Jump to ratings and reviews
Rate this book

Bergengel #4

Die Waterplek: Gabriëllië

Rate this book
Die Waterplek: Gabriëllië is die laaste boek in die reeks. Dit volg op Die Bergengel, Die Wonderwese en Die Waterplek: Afrika.

Die moed loop hoog wanneer die twintigjarige Eron Verberger en sy pa, Gibor, saam met ’n skip terugkerende vlugtelinge vanaf die toevlugshawe in Afrika na hul vaderland, Gabriëllië, vaar. As honderdste Bergengel is Eron ’n visionêre versetleier en gewilde intellektuele rebel, maar hy word tot die uiterste getoets wanneer dit blyk dat die ou voorspellings oor die Uitdooftyd waar word: Die landsleiers word oorrompel deur iets boosaardiger as hulself, ’n oeroue mag wat dreig om slawedrywer én slaaf te verslind. Hou Eron se boesemvriendin, Talia, werklik sy ma, Alida, in die Akrotfort gevange, of is dit net samesweringstories? Kan Eron, as ’n afstammeling uit die bloedlyn van Bergengele én uit die nageslag van die duister Gibborim, die teenoorgesteldes in homself laat saamwerk? Die tyd is ryp vir die Bergengel om sy waaragtige kleure en sienkrag uit te leef.

351 pages, Paperback

Published October 1, 2024

4 people want to read

About the author

Carina Stander

7 books15 followers
Carina Stander (gebore in 1976) was plaaskind in die Waterberge van Limpopo. Ná ’n honneursgraad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Pretoria werk sy ’n paar jaar vir beeldhouers in Cambridge en die Skotse Hoogland. Ná ’n meestersgraad (met lof) in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad verskyn haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg, (Tafelberg 2006). Dit was op die kortlys vir die Universiteit van Johannesburg debuutprys en agt van dié gedigte is in Groot Verseboek opgeneem. ’n Handvol gedigte uit haar tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke (Tafelberg, 2009) is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep, Souldada vir hul CD’s Oer de grins en Watervolk, asook deur Herman van den Berg vir sy CD, Onthou.

Sedert 2006 is sy vryskutjoernalis by ’n tiental nasionale tydskrifte en koerante, was twee maal Artikelskrywer van die Jaar by die Media24 tydskrif Lééf en finalis vir die AKTV-Mediaveertjie. Sy publiseer in versamelbundels en van haar kortverhale en gedigte is voorgeskryf vir skole. Wildvreemd, haar debuutroman, verskyn in 2011 by Tafelberg en word in 2013 ook in Nederlands vertaal (Uitgeverij Athenaeum). Van Cordis Trust ontvang Carina die Orde van die Goue Pen en sy gebruik dié publikasieprys om haar seun Aden van Niekerk se eie vertellings en sy kinderkuns byeen te bring in Wolkland (2013) – ’n kinderboek deur ’n kleuter. Carina woon in die Tsitsikamma saam met haar man en twee seuns.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
6 (85%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
1 (14%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,313 reviews73 followers
Read
January 15, 2025
#DieWaterplekGabriëllië – Carina Stander
#ProteaBoekhuis

Die 20-jarige Eron Verberger, die honderdste Bergengel, se terugkeer na Gabriëllië val saam met die Uitdooftyd, misdaadanargie wat heers weens die afwesigheid van ‘n nasionale ooreenkoms oor hoe om die einde van die Skoonbrand te hanteer. Eron se stryd is meer as die eksterne, die verraad van Talia, sy ma se politieke gevangenisskap, en sy skeiding van Lia, want die interne stryd is ewe werklik: die teenstrydighede in sy bloedlyn, die duister Gibborim teenoor die suiwer Bergengele, vereis van hom om die teenoorgesteldes in homself te laat saamwerk.

Daar kan – en tereg ook so – lank en onderhoudend gedebatteer word oor die genre van die trilogie: dis ‘n bildungsroman, ‘n allegorie, en, terselfdertyd, ‘n uitgebreide, volgehoue metafoor. Alhoewel sommige dit as fantasie beskou, is ek minder seker van daardie etiket: die karakters is realisties en potensieel-werklik en lewe en funksioneer eweneens in ‘n realistiese en potensieel-werklike ruimte, wat uiteenlopende vervoerstelsels, soos perde en moltreine, insluit. Enkele elemente wat as fantasie manifesteer, sal meer toepaslik as magiese realisme beskryf kan word.

Interteks speel ‘n groot rol; werklike geskiedenis, soos die Skoonbrand teenoor die Engelse se Verskroeide Aarde-beleid, en die landuit vlug van geskoolde arbeid na ‘n rewolusie, asook ekokritiek (stroping, plundery en swak boerderymetodes wat erosie en gronduitputting tot gevolg het) sal die oplettende leser vinnig opval.

Intertekstualiteit ten opsigte van die Bybel verryk telkens die teks en skep ‘n atmosfeer van verwondering. Soos Elia word daar uitgeroep: ‘Net ek alleen het oorgebly in hierdie regio, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring...’ (90), ‘n blote aanraking verleen krag aan ‘n swakkere (113), drome soos die van Johannes se Patmos-ervaring verontrus: ‘Gisteraand het ek ‘n ontstellende droom gehad...hoe die perde tot by hulle borskaste wegsink in bloed.’ (126), die opening van geestesoë om die aanwesigheid van hulp in ‘n desperate gevegsituasie te kan waarneem (224), die uitspruit van lote uit ‘n staf (315), en die profesie dat die seuns visioene sal sien en die oumense drome sal droom (330) vertroos en bemoedig karakters.

Die verwysing na die Addergeslag, die oorblyfsels van die boosaardige voormenslike spesie, die Gibborim het ook sy oorsprong uit Bybelverwysings in Genesis 6, Numeri 13, en die apokriewe boek van Henog.

Soos wat te verwagte is van ‘n skrywer wat ook ‘n gerekende digter en uitstaande visuele kunstenaar is, is die taalgebruik deurgaans poëties-mooi; ‘Woede is die enigste emosie wat nie is soos dit van buite lyk nie. Agter woede skuil altyd iets anders – weerloosheid, ontmagtiging, vernedering, verlies.’ (110)

Humor verlig die teks in vele gedaantes: ‘...terwyl hy sy sny brood in elf identiese blokkies verdeel weens sy ongelooflike obsessie met priemgetalle.’ (19), en ‘Ek het al vergeet dat Anav soos ‘n rankplant praat.’ (119)

‘n Interessante aspek van die roman, naamlik dat dit in die verlede tyd geskryf is, wat die indruk skep dat dit ‘n epiese vertelling is wat terugskouend deur ‘n grysaard aan sy nageslag vertel word, word uitgelig, bevestig en verduidelik deur die slotwoorde (348) en bied ‘n waardige afsluiting vir hierdie merkwaardige trilogie waarvan die derde hoofstuk in twee dele verdeel is.

#Uitdieperdsebek
1 review
November 14, 2024
This conclusion of 'Die Bergengel' series by Carina Stander is a true masterpiece, an ode and monument to the beauty of the Afrikaans language. As a person that prefers to read english fiction, this set of 4 books had all the makings of a great adventure, and beautifully crafted with descriptive, imaginative words that will give you a new appreciation for Afrikaans. Every page is a poem and I found myself reading and rereading phrases so many times, just to let it really sink in.

Stander's character development takes you an a winding road and ends with a protagonist that is complex, enigmatic and deeply relatable. Her tale is filled with heroes with flaws. And villains with good. Throughout the series, and specifically in this last book, it delves deep into the horrors and darkness of war and suffering, but always beckons you back to the beauty in this world with her descriptive scenes of nature's splendour, and the healing we find in friendships and supportive family. 'Die Bergengel' is a unique exploration of the dichotomy of light and dark, good and evil, and is deeply rooted in the Spiritual world. With an overarching theme of the cyclical and circular nature of life and death and rebirth, as Stander so beautifully puts it... 'begin voortdurend, eindig aaneen'

A must read if you appreciate clever word play and an epic adventure story.
1 review
November 20, 2024
Ek was bevoorreg om onverpoosd 'n hele naweek aan "Die Waterplek Gabriëllië" van Carina Stander te kon lees. Die eerste woord wat in my kop gespring het toe ek die boek uiteindelik toemaak, was FENOMINAAL.

Afgesien van verstommende fantasie is die deurlopende wysheid wat in elke boek vervleg is, ook kragtigstilwordverstommend ( as ek myself 'n bietjie Nabies mag veroorloof).

Ek haal my hoed af vir al die navorsing, die verbeeldingryke weef en vasknoop daarvan, die meesterlike verloop van die verhaallyn verspreid oor vier boeke, onvoorspelbare gebeure, verrassende karaktergroei in verskeie hoofkarakters en bowenal - die skrywer se eie lojaliteit tot voltooiing daarvan. Sy het meer as die arbeidstydvak van 'n Bergengel daaraan spandeer - 22 jaar!


Ek het agtergekom al is ek hóé nuuskierig, moet ek nie lees wanneer ek vaak raak nie – dan mis ek vernuftige vertelling. Beslis het die skryfster 'n unieke weergawe van Afrikaans ontwikkel om by karakters, plekke en gebeure te pas. En nooit is die smaak daarvan vervelig nie.

Hierdie reeks verdien 'n plek op jou boekrak. Jy gaan nooit moeg raak om dikwels weer tussen die bladsye weg te raak nie.

Henriëtte van Wyk
1 review
December 2, 2024
Sjoe, wat 'n reis was dit nie! Toe ek die boek begin lees het, het dit gevoel soos 'n tuiskoms tussen karakters wat soos familie voel. Die Bybelse interteks is wat my aantrek en wat ek die beste ken, en dít was vir my poësie. Ek dink jy het met hierdie reeks, en veral die laaste boek, bereik wat jy wou, en dit is om mense te help om in die onsienlike te glo. Ek wens ek het 'n dieper geloof gehad soos jy en soos Eron wat iewers sê dat daar niks soos toeval is nie. Elke dag leef ek my lewe asof alles toevallig is.
Die boek het my herinner aan The last battle in die Narnia-reeks, veral toe die Kamoefleerders opdaag om te kom help. Jy ís Afrikaans se CS Lewis. En dis definitief 'n reeks wat mens weer en weer kan lees. Soos Narnia.
Nog 'n ding, ek was verwonderd oor hoe jy alles in die verlede tyd kon skryf. Dit wil gedoen wees!
Baie dankie vir jou boeke. Van nou af wil ek dieper kyk na die natuur rondom my. En meer wonderwerke raaksien.
2 reviews
November 25, 2024
’n Verhaal van verlies, vernietiging en verraad verlei jou om diep te delf in jou eie verstaan van geregtigheid… Wat beteken versoening? Kan ’n mens werklik vergeet?

Hierdie gedwonge selfondersoek vorm die kern van hierdie finale boek van die Bergengel-sage en soos met die voorafgaande drie boeke, boei dié verhaal jou onmiddelik en word jy weggevoer na ’n magiese wêreld van wonderwesens en watermistiek.
Vir die lesers wat die langpad van amper halfmiljoen woorde saam met Eron Verberger, die honderdste bergengel van Gabriëllië gestap het, stel Die Waterplek Gabriëllië nie teleur nie. Nie net word elke los storiekabel netjies afgeknoop nie, maar tussendeur is daar selfs onverwagse, verwikkelinge wat die storielyne van geliefde randkarakters heerlik verryk.

Dié reeks is niks anders as 'n liefdesverklaring aan Afrikaans nie.
1 review
November 15, 2024
Die laaste boek van vier, Die Waterplek, in hierdie fantasie-reeks deur Carina Stander, stel glad nie teleur nie. Elders is al genoem dat Stander se werk in dieselfde klas as Tolkien se "Lord of the rings" val. Persoonlik het ek haar reeks veel meer geniet as Tolkien se meesterstuk. Die verhale neig ook na die magiese realisme. Daar is soveel besondere betekenis lae in al die verhale. Elke karakter groei volledig deur die stories. Die einde is 'n vernuftige verrassing. Ek sal definitief die laaste boek, saam met die res van die reeks ten sterkste
1 review
December 7, 2024
This book is truly a work of genius of the Afrikaans language. With rich, gripping imagery and beautifully woven poetic word plays on every page, it is truly a blessing to ready. In short: HIGHLY recommended!!
Displaying 1 - 7 of 7 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.