Gaan na inhoud

Kolumbiet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Kolumbiet
 
Formule MnNb2O6 - FeNb2O6  
Streep donkerrooi tot swart 
Glans glasagtig – submetallies 
Hardheid 6 (Mohs) 
Transparansie deursigtig tot opaak 
Kristallografie 
Ruimtegroep Pbcn 
Struktuurtipe kolumbiet 
Eenheidsel a = 14.433(2) Å, b = 5.7637(7) Å, c = 5.0832(8) Å (Mn)
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Kolumbiet is 'n mineraal wat 'n reeks ortorombiese mengkristalle van MnNb2O6 - FeNb2O6 vorm. Dit is die belangrikste niobiumerts.[1]

Struktuur

Die mineraal is die argetipe van sy eie kolumbiet-struktuur. Dit is gebaseer op heksagonale digpakking van suurstofione. Die helfte van die oktaëderholtes is gevul met metaalione. Die gevulde oktaëders vorm sig-sag-kettings en een laag gevul met A-ione word afgewissel deur twee lae met B-ione.[2] Die mineraal tantaliet is isostruktureel en tantaalatome kan maklik die niobiumatome vervang.

Verwysings

  1. "mindat 2520" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.
  2. Phase transitions in ternary oxides H. Ehrenberg, H. Fuess, H. Weitzel bls. 257 in: High-Temperature Superconductors and Novel Inorganic Materials Springer Science & Business Media, 1999, ISBN 0-7923-5345-5, ISBN 978-0-7923-5345-4