Die Advertensie Bord.

ñ Storie oor ñ advertensie bord en die mense daarop.

Duplessis Janse van Rensburg
Afrikaans
Published in
3 min readNov 16, 2016

--

Hulle wag vir jou by die uitgang van elke ordentlike en minder ordentlike kafee, hulle onderskei nie tussen klas, ras of geloof nie, hulle is daar vir een doel, om jou aandag te trek.

Jy kan hulle ignoreer deur vinniger verby te stap of ander kant toe te kyk, maar êrens gaan jy huiwer naby een en vir hom gee wat hy soek, en in daardie oomblik sal jy ñ belewenis hê van wat dit beteken om na ñ advertensie bord te kyk in 2016.

Ek en my vrou was nou die dag by Spar in om braaivleis te gaan koop toe sy oppad uit die badkamer besoek.Terwyk ek wag vang my oog die verwese advertensie bord prop vol papiere gelaai.Daar was nie ander afleiding nie so toe stap ek maar nader om te lees wat daarop adverteer word.

Daar staan ek toe voor die bord, nee wag, jy staan nie voor so ñ bord nie, jy verstar soos ñ haas in hoofligte soos jou brein probeer uitvind waar om te begin.In die proses voel dit asof jy op Wimbledon sit en ñ spel tennis kyk, want jou oë, gevolg deur jou nek, dart heen en weer tussen die verlepte velle papier ons soek na wie weet wat.

Die rede hiervoor is dat die nie die netjiese wêreld van Facebook. en Instagram feed advertensies is waar ontwerpers ure spandeer het aan die uitleg, taal en ontwerp daarvan nie.Nee, hierdie is die wêreld van lae resolusie fotos, comic sans fonts en etlike spelfoute, om nie eens te praat van vuil pressstick kolle en brons duimspykers nie.

So verstar soos ek was kry ek dit toe reg om my oë uiteindelik te draai na een van die 67 advertensies op die bord wat ek seker is ontwerp is vir 30, maar nou-ja.

Die advertensie is ñ fotograaf sin, ene T-Amo, met ñ foto van twee hande wat ñ hart vorm voor iemand se, um, lende.Gelukkig is die lende bedek deur ñ helder styfpassende pienk langbroek.

Onder die foto pryk die volgende aanhaling:”We keep this love in a photograph, we made these memories for ourselves, where our eyes are never closing, our hearts are never broken, time forever still.”

Ek lees dit drie keer maar die betekenis ontgaan my, dalk sal ek vir Amp bel, hy sal my kan wys maak.

My oë gly oor die bord, aspatat die yorkie word vermis, Edwin kan help met wiskunde klasse, Eric maak yskaste reg en Hein sit afdakke op.

Een advertensie is seker al ñ ruk daar want hy is sommer heel ineen gekrul, ek vou dit oop met my vinger punte en word begroet met die volgende:

2 Glipsies soek liefdevolle huis.

Whippet-Yorkie kruising.

Tefies.

Reeds gespuit.

Kontak Martin…

Ek het dit net klaar gelees toe my vrou aangestap kom, soos ons wegstap dink ek aan die mense wat die moeite gemaak het om hulle advertensies op die bord vas te sit.

Ek wonder of aspatat al gevind is, of Edwin ñ goeie wiskunde onnie is, in wie se kombuis Eric besig is om die yskas reg te maak en waar Hein vandag ñ afdak opsit.

--

--

No responses yet