Gaan na inhoud

Sierplant

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
’n Ornamentele petunia.

Sierplante is plante wat vir ornamentele doeleindes geplant word in tuine en landskapsontwerpprojekte of as huisplante.

Beskrywing

Hulle word gewoonlik vir vertoon geplant, eerder as vir funksionele doeleindes. Sierplante word meestal gegroei vir hul besonderse eienskappe, soos blomme, blare, geur, vrugte, stingels of bas. Soms word ander eienskappe interessant gevind, soos die dorings van Rosa sericea en vetplante.

Bome kan ook sierplante wees, soos in ’n tuin of landskapsontwerp, vanweë hul blomme, blare, tekstuur of vorm.

Soms is aansienlike werk nodig om ’n sierplant in stand te hou. Vorm- en bonsaiplante moet voortdurend gesnoei word, anders sal hulle hul vorm verloor en gou nie meer sierplante wees nie.

Galery

Eksterne skakels