Nonaan
Algemeen | |
---|---|
Naam | Nonaan |
IUSTC-naam | Nonaan[1] |
Ander name | n-nonaan nonilhidried[2] |
Chemiese formule | C9H20 |
Molêre massa | 128,259 g•mol-1 |
CAS-nommer | 111-84-2 |
Voorkoms | Kleurlose vloeistof |
Reuk | petrolagtig |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -54,1 tot -53,1 °C |
Kookpunt | 150,4 tot 151,0 °C |
Digtheid | 0,718 g•cm-3 |
Oplosbaarheid | |
Viskositeit | 0 |
Termodinamies | |
ΔfHɵ | −275,7 kJ•mol-1 |
ΔcHɵ | −6125 kJ•mol-1 |
Henry se konstante | 1,7 nmol•Pa-1•kg-1 |
Warmtekapasiteit | 284,34 J•K-1•mol-1 |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 220 mg•kg-1[3] |
LC50 | 3200 dpm (rotte)[4] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Nonaan is 'n lineêre koolwaterstof en alkaan met die chemiese formule C9H20. Dit is 'n kleurlose, vlambare vloeistof, wat hoofsaaklik voorkom in die keroseenkomponent van die petroleumdistillaatfraksie. Dit word gebruik as verwarmings-, trekker- en vliegtuigbrandstof.[5] Nonaan word ook gebruik as oplosmiddel, distillasie-middel, brandstofadditief, en as 'n komponent in bio-afbreekbare skoonmaakmiddels.[2][6]
Nonaan het 35 strukturele isomere. Sy substituentvorm word noniel genoem. Die sikloalkaan-eweknie is siklononaan, (C9H18).
In teenstelling met die meeste alkane, kom die voorvoegsel in sy naam van Latyn, nie Grieks nie.
Alhoewel nonaan as brandstof en oplosmiddel gebruik word, het gesubstitueerde derivate van nonaan baie gebruike. Byvoorbeeld, 3-metielnonaan-2,4-dioon word as 'n vrugtige voedselgeursel gebruik.[7]
Verbrandingsreaksies
Nonaan ondergaan verbrandingsreaksies wat soortgelyk is aan ander alkane. In die teenwoordigheid van voldoende suurstof verbrand nonaan om water en koolstofdioksied te vorm:
- C9H20 + 14 O2 → 9 CO2 + 10 H2O
Wanneer onvoldoende suurstof beskikbaar is vir volledige verbranding, word koolstofmonoksied in die brandprodukte ingesluit:
- 2 C9H20 + 19 O2 → 18 CO + 20 H2O
Sien ook
Verwysings
- ↑ "nonane - Compound Summary". PubChem Compound (in Engels). USA: National Center for Biotechnology Information. 16 September 2004. Identification and Related Records. Besoek op 18 Junie 2021.
- ↑ 2,0 2,1 Health Council of the Netherlands: Committee on Updating of Occupational Exposure Limits. Nonane (PDF). Health-based Reassessment of Administrative Occupational Exposure Limits. (in Engels). The Hague: Health Council of the Netherlands. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike (pdf) op 28 Februarie 2018.
- ↑ Gangolli, S.; Richardson, M.L., reds. (1999). The Dictionary of Substances and Their Effects: K-N. The Dictionary of Substances and Their Effects (in Engels). Royal Society of Chemistry. p. 283-85. ISBN 978-0-85404-828-1.
- ↑ Carpenter, C.P.; Geary, D.L.; Myers, R.C.; Nachreiner, D.J.; Sullivan, L.J.; King, J.M. (1978). "Petroleum hydrocarbon toxicity studies XVII. Animal response to n-nonane vapor". Toxicology and Applied Pharmacology (in Engels). Elsevier BV. 44 (1): 53–61. doi:10.1016/0041-008x(78)90283-1. ISSN 0041-008X.
- ↑ "Petroleum - Chemistry Encyclopedia - reaction, water, uses, elements, examples, gas, number, name". Chemistry Explained (in Engels). Besoek op 18 Junie 2021.
- ↑ "American Conference of Governmental Industrial Hygienists (ACGIH). Nonane.". Documentation of the threshold limit values and biological exposure indices (in Engels) (6de uitg.). Cincinnati OH, USA: ACGIH. 1991. pp. 1139–40.
- ↑ Kato, Yasushi; Yuasa, Yoshifumi (2001). "Practical Synthesis of 3-Methylnonane-2,4-dione, an Intense Strawlike and Fruity Flavored Compound". Journal of Agricultural and Food Chemistry (in Engels). American Chemical Society. 49 (8): 3864–3866. doi:10.1021/jf0100954. ISSN 0021-8561.