Showing posts with label Geneesmiddels - Raad. Show all posts

Wednesday, 3 October 2012

Lennons Produkte en kwale

Lennon produkte – Kaart van kwale
Tandpyn:  Tandpyndruppels / Naeltjie-olie
Hoes en verkoue:  Borsdruppels / Turlington / Witdulsies / Ipekakuanha Tinktuur
Rugpyn en nierpyn:  Balsem Kopiva / Bruindulsies / Haarlemensis / Sterksalf
Maagpyn:  Balsem Vita Wit / Behoedmiddel vir kinders / Duiwelsdrekdruppels / Wonderkroonessens

Wednesday, 8 February 2012

Santa Bester se Voetsalf vir gebartste hakke

Almarie de Jager

300ml Vaseline;

Groot blik Zambuksalf 60 gr of meer;

Dieselfde hoeveelheid Dales Dubbin (as Zambuk);

Thursday, 11 August 2011

NEUTMUSKAAT

In die ou tyd het die Romeine neutmuskaat as wierook gebruik en die Egiptenare om dooies te balsem. Vandag word dit algemeen gebruik om spierspasmas, slegte spysvertering en hoë bloeddruk te behandel. Navorsing toon jy kan neutmuskaat by kruietee voeg as 'n middel teen slaaploosheid. Hou net altyd matigheid voor oë. Te veel neutmuskaat (meer as vyf gram per dag) kan newe-effekte soos hallusinasies, naarheid, swelling en skok veroorsaak.

***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie.  Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets.  Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding.  In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.

GEMMER

Dis 'n gewilde middel teen 'n omgekrapte maag, oggendnaarheid en karsiekte, en dit help ook om die simptome van verkoue en griep te verlig. Voeg eenvoudig twee eetlepels gerasperde gemmer by kookwater en drink dit twee tot drie keer per dag. Voeg 'n bietjie heuning by, as jy wil.

***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie.  Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets.  Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding.  In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.

NAELTJIES

Dié speserysoort is bekend as 'n plaaslike verdowingsmiddel wat tandpyn kan verlig, maar dit het ook antiseptiese eienskappe. Dit kan help teen verkoue, griep en respiratoriese siektes soos brongitis en asma, en bevat 'n kragtige anti-inflammatoriese middel genaamd eugenol, wat swelling en gewrigpyn kan help verminder.

***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie.  Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets.  Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding.  In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.

KANEEL

In ayurveda, die antieke Indiese geneeskunde, word kaneel gebruik vir goeie spysvertering en om opgeblasenheid, naarheid en diarree te verlig. Maar kaneel is nie net lekker in vrugtekoek nie: Volgens Prescription for natural cures: A self-care guide for treating health kan 'n halwe teelepel kaneel per dag diabete help om hul bloedsuikervlak te verlaag en dit kan ook slegte cholesterol beveg. Ander gesondheidsvoordele sluit in die verligting van 'n toe neus, seer of stywe spiere en gewrigte, en menstruele pyn.

***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie.  Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets.  Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding.  In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.

Tuesday, 31 May 2011

Hoesgoed

Tisha Barnard
onthou jul nog die boere hoesgoed vir kinders??
Kook 1 koppie suiker en 1 koppie asyn, en laat afkoel.  Voeg by 2 bottels lennon borsdruppels, 2 bottels lennon paragorie elikser en 1 koppie heuning daarby. Dit is so 'n taaaaaai storie, maar werk soos 'n bom.

***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie.  Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets.  Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding.  In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.

Thursday, 26 May 2011

Bloedarmmoede

Joey Badenhorst Lotter het die volgende raad gegee:

As jy bloedarmmoede het maak vir jou aan en drink van dit
1 Bottel Portwyn
Beet rou gerasper
2 Botteltjies Versterkdruppels
1 Botteltjies Staaldruppels
Gooi alles saam en laat staan vir 'n nag om te trek. Sif dit en gooi in bottel sit in yskas Drink elke oggend en aand 'n likeurglas vol

***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie.  Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets.  Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding.  In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.

Raad vir Artritis

Kyk na hierdie raad wat ek gekry het in 'n Sarie: In Kruie met geneeskrag (Tafelberg, 2002) beveel dr. Arien van der Merwe 400 mg borrie drie keer per dag vir artritis aan. Voeg borrie by eierdisse, blomkool, slaaisouse, koeskoes, pasta en boontjie-disse. Meng dit met 'n bietjie warm olie of melk en roer by die kos.

***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie.  Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets.  Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding.  In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.

Raad vir vratte

Pig's ear (vetplantjie): Plant hom in die tuin. Hy soek min water en is tevrede met omtrent enige omstandighede. Sy blaar sap werk baie goed vir vratte.