die motiewe van elke hart kan lees en elke optrede verstaan,
sou daar voor die feesgangers donkere hoofstukke in die lewe van
Judas kon blootgelê het. Die geveinsdheid waarop die verraaier sy
kritiek gebaseer het, kon aan die kaak gestel gewees het; want, pleks
van hom oor die armes te ontferm, het hy hulle beroof vandie geld
wat vir hulle bedoel was. Verontwaardiging kon uitgelok gewees het
oor sy onderdrukking van die weduwees, die wese en die dagloners.
Maar as Christus Judas ontmasker het, sou dit as oorsaak vir die
verraad aangegee geword het. En al is hy ‘n dief genoem, sou Judas
56 Voorwaarts

simpatie ontvang het, selfs onder die dissipels. Die Heiland het hom
nie verwyt nie en het so enige verskoning vir sy verraad vermy.
Maar Jesus se deurdringende blik op hom het Judas oortuig
dat die Heiland dwarsdeur sy huigelary gesien het en sy snode,
veragtelike karakter gelees het. En in Sy lof vir Maria, wie se daad
so hewig veroordeel is, het Christus Judas bestraf. Voorheen het die
Heiland hom nooit regstreeks bestraf nie. Nou het die bestraffing
hom verbitter. Hy was vasberade om hom te wreek. Van die feestafel
af het hy opgestaan en reguit na die paleis van die hoëpriester gegaan,
waar hy die raad byeen gevind het en aangebied het om Jesus aan
hulle uit te lewer.
Die priesters was verheug. Hierdie leiers van Israel het die voor-
reg gehad om Christus as hul Verlosser te ontvang, sonder geld en
sonder prys. Maar hulle het die kosbare gawe wat hulle in die groot-
ste teerheid en liefde aangebied is, geweier. Hulle het geweier om
die verlossing wat kosbaarder as goud is, aan te neem, en het hul
Here vir dertig silwerstukke gekoop.
[45] Judas het sy hebsug laat botvier totdat dit elke goeie trek in sy
karakter. oorweldig het. Hy het die offergawe nie aan Jesus gegun
nie. Hy het gebrand van jaloesie dat die Heiland ‘n geskenk sou
ontvang wat vir aardse konings geskik is. Hy het sy Here vir ‘n veel
kleiner bedrag verkoop as wat die salfgekos het.
Die dissipels was nie soos Judas nie. Hulle het die Heiland
liefgehad. Maar hulle het Sy verhewe karakter nie reg gewaardeer
nie. As hulle besef het wat Hy vir hulle gedoen het, sou hulle gevoel
het dat niks wat aan Hom gegee word, verkwis is nie. Die wyse
manne uit die Ooste, wat so min van Jesus geweet het, het beter
besef watter eer Hom toekom; hulle het kosbare geskenke aan die
Heiland gebring en in hulde voor Hom neergebuig toe Hy nog ‘n
baba was en ‘n krip as wieg gehad het.
Christus waardeer opregte vriendskapsdade. As iemand Hom ‘n
guns bewys het, het Hy die dader met hemelse hoflikheid geseën.
Hy het nie die eenvoudigste blom wat deur die hand van ‘n kind
gepluk is en aan Hom in liefde aangebied is, geweier nie. Hy het die
gawes van kinders aangeneem en die gewers geseën en hul name in
die boek van die lewe geskryf. In die Bybel word Maria se salwing
van Jesus gebruik om haar van die ander Marias te onderskei. Liefde
en respek wat aan Jesus betoon word, is bewys van geloof in Hom
- Die Fees in Simon se Huis 57

as die Seun van God. En die Heilige Gees noem, as bewyse van ‘n
vrou se getrouheid aan Christus:“As sy... die voete van die heiliges
gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het”
(Timotheus 5:10).
Christus het Hom verheug in Maria se verlange om die wil van
haar Here te doen. Hy het die rykdom van suiwere liefde wat Sy
dissipels maar nie kon verstaan Meester nie, aangeneem, Maria se
drang om haar hierdie diens te bewys was vir Christus van meer
waarde as al die kosbare salf ter wêreld, want dit het uitdrukking
gegee aan haar waardering van die wêreld se Verlosser. Dit was die
liefde van Christus wat haar gedring het. Die weergalose uitnemend-
heid van die karakter van Christus hef haar wese vervul. Die salf
was ‘n simbool van die hart van die geefster. Dit was die uiterlike
vertoning van ‘n liefde wat deur hemelse strome gevoed is totdat dit
oorgeloop het.
Maria se daad was net die les wat die dissipels nodig gehad het
om hulle te toon dat Christus die uitdrukking van hul liefde vir Hom
sal waardeer. Hy was alles vir hulle, en hulle het nie besef dat hulle
weldra nie meer Sy teenwoordigheid sou geniet nie, dat hulle Hom [46]
weldra geen gebaar sou kon toon wat hul dankbaarheid vir Sy groot
liefde sou te kenne gee nie. Christus se eensaamheid, afgesonder van,
die hemelse howe en in die rol van ‘n mens, is nooit behoorlik deur
die dissipels besef nie. Hy was dikwels bedroef omdat Sy dissipels
Hom nie gegee het wat Hom toegekom het nie, Hy wis dat as hulle
onder die invloed van die hemelse engele was wat Hom vergesel het,
ook hulle geen offer groot genoeg sou geag het om die geestelike
liefde van die hart uit te druk nie.
Eers toe Jesus weg is, het hulle waarlik besef wat hulle alles vir
Hom kon gedoen het om hul liefde en dankbaarheid te betuig toe
Hy nog by hulle was. Toe Jesus nie langer by hulle was nie en hulle
soos skape sonder ‘n herder gevoel het, het hulle begin insien hoe
hulle gunsies vir Hom kon gedoen het wat Hom bly sou gemaak het.
Toe het hulle Maria nie meer verwyt nie, maar hulleself. As hulle
maar net hul kritiek kon terugtrek en die indruk ongedaan kon maak
dat hulle die armes waardiger as Christus beskou het om die geskenk
te ontvang! Hulle het die teregwysing pynlik gevoel toe hulle die
gekneusde liggaam van hul Here van die kruis áfhaal.
58 Voorwaarts

Dieselfde leemte bestaan vandag in ons wêreld. Baie min mense


besef wat Christus alles vir hulle beteken. As hulle dit besef het, sou
hulle die groot liefde van Maria betoon het en sou die salwing vrylik
geskied het. Die duur salf sou nie ‘n verkwisting genoem gewees
het nie. Niks sou te duur geag word om vir Christus te gee nie, en
geen selfverloëning of selfopoffering te groot om om Sy onthalwe
te verduur nie.
Die woorde van verontwaardiging: “Waarvoor is hierdie ver-
kwisting?” het die grootste opoffering van alle tye - die gawe van
Homself as die losprys vir ‘n verlore wêreld - by Christus duidelik
voor die gees geroep. Die Here sou so milddadig teenoor die mens-
dom wees dat daar nie sou gesê kon word dat Hy meer kon gedoen
het nie. In die gawe van Jesus het God die ganse hemel gegee. Uit die
menslike oogpunt gesien, is so ‘n opoffering roekelose verkwisting.
Menslik gesproke is die hele verlossingsplan ‘n verkwisting van
genade en hulpbronne. Oral kom ons selfverloëning en heelhartige
opoffering teen. Die hemelse leërskare kan wel verbaas neerkyk
op die mensdom wat weier om opgehef en verryk te word met die
oneindige liefde wat in Christus uitgedruk is. Hulle sou wel kon
uitroep:“Waarvoor is hierdie verkwisting.”
Maar die versoening vir ‘n verlore wêreld sou volledig, oor-
[47] vloedig en volkome wees: Die offer van Christus was uitermate
oorvloedig om elke siel wat God geskape het, te bereik. Dit kon nie
beperk word sodat dit nie te veel sou wees vir die aantal wat die
groot Gawe sou aanneem nie. Mense word nie almal gered nie; tog
is die verlossingsplan nie ‘n verkwisting omdat dit nie alles bereik
waarvoor sy milddadigheid voorsiening gemaak het nie. Daar moet
genoeg en nog oor wees.
Simon die gasheer was deur Judas se kritiek op Maria se geskenk
beïnvloed en hy was verbaas oor Jesus se gedrag. Sy Farisese trots
was gekrenk. Hy wis dat baie van sy gaste Christus wantrouig en
misnoegd bejeën het. In sy hart het Simon gesê:“Hy, as Hy ‘n profeet
was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak;
want sy is ‘n sondares.”
Deur Simon van melaatsheid te genees, het Christus hom van ‘n
lewende dood gered. Maar nou het Simon getwyfel of die Heiland ‘n
profeet was. Omdat Christus toegelaat het dat die vrou Hom nader,
omdat Hy haar nie verontwaardig afgesnou het as een wie se sondes
- Die Fees in Simon se Huis 59

te groot is om vergewe te word nie, omdat Hy nie getoon het dat


Hy wis sy was ‘n gevalle vrou nie, het Simon gedink Hy was nie ‘n
profeet nie. Jesus weet niks van hierdie vrou wat so vrypostig is nie,
het hy gedink, of Hy sou nie toegelaat het dat sy aan Hom raak nie.
Maar dit was uit onkunde omtrent God en Christus dat Simon
so gedink het. Hy het nie besef dat die Seun van God soos God
moet optree nie - simpatiek, teder en genadig. Simon se weg was om
Maria se boetediens te ignoreer. Dat sy Christus se voete kon soen
en hulle met salf invryf, was tergend vir sy harde hart. As Christus
‘n profeet was, het hy gedink, sou Hy sondaars herken en bestraf het.
Christus het sy onuitgesproke gedagte beantwoord met: “Simon,
Ek het iets om jou te sê... ‘n Sekere geldskieter het twee skuldenaars
gehad; die een het vyfhonderd pennings geskuld en die ander een
vyftig; en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan
altwee geskenk. sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê?
En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel die een aan wie hy die
meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.”
Soos Natan met Dawid gemaak het, het Christus Sy teregwysing
in ‘n gelykenis gehul. Hy het dit aan Sy gasheer oorgelaat om oor
homself oordeel te vel. Simonl het die vrou wat hy nou verag het,
tot die sonde verlei. Hy het haar ‘n diepe onreg aangedoen. Die
twee skuldenaars in die gelykenis het Simon en die vrou voorgestel.
Jesus het nie bedoel dat die twee persone verskillende grade van [48]
verpligting moes voel nie, want elkeen was ‘n dank verskuldig wat
hulle nooit sou kon betaal nie. Maar Simon het hom regverdiger as
Maria geag, en Jesus wou hom laat sien hoe groot sy skuld werklik
was. Hy wou hom toon dat sy skuld groter as hare was - soveel
groter as wat ‘n skuld van vyfhonderd pennings teenoor ‘n skuld van
vyftig pennings is.
Simon het homself nou in ‘n nuwe lig begin sien. Hy het gesien
hoe Maria bejeën word deur Een wat meer as ‘n profeet was. Hy het
gesien dat Christus haar hart vol liefde en toewyding met ‘n skerp
profetiese oog gelees het. Hy het skaam geword en besef dat hy in
die teenwoordigheid was van Een wat groter was as hy.
“Ek het in jou huis gekom,” het Christus voortgegaan, “water
het jy nie vir my voete gegee nie;” maar Maria het, met trane van
berou, deur liefde gedring, my voete natgemaak en met die hare van
haar hoof afgedroog. „’n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy
60 Voorwaarts

[wat jy verag] het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete


te soen nie.“Christus het Simon op die geleenthede gewys wat hy
gehad het om sy liefde vir sy Heer te betoon, asook sy waardering
vir wat Hy vir hom gedoen het. Onomwonde, maar met fyngevoelige
hoflikheid het die Heiland Sy dissipels te verstaan gegee dat dit Hom
seermaak dat Sy kinders versuim om hul dank aan Hom met woorde
en liefdedade te betoon. ?
Die Ondersoeker van Harte het die motief deurvors wat Maria
tot haar optrede beweeg het, en Hy het ook die gees geken wat gelei
het tot Simon se woorde: “Sien jy hierdie vrou?” het Hy vir hom
gesê. Sy is ‘n sondares.” Haar sondes wat baie is, is vergewe, want
sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig
lief.”
Simon se onverskilligheid en versuim teenoor die Heiland het
getoon hoe weinig hy die genade wat hy ontvang het, gewaardeer
het. Hy het gedink Hy doen Jesus ‘n eer aan deur Hom na sy huis te
nooi. Maar nou het hy homself gesien soos hy werklik was. Waar hy
gedink het hy sien deur sy Gas, was dit sy Gas wat hom deurgekyk
het. Hy het besef hoe reg Jesus hom beoordeel het. Sy godsdiens was
‘n kleed van Fari-seïsme. Hy het die medelye van Jesus verag. Hy het
Hom nie herken as die verteenwoordiger van God nie. Waar Maria
se sondes haar vergewe was, was hy ‘n onvergewe sondaar. Die
onbuigbare maatstaf van geregtigheid wat hy op haar wou toepas,
het hom nou veroordeel.
Simon was getref deur die vriendelikheid van Jesus om hom nie
[49] openlik voor die gaste te bestraf nie. Hy is nie behandel soos hy
wou gehad het Maria moet behandel word nie. Hy het gesien dat
Jesus nie graag sy skuld voor andere aan die kaak wou stel nie, maar
geprobeer het om hom met ‘n opregte uiteensetting van die geval
te oortuig en sy hart met innige ontferming te versag. ‘n Krasse
veroordeling sou Simon teen berou verhard het, maar ‘n geduldige
vermaning het hom van sy fout oortuig. Hy besef watter geweldige
skuld hy aan sy Here verskuldig is. Sy hoogmoed is vemeder, hy het
hom bekeer, en die trotse Fariseër het ‘n nederige, selfopofferende
dissipel geword.
Maria is as ‘n groot sondares beskou, maar Christus was bewus
van die omstandighede wat haar lewe gevorm het. Hy kon elke
vonkie hoop in haar siel uitgeblus het, maar Hy het nie. Dit was Hy
- Die Fees in Simon se Huis 61

wat haar uit haar wanhoop en ondergang opgehef het. Sewe maal het
sy gehoor hoe Hy die duiwels bestraf wat haar hart en gees beheers
het. Sy het Sy geroep tot die Vader om haar ontwil gehoor. Sy wis
hoe afstootlik die sonde vir Sy vlekkelose reinheid is, en in Sy krag
het sy oorwin.
Toe haar geval, menslik gesproke, hopeloos voorgekom het, het
Christus goeie hoedanighede in haar gesien. Hy het die goeie karak-
tertrekke in haar raakgesien. Die verlossingsplan het die mensdom
voor groot moontlikhede gestel, en in Maria sou hierdie moontlik-
hede vervul word. Deur Sy genade het sy ‘n deelgenoot aan die
Goddelike natuur geword. Die een wat geval het en wie se gees die
woonplek van duiwels geword het, is baie na aan die Heiland in
gemeenskap en diens gebring. Dit was Maria wat aan Sy voete gesit
en van Hom geleer het. Dit was Maria wat die kosbare olie op Sy
hoof uitgegiet het en Sy voete met haar trane gewas het. Maria het
langs die kruis gestaan en Hom na die graf gevolg. Maria was die
eerste by die graf na Sy opstanding. Dit was Maria wat eerste die
herrese Heiland verkondig het.
Jesus is bekend met die omstandighede van elke siel. U kan sê:
Ek is sondig, baie sondig. Miskien is u; maar hoe erger u is, hoe
meer het u Jesus nodig. Hy wys geen wenende, berouvolle siel weg
nie. Hy vertel nie aan andere alles wat Hy bekend kan maak nie,
maar Hy nooi elke bewende siel om moed te skep. Almal wat na
Hom kom vir vergifnis en herstel sal Hy oorvloediglik vergewe.
Christus kan die engele uit die hemele beveel om die skale te
laat val. Sy grimmigheid op die wêreld uit te gooi en almal wat vol
haat vir God is te verdelg. Hy kan hierdie klad uit Sy heelal uitwis.
Maar Hy doen dit nie. Hy staan vandag by die reukofferaltaar en [50]
bied aan God die gebede van diegene wat Sy hulp soek.
Jesus verhef die siele wat hulle na Hom wend en skuiling soek bo
die beskuldigings en getwis van tonge. Geen mens of bose engel kan
die vinger na hierdie siele wys nie. Christus verenig hulle met Sy eie
Goddelik-menslike natuur. Hulle staan langs die groot Sondedraer,
in die lig wat van die troon van God straal:“Wie sal beskuldiging
inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig
maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja,
meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God
is, wat ook vir ons intree.” Romeine 8:33,34.
[51] Hoofstuk 9 - ‘n Verandcrde Kerk

DIE laaste jare van die genadetyd gaan vir ewig verby.
Die groot dag van die Here is voor die deur. Elke vermoë wat
ons het, moet nou ingespan word om die wat dood in oortreding en
sonde is, wakker te skud....
Die tyd het vir ons aangebreek om ag te slaan op wat die woord
van God ons leer. Al Sy insettinge is daarop gemik om ons te be-
voordeel. Hy doen ‘n beroep op diegene wat hulle onder die bloed-
bevlekte banier van Prins Emmanuel skaar, om te bewys dat hulle
hul afhanklikheid van God en hulle aanspreeklikheid teenoor Hom
besef deur aan Hom ‘n deel terug te besorg van wat Hy aan hulle toe-
vertrou. Hierdie geld moet aangewend word ter bevordering van die
werk wat verrig moet word ooreenkomstig die opdrag wat Christus
aan Sy dissipels gegee het.
Die volk van God is geroep tot ‘n taak wat geld en toewyding
verg. Die verpligtinge wat op ons rus, hou ons verantwoordelik
om na die beste van ons vermoë vir die Here te werk. Hy verwag
onverdeelde diensvaardigheid, ‘n algehele toewyding van hart, siel,
verstand en krag.
In die heelal is daar net twee plekke waar ons ons skatte kan
belê -in die skathuis van God of in die van Satan, en alles wat nie
aan die diens van God gewy word nie, word as Satan s’n geag, en
versterk sy saak. Dit is die plan van God dat die middele wat aan
ons toevertrou is, aangewend sal word om Sy koninkryk op te bou.
Sy goedere word aan Sy rentmeesters toevertrou sodat dit noukeurig
op so ‘n manier aangewend sal word dat dit aan Hom ‘n inkomste
sal besorg vir die redding van siele. Op hulle beurt sal hierdie siele
rentmeesters en medewerkers van Christus word, om die belange
van God se saak te bevorder.

62
- ‘n Verandcrde Kerk 63

Ontvang Omtekan Gee


ln ‘n gemeente waar daar lewe is, is daar altyd uitbreiding en
groei. Daar is ook ‘n voortdurende wisselwerking van neem en gee,
ontvangs en terugbesorging van wat aan die Here behoort. Aan elke.
opregte gelowige skenk God Sy lig en Sy seën, en die gelowige dra
dit in sy werk vir die Here weer aan ander oor. Namate hy gee van
wat hy ontvang, verruim hy die vermoë om te kan ontvang. Daar
ontstaan ruimte vir ‘n nuwe invulling van genade en waarheid. Die [52]
helderheid van die lig neem vir hom toe en sy kennis vermeerder.
Om hierdie gee en ontvang draai die lewe en groei van die Kerk. Hy
wat ontvang en nooit gee nie, hou spoedig op om te ontvang. As die
waarheid nie van hom na ander uitvloei nie, verloor hy sy vermoë
om te ontvang. Ons moet die dinge van die hemel deel as ons nuwe
seëninge wil ontvang.
Dit is nie die Here se voomeme om na hierdie aarde te kom
om goud en silwer ter bevordering van Sy werk te voorsien nie.
Hy stel bronne tot beskikking van mense sodat hulle voortdurend
deur hulle skenkings en offergawes Sy werk kan bevorder. Die
hoofdoel waarvoor die gawes van God aangewend moet word, is
om werkers op die oesland te onderhou. En as mense die kanale sal
word waardeur die seën van die hemel na ander kan vloei, sal die
Here sorg dat hierdie kanale vol bly. Om aan die Here terug te gee
wat aan Hom behoort, maak mense nie arm nie; om dit te weerhou,
werk armoede in die hand.

“n Tyd Vir Spaarsaamheid En Opofferinc


God doen ‘n beroep op Sy volk om te ontwaak en hulle ver-
antwoordelikhede te besef. ‘n Vloed van lig skyn uit Sy woord, en
verwaarloosde verpligtinge moet nagekom word. Wanneer dit wel
nagekom word deur aan die Here Sy eie tiendes en offergawes te
gee, sal dit die weg oopstel vir die wêreld om die Here se boodskap
te hoor soos Hy dit bepaal het.
Indien die liefde van God in die harte van ons mense sou woon
en die gees van selfopoffering elke gemeentelid besiel, sou daar
geen gebrek aan middele vir sendingwerk in die buurt en buiteland
wees nie; ons bronne sou vermenigvuldig word, ‘n duisend deure
64 Voorwaarts

vir bruikbaarheid sou oopgaan en ons sou binnegenooi word. As


die doel van God om die genadeboodskap na die wêreld te neem,
volbring was, sou Christus al lankal gekom en die heiliges al hulle
verwelkoming in die Godstad ontvang het.
Indien daar ooit ‘n tyd vir opoffering was, dan is dit nou. My
Broeders en Susters, beoefen spaarsin in u huise. Verwyderdie af-
gode wat u in die plek van God gestel het. Versaak u selfsugtige
plesier. Ek pleit met u, moenie middele uitgee om u huise te verfraai
nie; want u geld behoort aan die Here, en aan Hom moet u rekenskap
gee van hoe dit aangewend is. Moet nie die Here se geld gebruik om
die giere van u kinders te bevredig nie. Leer hulle dat God aanspraak
[53] het op alles wat hulle besit, en dat niks ooit daardie aanspraak tot
niet kan maak nie.
Geld is ‘n vereiste kleinood. Moet dit nie verkwis op diegene
wat nie daaraan behoefte het nie. lemand het u vrygewigheid nodig.
Daar is in die wêreld diegene wat honger is en ly. U mag sê: Ek kan
hulle nie almal voed nie. Maar deur Christus se voorbeeld van spaar-
saamheid te volg, kan u een voed. “Maak die brokstukke bymekaar
wat oorgeskiet het sodat niks verlore gaan nie.” Dit is woorde wat
gespreek is deur Hom wie se mag ‘n wonderwerk verrig het om in
die behoefte van ‘n hongerige menigte te voorsien.
As u kwistige gewoontes het, verwyder dit onmiddellik uit u
lewe. As u dit nie doen nie, sal u in alle ewigheid bankrot wees.
Spaargewoontes, vlyt en nugterheid is ‘n beter erflating aan u kinders
as ‘n groot bruidskat.
Op die aarde is ons pelgrims en vreemdelinge. Laat ons nie
ons middele gebruik vir die bevrediging van begeertes wat God
verwag ons moet onderdruk nie. Laat ons die geloof wat ons bely,
reg voorstel deur ons behoeftes te beperk. Laat ons gemeentelede
soos een man opstaan en met erns die werk aandurf, soos mense wat
in die volle lig van die waarheid vir hierdie laaste dae wandel....
Wat is die waarde van ongekende rykdom as dit in duur woon-
huise of in aandele opgehoop word? Hoe trek dit die skaal in verge-
lyking met die redding van siele vir wie Christus, die Seun van die
oneindige God, gesterf het? -R. & H., 24 Des. 1903.
- ‘n Verandcrde Kerk 65

“n Voorreg en ‘n Verantwoordelikheid
Die plegtigste waarhede wat nog ooit aan sterflinge toevertrou
is, is aan ons gegee om aan die wêreld te verkondig. Ons werk is om
hierdie waarhede te verkondig. Die wêreld moet gewaarsku word,
en die volk van God moet getrou wees aan die taak wat aan hulle
opgedra is. Hulle moet hulle nie in spekulasie begewe nie en ook
nie saam met ongelowiges handelsondememings aangaan nie; want
dit sou die werk wat aan hulle gegee is, belemmer.
Christus sê aan Sy volk: “Julle is die lig van die wêreld.”
Dit is geen geringe saak dat die raad en doelstellings en planne
van God so duidelik aan ons geopenbaar is nie. Dit is ‘n wonderlike
voorreg om die wil van God te kan verstaan soos dit in die vaste pro-
fetiese woord geopenbaar is. Dit plaas ‘n groot verantwoordelikheid
op ons. God verwag dat ons die kennis wat Hy aan ons gegee het,
aan andere moet oordra. Dit is Sy doel dat Goddelike en menslike [54]
instrumente in die verkondiging van die waarskuwende boodskap
sal saamspan.-R & H” 28 Julie 1904.

Steun Buitelandse Sendingwerk


Die meegevoel van Gods volk behoort in elke gemeente dwars-
deur ons land gewek te word, en daar moet onbaatsugtige optrede
wees om in die behoeftes van die verskeie sendingvelde te voorsien.
Mense moet van hulle belangstelling in die saak van God getuig
deur van hulle middele by te dra. As so ‘n belangstelling geopenbaar
sou word, sou daar ‘n band van Christelike broederskap wees en
steeds sterker word onder al die lede van Christus se huisgesin.
Hierdie taak om al die tiendes getrou in te bring sodat daar spys
in die huis van God kan wees, sou werkers vir velde tuis sowel
as in die buiteland voorsien. Hoewel boeke en ander publikasies
oor die teenswoordige waarheid hulle kleinode van kennis na alle
dele van die wêreld versprei, moet daar nogtans sendingstasies op
verskillende plekke aangebring word, Die lewende prediker moet die
woorde van lewe en die saligheid verkondig. Daar is velde wat ooplê
en werkers nooi om binne te kom. Die oes is ryp en die ernstige
Macedoniese geroep om arbeiders klink uit alle dele van die wêreld
op,R. &H., 19 Feb. 1889.
66 Voorwaarts

Die Werk Moet Nie tot Stilstand Kom Nie


As ons dan inderdaad die waarheid vir hierdie laaste dae het,
moet dit na elke nasie en stam en taal en volk uitgedra word. Spoedig
moet die lewende en die dode geoordeel word volgens wat hulle in
die vlees gedoen het, en die wet van God is die standaard waaraan
hulle getoets sal word. Dan moet hulle nou gewaarsku word; die
heilige wet van God moet gehandhaaf en voor hulle soos ‘n spieël
gehou word. Om hierdie werk te kan doen, moet middele gevind
word. Ek weet dat die tyd moeilik is en geld is skaars; maar die
waarheid moet versprei word, en die geld om dit mee te versprei,
moet in die skatkis gestort word.

Sal Ons Die Werkin Die Steek Laat?


Ons het ‘n wêreldwye boodskap; maar baie verrig letterlik niks
nie; baie ander so uiters min, met so ‘n groot gebrek aan geloof, dat
dit so te sê niks is nie. Sal ons die veld wat ons reeds in vreemde
lande geopen het, laat vaar? Sal ons deel van ons buurtsendingwerk
[55] uitskakel? Sal ons bleek word oor die skuld van ‘n paar duisend
rand? Sal ons huiwerig word en nou maar net aanploeter hier in die
slottonele van die wêreld se geskiedenis? My hart sê: Nee, nee. Ek
kan nie oor hierdie aangeleentheid dink sonder ‘n brandende ywer
vir die werk om voort te gaan nie. Ons wil nie ons geloof verloën
nie, ons wil Christus nie verloën nie, maar dit is wat sal gebeur as
ons nie opruk soos die voorsienigheid van God die weg oopmaak
nie.
Die werk moet nie weens gebrek aan middele tot stilstand kom
nie. Meer middele moet daarin belê word. Broeders in Amerika, in
die Naam van my Meester gebied ek u om te ontwaak. Aan u wat u
talent van middele in ‘n doek toedraai en in die aarde wegsteek, wat
huise bou en die een eiendom by die ander voeg, sê God: “Verkoop
wat jy het en gee aalmoese.” Die tyd sal aanbreek wanneer diegene
wat die gebooie bewaar, nie sal kan koop of verkoop nie. Maak
gou en grawe u verborge talente uit. As God geld aan u toevertrou
het, eer daardie pand; maak die doek los en stuur u talente na die
bankiers, sodat wanneer Christus kom, Hy dit wat Hom toekom met
rente kan ontvang.
- ‘n Verandcrde Kerk 67

Blymoedige Vrygewigheidin Hierdie Sluitingstryd


In die nood van die heel laaste dae, wanneer hierdie werk afsluit,
sal duisende blymoedig op die altaar geplaas word. Manne en vroue
sal dit as ‘n geseënde voorreg beskou om ‘n deel te hê aan die taak
om siele voor te berei om in die groot dag van God staande te bly,
en hulle sal honderde rand skenk so bereidwillig as wat hulle tans
enkele rande gee.
Indien die liefde van God in die harte van Sy belydende volk sou
brand, sou ons sien hoe dieselfde gees vandag geopenbaar word. As
hulle maar net besef het hoe naby die einde is van alle werk om siele
te red, sou hulle met dieselfde offervaardigheid as die lidmate van die
vroeë kerk hulle besittings beskikbaar stel. Hulle sou met dieselfde
ywer werk om die saak van God te bevorder as wat wêreldse mense
in die verkryging van rykdom aan die dag lê.Takt en vaardigheid
sou beoefen word, en daar sou ernstig en onbaatsugtig gewerk word
om middele te bekom, nie om op te gaar nie, maar om in die skatkis
van die Here te stort.
Wat maak dit saak of sommige arm word omdat hulle hul middele
in die werk van die Here belê het? Om u ontwil het Christus arm
geword; maar u is besig om vir uself ewige rykdom te verwerf, ‘n
skat in die hemel wat onuitputlik is. U middele is dáár baie veiliger
as wanneer dit by ‘n bank gedeponeer word of in huise of grond belê [56]
is. Dit is weggebêre in sakke wat nie sal oud word nie. Geen dief
kan dit bykom nie; geen vuur kan dit verteer nie....
Wanneer ons die opdrag van die Heiland uitvoer, sal ons voor-
beeld harder as ons woorde spreek. Die mees verhewe openbaring
van die krag van die waarheid word gesien wanneer diegene wat dit
bely, hulle geloof in werke openbaar. Diegene wat hierdie plegtige
waarheid glo, moet so ‘n gees van selfopoffering hê dat dit die wê-
reldse ambisie van geldaanbidders sal beskaam.Historical Sketches
ofthe Foreign Missions of the Seventh-day Adventists, bl. 291-293.

Heelhartige Oetrouheid Aan Die Kerk


Elke gelowige moet heelhartig aan die Kerk geheg wees.
Die voorspoed daarvan moet sy allereerste belang wees, en tensy
hy voel dat hy onder ‘n heilige verpligting verkeer om sy lidmaatskap
68 Voorwaarts

tot voordeel van die Kerk te laat geld, eerder as om aan homself
die voorkeur te gee, sal dit baie beter daaraan toe wees om sonder
hom klaar te kom. Almal kan iets tot die saak van God bydra. Daar
is diegene wat groot bedrae aan onnodige weeldeartikels bestee;
hulle voldoen aan hulle begeertes, maar om van hulle middele ter
ondersteuning van die Kerk by te dra, is vir hulle ‘n groot las. Hulle
is bereid om alle kerklike voordele te benut, maar verkies om die
vereffening van rekenings aan andere oor te laat. Diegene wat ‘n
diepgaande belang in die vooruitgang van die saak stel, sal nie huiwer
om geld in hierdie ondememing te belê nie, wanneer en waar dit ook
al nodig mag wees.-4T 18.
Diegene wat hulle in die kosbare lig van die waarheid verbly,
sal ‘n vurige begeerte koester om dit oral te laat verkondig. Daar is
‘n paar getroue vaandeldraers wat nooit vir hulle plig terugdeins of
hulle verantwoordelikhede ontwyk nie.Hulle harte en hul beursies
is altyd oop vir elke oproep om middele om die saak van God te
bevorder. In der waarheid is daar sommige wat skynbaar gereed
is om meer as hulle plig na te kom, asof hulle vrees dat hulle die
voorreg sal verbeur om hulle deel in die bank van die hemel te belê.
Daar is andere wat so min moontlik sal doen. Hulle hoop skatte
op, of verkwis middele op hulleself.Teensinnig dra hulle ‘n karige
deeltjie by om die saak van God te bevorder. As hulle ‘n gelofte aflê
[57] of iets aan God belowe, is hulle later spyt daaroor en sal die veref-
fening so lank as moontlik vermy, indien dit nie op die lange baan
geskuif word nie. Hulle verklein hulle tiende tot so min moontlik,
asof hulle altyd bang is dat wat hulle aan God teruggee, verlore gaan.
Dit kan gebeur dat ons verskeie inrigtings weens gebrek aan middele
in verleentheid raak, maar hierdie soort mense tree op asof dit aan
hulle geen verskil maak of dit daarmee goed gaan of nie. En tog is
hierdie inrigtings Gods instrumente waardeur die wêreld verlig moet
word.”-4T 477,478.

Die Doopgelofte
Elkeen wat hom by die Kerk aansluit, lê deur middel van daardie
daad ‘n plegtige eed af om in belang van die Kerk op te tree en om
dit by hom bo enige wêreldse aangeleentheid te laat oorweeg. Dit
is sy plig om ‘n lewende verbintenis met God in stand te hou, om
- ‘n Verandcrde Kerk 69

hart en siel by die groot verlossingsplan te betrek en om deur sy eie


lewe en karakter die uitnemendheid van Gods gebooie te openbaar,
in teenstelling met die gewoontes en voorskrifte van die wêreld.
Elke siel wat Christus bely het, het hom daartoe verbind om alles
te wees wat hy as geestelike werker kan wees, om aktief, ywerig
en doeltreffend in sy Meester se diens te arbei. Christus verwag dat
elke mens sy plig sal nakom. Laat dit orals in die geledere van Sy
navolgers die wagwoord wees.
As blyke van hulle getrouheid aan God behoort almal verstandige
gebruik te maak van die kapitaal wat deur Hom aan hulle toever-
trou is, nie net wat middele betref nie, maar met enige begaafdheid
wat Sy koninkryk kan bevorder, Satan sal elke moontlike middel
aanwend om te verhoed dat die waarheid diegene bereik wat in dwa-
ling begrawe is; maar die stem wat waarsku en pleit moet tot hulle
deurdring. Alhoewel daar ‘n paar met hierdie werk besig is, behoort
daar duisende te wees wat net so veel soos hulle sal belangstel.-5í
460-462.

Ons Taak
Daar is ‘n wêreld wat gewaarsku moet word. Hierdie werk is aan
ons opgedra. Ons moet tot elke prys die waarheid uitleef. Ons moet
gedurig in ‘n stemming van gereedheid en selfopoffering verkeer,
gewillig om, indien nodig, in die werk van God selfs ons lewe prys te
gee. Daar is ‘n groot werk om in ‘n kort tydjie te verrig. Ons behoort
ons werk te verstaan en dit getrou te doen. Elkeen wat uiteindelik as
oorwinnaar gekroon word, sal deur edele, vasberade pogings om God [58]
te dien, die reg verdien om met Christus se geregtigheid beklee te
word. Om tot die veldtog teen Satan toe te tree en die bloedbevlekte
banier van die kruis van Christus te dra - dit is die plig van elke
Christen. Hierdie werk verg selfopoffering. Selfverloëning en die
kruis kom orals op die lewenspad voor. “As iemand agter My aan wil
kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg,“het
Christus gesê. Diegene wat die skatte van hierdie wêreld verkry, is
onder die verpligting om te arbei en op te offer. Sal diegene wat
na ‘n ewige beloning streef, meen dat hulle geen opoffering hoef te
maak nie?-«.«H.,31 Jan.1907.
70 Voorwaarts

Moenie virOproepe Wag Nie


Ons mense moet nie vir meer oproepe wag nie, maar hulle moet
die werk reg aanpak en die skynbare onmoontlik maak. Laat elkeen
homself afvra: Het die Here nie middele aan my toevertrou om Sy
saak te bevorder nie?
Laat ons eerlik voor die Here wees. Al die seëninge wat ons
geniet, kom van Hom af; en as Hy die talent van besittings aan ons
toevertrou het, sodat ons Sy werk kan doen, sal ons nog aarsel? Sal
ons sê: Nee, Here, my kinders sal nie tevrede wees nie, en daarom
waag ek dit om aan God ongehoorsaam te wees en my talent in die
grond te begrawe?
Daar moet geen oponthoud wees nie. Die saak van God vereis
u ondersteuning. Ons versoek u as die Here se rentmeesters om
Sy middele vry te stel om fasiliteite te voorsien waardeur baie die
geleentheid sal kry om te leer wat waarheid is.
Die versoeking mag tot u kom om u geld in grond te belê. Mis-
kien sal u vriende u aanraai om dit te doen. Maar is daar nie ‘n beter
manier om u middele te belê nie? Is u nie duur gekoop nie? Is u geld
nie aan u toevertrou dat u daarmee vir Hom moet woeker nie? Kan u
nie insien nie Hy verwag dat u, u middele moet gebruik om te help
om kerkgeboue op te rig, om te help om sanatoriums te stig waar die
siekes liggaamlike en geestelike genesing sal ontvang en om te help
om skole tot stand te bring waar die jeug vir diens opgelei kan word,
sodat werkers na alle dele van die wêreld gestuur kan word?
God self is die oorsprong van die planne om Sy werk te bevorder,
en Hy het Sy volk van ‘n oorvloed middele voorsien, sodat hulle
blymoedig sal reageer wanneer Hy hulle om hulp vra. As hulle
[59] getrou sal wees om die middele wat Hy aan hulle geleen het, na
Sy skatkis te bring, sal Sy werk met rasse skrede vooruitgaan. Baie
siele sal vir die waarheid gewerf word en die dag van Christus se
wederkoms bespoedig word -R.&H., 14 Julie 1904.

Die Stem Van Toewyding


Is dit die taal van u hart? “Ek is geheel en al U eiendom, my
Heiland. U het die losprys vir my siel betaal en alles wat ek is en ooit
verwag om te wees, behoort aan u. Help my om middele te bekom,
- ‘n Verandcrde Kerk 71

nie om dit onverstandig te verkwis nie, nie om my in hoogmoed te


verlustig nie, maar om daarmee U eie naam te verheerlik.”
Laat u gedagte wees in alles wat u doen:“ls dit die weg van die
Here? Sal dit my Verlosser behaag? Hy het Sy lewe vir my gegee;
wat kan ek aan die Here terugbesorg? Al wat ek kan sê, is; ,Wat U
eie is, Heer, gee ek gewillig aan U:“Tensy die naam van God op u
voorhoof geskrywe is - daar geskryf is omdat God die middelpunt
van u gedagtes is - sal u nie vir die erfdeel in ligglans geskik wees
nie. Dit is u Skepper wat vir u die ganse hemel in een wonderbare
gawe uitgestort het - Sy eniggebore Seun.
God lê Sy hand op die tiende, sowel as op skenkings en of-
fergawes, en sê: “Dit behoort aan My. Toe Ek My goed aan jou
toevertrou het, het Ek gespesifiseer dat ‘n deel joune sal wees, om in
jou behoeftes te voorsien, en dat ‘n deel aan My terugbesorg moet
word.”
Toe u die oes ingesamel het, die graanskure en pakhuise vir
u eie gerief volgemaak het, het u getrou ‘n tiende aan die Here
gegee? Het u, u geskenke en offergawes na die Here gebring sodat
Sy saak nie mank sal gaan nie? Het u na die weduwees en die wese
omgesien? Hier is ‘n afdeling van buurtsendingwerk wat onder geen
omstandighede verwaarloos moet word nie.
Is daar nie om u armes en noodlydendes wat warmer klere, beter
voedsel en, bowenal, - wat die hoogste op prys gestel sou word
- medelyde en liefde nodig het nie? Wat het u vir die weduwees
gedoen, die ellendiges, wat tot u roep om hulle te help om hul kinders
of kleinkinders te leer en op te lei? Hoe het u op hulle gevalle
gereageer? Het u probeer om die wese te help? Toe besorgde ouers of
grootouers u met ‘n beswaarde gemoed genader en versoek het, selfs
by u gepleit het om hulle geval te oorweeg, het u hulle afgewys en
op ongevoelige, onsimpatieke wyse hulle versoek geweier? Indien [60]
wel, mag die Here Hom oor u toekoms ontferm; want “met die
maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” Is ons
daaroor verbaas as die Here Sy seën weerhou wanneer Sy gawes op
selfsugtige wyse misbruik word?
God skenk gedurig aan u die seëninge van hierdie lewe, en as
Hy u vra om Sy gawes uit te deel deur die verskillende vertakkings
van Sy werk by te staan, is dit in u eie tydelike en geestelike belang
om dit te doen en daardeur God as die Gewer van elke seëning te
72 Voorwaarts

erken. God as Meesterwerker, werk saam met mense tot verkryging


van die middele vir hulle onderhoud; en Hy verwag dat hulle in die
redding van siele met Hom sal saamwerk. Hy het in die hande van
Sy diensknegte die middele geplaas om die werk aan die tuisfront
sowel as in die buiteland voort te sit. Maar as net die helfte van die
mense hulle plig nakom, sal die skatkis nie van die nodige middele
voorsien word nie en baie dele van Gods werk moet onafgehandel
bly.-R. & H., 23 Des. 1890.

“n Antwoord op Christus se Cebed om Eenheid


Die Kerk sal nooit die plek bereik wat God verlang dit moet be-
reik voordat dit ‘n band van meegevoel met sendingwerkers gesmee
het nie. Nooit kan die eenheid waarom Christus gebid het, bestaan
voordat geestelikheid in sendingwerk uiting vind en die Kerk ‘n
middel word om sendingwerk te ondersteun nie. Die pogings van
die sendelinge sal nie hulle oogmerke bereik nie voordat gemeente-
lede aan die tuisfront bewys lewer, nie net in woord nie, maar ook
in daad, dat hulle die verpligting besef wat op hulle rus om hierdie
sendelinge hulle hartelike steun te verleen.
God vra om werkers. Persoonlike optrede is nodig. Maar beke-
ring moet eerste kom; om die redding van ander na te streef, volg
hieróp. -R. & H.,10 Sept.1903.

Ontledig die Hart van Selfsug


Dit is betreurenswaardig dat die Kerk vandag so traag is om aan
die Here dank te betuig vir verryking deur Sy genade, omdat Hy
aan die Kerk Sy talente van middele geskenk het, sodat daar in die
behoeftes van Sy skathuis voorsien kan word.
Die dor gedeeltes van die Here se wingerd roep uit tot God: “Die
mense het my verwaarloos.” Deur toe te laat dat hulle medemens
in die bande van gebrek en ontaarding verstrik bly, stel manne en
[61] vroue Satan in die geleentheid om God daarvan te beskuldig dat
Hy Sy kinders weens ‘n gebrek aan lewensmiddele laat ly. God
word beledig deur die onverskilligheid van diegene aan wie Hy Sy
middele toevertrou het. Sy rentmeesters sluit hulle oë vir die ellende
- ‘n Verandcrde Kerk 73

wat hulle kon verhelp het. Op dié manier steek hulle die Naam van
God in die skande.
Niemand moet met sy verantwoordelikhede speel nie.
As dit by u nie om rande gaan nie, maar net sente, onthou dat
die seën van God onvermoeide ywer bekroon. Hy verag nie die dag
van klein begin nie. Die verstandige gebruik van die min wat daar
is, sal ‘n wonderlike vermeerdering bewerkstellig. Een talent wat
verstandig gebruik word, sal twee aan die Here besorg. Rente word
verwag in verhouding tot die toevertroude kapitaal. God neem van
die mens aan volgens wat hy besit en nie volgens wat hy nie besit
nie.
God verwag wat u Hom skuld in tiendes en offergawes.
Hy verlang toewyding in elke vertakking van Sy werk. Kom u
plig getrou na op u aangewese plek. Werk met erns en onthou dat
Christus aan u sy staan, besig om vir u te beplan, te beraam en te bou.
“En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees
sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees
tot elke goeie werk.” Gee blymoedig, gewillig, dankbaar dat u iets
kan bydra om Gods koninkryk in die wêreld te bevorder. Ontledig
die hart van selfsug en span die verstand in om Christelike werk te
verrig. As u in noue verbintenis met God verkeer, sal u bereid wees
om enige opoffering te maak om die ewige lewe binne die bereik te
bring van diegene wat verlore gaan.

Geestelike Voorspoed En Christelike Vrygewigheid


In die Naam van die Here, smeek ek my broeders en susters om
in hierdie krisisuur van ons werk die Here te kom help, om die Here
teen die magtige te help. Om van die Here terug te hou, gaan altyd
met ‘n vloek gepaard. Geestelike voorspoed hou ten nouste verband
met Christelike vrygewigheid. Die enigste verheffing waama u moet
smag, is om die Goddelike vrygewigheid van die Verlosser na te
volg. U het die kosbare versekering dat u skat u na die hemelse
wonings vooruitgaan.
Wil u seker maak dat u eiendom veilig is? Plaas dit in die hand
wat die wondmerke van die kruisiging dra. Weerhou alles in u besit
en dit sal vir u ewige verlies beteken. Gee dit aan God, en van daardie
oomblik af dra dit Sy stempel. Dit is met Sy onveranderlikheid [62]
74 Voorwaarts

verseël. Wil u die genot van u besittings smaak? Gebruik dit dan
om die noodlydendes te seën. Wil u nog meer besit? “Vereer die
Here uit jou goed en uit die eerstelinge van jou inkomste; dan sal
jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.”

God Sal Die Hand Weer Vul


As almal hulle deel bydra, sal die kaalheid van die Here se
wingerd nie meer ‘n veroordeling wees vir diegene wat voorgee om
Christus te volg nie. Mediese sendingwerk moet die deur oopstel vir
die verkondiging van die teenswoordige waarheid. Die derde engel
se boodskap moet in alle oorde opklink. Spaarl Raak ontslae van
u hoogmoed. Gee u aardse skatte aan God. Gee nou wat u kan, en
namate u met Christus saamwerk, sal u hand oopgaan om nog meer
te skenk. En God sal weer u hand vul sodat die skat van die waarheid
na baie siele geneem kan word. Hy sal aan u gee om aanandertegee.
-R.&H., 10Des. 1901.

“n Oproep Tot Groter Erns


Die wêreld en die kerke oortree die wet van God, en hierdie
waarskuwing moet aan hulle gerig word: “As iemand die dier en sy
beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal
hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat
ongemeng ingeskink is in die beker van sy toom.” Moet ons, met
so ‘n vloek wat die verbrekers van Gods heilige Sabbat bedreig, nie
groter erns en ywer aan die dag lê nie? Hoekom is ons so onverskillig,
so selfsugtig, so verdiep in tydelike sake? Is ons belange geskei van
die van Jesus? Het die waarheid te reguit, te ongemaklik, vir ons
siele geword; en het ons, net soos die gekrenkte dissipels van Jesus,
weggedraai na die goedkoop dinge van die wêreld? Ons spandeer
geld vir selfsugtige doeleindes, en bevredig ons eie begeertes, terwyl
siele sonder ‘n kennis van Jesus of die waarheid sterf. Hoe lank sal
dit nog voortgaan?
Almal behoort ‘n lewende geloof te hê - ‘n geloof wat deur liefde
werk en die siel reinig. Manne en vroue is bereid om enigiets te doen
wat die eie ek tevrede stel, maar hoe min is hulle gewillig om te
- ‘n Verandcrde Kerk 75

doen vir Jesus en hul medemens, wat weens gebrek aan die waarheid
verlore gaan!

Belê Nouin Die Bank Van Die Hemel [63]


Het die tyd nie aangebreek om ons besittings te begin vermin-
der nie? Mag God u help, terwyl u nog kan om ‘n belegging in
die hemelse bank te maak. Ons vra nie om ‘n lening nie, maar ‘n
vrywillige offergawe - ‘n terugbesorging aan die Meester van Sy
eie besittings wat Hy aan u geleen het. Indien u God bo alles, en
u naaste soos uself, lief het, glo ons dat u tasbare bewys daarvan
sal lewer deur u offergawes vir ons sendingwerk. Daar is siele wat
gered moet word, en mag u medewerkers van Jesus Christus wees
tot redding van diegene vir wie Christus Sy lewe gegee het. Die Here
sal u seën in die goeie vrugte wat u tot Sy eer kan voortbring. Mag
dieselfde Heilige Gees wat die skrywe van die Bybel geïnspireer het,
van u harte besit neem, en u leer om Sy woord lief te hê, want dit is
gees en lewe. Mag dit u oë open om die dinge van die Gees van God
te ontdek. Die rede waarom daar vandag soveel verpotte godsdiens
is, is omdat mense nie praktiese selfverloëning en selfopoffering in
hulle lewens openbaar nie. -R&H.,8Jan. 1889.

Laat Reën Uitgestel


Die groot uitstorting van die Gees van God, wat die hele aarde
met Sy heerlikheid vul, sal nie plaasvind voordat ons ‘n verligte volk
het wat deur ondervinding weet wat dit beteken om medewerkers van
God te wees nie. Sodra ons volkome en heelhartig toegewy is aan
die diens van Christus, sal God hierdie feit erken deur die uitstorting
van Sy Gees sonder mate, maar dit sal nie gebeur terwyl die grootste
gedeelte van die Kerk nie medewerkers van God is nie. God kan nie
Sy Gees uitstort wanneer selfsug en selfvertroeteling so hoogty vier
nie; wanneer ‘n gees heers wat, as dit in woorde uitgedruk word,
Kain se antwoord sou weergee:“ls ek my broer se wagter?”-R. & H”
21 Julie 1896.
76 Voorwaarts

Maak Elke Aardse Belang Ondergeskik


My liewe Broeders en Susters, ek spreek my woorde tot u in
teerheid en liefde. Elke aardse belang moet ondergeskik gemaak
word aan die Groot verlossingswerk.
Onthou dat daar in die lewens van Christus se volgelinge die-
selfde toewyding, dieselfde onderwerping van elke sosiale belang en
elke aardse gesindheid aan Gods werk gesien moet word as wat in
Sy lewe geopenbaar is. Die aansprake van God moet altyd die eerste
[64] plek geniet. “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig
nie.” Christus se lewe is ons lesboek. Sy voorbeeld moet ons besiel
om onvermoeide, selfopofferende pogings tot voor-deel van andere
aan te wend....
Elke vermoë van Gods dienaars moet voortdurend beoefen word
om baie seuns en dogters na God te bring. In Sy diens moet daar
geen onverskilligheid, geen selfsug wees nie. Enige selfvertroete-
lende afwyking van selfverloëning, enige verslapping van ernstige
smeekbede om die Heilige Gees se werking, beteken dat net soveel
krag aan die vyand verleen word. Christus neem Sy Kerk in oënskou.
Hoeveel is daar nie wie se godsdienstige lewe op hulle eie oordeel
neerkom nie!
God eis wat ons nie gee nie: onvoorwaardelike toewyding. As
elke Christen getrou was aan die gelofte wat hy gedoen het toe hy
Christus aangeneem het, sou daar nie soveel mense in die wêreld
verwaarloos gewees het om in sonde verlore te gaan nie. Wie sal
verantwoording moet doen vir die siele wat in die graf neergedaal
het, onvoorbereid om hulle Here te ontmoet? Christus het Homself as
algenoegsame offer vir ons gebring. Hoe ernstig het Hy nie gewerk
om sondaars te red nie. Hoe onvermoeid was Sy pogings om Sy
dissipels vir diens voor te bereil Maar hoe min het ons gedoenl En
die invloed van die bietjie wat ons wel gedoen het, is ontsettend
verswak deur die neutraliserende uitwerking van wat ons ongedaan
gelaat, of ondemeem en nooit voltooi het nie, en deur ons gewoontes
van lustelose onverskilligheid. Hoeveel het ons nie verloor deur te
versuim om vooruit te beur om ons Godgegewe werk te volbring
niel As* belydende Christene behoort ons uiters ontsteld te wees oor
dié toedrag van sake.-fi. & H., 30 Des. 1902.
- ‘n Verandcrde Kerk 77

Die Gees van Opoffering


Die saligheidsplan is gegrond op ‘n opoffering so wyd en diep
en hoog dat dit onmeetbaar is. Christus het nie Sy engele na hierdie
gevalle wêreld gestuur terwyl Hy in die hemel gebly het nie, maar
Hy het self tot buitekant die laer gegaan en die smaad verduur. Hy
het ‘n man van smarte geword, en bekend met krankheid; Hy het
self ons krankhede op Hom geneem, en óns smarte-dié het Hy gedra.
En God beskou die afwesigheid van selfverloëning in Sy belydende
volgelinge as ‘n verloëning van die benaming Christen. Diegene wat
voorgee om een met Christus te wees, en hulle selfsugtige begeertes
vir ryk en duur klere, huisraad en kos botvier, is net naamchristene.
Om ‘n Christen te wees, is om Christus se karakter te openbaar.
En tog hoe waar is die woorde van die apostel nie: [65]
“Want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus
Jesus nie.” Baie Christene lewer geen werke ooreenkomstig die
naam wat hulle dra nie. Hulle tree op asof hulle nooit gehoor het van
die verlossingsplan wat teen ‘n oneindige prys bewerkstellig is nie.
Die meeste se doelwit is om vir hulleself ‘n naam in die wêreld te
verwerf; hulle neem sy vorme en gebruike oor, en leef om die eie
ek te vertroetel. Hulle jaag hulle eie planne net so gretig na soos die
wêreld self, en sodoende sny hulle hul krag af wat kon gehelp het
met die vestiging van Gods koninkryk.
Die werk van God, wat met tien keer sy huidige stukrag en
doeltreffendheid behoort te vorder, word teruggehou, soos ‘n lente
wat deur die kil winterwind vertraag word, omdat sommige van Gods
belydende volk vir hulleself die middele toe-eien wat aan Sy diens
gewy behoort te word. Omdat Christus se selfopofferende liefde nie
met die lewensgewoontes vervleg is nie, is die Kerk swak waar hy
sterk behoort te wees. Deur sy eie toedoen het hy sy lig geblus, en
miljoene van die evangelie van Christus beroof....

“n Toets Van Getrouheid


“VEREER die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou
inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe
oorloop van mos.”
78 Voorwaarts

Hierdie teksverse leer ons dat God, as Gewer van alle dinge wat
ons ontvang, ‘n reg op elkeen daarvan het; dat Sy aansprake ons
eerste oorweging behoort te wees; ook dat ‘n spesiale seën uitgestort
sal word op diegene wat hierdie eis nakom.
Hier word ‘n beginsel uiteengesit wat uit al Gods handelinge
met die mens blyk. Die Here het ons oerouers in die tuin van Eden
geplaas. Hy het hulle omring van alles wat tot hul geluk kon bydra,
en hulle beveel om Hom as die Eienaar van alle dinge te erken. In
die tuin het Hy allerhande bome laat uitspruit, begeerlik om te sien
en goed om van te eet; maar Hy het een uitsondering gemaak. Van
alles kon Adam en Eva vrylik eet, maar van daardie een boom het
God gesê:“Daarvan mag jy nie eet nie.” Hier was die toets van hulle
dankbaarheid en lojaliteit teenoor God.
So het God aan ons die hemel se kosbaarste skat gegee toe
[66] Hy Jesus aan ons geskenk het. Saam met Hom is alle dinge aan
ons gegee om ryklik te geniet. Die opbrengste van die aarde, die
oorvloedige oeste, die skatte van goud en silwer is Sy gawes. Huise
en grond, kos en klere het Hy in die besit van die mens geplaas.
Hy vra ons om Hom as die Gewer van alle dinge te erken; daarom
sê Hy: Van al julle besittings het ek ‘n tiende vir Myself uitgehou,
behalwe skenkings en offergawes, wat na My skathuis gebring moet
word. God het hierdie voorsiening gemaak vir die vooruitgang van
die evangeliewerk.
Dit is die Here Jesus Christus Self wat Sy lewe vir die lewe van
die wêreld gegee het, wat hierdie plan van stelselmatige offergawes
ingestel het. Hy wat die koninklike hof verlaat het, wat Sy eer as
Bevelvoerder van die hemelse leërskare tersyde gestel het, wat Sy
godheid met menslikheid beklee het om die gevalle ras te verhef;
Hy wat om ons ontwil arm geword het dat ons deur Sy armoede ryk
kan word, het tot die mens gespreek, en in Sy wysheid hulle Sy eie
plan meegedeel vir die onderhoud van diegene wat Sy boodskap na
die wêreld moet neem.-R. & H., 4 Feb. 1902.

Gods Reserwes van Tyd en Besittings


Dieselfde taal wat gebruik word om die Sabbat te beskryf, word
ook in verband met die tiendewet gebesig:
- ‘n Verandcrde Kerk 79

“Die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God.” Die
mens het nie die mag of die reg om die eerste dag in die plek van
die sewende te stel nie. Hy mag voorgee om dit te doen, maar”die
fondament van God staan vas.” Die gewoontes en leringe van mense
sal geensins die eise van die Goddelike wet verminder nie. God het
die sewende dag geheilig. Daardie spesifieke tydsdeel, deur God self
vir aanbidding afgesonder, is vandag nog net so heilig soos toe ons
Skepper die Sabbat ingestel het.
Op dieselfde wyse is ‘n tiende van ons inkomste “heilig aan die
Here.” Die Nuwe Testament herhaal nie die tiendewet, soos ook nie
die Sabbatsgebod nie; die geldigheid van albei word as vanselfspre-
kend aanvaar, en hul diep geestelike betekenis verduidelik.... Terwyl
ons as volk Daarna streef om God getrou die tyd te gee wat Hy as
Sy eie afgesonder het, sal ons nie ook aan Hom daardie gedeelte van
ons inkomste skenk wat Hy as Syne eis nie?-/?.&H„ 16 Mei 1882.

Betaal Tiende op Besittings Sowel as Inkomste


Soos Abraham moet ons ook ‘n tiende betaal op alles wat ons
besit en ontvang. ‘n Getroue tiende is die Here se deel. Om dit te [67]
weerhou, is om God te beroof. Elke mens behoort vrywillig en met
vreugde die tiendes en offergawes na die Here se skatkamer te bring,
want dan sal hy ‘n seën ontvang. Dit is nie veilig om van God Sy eie
deel terug te hou nie. -MS 159,1899.

Vir Elke Bedeling


Dit [met verwysing na die gewoonte van Abraham en Jakob om
tiendes te betaal] was die algemene gebruik van patriarge en profete
voordat die Jode as nasie tot stand gekom het. Maar toe Israel ‘n
aparte volk geword het, het die Here hulle ‘n besliste opdrag in
hierdie verband gegee: “Al die tiendes van die land, van die graan
van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here; dit
is heilig aan die Here.” Hierdie wet sou nie verbygaan saam met die
verordeninge en offerandes wat Christus versinnebeeld het nie. So
lank God ‘n volk op aarde het, sal Sy aansprake op hulle dieselfde
bly.
‘ n Tiende van al ons opbrengs behoort aan die Here.
80 Voorwaarts

Hy het dit vir Homself voorbehou, om vir godsdienstige doel-


eindes gebruik te word. Dit is heilig. Niks minder word in enige
bedeling deur Hom aangeneem nie. ‘n Verwaarlosing of uitstel van
hierdie plig sal Goddelike misnoeë uitlok. As alle voorgewende
Christene getrou hul tiendes na God bring, sal Sy skatkis vol wees.
-R. & H., 16 Mei 1882.

Beplan as ‘n GrootSeëning
Die spesiale tiendestelsel is gebaseer op ‘n beginsel wat net so
blywend is soos die wet van God. Hierdie stelsel het die Jode tot
seën gestrek; anders sou God dit nie aan hulle gegee het nie. So
sal dit tot aan die einde van die tyd ‘n seën wees vir diegene wat
dit toepas. Ons hemelse Vader het nie die plan van stelselmatige
offergawes tot stand gebring om Homself te verryk nie, maar om
die mens tot groot seën te strek. Hy het gesien dat die mens hierdie
stelsel van milddadigheid nodig het.-3T 404,405.

Nege-tiendes Meer Werd as die Tien


Baie het die Israeliete se lot bejammer omdat hulle verplig is om
stelselmatig te gee, afgesien van hulle ruimhartige jaarlikse offer-
gawes. ‘n Alwyse God het geweet watter stelsel van vrygewigheid
die beste by Sy voorsienigheid sou pas en het Sy volk daaromtrent
opdragte gegee. Dit is nog altyd bewys dat nege-tiendes meer werd
is as tien-tiendes. -3T 546.

[68] “n Merkbare Verandering Sedert die Dae van die Jode


Van al ons inkomste behoort Gods deel eerste uitbetaal te word.
In die stelsel van vrygewigheid wat die Jode moes volg, is daar
van hulle verwag om die eerstelinge van al Gods gawes na Hom te
bring, of dit nou van die aanwas van hul skape of beeste was, of van
die opbrengs van die land, die boord of wingerd; of andersins kon
hulle dit loskoop met ‘n gawe van gelyke waarde. Hoe anders staan
sake in ons dae! Gods vereistes en aansprake moet, indien hulle nog
enigsins aandag ontvang, tot heel laaste wag. Nogtans het ons werk
nou tien maal meer geld nodig as in die Jode se tyd.
- ‘n Verandcrde Kerk 81

Die groot opdrag aan die apostels was om die hele wêreld in
te gaan en die evangelie te verkondig. Dit toon die omvang van
die werk en die groter verantwoordelikhede wat in ons tyd op die
volgelinge van Christus rus. As die wet duisende jare gelede tiendes
en offergawes vereis het, hoe onontbeerlik is dit nie nou nie! As die
rykes en die armes in die Joodse stelsel proporsioneel moes bydra,
is dit nou dubbel nodig. -4T 474.

Op Ewige Beginsels Gegrondves


Die tiendestelsel reik terug tot voor die dae van Moses.
Van mense so ver in die verlede as die tyd van Adam is daar
verwag om vir godsdienstige doeleindes gawes aan God te gee
voordat die definitiewe stelsel aan Moses opgedra is. Deur aan Gods
vereistes te voldoen, het hulle deur hul offergawes waardering getoon
vir Sy genade en seëninge teenoor hulle. Hierdie gebruik is deur
die daaropvolgende geslagte voortgesit ook deur Abraham, wat sy
tiende aan Melgisedek, die priester van die Allerhoogste God, gegee
het.
Hierdie beginsel het ook in die dae van Job bestaan. By Bet-el
het Jakob, ‘n banneling en brandarm, alleen in die nag gaan lê, met
‘n klip as kussing, en aan God belowe:
“Van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes
afstaan.” God dwing mense nie om te gee nie. Alles wat hulle gee,
moet vrywillig wees. Hy wil nie Sy skatkis met onwillige offergawes
volmaak nie.-3T 393.

Paulus Het die Stelsel Erken


In sy eerste brief aan die kerk te Korinthe het Paulus die gelo-
wiges onderrig oor die algemene beginsels wat die onderhoud van
Gods werk op aarde ten grondslag lê. Hy skryf oor sy apostoliese [69]
arbeid onder hulle en vra: “Wie dien ooit as soldaat op eie koste?
Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ‘n
kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie? Sê ek dit
miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie? Want in die wet
van Moses is geskrywe: ‘n Os wat graan dors, mag jy nie muilband
nie. Is dit miskien oor die osse dat God bekommer? Of spreek Hy
82 Voorwaarts

inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe,


omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop
om wat hy hoop, deelagtig te word.
“As ons vir julle die geestelike gesaai het,“vra die apostel verder,”
is dit ‘n groot saak as ons julle stoflike goed maai? As ander deel
het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het
ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra
alles om geen hindemis vir die evangelie van Christus te veroorsaak
nie. Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die
heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar
deel nie? So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig,
bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.” 1 Kor. 9:7-14.
Die apostel het hier verwys na die Here se plan vir die onderhoud
van die priesters wat in die tempel diens gedoen het. Diegene wat
vir hierdie heilige werk afgesonder is, is onderhou deur hul broeders
aan wie hulle geestelike seëninge besorg het.” Nou het hulle wat
uit dje seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om,
volgens die wet, van die volk tiendes te neem.” Heb. 7:5. Die stam
van Levi is deur God gekies om die heilige pligte van die tempel en
die priesterskap te vervul. Oor die priester is daar gesé:“Want die
Here jou God het hom uit al jou stamme uitverkies. ...om te dien in
die Naam van die Here.” Deut. 18:5. God het een tiende van alle
vermeerdering as Sy eie geëis...
Dit was na hierdie plan vir die onderhoud van die evangelie-
dienaars wat Paulus verwys het toe hy gesê het: “So het die Here
ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die
evangelie moet lewe.” Later, toe hy aan Timotheus geskryf het, het
hy gesê: “Die arbeider is sy loon werd.” 1 Tim. 5:18. -AA 335,336.

Gods Aanspraak op Ons


God maak aanspraak op ons en alles wat ons het. Sy aanspraak
geniet die voorrang bo alles. In erkenning van hierdie aanspraak
[70] beveel Hy ons om ‘n bepaalde gedeelte van alles wat Hy ons gee,
aan Hom terug te besorg. Die tiende is hierdie vasgestelde deel. In
opdrag van God is dit sedert die vroegste tyd geheilig....
Toe God Israel uit Egipte verlos het om Sy besondere eiendoms-
volk te wees, het Hy hulle geleer om ‘n tiende van hul besittings vir
- ‘n Verandcrde Kerk 83

die tabemakeIdiens af te staan. Dit was ‘n spesiale offergawe, vir


‘n spesiale werk. Die res van hul eiendom het ook aan God behoort
en is tot Sy verheerliking gebruik. Die tiende is egter opsy gesit
vir die onderhoud van diegene wat in die heiligdom diens gedoen
het. Dit is gegee uit die eerstelinge van al hulle winste, en saam met
geskenke en offergawes het dit mildelik voorsiening gemaak vir die
onderhoud van die evangeliedienaars van daardie tyd.
God verwag niks minder van ons as van Sy destydse volk nie. Sy
gawes aan ons is nie minder nie, maar meer, as wat Israel van ouds
ontvang het. Sy diens het middele nodig, en dit sal altyd so wees.
Die groot sendingwerk vir die redding van siele moet vooruitgaan. In
die tiende, saam met geskenke en offergawes, het God vir dié werk
oorvloedig voorsiening gemaak. Sy plan is dat die evangeliewerk
ten volle onderhou sal word. Hy eis die tiende as Sy eie, en dit moet
altyd as ‘n heilige reserwe beskou word en in die skatkis gestort
word tot voordeel van Sy saak, die vooruitgang van die werk, om
sendelinge na verre streke tot aan die uiterste van die aarde, testuur.
God het Sy hand op alle dinge gelê, op die mens sowel as sy
besittings, want alles behoort aan Hom. Hy sê: Ek is die Eienaar
van die wêreld; die heelal is Myne, en ek vereis dit van jou om aan
My die eerstelinge te heilig van alles wat Ek, deur My seëninge, in
jou hand gegee het. Gods Woord verklaar:“Die offer uitjou volle
opbrengs... mag jy nié terughou nie.” “Vereer die Here uit jou goed
en uit die eerstelinge van al jou inkomste.” Hierdie huldeblyk vereis
Hy as bewys van ons lojaliteit teenoor Hom.
Ons behoort aan God; ons is Sy seuns en dogters; Syne deur
skepping en ook deur die gawe van Sy eniggebore Seun vir ons
saligheid.” ... weet julle nie dat... julle nie aan julself behoort nie?
Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en
in julle gees wat aan God behoort.” Die verstand, die hart, die wil,
die liefde behoort aan God; die geld wat ons hanteer, is die Here
s’n. Elke goeie ding wat ons ontvang en geniet, is die gevolg van
Goddelike milddadigheid. God is die oorvloedige gewer van alles
wat goed is, en Hy verlang dat die ontvanger erkentlik sal wees vir
die gawes wat in elke behoefte van liggaam en gees voorsien is. God [71]
vereis net Sy eie. Die primêre deel behoort aan die Here, en moet
as Sy toevertroude kleinood gebruik word. Die hart wat van selfsug
ontledig is, sal wakker en bewus wees van Gods goedheid en liefde
84 Voorwaarts

en daartoe beweeg word om heelhartig sy Goddelike vereistes na te


kom. -R. & H” 8 Des. 1896.

“n Planpragtig In Sy Eenvoud
Gods plan van tiendebetaling is pragtig in sy eenvoud en regver-
digheid. Almal kan dit in geloofsvertroue en met moed aanneem,
want sy oorsprong is Goddelik. Eenvoud en bruikbaarheid is hierin
saamgevat en dit vereis geen hoë geleerdheid om te verstaan of uit te
voer nie. Almal kan voel dat hulle ‘n deel bydra tot die vooruitgang
van die kosbare werk van sieleredding. Elke man, vrou of jongmens
mag ‘n tesourier van God word en help om voorsiening te maak vir
die eise wat aan Sy skatkis gestel word....
Groot dinge word deur hierdie stelsel vermag.
As almal dit sou aanneem, sou elkeen ‘n waaksame en getroue
rentmeester vir God wees; daar sou geen gebrek aan middele wees
vir die groot werk om die laaste waarskuwingsboodskap oor die
aarde te laat weerklink nie. As almal hierdie stelsel aanneem, sal die
skatkis vol en die bydraers niks armer wees nie. Deur elke belegging
sal hulle meer volkome aan die saak van die teenswoordige waarheid
geheg raak. Hulle sal dan “‘n goeie fondament vir die toekoms” lê
“sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.”-31388,389.

Vir Ryk en Arm


Volgens die Bybelstelsel van tiendes en offergawes sal die bedrae
wat deur verskillende persone betaal word, natuurlik baie verskil,
aangesien dit met inkomste verband hou. Vir die arm man sal die
tiende betreklik min wees, en sy gawes ooreenkomstig sy vermoë.
Maar dit is nie die grootte van die gawe wat dit vir God aanneemlik
maak nie; dit is die motiewe van die hart, die gees van dankbaarheid
en liefde wat daardeur uitgedruk word. Laat die armes nie voel dat
hulle gawe te klein is om opgemerk te word nie. Laat hulle gee
volgens hul vermoë, met die gevoel dat hulle diensknegte van God
is, en Hy sal hulle offergawe aanneem.
As die persoon aan wie God ‘n groot kapitaal toevertrou het, God
liefhet en vrees, sal dit vir hom geen las wees om ooreenkomstig die
[72] vereistes van God die aanspraak van ‘n verligte gewete na te kom
- ‘n Verandcrde Kerk 85

nie. Die rykes sal versoek word om selfsug en eiebaat bot te vier
en van God Sy eie terug te hou. Maar hy wat getrou aan God is, sal
antwoord, wanneer Satan hom versoek:“Daar is geskrywe,““Mag
‘n mens God beroof?”” Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele
wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as
losprys vir sy siel ?”-R. &H., 16 Mei 1893.

Met’n Verbondsverhouding Verbind


In die groot werk om die wêreld te waarsku, sal diegene wat die
waarheid in hulle harte het en daardeur geheilig is, hulle aangewese
deel bydra. Hulle sal getrou wees met die betaling van tiendes en
offergawes. Elke kerklid is deur ‘n verbondsverhouding verbind met
God om van elke uitspattige besteding van geld af te sien. Laat die
gebrek aan spaarsin in die huis ons nie daarvoor ongeskik maak om
ons deel te doen om die reeds gevestigde werk te versterk en nuwe
terrein te betree nie. -R. & H., 17 Jan. 1907.
Ek pleitmet my broeders en susters oor die ganse aarde om tot
die verantwoordelikheid te ontwaak wat op hulle rus om getrou die
tiende te betaal.... Hou getrou boek met u Skepper. Besef terdeë die
belangrikheid daarvan om eerlik te wees met Hom wat Goddelike
voorkennis het. Laat elkeen sy hart ywerig ondersoek. Laat hom sy
rekeninge nagaan en uitvind hoedanig sy verhouding tot God is.
Hy wat Sy eniggebore Seun gegee het om vir u te sterf, het ‘n
verbond met u gesluit. Hy gee u Sy seëninge en in ruil daarvoor
verwag Hy tiendes en offergawes van u. Niemand sal ooit durf sê
dat daar geen manier vir hom was waarop hy die saak kon verstaan
nie. Gods plan met tiendes en offergawes word onomwonde in die
derde hoofstuk van Maleági verklaar. God verwag getrouheid van Sy
menslike rentmeesters aan die kontrak wat Hy met hulle aangegaan
het. “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my
huis kan wees.”-R. & H., 3 Des. 1901.

Nie ‘n Strawwe Wet Nie


Sommige sal hierdie as een van die strawwe wette bestempel wat
bindend op die Jode was. Maar dit was nie ‘n las vir die gewillige hart
wat God liefgehad het nie. Dit was slegs wanneer hulle selfsugtige
86 Voorwaarts

natuur deur weerhouding versterk is dat mense ewige oorwegings


uit die gesig verloor en hul aardse skatte meer as siele liefgehad het.
-3T 396.

[73] Geen Las Nie, Behalwe vir die Ongehoorsame


Die Skrif verwag van Christene om ‘n plan van aktiewe welda-
digheid te volg, wat ‘n voortdurende belang in die redding van hul
medemens aan die gang sal hou. Die sedewet vereis die onderhou-
ding van die Sabbat, wat nie ‘n las was nie, behalwe toe die wet
oortree is en hulle moes ly onder die straf wat op die verbreking
daarvan gevolg het. Die tiendestelsel was ook geen las vir diegene
wat nie van die plan afgewyk het nie. Die stelsel wat die Hebreërs
beveel is om na te kom, is nie afgeskaf of verslap deur die Een wat
dit tot stand gebring het nie. In stede daarvan dat dit nou nie van
toepassing is nie, moes dit meer volkome uitgevoer en verbrei word,
omdat verlossing deur Christus alleen in die Christelike tydperk
meer ten volle aan die lig gebring moet word. -3T 391,392.

“n Skamele Bietjie
Ek praat van die tiendestelsel; maar hoe skamel lyk dit nie in
my oë niel Hoe klein die berekening! Hoe vergeefs om tyd, geld en
liefde met matematiese reëls te meet teen ‘n liefde en opoffering
wat mateloos en onberekenbaar is! Tiendes vir Christus! o, skamele,
skandelike vergelding vir wat so baie gekos het! -4T 119.

“n Praktiese Aangeleentheid
Die gedagte aan rentmeesterskap moet ‘n praktiese uitwerking
op al die kinders van God maak. Praktiese milddadigheid sal geeste-
like lewe verleen aan duisende naam - christene wat die waarheid
bely maar nou oor hul duistemis treur. Dit sal hulle verander van
selfsugtige, hebsugtige mammon aanbidders tot ernstige, getroue
medewerkers saam met Christus om sondaars te red. -3T 387.
“God het ‘n plan beraam waardeur almal kan gee namate Hy
hulle geseën het, ‘n plan wat dit ‘n gewoonte sal maak om te gee
sonder om op ‘n spesiale oproep te wag. Diegene wat dit kan doen,
maar weens hulle selfsug weier, beroof hulle Skepper wat aan hulle
- ‘n Verandcrde Kerk 87

middele geskenk het sodat hulle dit in Sy saak kan belê om Sy


belange te bevorder.Tot tyd en wyl almal die plan van stelselmatige
weldadigheid uitvoer, sal die reël van die apostels nie nagekom word
nie.” -3T 411.

Gereelo En Stelselmatig [74]


Die opdragte wat die Heilige Gees deur die apostel Paulus in
verband . met gawes gegee het, stel ‘n beginsel voor wat ook op
tiendebetaling betrekking het: “Op elke eerste dag van die week
moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed
is.” Ouers en kinders word hier ingesluit. Nie net die rykes nie, maar
ook die armes, word aangespreek. “Laat elkeen gee soos hy hom in
sy hart voomeem, [deur Gods voorgeskrewe plan eerlik te oorweeg]
nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige
gewer lief.” Die gawes moet gegee word ter wille van die groot
goedheid van God jeens ons.
Watter tyd sou geskikter wees vir die opsysit van tiendes en
die aanbieding van offergawes aan God? Op die Sabbat het ons
aan Sy goedheid gedink. Ons het Sy handewerk in die skepping
aanskou as ‘n bewys van Sy krag tot saligheid. Ons harte is gevul met
dankbaarheid vir Sy groot liefde. En nou, voor die werksaamhede
van die week begin, gee ons aan Hom Sy eie asook ‘n offergawe om
ons dank te betuig. Hierdie gewoonte sal ‘n weeklikse preek wees,
wat verklaar dat God die besitter van al ons eiendom is en dat Hy
ons rentmeesters gemaak het om dit tot Sy heerlikheid te gebruik.
Elke erkenning van ons verpligting teenoor God sal ons gevoel van
verpligting versterk. Dankbaarheid vermeerder namate ons daaraan
uitdrukking gee, en die vreugde wat dit meebring, bevorder lewe vir
siel en liggaam. -R. & H., 4 Feb. 1902.

Eers die Tiendes-Dan die Offergawes


Hierdie saak van gee word nie aan impulsiwiteit oorgelaat nie.
God het ons duidelike opdragte in hierdie verband gegee. Hy het
tiendes en offergawes as die mate van ons verantwoordelikheid
genoem. Hy verlang dat ons gereeld en stelselmatig sal gee.... Laat
elkeen gereeld sy inkomste, wat alles as ‘n seën van God kom, in
88 Voorwaarts

oënskou neem en sy tiende opsy sit as spesiale fonds, wat heilig


aan die Here is. Hierdie bedrag behoort onder geen omstandighede
vir enige ander doel aangewend te word nie; dit moet uitsluitlik vir
die onderhoud van die evangeliebediening gebruik word. Nadat die
tiendes opsy gesit is, laat skenkings en offergawes bereken word,
“namate sy voorspoed is.” -R. &H., 9 Mei 1893.

Kom Gods Vereistes Eerste Na


Nie alleen eis God die tiende as Syne nie, maar Hy vertel ons
[75] ook hoe dit vir Hom afgesonder moet word. Hy sê:
“Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou
inkomste.” Dit leer ons nie dat ons inkomste op onsself spandeer
moet word en ons dan aan God die oorblywende deel moet bring
nie, al sou dit nog andersins ‘n eerlike tiende wees. Gods deel moet
eerste opsy gesit word. -R. & H., 4 Feb. 1902.
Ons moenie wat van ons inkomste oorbly, nadat al ons werklike
of denkbeeldige behoeftes bevredig is, aan Hom toewy nie. Voordat
enigiets gebruik word, moet ons die deel opsy sit wat Hy as Sy eie
gespesifiseer het.
Baie mense sal al hulle minder belangrike vereistes nakom en
rekenings vereffen, en net die laaste skraapsels, indien enige, vir
God laat. Indien daar niks oor is nie, moet Sy saak maar vir ‘n meer
geleë tyd wag. -R.&H., 16 Mei 1882.

Die Sonde Van Ananias


Die harte van Ananias en sy vrou is deur die Heilige Gees ontroer
om hul besittings aan God toe te wy, soos hulle broeders gemaak
het. Maar nadat hulle die gelofte afgelê het, het hulle daarvan terug-
gedeins, en hulle voorgeneem om dit nie na te kom nie.Terwyl hulle
verklaar het dat hulle alles gee, het hulle ‘n gedeelte van die prys
agtergehou. Hulle het teenoor God bedrog gepleeg en vir die Heilige
Gees gelieg, en hulle misdaad is met ‘n vinnige en vreeslike oordeel
besoek. Hulle het nie net die teenswoordige nie, maar ook die ewige
lewe kwytgeraak.
Die Here het gesien dat hierdie treffende openbaring van Sy
oordeel nodig was om te verhoed dat andere hulle dieselfde skuld
- ‘n Verandcrde Kerk 89

op die hals haal. Dit het getuig dat die mens God nie kan bedrieg
nie, dat Hy die verborge sonde van die hart raak sien en Hom nie
laat bespot nie. Dit is as ‘n waarskuwing aan die jong kerk bedoel,
om hulle daartoe te lei om hul motiewe te ondersoek om versigtig
te wees om nie aan selfsug en verwaandheid toe te gee nie, om
daarvoor bedug te wees om God te beroof.
In die geval van Ananias is die sonde van bedrog teen God
spoedig opgespoor en gestraf. Hierdie voorbeeld van Gods oordeel
is as gevaarteken vir toekomstige geslagte bedoel. Dieselfde sonde
is in die daaropvolgende geskiedenis van die Kerk dikwels herhaal,
en dit word in ons tyd deur baie gepleeg; maar hoewel dit nie met
die sigbare openbaring van Gods ontevredenheid gepaard gaan nie,
is dit deesdae geensins minder afskuwelik in Sy oë as wat dit in die [76]
tyd van die apostels was nie. Die waarskuwing is daargestel, God
het duidelik Sy afsku van hierdie sonde bekend gemaak, en almal
wat ‘n dergelike rigting inslaan, kan daarvan seker wees dat hulle
besig is om hul eie siele te vemietig...
Dit is net wanneer Christelike motiewe ten volle erken word, en
die gewete wakker is vir sy plig, wanneer Goddelike lig die hart en
karakter beïndruk, dat selfsug oorwin en die gesindheid van Christus
verwesenlik word. Die Heilige Gees wat op menseharte en -karakters
inwerk, sal die neigings tot gierigheid en ‘n bedrieglike handelwyse
verdryf.
By sekere geleenthede het die Here die harte van wêreldsge-
sinde, selfsugtige manne opvallend ontroer. Hul verstande is deur
die Heilige Gees verlig, hul harte het Sy versagtende en oorwinnende
invloed gevoel. Onder ‘n besieling van die oorvloedige genade en
barmhartigheid van God, het hulle dit as hul plig aangevoel om Sy
saak te bevorder, om Sy koninkryk op te bou.... Hulle het ‘n verlange
gevoel om ‘n deel te hê aan die koninkryk van God, en het geloftes
gedoen om van hul middele te gee aan sommige van die verskillende
ondememings in die Here se saak. Daardie geloftes is nie teenoor
die mens afgelê nie, maar aan God in die teenwoordigheid van Sy
engele, wat die harte van hierdie selfsugtige, geldgierige manne
ontroer het.
Toe hulle die gelofte gedoen het, is hulle ryklik geseën, maar hoe
spoedig verander die gevoelens nie wanneer hulle weer op gewone
grond staan nie. Namate die onmiddellike indrukke van die Heilige
90 Voorwaarts

Gees verdof, namate wêreldse sake die verstand en hart weer in


beslag neem, is dit vir hulle baie moeilik om die toewyding van
hulself en hul geld aan die Here te handhaaf. Satan val hulle met sy
versoeking aan:“Jy was dwaas om daardie geld te belowe, jy het dit
nodig om in jou sakeondememings te belê en jy sal verlies ly as jy
die gelofte nakom.”
Dan deins hulle terug, hulle murmureer, hulle kla oor die Here
se boodskap en Sy boodskappers. Hulle raak onwaarhede kwyt,
en verklaar dat hulle die gelofte in ‘n gees van opgewondenheid
gedoen het, dat hulle die saak nie ten volle begryp het nie, dat die
aangeleentheid oordryf is, hulle gevoelens gaande gemaak is, en
dat dit hulle die gelofte laat doen het. Hulle het gepraat asof die
kosbare seën wat hulle ontvang het, die gevolg was van bedrog
wat deur die predikant teenoor hulle gepleeg is, om geld te verkry.
Hulle verander van sienswyse, en voel onder geen verpligting om
hul geloftes aan God af te los nie. Daar vind die vreeslikste berowing
[77] van God plaas, en flou verskonings word aangevoer om die Heilige
Gees te weerstaan en te verloën. Sommige praat van ongerief; hulle
sê hulle het hul geld nodig -om wat mee te maak? Om in huise en
grond te begrawe, in die een of ander geldmakery. Omdat die gelofte
vir ‘n godsdienstige doel afgelê is, meen hulle dat dit nie deur die
gereg gehandhaaf kan word nie, en die liefde vir geld het hulle so vas
in sy greep dat hulle hul eie siele mislei, en hulle waag dit om God
te beroof. Aan baie kan daar gesê word: “U behandel geen ander
vriend so sleg nie.”
Die getal van diegene wat die sonde van Ananias en Saffira
pleeg, is aan die toeneem. Mense lieg nie vir mense nie, maar vir
God wanneer hulle die geloftes, wat Sy Gees hulle beweeg het om
te doen, verontagsaam. Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad
nie, soos in die geval van Ananias en Saffira, gou voltrek word nie,
daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad
te doen, om wederstrewig te wees teen die Gees van God. Hoe
sal hierdie manne in die oordeel standhou? Durf u die uiteindelike
gevolg van hierdie saak verduur? Hoe sal u staan te midde van die
tonele wat in die boek Openbaring beskryf word? “En ek het ‘n
groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, van wie se aangesig
die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle
gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan...
- ‘n Verandcrde Kerk 91

en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.”-R. &H., 23 Mei


1893.

You might also like