Chitungwiza
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Chitungwiza | |
---|---|
Stad | |
Byname: Chi Town | |
Leuse(s): Pamberi Nekushandria Pamwe | |
Koördinate: 17°59′38″S 31°02′53″O / 17.99389°S 31.04806°O | |
Land | Zimbabwe |
Provinsie | Masjonaland-Oos |
Stigting | 1978 |
Regering | |
• Burgemeester | Misheck Shoko |
Hoogte | 1 448 m (4 751 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 365 026 |
Tydsone | UTC+02:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+03:00 (MEST) |
Chitungwiza — in die plaaslike omgangstaal dikwels Chi Town genoem — is 'n satellietstad sowat 30 km suid van die Zimbabwiese hoofstad Harare. Nadat 'n regeringsproklamasie in 1977 voorsiening vir die vestiging van Chitungwiza as selfstandige nedersetting gemaak het, is dit in die volgende jaar uit drie woonbuurte - Seke, Zengeza en St Marys - gevorm om die bevolkingsdruk op die hoofstad te verlig.[1]
Met 'n bevolking van 365 026 volgens die sensus van 2012 dien Chitungwiza - die derde grootste nedersetting in die land - tans veral as slaapstad vir pendelaars wat in Harare werk. Die stad beskik egter oor sy eie infrastruktuur met skole en hospitale. Dit is een van die vinnigste groeiende nedersettings in die land.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Oyekan Owomoyela: Culture and Customs of Zimbabwe. Westport, CT: Greenwood Press 2002, bl. 9