M'Banza Kongo
M'Banza Kongo (voorheen São Salvador do Congo) | |
---|---|
Stad | |
São Salvador in 1746 | |
Koördinate: 6°16′04″S 14°14′53″O / 6.26778°S 14.24806°O | |
Land | Angola |
Provinsie | Zaire |
Stigting | ca. 1390 |
Hoogte | 408 m (1 339 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 31 645 |
Tydsone | UTC+01:00 (WAT) |
M'Banza Kongo of M'banza Congo (Portugees: [ɐ̃ˈbɐ̃zɐ], [ĩˈbɐ̃zɐ], [mɨˈβɐ̃zɐ] of [miˈβɐ̃zɐ ˈkõɡu], letterlik "Kongo-stad"; voorheen São Salvador do Congo in Portugees vanaf 1570 tot 1975) is die hoofstad van die Zaire-provinsie in Angola en is net suid van die grens tot die Demokratiese Republiek van die Kongo geleë. Die stad het 'n bevolking van 31 645 in 2010 gehad.[1]
M'Banza Kongo is in die 14de eeu gestig en het as hoofstad van die magtige Koninkryk van die Kongo gedien, waarna die Kongorivier genoem is. Die twee moderne lande Demokratiese Republiek van die Kongo en Republiek van die Kongo is weereens na dié rivier genoem. In 1483 het Portugese die stad bereik en tydens die Portugese bewind is die stad uitgebrei en het 'n Europese verskyning gekry. 'n Paleis, 'n katedraal en tientalle kerke is opgerig. Die oorblyfsels van die hoofstad van die voormalige Koninkryk van die Kongo is in 2017 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie M'Banza Kongo.
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy