0% found this document useful (0 votes)
276 views107 pages

Die Koning Van Die Eeue

Uploaded by

Geovana
Copyright
© © All Rights Reserved
We take content rights seriously. If you suspect this is your content, claim it here.
Available Formats
Download as PDF, TXT or read online on Scribd
0% found this document useful (0 votes)
276 views107 pages

Die Koning Van Die Eeue

Uploaded by

Geovana
Copyright
© © All Rights Reserved
We take content rights seriously. If you suspect this is your content, claim it here.
Available Formats
Download as PDF, TXT or read online on Scribd
You are on page 1/ 107

Die Meester se

Onsterflike Rede

Ellen G. White

Copyright © 2013
Ellen G. White Estate, Inc.
Information about this Book

Overview
This eBook is provided by the Ellen G. White Estate. It is included
in the larger free Online Books collection on the Ellen G. White
Estate Web site.

About the Author


Ellen G. White (1827-1915) is considered the most widely translated
American author, her works having been published in more than 160
languages. She wrote more than 100,000 pages on a wide variety of
spiritual and practical topics. Guided by the Holy Spirit, she exalted
Jesus and pointed to the Scriptures as the basis of one’s faith.

Further Links
A Brief Biography of Ellen G. White
About the Ellen G. White Estate

End User License Agreement


The viewing, printing or downloading of this book grants you only
a limited, nonexclusive and nontransferable license for use solely
by you for your own personal use. This license does not permit
republication, distribution, assignment, sublicense, sale, preparation
of derivative works, or other use. Any unauthorized use of this book
terminates the license granted hereby.

Further Information
For more information about the author, publishers, or how you can
support this service, please contact the Ellen G. White Estate at
mail@whiteestate.org. We are thankful for your interest and feed-
back and wish you God’s blessing as you read.
i
ii
Inhoudsopgawe
Information about this Book . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . i
Aan Sy Dissipels . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . vii
Voorwoord . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . viii
1 Teen die Berghang . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 10
2 Die Saligsprekingeie Saligsprekinge . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 12
“Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê: Salig is
die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die
koninkryk van die hemele.”Mattheüs 5:2,3. . . . . . . . . . . . 12
“Salig is die wat treur, want hullesal vertroos word.”
Mattheüs 5:4. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 14
“Salig is die sagmoediges.” Mattheüs 5:5. . . . . . . . . . . . . . . . . 17
“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want
hulle sal versadig word.” Mattheüs 5:6. . . . . . . . . . . . . . . 20
“Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal
barmhartigheid bewys word!” Mattheüs 5:7. . . . . . . . . . . 23
“Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.”
Mattheüs 5:8. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24
“Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God
genoem word.”Mattheüs 5:9. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 26
“Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”
Mattheüs 5:10. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 27
“Salig is julle wanneer die mense julle beledig.” Mattheüs
5:11. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 29
“Julle is die sout van die aarde.” Mattheüs 5:13. . . . . . . . . . . . 31
“Julle is die lig van die wêreld.”Mattheüs 5:14. . . . . . . . . . . . . 33
3 Die Geestelike Aard van die Wet . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 37
“Ek het nie gekom om te ontbindnie, maar om te vervul.”
Mattheüs 5:17. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 37
“Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie
breek en die mense so leer, sal die minste genoem
word in die koninkryk van die hemele.” Mattheüs 5:19. . 41

iii
iv Die Meester se Onsterflike Rede

“As julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die


skrifgeleerdes en Fariseërs nie, [sal] julle nooit in die
koninkryk van die hemele... ingaan nie.” Mattheüs 5:20. 42
“Elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, [moet]
verantwoording... doen voor die gereg.”Mattheüs 5:22. . 43
“Versoen jou eers met jou broeder.” Mattheüs 5:24. . . . . . . . . 44
“... dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer reeds in
sy hart met haar egbreuk gepleeg het.” Mattheüs 5:28. . . 45
“As jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit
weg van jou af.” Mattheüs 5:30. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 45
“Is dit ’n man geoorloof om oor allerhande redes van sy
vrou te skei?” Mattheüs 19:3. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 47
“Sweer hoegenaamd nie.” Mattheüs 5:34. . . . . . . . . . . . . . . . . 49
“... dat julle ’n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as
iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die
ander een na hom toe.” Mattheüs 5:39. . . . . . . . . . . . . . . . 51
“Julle moet julle vyande liefhê.” Mattheüs 5:44. . . . . . . . . . . . 53
“Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele
volmaak is.” Mattheüs 5:48. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 55
4 Die Ware Motief vir Diens . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 57
“Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys
om deur hulle gesien te word nie.” Mattheüs 6:1. . . . . . . 57
“Wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie.”
Mattheüs 6:5. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 59
“As julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde
soos die heidene nie.” Mattheüs 6:7. . . . . . . . . . . . . . . . . . 61
“Wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die
geveinsdes nie.” Mattheüs 6:16. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 61
“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde... nie.”
Mattheüs 6:19. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 63
“As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.”
Mattheüs 6:22. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 64
“Niemand kan twee here dien nie.”Mattheüs 6:24. . . . . . . . . . 66
“Moenie julle kwel... nie.” Mattheüs 6:25. . . . . . . . . . . . . . . . . 67
“Soek eers die koninkryk van God.” Mattheüs 6:33. . . . . . . . . 69
“Kwel julle dus nie oor móre nie....Elke dag het genoeg aan
sy eie kwaad.” Mattheüs 6:34. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 70
5 Die Modelgebed . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 72
Inhoudsopgawe v

“So moet julle dan bid.” Mattheüs 6:9. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 72


“Wanneer julle bid, sê: Onse Vader.” Lukas 11:2. . . . . . . . . . . 73
“Laat u Naam geheilig word.” Mattheüs 6:9. . . . . . . . . . . . . . . 75
“Laat u koninkryk kom.” Mattheüs 6:10. . . . . . . . . . . . . . . . . . 76
“Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die
aarde.” Mattheüs 6:10. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 77
“Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Mattheüs 6:11. . . . . . 77
“Vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat
aan ons skuldig is.” Lukas 11:4. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 79
“Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die
Bose.” Mattheüs 6:13. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 82
“Aan U behoort die koninkryk en die krag en die
heerlikheid.” Mattheüs 6:13. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 84
6 Nie Oordeel Nie, Maar Doen . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 86
“Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.”
Mattheüs 7:1. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 86
“En waarom sien jy die splinter in die oog van jou
broeder?” Mattheüs 7:3. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 87
“Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind;
klop, en vir julle sal oopgemaak word.” Mattheüs 7:7. . . 90
“Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet
doen, net so moet julle aan hulle ook doen.” Mattheüs
7:12. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 92
“Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe
lei.” Mattheüs 7:14. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 95
“Stry hard om in te gaan deur die nou poort.” Lukas 13:24. . . 97
“Pas op vir die valse profete.” Mattheüs 7:15. . . . . . . . . . . . . . 99
“Dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.”
Mattheüs 7:25. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 101
vi Die Meester se Onsterflike Rede

E. G. White
[2]
Kopiereg © 2004 deur die Ellen G White Estate, Inc.
Hierdie uitgawe uitgegee in 2011 deur The Stanborough Press Ltd,
Alma Park, Grantham,
Lincolnshire, UK.
Alle regte voorbehou.
Ontwerp deur David Bell
Aan Sy Dissipels

wat steeds genooi word om die geestelike bo die aardse koninkryk


te kies, word hierdie boekie toegewy, in die hoop dat die heerlikheid
van die onsigbare toenemend sal ontvou. [3]
[4]

vii
Voorwoord

Die bergpredikasie is die hemel se seënwense aan die wêreld -’n


stem vanaf die troon van God. Dit is aan die mensdom gegee as ’n
riglyn en ook as die lig van die hemel, hul hoop en vertroosting wan-
neer hul neerslagtig is, hul vreugde en troos in alle omstandighede
van die lewe. Hier uiter die Predikerprins, die Meesteronderwyser,
die woorde wat die Vader aan Hom gee.
Die bergpredikasie is Christus se groete, nie slegs aan diegene
wat glo nie, maar aan die hele mensdom. Dit blyk vir ’n oomblik of
Hy vergeet het dat Hy in die wêreld is en nie in die hemel nie; en Hy
gebruik die bekende groetvorm van die wêreld van lig. Seënwense
stroom van Sy lippe soos die uitstort van ’n lank-opgekropte stroom
van lewe.
Christus laat ons nie twyfel oor watter karaktertrekke Hy altyd
sal erken en seën nie. Hy draai weg vanaf die ambisieuse wêrelds-
gunstelinge, na diegene wat deur hulle misken word, en spreek sy
seën uit op almal wat Sy lig en lewe ontvang. Vir die armes van gees,
die nederiges, die wat hartseer is, die wat verag word, die vervolgdes,
maak Hy Sy arms oop, met die woorde, Kom na My toe,... en ek sal
julle rus gee.
Christus kan die ellende van die wêreld aanskou sonder ’n sweem
van spyt dat Hy die mens geskape het. In die mensehart sien hy meer
as sonde, meer as ellende. In Sy onbeperkte wysheid en liefde sien
Hy die mens se moontlikhede, die hoogtes wat hy kan bereik. Hy
weet dat, al het hul hul genade-gawes misbruik en hul Godgegewe
waardigheid vernietig, die Skepper steeds in hul verlossing verheer-
lik sal word.
Die woorde wat Christus vanaf die berg gespreek het, sal altyd
hul krag behou. Elke sin is ’n juweel uit die skatkis van waarheid.
[5] Die beginsels hier uitgestippel is vir alle eeue en alle klasse mense.
Met goddelike krag het Christus Sy geloof en hoop geuiter, terwyl
Hy klas na klas as geseënd verklaar het, as gevolg van die goddelike

viii
Voorwoord ix

karakters wat hul ontwikkel het. Deur geloof in Hom kan elkeen reik
na die standaard wat in Sy woorde omhooggehou word.

E.G.W.
[6]
[7]
[8]
1 Teen die Berghang

Meer as veertien eeue voor Jesus in Bethlehem gebore is, het


die kinders van Israel in die pragtige dal van Sigem byeengekom,
en van die berge aan alkante af het die priesters die seëninge en
vervloekinge afgekondig — “die seën as julle luister na die gebooie
van die Here julle God... en die vloek as julle nie luister na die
gebooie van die Here julle God nie” (Deuteronomium 11:27, 28). En
so het die berg van waar die seën afgekondig is, bekend geword as
die berg van seëning. Maar die woorde wat ‘n seën vir die sondige
en bedroefde ou wêreld sou word, is nie van Gerisim af uitgeroep
nie. Israel het nie aan die hoë ideaal voldoen wat vir hom voorge-hou
is nie. Lemand anders as Josua moet Sy volk na die ware rus van
die geloof lei. Dit is nie meer Gerisim wat bekend staan as die berg
van die Saligsprekinge nie, maar ’n naamlose berg langs die Meer
van Gennesaret, waar Jesus seëninge oor Sy dissipels en die skare
uitgespreek het.
Laat ons ons in die gees na daardie toneel begewe en, terwyl ons
saam met die dissipels teen die berghang sit, ons met die gedagtes en
[9] gevoelens vereenselwig wat hulle harte vervul het. As ons verstaan
wat die woorde van Jesus vir hulle beteken het wat dit gehoor het,
sal hulle vir ons ’n nuwe helderheid en skoonheid kry, en kan ons
ook hul diepere lesse ter harte neem.
Alleen op ’n berg naby die See van Galilea het Jesus die hele nag
vir hierdie uitverkorenes gebid. Teen dagbreek het Hy hulle na Hom
geroep, oor hulle gebid en hulle onderrig, en toe het Hy Sy hande op
hulle gelê en hulle geseën en vir evangeliewerk afgesonder. Toe is
hulle saam na die strand, waar ’n groot skare al vroeg in die oggend
begin saamkom het.
Afgesien van die gebruiklike skares uit die Galilese dorpe, het
groot getalle van Judea en selfs Jerusalem gekom; ja, van Perea en
van die halfheidense bevolking van Dekapolis; van Idumea, suide
van Judea, en van Tirus en Sidon, die Feniciese stede aan die kus
van die Middellandse See. “Toe hulle hoor wat Hy alles doen,” het
10
Teen die Berghang 11

hulle gekom “om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word...
omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak”
(Markus 3:8; Lukas 6:17-19).
Omdat die nou strandjie nie eers staanplek binne hoorafstand
gebied het vir almal wat Hom wou hoor nie, het Jesus hulle na die
berghang terug gelei. By ’n gelykte wat ’n aangename vergaderplek
gebied het vir die reusagtige skare, het Hy op die gras gaan sit, en
Sy dissipels en die menigte het Sy voorbeeld gevolg.
Die dissipels, wat aangevoel het dat iets buitengewoons ophande
is, het tot teenaan hul Meester gedring. Die gebeure van die oggend
het hulle oortuig dat ’n aankondiging verwag kon word in verband
met die koninkryk wat Hy, soos hulle innig gehoop het, weldra
tot stand sou bring. Ook onder die skare was daar ’n gevoel van
afwagting en verlangende gesigte het van hul diepe belangstelling
getuig.
Daar teen die groen heuwel, waar hulle gesit en wag het op die
woorde van die Goddelike Leraar, was hul gedagtes vol heerlike
toekomsdrome. Daar was skrifgeleerdes en Fariseërs wat uitgesien [10]
het na die dag wanneer hulle oor die gehate Romeine sou heers en
die rykdom en luister van die groot wêreldryk sou inpalm. Die arm
plaasarbeiders en vissers het verlang om die versekering te hoor dat
hul ellendige krotte, hul karige voedsel, hul harde arbeid en vrees vir
hongersnood verruil sou word vir weelde, oorvloed en gemak. Pleks
van die een growwe kleed wat hulle bedags moes dra en waaronder
hulle snags moes slaap, het hulle gehoop dat Christus die duur en
weelderige klere van hul oorwinnaars aan hulle sou gee.
’n Trotse hoop het alle harte aangegryp dat Israel weldra voor
die volke vereer sou word as die uitverkorene van die Here, en dat
Jerusalem verhef sou word tot hoofstad van ’n wêreldryk. [11]
2 Die Saligsprekingeie Saligsprekinge

“Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê: Salig is die


wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van
die hemele.”Mattheüs 5:2,3.
Hierdie woorde klink vreemd en nuut in die ore van die verwon-
derde menigte. So ’n leer is strydig met alles wat hulle nog ooit
van priester of rabbi gehoor het. Hulle vind daar niks in wat hul
hoogmoed kan streel of hul ambisies kan bevredig nie. Maar uit
hierdie nuwe Leraar straal ’n krag wat hulle in verrukking het. Die
Goddelike liefde vloei so aangenaam soos die geur van ’n blom uit
Sy wese. Sy woorde val “soos reën op die grasveld, soos buie - ’n
swaar reën op die aarde” (Psalm 72:6). Almal voel instinkmatig dat
hier iemand is wat die geheimenisse van die siel kan deurvors, maar
wat hulle tog teer en simpatiek gesind is. Hulle raak ontvanklik, en
terwyl hulle luister, ontvou die Heilige Gees vir hulle iets van die
betekenis van die les waaraan die mensdom so ’n dringende behoefte
het.
In Christus se dae het die volk se godsdienstige leiers geglo dat
[12] hulle ryk aan geestelike skatte is. Die gebed van die Fariseër:
“o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie” (Lukas
18:11) het die gesindheid van sy klas weerspieël, en in ’n groot mate
ook dié van die hele volk. Maar in die skare om Jesus was daar
mense wat vaagweg bewus was van hul geestelike ar-moede. Toe
die Goddelike mag van Jesus hom in die wonder-baarlike visvangs
geopenbaar het, het Petrus voor die Heiland se voete neergeval en
uitgeroep: “Gaan weg van my, Here, want ek is ’n sondige man!”
(Lukas 5:8); so was daar ook onder die menigte teen die berghang
siele wat voor Sy reinheid gevoel het dat hulle “ellendig en beklaens-
waardig en arm en blind en naak is” (Openbaring 3:17); en hulle het
verlang na “die reddende genade van God” (Titus 2:11). In hierdie
siele het die woorde van Christus hoop opgewek; hulle het besef dat
die welwillendheid van God op hul lewens rus.

12
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 13

Jesus het die beker vol seëninge vir diegene voorgehou wat
gevoel het dat hulle “ryk en verryk geword het” (Openbaring 3:17),
en dat hulle aan niks gebrek het nie; en hulle het die genadegawe met
minagting verwerp. Hy wat voel dat hy redelik goed is en tevrede
is met sy toestand, verlang nie om deel te hê aan die genade en
geregtigheid van Christus nie. Die hoogmoed voel geen behoefte nie
en sluit die hart vir Christus en vir die oneindige seëninge wat Hy
kom gee het. So ’n mens het geen plek in sy hart vir Jesus nie. Hulle
wat hulself ryk en eerbaar ag, vra nie in die geloof nie en ontvang
nie die seën van God nie. Hulle voel hulle is vol, en stap leeg weg.
Hulle wat weet dat hulle hulself onmoontlik nie kan red nie en op eie
houtjie tot geen geregtigheid in staat is nie, waardeer die hulp wat
Christus kan gee. Hulle is die armes van gees wat Hy salig genoem
het.
Wie Christus vergewe, maak Hy eers berouvol, en dit is die werk
van die Heilige Gees om van sonde te oortuig. Hulle wie se harte
oortuig geword het deur die Gees van God, besef dat hulle tot niks
goeds in staat is nie. Hulle besef dat alles wat hulle ooit verrig [13]
het, met sonde en selfsug bevlek is. Soos die arme tollenaar, staan
hulle eenkant en durf hulle nie eers die oë hemelwaarts rig nie, en
roep hulle: “o God, wees my, sondaar, genadig!” (Lukas 18:13.) En
hulle ontvang die seën. Daar is vergifnis vir die boetvaardige; want
Christus is “die Lam van God [14]
wat die sonde van die wêreld wegneem” (Johannes 1:29). God be-
lowe: “Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos
sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” “En Ek
sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee... En
Ek sal my Gees in jul binneste gee.” Jesaja 1:18; Esegiël 36:26, 27.
Van die arme van gees sê Jesus: “aan hulle behoort die konink-
ryk van die hemele.” Hierdie koninkryk is nie, soos Christus se
gehoor gehoop het, ’n tydelike, wêreldse heerskappy nie. Christus
was besig om die geestelike koninkryk van Sy liefde, Sy genade,
Sy geregtigheid aan hulle te openbaar. Die onderskei-dingsteken
van die Messias se heerskappy is die beeltenis van die Seun van
die mens. Sy onderdane is die armes van gees, die sagmoediges,
die vervolgdes ter wille van die geregtigheid. Aan hulle behoort die
koninkryk van die hemele. Hoewel dit nog nie in hulle voleindig is
nie, het die proses in hulle begin wat hulle “bekwaam” maak “om
14 Die Meester se Onsterflike Rede

deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig” (Kolossense
1:12).
Almal wat besef hoe armoedig hul siel is, wat voel dat hulle
vanself tot niks goeds in staat is nie, kan geregtigheid en krag ontvang
deur na Jesus op te sien. Hy sê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid
en belas is.” Mattheüs 11:28. Hy nooi u om u armoed te verruil vir
die rykdom van Sy genade. Ons is die liefde van God nie waardig nie,
maar Christus, ons borg, is waardig en is oorvloediglik in staat om
almal te red wat na Hom toe kom. Maak nie saak wat u verlede was,
of hoe ontmoedigend u huidige omstandighede is nie, as u na Jesus
kom soos u is, swak, hulpeloos en moedeloos, sal ons medelydende
Heiland u van ver af al tegemoetgaan, u in die arms van Sy liefde
omhels en u toemaak met Sy kleed van geregtigheid. Hy stel ons aan
die Vader voor, geklee in die wit kleed van Sy eie karakter. Hy pleit
[15] om ons ontwil by God en sê: Ek het die sondaar se plek ingeneem.
Moenie hierdie afgedwaalde kind aansien nie, maar kyk na My. As
die Satan luidkeels teen ons siele betoog en ons van sonde beskuldig
en ons opeis as sy prooi, pleit die bloed van Christus met nog groter
krag.
“Hulle sal van My sê: Alleen in die Here is volle geregtigheid
en sterkte;... In die Here sal geregverdig word en hulle beroem die
hele geslag van Israel.” Jesaja 45:24, 25.

“Salig is die wat treur, want hullesal vertroos word.” Mattheüs


5:4.
Die verdriet wat hier genoem word, is egte droefheid oor die
[16] sonde. Jesus het gesê: “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word,
sal almal na My toe trek.” Johannes 12:32. As ’n mens Jesus aan die
kruis verhef sien, besef jy hoe sondig die mensdom is. Jy besef dat
dit die sonde is wat die Heiland gegêsel en gekruisig het. Jy besef
dat, hoewel jy teer bemin word, jy gedurig ondankbaar en opstandig
is. Jy het jou beste Vriend in die steek gelaat en misbruik gemaak
van die hemel se kosbaarste gawe. In jou lewe het jy die Seun van
God opnuut gekruisig en opnuut daardie bebloede en bedroefde hart
deursteek. Jy word van God geskei deur ’n kloof van sonde en jy
betreur dit met ’n gebroke hart.
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 15

Wie so bedroef is, “sal vertroos word.” God toon ons ons sonde,
sodat ons ons tot Christus kan wend en Hy ons kan bevry uit die
slawerny van die sonde, sodat ons ons kan verheug in die vryheid
van die seuns van God. Ons kan met ware berou na die voet van die
kruis kom en ons laste daar neerlê.
Die Heiland se woorde het ’n vertroostende boodskap vir diegene
wat leiding en droefheid ken. Ons droefheid is nie sonder [17]

rede nie. “Want nie van harte verdruk of bedroef Hy


die mensekinders nie.” Klaagliedere 3:33. Wanneer Hy
beproewing toelaat, is dit “tot ons beswil, sodat ons sy
heiligheid kan deelagtig word” (Hebreërs 12:10). As
ons dit in die geloof aanvaar, sal die beproewing wat so
bitter is, vir ons tot heil wees. Die wrede houe wat ons
vreugde op aarde verdryf, sal ons oë na die hemel trek.
Hoe baie is daar wat Jesus nooit sou geken het as hulle
nie in droefheid by Hom troos gesoek het nie!

Die beproewinge van die lewe is God se handlangers wat onrein-


heid en grofheid uit die karakter verwyder. Die gekap en gebeitel,
die geskuur en geskaaf is pynlik. Dit is swaar om teen die slypsteen
gedruk te word, maar die geslypte steen is gereed vir sy plek in
die hemelse tempel. Die Meester verkwis nie sulke sorgvuldige en
deeglike werk aan waardelose stof nie. Net Sy kosbare stene word
uitgebeitel na die boustyl van ’n paleis.
Die Here sal almal bearbei wat op Hom vertrou. Hulle sal waar-
devolle lesse leer en waardevolle ondervindinge beleef.
Ons hemelse Vader is nooit onbesorg oor hulle wat treur nie. Toe
Dawid met bedekte hoof en kaal voete teen die Olyfberg opklim,
“terwyl hy altyddeur loop en ween;” (2 Samuel 15:30), het die Here
hom medelydend aangesien. Dawid was in sak en as geklee, en sy
gewete het hom gegésel. Die uiterlike tekens van sy verootmoediging
het getuig van sy berou. Toe Dawid sy saak met trane en ’n gebroke
hart aan die Here voorgelê het, het die Here Sy dienskneg nie verwerp
nie. Nooit was Dawid vir die liefdevolle Here dierbaarder as toe hy
met ’n skuldige gewete vir sy lewe gevlug het van sy vyande wat
deur sy eie seun opgestook is nie. Die Here sê: “Almal wat Ek liefhet,
bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou” (Openbaring
16 Die Meester se Onsterflike Rede

3:19). Christus verhef die gebroke hart en louter die bedroefde siel
totdat dit Sy woning word.
[18] Hoeveel van ons is egter nie soos Jakob wanneer beproewinge
ons oorval nie! Ons dink dis die hand van die vyand; blindelings
worstel ons in die duisternis totdat ons uitgeput is sonder om troos
of uitkoms te vind. Die Goddelike aanraking het Jakob laat besef
met wie hy geworstel het - die Engel van die verbond; wenende en
hulpeloos het hy hom oorgegee en toe die seën ontvang waarna sy
siel gesmag het. Ons moet ook leer dat beproewinge voordelig is
en dat ons die tugtiging van die Here nie moet verag of moedeloos
moet word wanneer Hy ons bestraf nie.
“Gelukkig is die man wat God kasty;... Hy doen smart aan,
maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond. In
ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref
nie.” Job 5:17-19. Jesus genees elkeen wat beproef is. ’n Lewe
van droefheid, pyn en lyding kan opgehelder word met kostelike
openbarings van Sy teenwoordigheid.
Die Here wil nie hê dat ons met gebroke harte onder die ska-
duwee van droefheid moet verkeer nie. Hy wil hê ons moet opkyk
en die liefde in Sy aangesig sien. Die Heiland staan by menigeen
wie se oë so deur trane verblind is, dat hy Hom nie herken nie. Hy
verlang om ons aan die hand te hou; dat ons in die geloof tot Hom
moet opsien en Hom moet toelaat om ons te lei. Hy voel saam met
ons in ons beproewinge en droefheid. Hy het ons met ’n ewige liefde
liefgehad en ons met barmhartigheid omring. Ons kan met ons hele
hart op Hom vertrou en altyd aan Sy barmhartigheid dink. Hy sal
ons bo die alledaagse droefhede en verleenthede verhef en ons vrede
gee.
Dink hieraan, kinders van lyding en droefheid, en verheug julle
in hoop. “Dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik
ons geloof.” 1 Johannes 5:4.
Salig is ook hulle wat saam met Jesus ween oor die wêreld se
leed en bedroef is oor sy sonde. Dit is geen selfsugtige rou nie. Jesus
was die Man van Smarte wat onbeskryflike hartseer geken het. Sy
[19] gees is deur die oortredinge van mense verbrysel en verskeur. Hy
het Hom opgeoffer om mense uit hulle ellende te verlos, en Hy was
bedroef toe hulle weier om die lewe by Hom te neem. Almal wat
Jesus volg, sal hierdie ondervinding hê. Wanneer hulle in Sy liefde
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 17

deel, sal hulle ’n aandeel hê in Sy vermoeiende werk vir die redding


van verlorenes. Hulle sal deel hê in die lyde van Christus - en in
die heerlikheid wat geopenbaar sal word. Hulle wat saam met Hom
arbei en uit die beker van Sy droefheid drink, sal ook in Sy vreugde
deel.
Dit was deur lyding dat Jesus die diens van vertroosting kon
aanbied. In elke beproewing van die mens het Hy gedeel; “want
deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat
versoek word” (Jesaja 63:9; Hebreërs 2:18). Elke siel wat met Hom
in Sy lyde deel, het die voorreg om hierdie diens met Hom te deel.
“Soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos
ook oorvloedig deur Christus” (2 Korinthiërs 1:5). Die Here het ’n
besondere genade vir die treurende, en die mag daarvan is om harte
te versag, om siele te wen. Sy liefde dring deur na die gewonde en
verbryselde siel, en word ’n helende balsem vir die treurende. “Die
Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting” troos ons
“in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking
is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos
word” (2 Korinthiërs 1:3, 4).

“Salig is die sagmoediges.” Mattheüs 5:5.


Die Saligsprekinge word gekenmerk deur ’n stygende Christelike
belewenis. Die wat hul behoefte aan Christus besef het, die wat
getreur het oor die sonde en saam met Christus in die skool van
beproewing gesit het, sal by die Goddelike Leraar leer om sagmoedig
te wees.
Jesus beskou sagmoedigheid as een van die eerste vereistes vir
Sy koninkryk. Die Goddelike skoonheid van hierdie kosbare gawe
word in Sy eie lewe en karakter weerspieël. [20]
Jesus, die afskynsel van die Vader se heerlikheid, “het dit geen
roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig
deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem” (Filippense 2:6, 7).
Hy was bereid om al die nederige ondervindinge van die lewe deur
te maak en onder die mensekinders te wandel, nie as ’n koning wat
eerbetoon vereis nie, maar as Een wie se sending dit was om andere
te dien. In Sy gedrag was daar geen sweem van dweepsug, geen
kille strengheid nie. Die Verlosser van die wêreld was hoër as die
18 Die Meester se Onsterflike Rede

engele, tog was Sy Goddelike majesteit verenig met sagmoedigheid


en nederigheid wat almal na Hom getrek het.
Jesus het Homself ontledig, en in alles wat Hy gedoen het, was
daar geen spore van die ego nie. Hy het alles aan die wil van Sy Vader
onderwerp. Toe Hy op die punt was om Sy sending op aarde af te
sluit, kon Hy sê: “Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U
My gegee het om te doen, het Ek volbring” (Johannes 17:4). En aan
[21] ons sê Hy: “Leer van My, want Ek is sagmoedig en nederigheid van
hart.” “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën”
(Mattheüs 11:29; 16:24), die eie-ek onttroon en hom nie meer toelaat
om oor die siel te heers nie.
Hy wat Christus in Sy selfverloëning, Sy nederigheid van hart
aanskou, sal gedwing word om soos Daniël te sê toe Hy Een soos die
Seun van ’n mens gesien het: “My gesonde kleur het aan my verander
en verdwyn” (Daniël 10:8). Die onafhanklikheid en selfverheerliking
waarin ons ons verlustig, word in hul ware afskuwelikheid gesien as
tekens van slawerny onder die Satan. Die menslike natuur wil hom
altyd laat geld, is altyd gereed vir stryd; maar hy wat van Christus
leer, word ontledig van die eieek, van hoogmoed, van die drang na
oppermag, en ’n stilte sak toe oor die siel. Die ego word tot die
beskikking van die Heilige Gees gestel. Dan streef ons nie meer na
die hoogste posisie nie. Dan het ons geen ambisie om onsself na
vore te dring nie; maar voel ons dat ons hoogste plek aan die voete
van ons Heiland is. Ons sien op na Jesus, wag dat Sy hand ons moet
lei, luister dat Sy stem ons moet voorsê.
As ons Christus as blywende inwoner in die siel ontvang, sal
die vrede van God, wat alle begrip te bowe gaan, ons hart en gees
bewaar deur Jesus Christus. Die Heiland se lewe op aarde was,
ondanks dit deur stryd omring was, ’n lewe van vrede. Wanneer
woedende vyande Hom gedurig agtervolg het, het Hy gesê: “Hy
wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat
nie; omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is” (Johannes 8:29).
Geen storm van menslike of sataniese toorn kon die kalmte van
daardie volmaakte gemeenskap met God verstoor nie. En vir ons sê
Hy: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle.” “Neem
my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van
hart, en julle sal rus vind vir julle siele” (Johannes 14:27; Mattheüs
11:29). Dra saam met My die juk van diens ter verheerliking van
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 19

God en die verheffing van die mensdom, en julle sal ontdek dat die [22]
juk sag en die las lig is.
Dit is ons selfbeheptheid wat ons vrede vernietig. Solank as wat
die eie-ek nog lewe, is ons altyd oorgehaal om dit te verdedig teen
vernedering en kastyding; maar as ons dood is en ons lewe met
Christus in God opgesluit is, sal ons nie so liggeraak wees as ons
gekleineer en verag word nie. Ons sal doof wees vir verwyte en blind
vir beledigings en hoon. “Die liefde is lankmoedig en vriendelik;
die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie
opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang
nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly
oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit
bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan
nimmermeer.” 1 Korinthiërs 13:4-8.
Geluk wat uit aardse bronne geput word, is so veranderlik as
wat omstandighede dit kan maak; maar die vrede van Christus is ’n
bestendige en blywende vrede. Dit hang van geen lewensomstandig-
heid af nie, nie van die hoeveelheid wêreldse goedere of die aantal
wêreldse vriende nie. Christus is die bron van lewende water, en
geluk wat uit Hom geput word, vergaan nooit.
Die sagmoedigheid van Christus maak die gesin gelukkig as dit
in die huis geopenbaar word; dit wek geen rusie op nie, gee geen
bitsige antwoord nie, maar bedaar die prikkelbare humeur en straal
’n sagte invloed uit wat deur almal binne sy towerkring aangevoel
word. Oral waar dit gekoester word, maak dit die aardse gesinne
deel van die een groot gesin daarbo.
Dit sou vir ons ver beter wees om valse beskuldigings te verduur
as om onsself te teister met die gésel van vergelding. Die gees
van haat en vergelding het sy oorsprong in die Satan en kan net
onheil bring aan hom wat dit koester. Nederigheid van hart, die
sagmoedigheid wat die vrug van ’n lewe in Christus is, is die ware
geheim van saligheid. “Hy versier die ootmoediges met heil.” Psalm
149:4. [23]
Die sagmoediges “sal die aarde beërwe.” Dit was die drang na
selfverheffing wat die wêreld in sonde laat verval en ons eerste
voorouers die heerskappy oor hierdie lieflike aarde - hul koninkryk
- laat verloor het. Dit is deur selfverloëning dat Christus verlos
wat verlore was. En Hy sê ons moet oorwin soos Hy oorwin het
20 Die Meester se Onsterflike Rede

(Openbaring 3:21). Deur nederigheid en selfonderwerping kan ons


mede-erfgename met Hom word wanneer “die ootmoediges... die
aarde besit” (Psalm 37: 11).
Die aarde wat aan die sagmoediges belowe is, sal nie soos hierdie
een verduister wees deur die skaduwee van die dood en die vloek
nie. “Ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ’n nuwe aarde
waarin geregtigheid woon.” “Daar sal geen enkele vervloeking meer
wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en
sy diensknegte sal Hom dien.” 2 Petrus 3:13; Openbaring 22:3.
Daar is geen teleurstelling, geen droefheid, geen sonde nie, en
niemand wat sal sê: Ek is siek nie; daar is geen begrafnisstoete nie,
geen roubedryf nie, geen dood, geen afskeid, geen gebroke harte nie;
maar Jesus is daar - daar is vrede. Daar sal hulle “geen honger en
dors meer hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek
nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na
die fonteine van water” (Jesaja 49:10).

“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle


sal versadig word.” Mattheüs 5:6.
Geregtigheid is heiligheid, ’n beeltenis van God, en “God is
liefde” (1 Johannes 4:16). Dit is gelykvormigheid aan die wet van
God, “want al u gebooie is geregtigheid” (Psalm 119:172), en “die
[24] liefde [is] die vervulling van die wet” (Romeine 13:10). Die geregtig-
heid van God is in Christus beliggaam. Ons ontvang die geregtigheid
deur Hom te ontvang.
Nie deur pynlike worsteling of moeisame arbeid, nie deur offer-
gawes kan geregtigheid verkry word nie; maar dit word vrylik aan
elke siel gegee wat daarna honger en dors. “o Almal wat dors het,
kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet;...
sonder geld en sonder prys.” “Hulle geregtigheid [is] uit My... spreek
die Here” en “dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE
HERE ONS GEREGTIGHEID.” Jesaja 55:1; 54:17; Jeremia 23:6.
Geen menslike middel kan dit voorsien wat die siel se honger
[25] en dors sal bevredig nie. Maar Jesus sê: “Kyk, Ek staan by die deur
en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek
ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”
“Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 21

kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.” Openbaring 3:20;
Johannes 6:35.
Net soos ons voedsel nodig het om ons liggaamskragte op te
bou, so het ons Christus, die Brood van die hemel, nodig om ons
geestelike lewe te onderhou en ons krag te gee om die werke van
God te verrig. Net soos die liggaam gedurig gevoed moet word om
lewe en lewenskrag te gee, so moet die siel gedurig in gemeenskap
met Christus verkeer, aan Hom onderwerp word en geheel en al van
Hom afhanklik wees.
Soos die moeë swerwer soek na die waterbron in die woestyn en
sy brandende dors les as hy dit kry, so sal die Christen dors na die [26]
suiwer water van die lewe, waarvan Christus die fontein is, en dit
verkry.
Namate ons die volmaaktheid van die Heiland se karakter be-
peins, sal ons verlang om geheel en al verander en vernuwe te word
na die beeld van Sy reinheid. Hoe meer ons van God weet, hoe hoër
sal ons karakterideaal wees en hoe opregter sal ons begeer om Sy
ewebeeld te weerspieël. ’n Goddelike element verbind met die mens-
like as die siel na God reik en die verlangende hart kan sê; “Wees
maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!”
Psalm 62:6.
As u bewus is van ’n behoefte in u siel, as u honger en dors na
die geregtigheid, is dit ’n bewys dat Christus u hart aangeraak het,
sodat u Hom kan vra om vir u deur die gawe van die Heilige Gees
dié dinge te doen wat u self onmoontlik nie kan doen nie. Ons het
nie nodig om ons dors in vlak stroompies te probeer les nie; want
die groot bron is net hierbo ons van wie se oorvloedige waters ons
vrylik kan drink as ons net ’n bietjie hoër wil reik op die pad van die
geloof.
Die woorde van God is die heilfontein van die lewe. As u na
hierdie lewende fonteine soek, sal u, deur die Heilige Gees, in ge-
meenskap met Christus gebring word. Ou bekende waarhede sal in
’n nuwe lig voor u opdoem, skrifgedeeltes sal soos ’n ligvloed oor
u breek met nuwe betekenis, u sal die verband van ander waarhede
met die verlossingswerk sien, en u sal weet dat Christus u lei, dat ’n
Goddelike Leraar aan u sy is. [27]
Jesus het gesê: “Die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word
’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe” (Johannes
22 Die Meester se Onsterflike Rede

4:14). Die Heilige Gees sal u die waarheid helder laat sien, en u sal
die kosbaarste ondervindinge deurmaak en verlang om andere te
vertel van die vertroostende dinge wat aan u geopenbaar is. Wanneer
u met hulle in aanraking kom, sal u hulle iets nuuts oor die karakter
of werk van Christus kan vertel. U sal ’n nuwe openbaring van Sy
ontfermende liefde kan gee aan hulle wat Hom liefhet en aan hulle
wat Hom nie liefhet nie.
“Gee, en aan julle sal gegee word” (Lukas 6:38); want die woord
van God “is ’n fontein van die tuine, ’n put met lewende water wat
van die Libanon afvloei” (Hooglied 4:15). Die hart wat eers eenmaal
die liefde van Christus gesmaak het, roep gedurig om meer te drink,
en namate u meedeel, sal u in ryker en oorvloediger mate ontvang.
Elke openbaring van God aan die siel stel hom beter in staat om te
ken en om lief te hê. Die hart roep gedurig uit: “Meer van U,” en
die Gees antwoord ons: “Veel meer” (Romeine 5:9, 10). Want onse
God verlustig Hom daarin om “te doen ver bo alles wat ons bid of
dink” (Efesiërs 3:20). Aan Jesus, wat Homself ontledig het vir die
redding van die verlore gaande mensdom, is die Heilige Gees sonder
mate gegee. So sal dit aan elke volgeling van Christus gegee word
wanneer die hele hart vir inwoning aan Hom onderwerp word. Onse
Here het self die bevel gegee: “Word met die Gees vervul” (Efesiërs
5:18), en hierdie bevel is ook ’n belofte van sy vervulling. Dit het
die Vader behaag dat in Christus “die ganse volheid sou woon,” en
[28] “julle het die volheid in Hom” (Kolossense 1:19; 2:10).
Die Here het Sy liefde sonder mate uitgestort, soos die reën wat
die aarde ver-kwik. Hy sê: “Laat dit drup, o hemele, van bo af, en
laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en
laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit.” “Die
ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong
verdroog van dors; Ek, die Here, sal hulle verhoor; Ek, die God van
Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere op die kaal heuwels
oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn ’n waterplas
maak en die dor land waterbronne.” Jesaja 45:8; 41:17, 18.
“Uit sy volheid het ons almal ontvang, ja genade op genade.”
Johannes 1:16.
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 23

“Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid


bewys word!” Mattheüs 5:7.
Die mensehart is van nature koud, donker en liefdeloos; enigeen [29]
wat ’n gees van ontferming en vergewensgesindheid openbaar, doen
dit nie uit homself nie, maar deur die invloed van die Gees van God
op sy hart. “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.” 1
Johannes 4:19.
God is self die bron van alle genade. Sy Naam is “barmhartige en
genadige God” (Exodus 34:6). Hy behandel ons nie na verdienste nie.
Hy vra nie of ons Sy liefde waardig is nie, maar Hy stort die rykdom
van Sy liefde uit om ons waardig te maak. Hy is nie wraaksugtig nie.
Hy wil nie straf nie, maar verlos. Selfs die strengheid wat Hy deur
Sy voorsienigheid openbaar, is vir die redding van die weerspannige.
Hy verlang met ’n innige verlange om die ellende van die mens
te verlig en om Sy balsem op hul wonde te sit. Dit is waar dat die
Here die ongeregtigheid “nooit ongestraf laat bly nie” (Exodus 34:7),
maar Hy sal die skuld wegneem.
Die barmhartiges is “deelgenote... van die goddelike natuur,” en
in hulle word die ontfermende liefde van God uitgedruk. Almal wie
se harte in voeling klop met die hart van die Oneindige Liefde, sal
probeer om te red en nie om te veroordeel nie. As Christus in die
siel woon, is Hy ’n fontein wat nooit opdroog nie. Waar Hy woon,
daar sal weldadigheid oorloop.
Op die geroep van die weerstrewige, die versoekte, die ellendige
slagoffers van gebrek en sonde, vra die Christen nie: Is hulle dit
waardig nie? maar: Hoe kan ek hulle help? In die ellendigste en
mees verdorwene sien hy siele vir wie Christus gesterf het om hulle
te red en vir wie God die bediening van versoening aan Sy kinders
gegee het.
Die barmhartiges is hulle wat medelye met die arme, die lydende
en die verdrukte het.
Vir baie is die lewe ’n pynlike stryd; hulle is bewus van hul te-
kortkominge en voel ellendig en ongelowig; hulle dink hulle het niks
om voor dankbaar te wees nie. Vriendelike woorde, ’n simpatieke [30]
blik, woorde van waardering sal vir baie eensames en sukkelende
soos ’n beker koue water vir ’n dorstige siel wees. ’n Simpatieke
woord, ’n liefdesdaad, sal laste wat swaar op moeë skouers druk,
24 Die Meester se Onsterflike Rede

ligter maak. En elke onselfsugtige, vriendelike woord of daad is ’n


uitdrukking van die liefde van Christus vir die verlore mensdom.
Aan die barmhartiges “sal barmhartigheid bewys word.” “Die
siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.”
Spreuke 11:25. Daar is soete vrede vir die medelydende gees, en
’n salige genoeglikheid in ’n lewe van selfopofferende diens vir
die welsyn van andere. Die Heilige Gees wat in die siel woon en
in die lewe geopenbaar word, sal harte week maak en meegevoel
en tederheid opwek. Jy sal maai wat jy saai. “Welgeluksalig is hy
wat ag gee op die arme;... Die Here sal hom bewaar en hom in die
lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom
nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie. Die Here sal hom
ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank
is.” Psalm 41:2-4.
Hy wat sy lewe aan God oorgegee het om Sy kinders te dien, is
aangeskakel by Hom wat oor al die hulpbronne van die heelal beskik.
Sy lewe is met die lewe van God verbind met die goue ketting van
Sy onfeilbare beloftes. Die Here sal hom nie in die uur van lyding
en nood verlaat nie. “My God sal elke behoefte van julle vervul na
sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” Filippense 4:19. En
in die uur van die laaste nood sal die barmhartiges skuiling vind in
die genade van die medelydende Verlosser en sal hulle in die ewige
woninge ontvang word.

“Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.”
Mattheüs 5:8.
Die Jode was so nougeset oor seremoniële reinheid, dat hulle
[31] reëls ’n las geword het. Hulle was so besig om reëls en beperkinge
uit te dink, en so bang vir uiterlike verontreiniging, dat hulle nie
besef het watter vlek die selfsug en kwaadwilligheid op die siel laat
nie.
Jesus noem hierdie seremoniële reinheid nie as een van die voor-
waardes vir toegang tot Sy koninkryk nie, maar Hy vestig die aandag
op die noodsaaklikheid van ’n rein hart. “Die wysheid van bo is ten
eerste rein.” Jakobus 3:17. Niks wat verontreinig sal in die Godstad
toegelaat word nie. Almal wat daar saf woon, sal hier rein van hart
geword het. Die mens wat van Jesus leer, sal ’n toenemende afkeer
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 25

hê van onverskillige gedrag, onwelvoeglike taal en onbehoorlike


gedagtes. As Christus in die hart woon, sal die gedagtes en gedrag
rein en verfynd word.
Maar die woorde van Jesus: “Salig is die wat rein van hart is,”
het ’n dieper betekenis - nie net vry van sinlike begeertes en wellus
nie, maar opreg in die innerlike begeertes en motiewe van die siel,
vry van hoogmoed en selfverheerliking; nederig, onselfsugtig en
kinderlik. ’n Mens kan net jou eie soort waardeer. Tensy jy die
beginsel van selfopofferende liefde, wat die beginsel van Sy karakter
is, deel van jou eie lewe maak, kan jy God nie ken nie. Die hart wat
deur die Satan mislei word, sien God as ’n tirannieke, meedoënlose
wese; die selfsugtige karaktertrekke van die mens, selfs dié van die
Satan self, word aan die liefdevolle Skepper toegedig. “Jy dink Ek
is net soos jy,” sê Hy (Psalm 50:21). Sy voorsienigheid word gesien [32]
as die uitdrukking van ’n eiemagtige, wraaksugtige natuur. So ook
met die Bybel, die skathuis van die rykdom van Sy genade. Die
heerlikheid van sy waarhede, wat so hoog soos die hemele is en
die ewigheid omvat, bly onopgemerk. Vir die groot mensemassa is
Christus self “soos ’n wortel uit droë grond,” en hulle sien in Hom
“geen voorkoms,” dat hulle “Hom sou begeer nie” (Jesaja 53:2). Toe
Jesus onder die mense gewandel het as die openbaring van God in
die mens, het die skrifgeleerdes en Fariseërs van Hom gesê: “U [is]
’n Samaritaan... en [is] van die duiwel besete” (Johannes 8:48). Selfs
die dissipels is so verblind deur hul selfsug dat hulle traag was om
Hom te verstaan wat gekom het om die liefde van die Vader aan
hulle te openbaar. Dit is daarom dat Jesus as ’n eensame onder die
mense beweeg het. Net in die hemel is Hy werklik verstaan.
Wanneer Christus in Sy heerlikheid kom, kan die goddeloses
dit nie verduur om na Hom te kyk nie. Die lig van Sy teenwoor-
digheid wat lewe is vir dié wat Hom liefhet, is die dood vir die
goddeloses. Die verwagting van Sy koms is vir hulle “’n verskrik-
like verwagting van oordeel en ’n vuurgloed wat die teenstanders
sal verteer” (Hebreërs 10:27). Wanneer Hy verskyn, sal hulle bid om
verberg te Word vir Hom wat gesterf het om hulle te verlos.
Maar alles is anders vir die harte wat gereinig is deur die in-
woning van die Heilige Gees. Hulle kan God ken. Moses is in die
skeur van die rots verberg toe die heerlikheid van die Here aan hom
26 Die Meester se Onsterflike Rede

geopenbaar is; en dit is wanneer ons lewe saam met Christus in God
verborge is dat ons die liefde van God aanskou.
“Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is
-die koning is sy vriend.” Spreuke 22:11. Nou sien ons Hom deur
die geloof. In ons daaglikse lewe sien ons Sy goedheid en medelye
in Sy voorsienigheid. Ons sien Hom in die karakter van Sy Seun.
[33] Die Heilige Gees openbaar aan die hart die waarheid oor God en
Hom wat Hy gestuur het. Dié wat rein van hart is, sien God in ’n
nuwe, innige verhouding as hul Verlosser, en as hulle die reinheid
en lieflikheid van Sy karakter sien, verlang hulle om Sy beeld te
weerspieël. Hulle sien in Hom ’n vader wat verlang om sy berouvolle
seun te omhels; en hul harte word met ’n onuitspreeklike, heerlike
vreugde vervul.
Dié wat rein van hart is, sien God in die werke van Sy almagtige
hand, in die skoonheid van die heelal. In die geskrewe Woord sien
hulle ’n duideliker openbaring van Sy genade, Sy goedheid en Sy
[34] guns. Die waarheid wat vir die wyses verberg is, word aan kindertjies
geopenbaar. Die skoonheid en kosbaarheid van die waarheid, wat die
wêreld-wyse nie kan sien nie, word gedurig geopenbaar aan diegene
wat ’n vertrouende, kinderlike begeerte het om die wil van God te
ken en te doen. Deur self die Goddelike natuur deelagtig te word,
kan ons die waarheid onderskei.
Dié wat rein van hart is, leef in die tydjie wat hulle op aarde
gegun word asof hulle in die sigbare teenwoordigheid van God is.
En in die toekomstige, onsterflike lewe sal hulle Hom van aangesig
[35] tot aangesig sien. “Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel,
maar eendag van aangesig tot aangesig.” 1 Korinthiërs 13:12.

“Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God


genoem word.”Mattheüs 5:9.
Christus is die “Vredevors” (Jesaja 9:6), en Sy sending is om
die vrede wat deur die sonde geskend is, in die hemel en op aarde te
herstel. “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede
by God deur onse Here Jesus Christus.” Romeine 5:1. Elkeen wat
bereid is om die sonde te versaak en wat sy hart oopmaak vir die
liefde van Christus, word ’n deelgenoot van hierdie hemelse vrede.
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 27

Daar is geen ander grondslag vir vrede nie. As die genade van
Christus die hart vul, verdryf dit vyandskap; dit beëindig onenigheid
en vul die siel met liefde. Dié wat vrede met God en met hulle
medemense het, kan nie ongelukkig wees nie. Jaloesie sal in daardie
hart nie gevind word nie; bose vermoedens sal daar geen plek vind
nie, en haat kan daar nie bestaan nie. Die hart wat in voeling met God
verkeer, het die hemelse vrede, en die geseënde invloed daarvan sal
uit hom straal. Die vrede sal soos dou wees op harte wat vermoeid [36]
en belas is met wêreldse twis.
Christus se volgelinge word met ’n vredesboodskap na die wê-
reld gestuur. Elkeen wat die liefde van Christus onwetend deur die
stille invloed van ’n heilige lewe openbaar; elkeen wat ’n ander deur
woord en daad daartoe beweeg om die sonde te versaak en sy hart
aan God te gee, is ’n vredemaker.
En “salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God
genoem word.” Die vreedsame gees bewys hul verbinding met die
hemel. Die soete teenwoordigheid van Christus omring hulle. Hul
verkwiklike lewe en skoonheid van karakter toon aan die wêreld dat
hulle kinders van God is. Mense is bewus daarvan dat hulle by Jesus
was. “Elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.” “As iemand
die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie,”
maar “almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders
van God.” 1 Johannes 4:7; Romeine 8:9, 14. [37]
[38]
“Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”
Mattheüs 5:10.
Jesus beloof Sy volgelinge nie aardse heerlikheid of rykdom of
’n sorgelose lewe nie, maar Hy bied hulle die voorreg om saam met
hulle Meester in die weë van selfverloëning en verwyt te wandel
omdat die wêreld hulle nie ken nie.
Hy wat gekom het om die wêreld te verlos, moes die verset van
die verenigde magte van die teenstanders van God en mens verduur.
Meedoënloos het bose mense en bose engele hulle teen die Vrede-
vors geskaar. Hoewel elke woord en daad van Hom van Goddelike
barmhartigheid getuig het, is Hy gehaat omdat Hy so anders as die
wêreld was. Omdat Hy die botviering van die bose hartstogte van
28 Die Meester se Onsterflike Rede

ons natuur nie wou goedpraat nie, het Hy verwoede vyandskap en


teenstand uitgelok. So gaan dit met almal wat godvrugtig in Christus
wil leef. Tussen geregtigheid en sonde, liefde en haat, waarheid en
[39] valsheid is daar ’n onversoenbare botsing. As iemand die liefde van
Christus en ’n mooi heilige lewe aan die dag lê, trek hy die onder-
dane van die koninkryk van die Satan weg, en dit maak die vors
van die duisternis opstandig. Vervolging en verwyt wag vir almal
wat met die gees van Christus besiel is. Die aard van die vervolging
verander met die tyd, maar die beginsel - die onderliggende gees - is
nog dieselfde as die wat sedert die dae van Abel tot die dood van die
Here se uitverkorenes gelei het.
Die mens wat strewe na eenheid met God, sal ontdek dat die
kruis steeds aanstoot gee. Owerhede en magte en bose geeste in
die lug verset hulle teen almal wat gehoorsaam aan die wet van die
hemel wil wees. Daarom moet die dissipels van Christus hulle nie
ontstel oor vervolging nie; hulle moet liewer bly wees, want dit is ’n
bewys dat hulle in die voetstappe van hul Meester volg.
Hoewel die Here nie beloof het om Sy volk teen beproewinge te
vrywaar nie, het Hy hulle iets beters belowe. Hy het gesê: “Mag...
jou sterkte soos jou dae” wees. “My genade is vir jou genoeg, want
my krag word in swakheid volbring” (Deuteronomium 33:25; 2
Korinthiërs 12:9). As u geroep word om vir Jesus deur die vuuroond
te gaan, sal Hy aan u sy wees, soos Hy met die drie jong manne
in Babel was. Wie hulle Verlosser liefhet, sal hulle verheug in elke
geleentheid om saam met Hom in Sy vernedering en verwyt te deel.
Hul liefde vir hul Here maak dit heerlik om ter wille van Sy Naam
te ly.
Te midde van beproewinge en verdrukking word die heerlikheid
- karakter - van God in Sy uitverkorenes geopenbaar. Die kerk van
God, wat deur die wêreld gehaat en vervolg word, word in die skool
van Christus opgevoed en getug. Hulle bewandel enge paaie op
aarde; hulle word in die vuur van verdrukking gelouter. Hulle volg
Christus deur bittere beproewinge; hulle verduur selfverloëning en
ondervind bittere teleurstellings; maar hul pynlike ondervinding leer
[40] hulle die skuld en die wee van die sonde ken, en hulle verafsku
dit. Omdat hulle in Christus se lyding deel, is hulle bestem om
in Sy heerlikheid te deel. In ’n heilige visioen het die profeet die
oorwinning van die volk van God gesien. Hy sê: “En ek het gesien
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 29

iets soos ’n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars... het
ek by die see van glas sien staan, met siters van God. En hulle het die
lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die
Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige;
regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges.” “Dit is
hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas
en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle
voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy
wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.” Openbaring 15:2,
3; 7:14, 15.

“Salig is julle wanneer die mense julle beledig.” Mattheüs 5:11.


Sedert hy in sonde geval het, gaan die Satan nog altyd met bedrog
te werk. Net soos hy God verdraaid voorgestel het, gee hy ook
’n skewe beeld van die kinders van God. Die Heiland sê: “Die
smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.” Psalm 69:10. So
het hulle ook op Sy dissipels geval.
Niemand op aarde is ooit wreder belaster as die Seun van die
mens nie. Hy is bespot en uitgelag omdat Hy onwrikbaar aan die
beginsels van die wet van God vasgehou het. Hulle het Hom sonder
oorsaak gehaat. Tog het Hy kalm voor Sy vyande gestaan, en verklaar
dat verwyt deel van die Christen se erfenis is. Hy het Sy volgelinge
geleer hoe om die pyle van haat af te weer en hulle beveel om nie
onder vervolging moedeloos te word nie.
Laster kan wel die naam beswadder, maar dit kan nie die karakter
bevlek nie. Dit word deur die Here in bewaring gehou. Solank ons
nie aan die sonde toegee nie, kan geen menslike of sataniese mag die [41]
siel bevlek nie. Die mens wie se hart op God vertrou, is in die uur van
sy grootste beproewinge en ontmoedigendste omstandighede presies
dieselfde as toe die guns van God hom bestraal het. Sy woorde, sy
motiewe, sy dade, kan wel skeef voorgestel en vervals word, maar
hy gee nie om nie, want vir hom is daar groter belange op die spel.
Soos Moses het hy “volgehou soos een wat die onsienlike sien”
(Hebreërs 11:27) en nie “op die sigbare dinge” gelet nie, “maar op
die onsigbare” (2 Korinthiërs 4:18).
Christus is bekend met alles wat mense misverstaan of verdraaid
voorstel. Sy kinders kan dit bekostig om bedaard en geduldig te wag
30 Die Meester se Onsterflike Rede

en te vertrou, al word hulle ook hoe beswadder en verag; want niks


is geheim wat nie geopenbaar sal word nie, en hulle wat God eer, sal
in die teenwoordigheid van mense en engele deur Hom vereer word.
[42] “Wanneer die mense julle beledig en vervolg,” het Jesus gesê,
“verbly en verheug julle.” En Hy het sy toehoorders verwys na die
profete wat in die Naam van die Here gespreek het, as “voorbeeld
van lyding... en van geduld” (Jakobus 5:10). Abel, die heel eerste
Christen onder Adam se kinders, het as martelaar gesterf. Henog het
met die Here gewandel, en die wêreld het hom nie geken nie. Noag
is bespot as fanatikus en alarmmaker. “Ander weer het die proef van
bespottinge en géselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.”
“Ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ’n beter
opstanding te kan verkry.” Hebreërs 11:36, 35.
In elke eeu is God se uitverkore boodskappers beledig en vervolg,
en tog is die kennis van God deur hul beproewing versprei. Elke
dissipel van Christus moet hom by die geledere voeg en dieselfde
werk voortsit, wetende dat sy vyande die waarheid nie kan benadeel
nie, maar net kan bevorder. Die Here wil hê dat die waarheid op die
voorgrond gebring en as onderwerp ondersoek en bespreek moet
word, selfs al word dit aan smaad onderwerp. Die mense se gedagtes
moet geprikkel word; elke strydpunt, elke verwyt, elke poging om
die vryheid van die gewete aan bande te lê, is die Here se middel om
gedagtes wat andersins sou gesluimer het, wakker te skud.
Groot is die beloning in die hemel vir hulle wat ondanks ver-
volging en verwyte vir Christus getuig. Die mense soek na aardse
gewin, maar Jesus wys hulle op die hemelse beloning. Hy gee dit
egter nie alles in die toekomstige lewe nie; Hy begin hier. Die Here
het van ouds aan Abraham verskyn en gesê: “Ek is vir jou ’n skild en
jou loon is baie groot” (Genesis 15:1). Dit is die loon van almal wat
Christus volg. Jehova Emmanuel - Hy “in wie al die skatte van wys-
heid en kennis verborge is” in wie “al die volheid van die Godheid
liggaamlik” woon (Kolossense 2:3, 9) - om met Hom in voeling te
wees, om Hom te ken, om Hom te besit, namate die hart al hoe meer
[43] oopgaan om Hom en Sy karaktertrekke te ontvang; om Sy liefde en
krag te ken, om die ondeurgrondelike rykdom van Christus te besit,
om al hoe meer te begryp “wat die breedte en lengte en diepte en
hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref,
sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God” (Efesiërs
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 31

3:18, 19), “dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle
geregtigheid wat uit My is, spreek die Here” (Jesaja 54:17).
Dit was die vreugde wat in Paulus en Silas se harte was toe
hulle in die gevangenis in Filippi lofliedere tot God gesing het.
Christus was daar by hulle, en die lig van Sy teenwoordigheid het
die duisternis van die kerker met die heerlikheid van die hemelse
howe verlig. Uit Rome het Paulus, sonder om aan sy boeie te dink,
geskryf oor die verspreiding van die evangelie: “Hierin verbly ek my
en sal ek my ook verbly” (Filippense 1:18). En die einste woorde
van Christus op die berg vind weerklank in Paulus se boodskap aan
die gemeente te Filippi, te midde van hul vervolginge: “Verbly julle
altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle” (Filippense 4:4).

“Julle is die sout van die aarde.” Mattheüs 5:13.


Sout is waardevol as ’n bederfweermiddel; en wanneer God Sy
kinders die sout van die aarde noem, wil Hy hulle leer dat Hy hulle
die ontvangers van Sy genade gemaak het sodat hulle werktuie kan
word om ander te red. Die rede waarom God ’n volk uitverkies het
om voor die wêreld te staan, was nie net dat Hy hulle as Sy seuns
en dogters kon aanneem nie, maar dat die wêreld deur hulle die
“reddende genade” kon ontvang (Titus 2:11). Toe die Here Abraham
uitverkies het, was dit nie net om die besondere vriend van God te
word nie, maar om die tussenpersoon te wees deur wie Hy besondere
voorregte aan die volke sou kon skenk. Jesus het in Sy laaste gebed
saam met Sy dissipels net voor Sy kruisiging gesê: “Maar Ek heilig
Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.” [44]
Johannes 17:19. Net so sal Christene wat deur die waarheid gehei-
lig word, reddende eienskappe besit wat die wêreld van algehele
sedelike verval sal bewaar.
Sout moet gemeng word met die stof waarby dit gevoeg word;
dit moet binnedring en deurdring om te kan bewaar. So is dit ook
deur persoonlike aanraking en omgang dat mense deur die reddende
krag van die evangelie bereik word. Hulle word nie as massas gered
nie, maar as persone. Persoonlike invloed is kragtig. Ons moet op
intieme voet verkeer met diegene wat ons graag wil help.
Die smaak van sout stel die lewenskrag van die Christen voor [45]
- die liefde van Jesus in sy hart, die geregtigheid van Christus wat die
32 Die Meester se Onsterflike Rede

lewe deurtrek. Die liefde van Christus sprei uit en dring in. As dit in
ons woon, sal dit uitvloei na ander. Ons sal na aan hulle kom, totdat
hul harte aangeraak word deur ons onselfsugtige belangstelling en
liefde. Die ware gelowige straal ’n lewenskrag uit wat die siele van
dié vir wie hy arbei binnedring en nuwe morele krag aan hulle gee.
Dit is nie die krag van die persoon self nie, maar die krag van die
Heilige Gees wat vir die opwekking sorg.
Jesus het hierdie ernstige waarskuwing bygevoeg: “Maar as die
sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens
meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word
nie.”
Terwyl die mense na Jesus se woorde geluister het, kon hulle die
wit sout in die paadjies sien glinster waar dit weggegooi was omdat
dit smaakloos en daarom nutteloos geword het. Dit was ’n goeie
[46] voorstelling van die Fariseërs en die uitwerking wat hul godsdiens op
die samelewing gehad het. Dit is verteenwoordi-gend van die lewe
van elke siel van wie die krag van die genade van God gewyk het en
wat koud en sonder Christus gelaat is. Ondanks sy belydenis word
so ’n mens deur mense en engele as smakeloos en onaangenaam
beskou.
Dit is aan hulle wat Christus sê: “Was jy tog maar koud of warm!
Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit
my mond spuug” (Openbaring 3:15, 16).
Sonder ’n lewende geloof in Christus as ons persoonlike Verlos-
ser is dit onmoontlik om ons invloed op hierdie skeptiese wêreld te
laat geld. Ons kan nie aan ander iets gee wat ons nie self het nie. Die
invloed wat ons tot seën en opheffing van die mensdom kan uitoefen,
staan in verhouding tot ons eie toewy-ding aan Christus. Sonder
ware diens, sonder opregte liefde, sonder werklike ondervinding,
is daar geen krag om te help nie, geen verbinding met die hemel
nie, geen geur van Christus in die lewe nie. As die Heilige Gees
ons nie kan gebruik as werktuie om die waarheid soos dit in Jesus
gevind word aan die wêreld te verkondig nie, is ons soos sout wat
smaakloos en heeltemal nutteloos geword het. Deur die afwesigheid
van die genade van Christus in ons lewens getuig ons teenoor die
wêreld dat die waarheid waarin ons na bewering glo, ons nie kan
heilig nie; en sover dit ons invloed aangaan, maak ons die woord
van God kragteloos.
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 33

As liefde die hart vervul, sal dit uitvloei na ander, nie as gevolg
van gunste wat ons van hulle ontvang nie, maar omdat liefde die
dryfveer is. Liefde verander die karakter, beheers die drange, onder-
druk vyandskap en veredel die emosies. Hierdie liefde is so wyd
soos die heelal, en stem ooreen met dié van die engelewerk-ers. As
dit in die hart gekoester word, veraangenaam dit die hele lewe en is
dit ’n seën vir almal om ons. Dit alleen is wat ons die sout van die
aarde maak. [47]

“Julle is die lig van die wêreld.”Mattheüs 5:14.


Jesus het Sy lesse interessant gemaak toe Hy die volk onderrig
het, en Hy het Sy gehoor se belangstelling gaande gehou deur dik-
wels die natuurtonele rondom hulle as illustrasies te gebruik. Dit
was nog oggend toe die skare bymekaargekom het. Die luisterryke
son het al hoër in die blou hemel geklim en die skaduwees wat in
die valleie en in die nou bergklofies geskuil het, verdryf. Die gloed
van die oosterlig het nog nie verbleek nie. Die hele landskap is in
luisterryke sonlig gebaai; die spieëlgladde oppervlak van die meer
het die goue glans oggendwolke in sy diepte weerkaats.
Elke blom en knoppie en tak het geglinster van die dou. Die
natuur het geglimlag onder die weldadigheid van ’n nuwe dag, en
voëls het vrolik in die bome gekwetter. Die Heiland het na die
groepie voor Hom gekyk, toe na die opkomende son; en toe sê Hy
vir Sy dissipels: “Julle is die lig van die wêreld.” Soos die son uitgaan
op sy boodskap van liefde, die nagskaduwees verdryf en die wêreld
tot lewe opwek, so moet die volgelinge van Christus op hul sending
vertrek en die lig van die hemel laat skyn oor diegene wat in die
duisternis van sonde en dwaling verkeer.
In die helder oggendlig het die dorpe en gehuggies op die om-
liggende heuwels helder afgeteken gestaan en die landskap nog
skilderagtige gemaak. Jesus het na hulle gewys en gesê: “’n Stad
wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie.” Toe voeg Hy by:
“En ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer
nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.”
Die meeste van die mense wat daar geluister het, was plaasarbeiders
en visserslui wat in eenkamerhuisies gewoon het waarin ’n enkele
lamp op ’n staander almal in die huis verlig het. “Laat julle lig so
34 Die Meester se Onsterflike Rede

skyn voor die mense,” het Jesus gesê, “dat hulle julle goeie werke
[48] kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”
Geen ander lig het nog ooit op die gevalle mens geskyn of sal
[49]
ooit op hom skyn nie, behalwe dié wat van Christus af kom. Jesus,
die Verlosser, is al lig wat die duisternis van ’n wêreld in sonde
kan verlig. Van Christus staan geskrywe: “In Hom was lewe, en die
lewe was die lig van die mense.” Johannes 1:4. Net deur Sy lewe te
ontvang kan Sy dissipels ligdraers word. Die lewe van Christus in
die siel, Sy liefde in die karakter geopenbaar, sal hulle die lig van
die wêreld maak.
Die mens het geen lig in homself nie. Sonder Christus is ons
soos ’n lamp wat nie aangesteek is nie, soos die maan wanneer sy
aangesig van die son af afgewend is; ons het nie ’n enkele helder
straal om die duisternis van die wêreld mee te verlig nie. Maar
wend ons ons na die Son van Geregtigheid, kom ons in aanraking
met Christus, word die hele siel verlig met die helderheid van die
Goddelike teenwoordigheid.
Die volgelinge van Christus moet meer as ’n lig tussen die mense
wees. Hulle moet die lig van die wêreld wees. Jesus sê aan almal wat
Sy Naam aanroep: Julle het julself aan My oorgegee, en Ek het julle
aan die wêreld gegee as My verteen-woordigers. Soos die Vader
Hom in die wêreld gestuur het, so, sê Hy, “het Ek ook hulle in die
wêreld gestuur” (Johannes 17:18). Soos Christus die kanaal vir die
openbaring van die Vader is, so moet ons die kanaal wees vir die
openbaring van Christus. Hoewel ons Heiland die groot ligbron is,
vergeet dit nooit, o Christen, dat Hy deur die mens geopenbaar word
nie. Die seëninge van Bo word deur die mens as werktuig gegee.
Christus het self na die wêreld gekom as die Seun van die mens. Die
mens, met die Goddelike natuur verenig, moet die mensheid aanraak.
Die kerk van Christus, elke afsonderlike dissipel van die Meester, is
die hemel se aangewese kanaal vir die openbaring van God aan die
mense. Engele in heerlikheid wag om die hemelse lig en krag deur u
[50] te bring aan siele wat gereed is om te vergaan. Sal die mens versuim
om sy aangewese taak te verrig? O, in daardie mate word die wêreld
beroof van die beloofde invloed van die Heilige Gees!
Maar Jesus het nie vir die dissipels gesê: “Streef om jul lig te laat
skyn nie,” Hy het gesê: “Laat dit skyn.” As Christus in die hart woon,
is dit onmoontlik om die lig van Sy teenwoordigheid te verberg. As
Die Saligsprekingeie Saligsprekinge 35

diegene wat voorgee dat hulle volgelinge van Christus is, nie die lig
van die wêreld is nie, is dit omdat die lewenskrag hulle verlaat het;
as hulle geen lig te gee het nie, is dit omdat hulle geen verbinding
met die Bron van die lig het nie.
Die Heiland se woorde: “Julle is die lig van die wêreld.” dui
op die feit dat Hy aan Sy volgelinge ’n wêreldomvattende sending
opgedra het. In Christus se dae het selfsug en hoogmoed en vooroor-
deel ’n sterk en hoë skeidsmuur tussen die aangestelde voogde van
die heilige Godspraak en elke ander volk op die aarde gevorm. Maar
die Heiland het gekom om dit te verander. Die woorde wat die volk
uit Sy mond gehoor het, was anders as enigiets wat hulle nog ooit
van priester of rabbi verneem het. Christus breek die skeidsmuur af,
die selfsug, die vooroordeel wat nasies verdeel, en leer ons om die
hele mensdom lief te hê. Hy verhef die mens uit die enge kring van
sy selfsug; Hy skaf alle landsgrense en kunsmatige maatskaplike
afskortings af. Hy maak geen verskil tussen naaste en vreemdeling,
vriend en vyand nie. Hy leer ons om elke behoeftige siel as ’n naaste
te beskou, en die wêreld as ons akker.
Soos die strale van die son tot die verste uithoeke van die aardbol
deurdring, so wil die Here hê dat die lig van die evangelie tot by
elke siel op aarde moet strek. As die kerk van Christus die doel van
onse Here sou uitvoer, sou almal verlig word wat in duisternis en in
die gebied van die doodskaduwee sit. Pleks van in groepies saam te
trek en die verantwoordelikheid van die dra van die kruis te ontduik,
moet die lede van die kerk hulle na alle lande versprei en die lig van [51]
Christus laat uitstraal, en arbei soos Hy gearbei het vir die redding
van siele, en die “evangelie van die koninkryk” sal snel oor die hele
wêreld verkondig word.
Ons moet nie net die heerlikheid van Christus oorpeins nie;
ons moet ook vertel van Sy uitnemendheid. Jesaja het nie net die
heerlikheid van Christus aanskou nie; hy het ook van Hom gepraat.
Terwyl Dawid gepeins het, het die vuur gebrand; toe het hy sy mond
oopgemaak en getuig. Terwyl hy nagedink het oor die wonderbare
liefde van God, kon hy nie anders as om te vertel van wat hy gesien
en gevoel het nie. Wie kan die wonderbare verlossingsplan, die
heerlikheid van die eniggebore Seun van God in die geloof aanskou
en nie daarvan praat nie? Wie kan aan die onpeilbare liefde dink
wat die dood van Christus aan die kruis van Golgota toegelaat het
36 Die Meester se Onsterflike Rede

sodat ons nie verlore hoef te gaan nie maar die ewige lewe kan hê
- wie kan dit aanskou en geen woorde hê om die heerlikheid van die
Heiland te loof nie?
“In sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!” Psalm 29:9. Die sanger
van Israel het Hom op die harp geloof en gesê: “Ek wil spreek van
die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade. En
[52] hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid
wil ek vertel” (Psalm 145:5, 6).
Die kruis van Golgota moet hoog bo die volk verhef word, hulle
aandag trek en hul gedagtes in beslag neem. Dan sal al die geeste-
like vermoëns met Goddelike krag gelaai word. Dan sal die kragte
saamgespan word in eerlike arbeid vir die Meester. Die arbeiders sal
lig na die wêreld laat uitstraal en sal lewende werktuie wees om die
aarde te verlig.
Christus is so gretig om elke menslike werktuig wat aan Hom
oorgelewer word, aan te neem. Hy verenig die menslike met die
Goddelike, sodat Hy die verborgenhede van die vleesgeworde liefde
aan die wêreld bekend kan maak. Praat daaroor, bid daarvoor, sing
daarvan; verkondig die boodskap van Sy heerlikheid wyd en syd, en
dring steeds verder deur tot in die verste streke.
Beproewinge wat geduldig verduur word, seëninge wat dank-
baar ontvang word, versoek-ings wat manmoedig weerstaan word,
sagmoedigheid, vriendelikheid, barmhartigheid en liefde wat as ge-
woonte geopenbaar word, is die ligte wat uit die karakter straal, in
teenstelling met die duisternis van die selfsugtige hart waarin die lig
[53] van die lewe nog nooit geskyn het nie.
3 Die Geestelike Aard van die Wet

“Ek het nie gekom om te ontbindnie, maar om te vervul.”


Mattheüs 5:17.
Dit was Christus wat, te midde van vuur en donder, die wet op
die berg Sinai afgekondig het. Die heerlikheid van God het soos
’n verterende vuur op sy kruin gerus, en die berg het gesidder by
die teenwoordigheid van die Here. Israel het op die aarde neergeval
en vreesbevange geluister na die heilige voorskrifte van die wet.
Watter teenstelling met die toneel op die berg van Saligsprekinge!
Onder die somerhemel, met geen ander geluid as die gesang van die
voëls om die stilte te verbreek nie, het Jesus die beginsels van Sy
koninkryk uiteengesit. Tog was Hy wat die volk daardie dag in tone
van liefde toegespreek het, besig om die beginsels van die wet wat
op Sinai afgekondig is, aan hulle te verduidelik.
Die wet wat op Sinai afgekondig is, was ’n weergawe van die
beginsel van die liefde, ’n openbaring aan die aarde van die hemelse
wet. Dit is georden in die hand van ’n Middelaar -gespreek deur Hom
deur wie se krag die harte van die mens in harmonie met sy beginsels [54]
gebring kon word. God het die doel van die wet geopenbaar toe Hy
aan Israel gesê het: “Julle moet vir My heilige mense wees” (Exodus
22:31).
Maar Israel het die geestelike aard van die wet nie ingesien nie,
en al te dikwels was hulle sogenaamde gehoorsaamheid maar net
die nakoming van vorms en seremonies, pleks daarvan dat hulle
hul harte oorgegee het aan die heerskappy van die liefde. Omdat
Jesus in Sy karakter en werk die heilige, weldadige en vaderlike
hoedanighede van God aan die mens voorgestel het in teenstelling
met die nutteloosheid van blote seremoniële gehoorsaamheid, het
die Joodse leiers Sy woorde nie ontvang of verstaan nie. Hulle het
gedink Hy heg te min waarde aan die vereistes van die wet; en toe
Hy juis die dinge aan hulle verduide-lik wat die siel is van die diens

37
38 Die Meester se Onsterflike Rede

wat die Here aan hulle opgelê het, het hulle, wat net die uiterlike kon
sien, Hom daarvan beskuldig dat Hy die wet omver probeer werp.
[55] Die woorde van Christus is, hoewel hulle bedaard gespreek is,
met ’n erns en krag gelewer wat die harte van die volk aange-gryp
het. Tevergeefs het hulle gewag op ’n herhaling van die lewelose
oorlewerings en voorskrifte van die rabbi’s. Hulle was “verslae oor
sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos
die skrifgeleerdes nie” (Mattheüs 7:28, 29). Die Fariseërs het kennis
geneem van die hemelsbreë verskil tussen hulle manier van leer en
dié van Christus. Hulle het gesien hoe die majesteit en reinheid en
skoonheid van die waarheid, met sy diepe en sagte invloed, baie
siele vasgryp. Die Heiland se Godde-like liefde en tederheid het die
hart van die mens na Hom getrek. Die rabbi’s het besef dat die hele
strekking van die onderrig wat hulle aan die volk gegee het, deur
Sy leer ter syde gestel word. Hy was besig om die skeidsmuur af
te breek wat so vleiend vir hulle hoogmoed en afsondering was; en
hulle het gevrees dat Hy die volk geheel en al van hulle af sou weglok
as hulle dit sou toelaat. Daarom het hulle Hom met ’n vasberade
vyandigheid agtervolg en gehoop om rede te vind om Hom by die
menigtes in onguns te bring, sodat die Joodse Raad Hom tot die
dood veroordeel kon kry.
Op die berg het spioene Jesus noukeurig dopgehou; en waar Hy
die beginsels van geregtigheid uiteengesit het, het die Fariseërs ’n
fluisterveldtog op tou gesit dat Sy leer strydig is met die gebooie
wat God op Sinai afgekondig het. Die Heiland het niks gesê wat
hul geloof in die godsdiens en instellinge wat deur Moses aan hulle
gegee is, kon ondermyn nie; want elke Godde-like ligstraal wat Israel
se groot leier aan sy volk gegee het, het hy van Christus ontvang.
Hoewel baie in hul harte gesê het dat Hy gekom het om die wet
af te skaf, het Jesus in onmiskenbare taal Sy houding teenoor die
Goddelike insettinge bekend gemaak. “Moenie dink,” het Hy gesê,
“dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie.”
[56] Dit is die Skepper van die mens, die Gewer van die wet, wat
verklaar dat dit nie Sy doel is om Sy insettinge ter syde te stel
nie. Alles in die natuur, vanaf die stofdeeltjie in die sonstraal tot
die wêrelde daarbo, is aan wette onderhewig. En die orde en har-
monie van die natuurwêreld is van gehoorsaamheid aan hierdie
wette afhanklik. So is daar verhewe beginsels van geregtigheid wat
Die Geestelike Aard van die Wet 39

die lewe van alle intelligente wesens beheer, en aan die nakoming
van hierdie beginsels hang die welsyn van die heelal af. Voordat
hierdie aarde tot stand gekom het, het die wet van God bestaan.
Engele is aan sy beginsels onderhewig, en ook die mens moet die
Goddelike insettinge gehoorsaam. Aan die mens in Eden het Christus
die beginsels van die wet bekend gemaak, “toe die móresterre saam
gejubel en al die seuns van God gejuig het” (Job 38; 7). Christus se
sending op aarde was nie om die wet te ontbind nie, maar om die
mens deur Sy genade te help om weer aan sy voorskrifte gehoorsaam
te word.
Die geliefde dissipel, wat na die woorde van Jesus op die berg
geluister het, het lank daarna onder die ingewing van die Heilige
Gees geskryf dat die wet ’n ewige verpligting is. Hy sê dat “die
sonde is wetteloosheid,” en dat “elkeen wat die sonde doen,... ook
die wetteloosheid” doen (1 Johannes 3:4). Hy stel dit duide-lik dat
die wet waarna hy verwys “’n ou gebod [is] wat julle van die begin
af gehad het” (1 Johannes 2:7). Hy verwys na die wet wat met die
skepping al bestaan het en wat weer op die berg Sinai afgekondig is.
Aangaande die wet sê Jesus: “Ek het nie gekom om te ontbind
nie, maar om te vervul.” Die woord “vervul” hier het dieselfde be-
tekenis as toe Hy teenoor Johannes die Doper gesê het dat dit Sy
doel is “om alle geregtigheid te vervul” (Mattheüs 3:15); met ander
woorde, om die maat van die wet se vereistes vol te maak, om ’n
voorbeeld te gee van volkome nakoming van die wil van God.
Sy sending was “om die onderwysing groot en heerlik te maak” [57]
(Jesaja 42:21). Hy sou die geestelike aard van die wet demonstreer,
sy verreikende beginsels verduidelik en sy ewige verpligtinge beves-
tig.
Die Goddelike skoonheid van die karakter van Christus, van
wie die edelste en sagmoedigste mense op aarde maar ’n floue
weerkaatsing is; van wie Salomo deur die Gees van ingewing geskryf
het: Hy is “uitnemender as tienduisend... ja, hy is geheel en al die
lieflikheid self” (Hooglied 5: 10-16); van wie Dawid in ’n profetiese
visioen gesê het: “U is veel skoner as die mensekinders” (Psalm
45:3); Jesus, die afdruksel van die Vader se wese, die afskynsel van
Sy heerlikheid; die selfverloënende Verlosser, was dwarsdeur Sy
pelgrimstog van liefde op aarde ’n lewende voorstelling van die
aard van die wet van God. In Sy lewe is geopenbaar dat hemelse
40 Die Meester se Onsterflike Rede

liefde, Christelike beginsels, die grondslag is van die wette van ewige
regskapenheid.
“Voordat die hemel en die aarde verbygaan,” het Jesus gesê, “sal
nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles
gebeur het nie.” Met Sy eie gehoorsaamheid aan die wet het Christus
getoon hoe onskendbaar dit is en het Hy bewys dat elke seun en
dogter van Adam dit deur Sy genade volkome kan gehoorsaam. Op
die berg het Hy verklaar dat die geringste jotatjie van die wet nie
sal verbygaan voordat alles vervul is nie - alles wat met die mens te
doen het, alles wat betrekking het op die verlossingsplan. Hy leer
nie dat die wet ooit afgeskaf sal word nie, maar Hy vestig die oog
op die mens se verste gesigseinder en verseker ons dat die wet sy
gesag sal behou totdat hierdie punt bereik word, sodat niemand kan
dink dat Hy gestuur is om die voorskrifte van die wet af te skaf nie.
So lank as wat die hemel en aarde staan, sal die heilige beginsels
van die wet van God geldig bly. Sy geregtigheid, “soos die berge
van God,” (Psalm 36:7), sal ewig duur, ’n bron van seëninge wie se
[58] strome uitvloei om die aarde te verkwik.
Omdat die wet van die Here volmaak is, en daarom onverander-
[59]
lik, is dit vir die sondige mens self onmoontlik om aan sy vereistes
te voldoen. Daarom het Jesus as ons Verlosser gekom. Dit was Sy
sending om die mens by die wet van die hemel in te skakel deur hom
’n deelgenoot van die God-delike natuur te maak. As ons ons sondes
aflê en Christus as ons Verlosser aanneem, word die wet verhoog.
Die apostel Paulus vra: “Maak ons dan die wet tot niet deur die
geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet” (Romeine
3:31).
Die belofte van die nuwe verbond is: “Ek sal my wette gee in
hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe” (Hebreërs 10:16).
Hoewel die stelsel van simbole wat vooruit-gewys het na Christus
[60] as die Lam van God wat die sonde van die wêreld sou wegneem,
met Sy dood sou verby-gaan, is die beginsels van geregtigheid wat
in die tien gebooie beliggaam word, net so onskendbaar soos die
ewige troon. Nie ’n enkele gebod is afgeskaf nie, nie ’n jota of
titteltjie is verander nie. Die beginsels wat in die Paradys aan die
mens bekend gemaak is as die groot lewenswet, sal in die herstelde
Paradys onveranderd voortbestaan. As Eden weer ’n lushof op aarde
is, sal God se liefdeswet deur almal onder die son gehoorsaam word.
Die Geestelike Aard van die Wet 41

“Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek
en die mense so leer, sal die minste genoem word in die
koninkryk van die hemele.” Mattheüs 5:19.
Met ander woorde, hy sal geen plek daarin hê nie. Want hy
wat opsetlik een gebod verbreek, hou geeneen van hulle in gees
en waarheid nie. “Wie die hele wet onderhou, maar in een opsig
struikel, het aan almal skuldig geword.” Jakobus 2:10.
Dit is nie die grootheid van die ongehoorsame daad wat dit
sonde maak nie, maar die afwyking van God se uitdruklike wil in
die geringste besonderheid; want dit toon dat daar nog gemeenskap
tussen die siel en die sonde is. Die hart is verdeel in sy diens. Dit
kom neer op ’n verloëning van God, ’n verset teen die wette van Sy
heerskappy.
As dit die mens vrygestaan het om af te wyk van die Here se
vereistes en om hul eie standaard van pligte op te rig, sou daar ’n
verskeidenheid van standaarde wees om aan die smaak van verskil-
lende mense te voldoen, en die heerskappy sou uit die Here se hande
geneem word. Die wil van die mens sou dan oppermagtig wees en
die hoë en heilige wil van God - die liefde wat Hy vir al Sy skepsele
beoog - sou verag en in diskrediet gebring word.
Telkens as die mens sy eie weg volg, kom hy in opstand teen die
Here. Sulke mense sal geen plek in die koninkryk van die hemele hê [61]
nie, want hulle verkeer in stryd met die beginsels van die hemel self.
Deur die wil van God te veronagsaam, skaar hulle hul aan die kant
van die Satan, die vyand van God en mens. Nie deur een woord, nie
deur baie woorde nie, maar elke woord wat God gespreek het, sal
die mens lewe. Ons kan geen enkele woord, hoe gering dit ook al vir
ons mag voorkom, met veiligheid veronagsaam nie. Daar is nie ’n
enkele gebod in die wet wat nie vir die mens se beswil en geluk is
nie, sowel in hierdie lewe as in die komende. Deur die wet van God
te eerbiedig, word die mens soos deur ’n muur omring en veilig teen
die Bose bewaar. Hy wat hierdie Goddelike skermmuur op een plek
afbreek, het sy vermoë om hom te beskerm, vernietig; want hy het ’n
opening gemaak waardeur die vyand kan binnekom en verwoesting
kan saai.
Deur dit te waag om die wil van God in een opsig te veron-
agsaam, het ons aartsouers die sluise van ellende oor die wêreld
42 Die Meester se Onsterflike Rede

oopgetrek. En elke mens wat hulle voorbeeld volg, sal ’n soortge-


lyke gevolg maai. Die liefde van God spreek uit elke beginsel van
Sy wet, en hy wat afwyk van die gebod, bewerk sy eie ongeluk en
ondergang.

“As julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die


skrifgeleerdes en Fariseërs nie, [sal] julle nooit in die
koninkryk van die hemele... ingaan nie.” Mattheüs 5:20.
Die skrifgeleerdes en Fariseërs het nie net Christus nie, maar
ook Sy dissipels as sondaars bestempel omdat hulle die rites en sere-
monies van die rabbi’s veronagsaam het. Dikwels is die dissipels
ontstel en in die war gebring deur kritiek en beskuldigings van die
kant van diegene wat hulle as godsdienstige leiers gerespekteer het.
Jesus het die bedrog aan die kaak gestel. Hy het verklaar dat die
geregtigheid waaraan die Fariseërs soveel waarde heg, waardeloos
is.
[62] ’n Wettiese godsdiens kan die siel nie met God versoen nie.
Die harde, strenge ortodoksheid van die Fariseërs, wat geen berou,
deernis of liefde geken het nie, was net ’n struikelblok vir sondaars.
Hulle was soos die sout wat smaakloos geword het; want hul invloed
het geen krag gehad om die wêreld van verderf te bewaar nie. Die
enigste ware geloof is dié “wat deur die liefde werk” (Galasiërs 5:6)
om die siel te louter. Dit is soos suurdeeg wat die karakter deurtrek.
Die wet van God is net so heilig as wat Hy heilig is, so volmaak as
wat Hy volmaak is. Dit toon aan die mens die geregtigheid van God.
Dit is vir die mens self onmoontlik om hierdie wet te onderhou; want
die geaardheid van die mens is verdorwe en gebrekkig en heeltemal
strydig met die karakter van God. Die werke van die selfsugtige
hart is “soos ’n onreine, en al ons geregtighede soos ’n besoedelde
kleed.” Jesaja 64:6.
Die dissipels van Christus moet ’n ander soort geregtigheid as
dié van die Fariseërs verkry as hulle die koninkryk van die hemele
wil binnegaan. God het hulle in Sy Seun die volkome geregtigheid
van die wet aangebied. As hulle hul harte heeltemal wil oopmaak
om Christus te ontvang, sal die lewe van God self, Sy liefde, in hulle
woon en hulle na Sy eie beeld verander; en so, deur die vrye gawe
van God, sal hulle die geregtigheid besit wat die wet vereis.
Die Geestelike Aard van die Wet 43

Jesus het voorts aan Sy gehoor verduidelik wat dit beteken om


die gebooie van God te onderhou - dat dit ’n weergawe van die
karakter van Christus in hulself is. Want in Hom is God daagliks
voor hulle geopenbaar.

“Elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, [moet]


verantwoording... doen voor die gereg.”Mattheüs 5:22.
Deur Moses het die Here gesê: “Jy mag jou broer nie haat nie....
Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou
volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Le-
vitikus19:17, 18. Die waarhede wat Christus verkondig het, was [63]
dieselfde as dié wat die profete verkondig het, maar deur die hard-
[64]
heid van die hart en die liefde vir die sonde het hulle verduister
geraak.
Die Heiland het aan Sy toehoorders getoon dal hulle, terwyl
hulle ander as oortreders veroordeel, self net so skuldig was; want
hulle het kwaadwilligheid en haat gekoester.
Aan die oorkantste meeroewer het die land Basan gestrek -’n
eensame streek met ruie klowe en bebosde heuwels wat lank reeds
die skuilplek van misdadigers was. Berigte van roof en moorde
wat daar gepleeg is, was nog vars in die geheue van die volk, en
hierdie boosdoeners is deur baie kras veroordeel. Maar hulle was
self hartstogtelik en strydlustig; hulle het die bitterste haat teenoor
hul Romeinse onderdrukkers gekoester en het hulle die reg toegeëien
om alle ander volke te haat en te verag - selfs hul eie volksgenote
wat nie in alle opsigte aan hulle idees voldoen het nie. In hierdie
opsig het hulle die wet oortree wat lui: “Jy mag nie doodslaan nie.”
Die gees van haat en wraaksug het sy oorsprong by die Satan, en
dit het hom daartoe beweeg om die Seun van God dood te maak. Wie
ook al kwaadwilligheid of onvriendelikheid koester, koester dieselfde
gees, en sy vrugte lei na die dood. In die wraakgierige gedagte lê
die bose daad opgesluit, soos die plant in die saad. “Elkeen wat sy
broeder haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar
die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.” 1 Johannes 3:15.
As ons in ’n botsing met die vyande van Christus beland, moet
ons niks in ’n gees van vergelding sê, of wat selfs die skyn van
veroordeling of lastering wek nie. Hy wat as die mondstuk van God
44 Die Meester se Onsterflike Rede

staan, moet geen woorde gebruik wat selfs die Majesteit van die
hemele nie sal gebruik in sy stryd teen die Satan nie. Ons moet dit
[65] aan God oorlaat om te oordeel of te veroordeel.

“Versoen jou eers met jou broeder.” Mattheüs 5:24.


Die liefde van God is meer as net ’n ontkenning; dit is ’n posi-
tiewe en aktiewe beginsel, ’n lewende fontein wat altyd uitvloei om
andere tot seën te wees. As die liefde van Christus in ons woon, sal
ons nie net geen haat teenoor ons medemense koester nie, maar sal
ons in elke opsig liefde teenoor hulle probeer betoon.
Jesus het gesê: “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou
daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor
die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan
en bring jou gawe.” Die offerande het gespreek van geloof dat die
bringer daarvan deur Christus ’n deelgenoot van die genade en liefde
van God geword het. Maar om van geloof in God se vergewende
liefde te spreek terwyl jy self ’n kwaadwillige gees koester, sou ’n
bespotting wees.
As iemand wat voorgee dat hy God dien ’n broeder ’n onreg
aandoen, gee hy ’n wanvoorstelling van die karakter van God aan
daardie broeder, en die wandaad moet bely word, hy moet erken
dat dit sonde is, sodat hy een met God kan word. Ons broeder het
ons moontlik ’n groter kwaad aangedoen as ons vir hom, maar dit
verminder nie ons verantwoordelikheid nie. As ons ons tot God
wend en onthou dat iemand iets teen ons het, moet ons die gawe van
ons gebed, ons danksegging, of vrywillige offer-gawe eers los en na
die broeder gaan met wie ons in onmin ver-keer, en nederig ons eie
sonde bely en vra om vergewe te word.
As ons ons broeder in enige opsig bedrieg of benadeel het, moet
ons vergoed. As ons onwetend valse getuienis gelewer het, as ons sy
woorde verdraai het, as ons sy invloed enigsins benadeel het, moet
ons na diegene met wie ons oor hom gepraat het, gaan en al daardie
skadelike bewerings terugtrek.
As broeders hulle geskille ruiterlik en met Christelike liefde wou
[66] uitpraat liewer as om dit aan andere te loop en uitlap, hoeveel kwaad
sou hulle nie voorkom nie! Hoeveel wortels van bitterheid waardeur
baie besoedel word sal nie vernietig word nie, en hoe nou en teder
Die Geestelike Aard van die Wet 45

kan die volgelinge van Christus nie in Sy liefde saamgebind word


nie!

“... dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer reeds in sy


hart met haar egbreuk gepleeg het.” Mattheüs 5:28.
Die Jode was baie trots op hul kuisheid en het die wellustige
praktyke van die heidene met afsku bejeën. Die teenwoordigheid
van Romeinse amptenare in Palestina was ’n steen des aanstoots vir
die volk, want hierdie uitlanders het allerhande heidense gebruike,
wellus en verdorwenheid met hulle saamgebring. In Kapernaum
het Romeinse amptenare met hul vrolike minnaresse die parke en
promenades opgesoek, en dikwels het brasserye die stilte van die
meer verbreek wanneer hul plesierbote op die stil waters beweeg het.
Die skare het verwag dat Jesus hierdie mense kras moes veroordeel,
maar tot hul verbasing moes hulle woorde aanhoor wat die boosheid
van hul eie harte ontbloot het!
As die bose gedagte innerlik gekoester word, hoe heimlik ook al,
het Jesus gesê, wys dit dat die sonde nog in die hart heers. Die siel
verkeer nog in galbitterheid en in die bande van die on-geregtigheid.
Hy wat genot vind in onreine gedagtes of wat hom skuldig maak
aan ’n wellustige blik, kan in die openlike sonde met sy las van
skande en smart die ware aard van die boosheid sien wat hy in die
binnekamers van die siel verberg. Die versoeking self waaronder ’n
mens moontlik in ernstige sonde kan verval, skep nie die boosheid
wat aan die lig gebring word nie, maar ontwikkel of openbaar slegs
die begeertes wat al die tyd in die hart gesmeul het. Soos ’n mens
“in sy siel bereken, so is hy;” want uit die hart “is die oorspronge
van die lewe” (Spreuke 23:7; 4:23). [67]

“As jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg
van jou af.” Mattheüs 5:30.
Om te voorkom dat ’n siekte na die liggaam versprei en die lewe
vernietig, sal ’n mens toelaat dat selfs jou regterhand afgesit word.
Veel meer behoort ons gewillig te wees om af te sien van wat die
lewe van die siel in gevaar stel.
46 Die Meester se Onsterflike Rede

Deur middel van die evangelie moet siele wat deur die Satan
bederf en verslaaf is, verlos word om deel te kan hê aan die heerlike
vryheid van die seuns van God. God beoog nie net om te verlos van
die lyding wat die onvermydelike gevolg van die sonde is nie, maar
om van die sonde self te verlos. Die verdorwe en gebreklike siel
moet gereinig en verander word, sodat dit in “die lieflikheid van die
Here” geklee kan word, “om gelykvormig te wees aan die beeld van
sy Seun.” Net die ewigheid sal ons leer watter heerlike bestemming
vir die mens wag wat na die beeld van God herstel is.
Om hierdie hoë ideaal te kan bereik, moet enigiets wat die siel
kan laat struikel, opgeoffer word. Dit is deur die wil dat die sonde
steeds ’n houvas oor ons het. Die oorgawe van die wil word vergelyk
met die uitpluk van die oog of die afkap van die hand. Dikwels
kom dit vir ons voor dat die onderwerping van die wil aan God op
dieselfde sal neerkom as om vermink deur die lewe te gaan. Maar
dit is beter, sê Christus, dat die eie-ek vermink of gewond word as
dit nodig is, as dit u in staat stel om in die lewe in te gaan. Wat die
mens vir ’n ramp aansien, is die deur tot die hoogste goed.
God is die fontein van die lewe, en ons kan die lewe alleen
ontvang as ons met Hom gemeenskap het. Sonder God kan ons ’n
kort rukkie voortbestaan, maar ons het nie die lewe nie. “Sy wat
losbandig is, is lewendig dood.” 1 Timotheus 5:6. Net as ons die wil
aan God oorlewer is dit vir Hom moontlik om ons lewe te gee. Net
[68] as ons Sy lewe deur middel van selfoorgawe ontvang, sê Jesus, is dit
moontlik dat hierdie geheime sondes wat Ek aan die kaak gestel het,
oorwin kan word. Julle kan dit maar in jul harte begrawe en hulle vir
die oë van mense verberg, maar hoe sal julle in die teenwoordigheid
van God staan?
As u vaskleef aan die eie-ek en weier om u wil aan God te
onderwerp, kies u die dood. Vir sonde, waar dit ook gevind mag
word, is God ’n verterende vuur. As u die sonde kies en weier om
daarvan geskei te word, moet die teenwoordigheid van God, wat die
sonde verteer, u verteer.
Dit sal opoffering vereis om u aan God te onderwerp; maar dit
is die opoffering van ’n geringer ding vir iets hoërs, van die aardse
vir die geestelike, die verderflike vir die ewige. God ver-wag nie dat
ons wil vernietig moet word nie, want dit is net deur die beoefening
daarvan dat ons kan bereik wat Hy vir ons beoog. Ons wil moet aan
Die Geestelike Aard van die Wet 47

Hom oorgelewer word, sodat ons dit kan terug-ontvang, gelouter en


gereinig, en so eendragtig met die Goddelike verbind, dat Hy deur [69]
ons die getye van Sy liefde en krag kan uitstort. Hoe bitter en pynlik
hierdie oorgawe ook al vir die eiesinnige, afvallige hart skyn te wees,
tog is dit “vir jou beter.”

“Is dit ’n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou


te skei?” Mattheüs 19:3.
Onder die Jode was dit ’n man geoorloof om sy vrou oor die
nietigste oortredinkie te skei, en die vrou het dan die reg gehad om
weer te trou. Hierdie gebruik het tot groot ellende en sonde gelei.
In die Bergpredikasie het Jesus duidelik gesê dat die egbande nie
verbreek kan word behalwe oor ontrouheid aan die huweliksgelofte
nie. “Elkeen,” het Hy gesê, “wat van sy vrou skei, behalwe oor
hoerery, en ’n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie
vrou trou, pleeg egbreek.”
Toe die Fariseërs Hom later uitgevra het oor die wettigheid van
egskeiding, het Jesus Sy toehoorders terugverwys na die huwe- liks- [70]
instelling met die skepping. “Weens die hardheid van julle harte,”
het Hy gesê, het Moses “julle toegelaat om van julle vroue te skei;
maar van die begin af was dit nie so nie” (Mattheüs 19:8). Hy het
hulle verwys na die gelukkige dae in Eden toe God alle dinge “baie
goed” genoem het. Daar het die huwelik en die Sabbat hul oorsprong
gehad - tweelinginstellings ter verheerliking van God in die geluk
van die mens. Daar, toe die Skepper die hande van die heilige paar
in die eg saamgevou het en gesê het: ’n Man sal “sy vader en moeder
verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees” (Genesis
2:24), het Hy die huwelikswet afgekondig vir al die kinders van
Adam af tot aan die einde van dae. Wat die Ewige Vader self goed
genoem het, was die wet wat die hoogste seën ingehou het vir die
ontwikkeling van die mens.
Soos al die ander goeie gawes wat God aan die sorg van die mens
toevertrou het, is die huwelik ook deur die sonde bederf; maar dit
is die doel van die evangelie om dit in sy reinheid en skoonheid te
herstel. In sowel die Ou as die Nuwe Testament word die huweliks-
verhouding as simbool gebruik vir die tedere en heilige eenheid wat
tussen Christus en Sy volk bestaan - die verlostes wat Hy met die
48 Die Meester se Onsterflike Rede

prys van Golgota gekoop het. “Wees nie bevrees nie,” sê Hy, “jou
Maker is jou Man; Here van die leërskare is sy Naam; en die Heilige
van Israel is jou Verlosser.” “Keer terug, o afkerige kinders, spreek
die Here, want Ek is heer oor julle” (Jesaja 54:4, 5; Jeremia 3:14). In
die Hooglied hoor ons die bruid se stem roep: “My beminde is myne,
en ek is syne.” En Hy, wat vir haar “uitnemender as tienduisend” is,
spreek tot Sy uitverkorene: “Alles is mooi aan u, my vriendin, en
daar is geen gebrek aan u nie” (Hooglied 2:16; 5:10; 4:7).
Later verklaar die apostel Paulus in ’n brief aan die Christene
te Efese dat die Here die man die hoof van die vrou gemaak het
om haar beskermer te wees en die lede van die gesin saam te bind,
[71] net soos Christus die hoof van die kerk en die Verlosser van die
mistieke liggaam is. Daarom sê hy: “Soos die gemeente aan Christus
[72]
onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans
wees. Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Chris-tus ook die
gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te
heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek
of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou
wees. So behoort die manne hulle eie vroue lief te hê.” Efesiërs
5:24-28.
Die genade van Christus, en dit alleen, kan van hierdie instelling
maak wat God bedoel het dat dit moet wees - ’n middel tot seën
en verheffing van die mens. En so kan die aardse gesinne, in hul
eenheid en vrede en liefde, die hemelse gesin verteenwoordig.
Nou, soos in die tyd van Christus, is die toestand van die sa-
melewing maar ’n droewige weergawe van die hemelse ideaal vir
hierdie gewyde verhouding. Tog, selfs vir diegene wat bitter-heid en
teleurstelling ondervind het pleks van die kameraadskap en geluk
waarop hulle gehoop het, bied die evangelie van Chris-tus nog troos.
Die geduld en sagmoedigheid wat Sy Gees kan skenk, sal die bittere
lot versoet. Die hart waarin die Here woon, sal so gevul wees, so
bevredig met Sy liefde, dat dit nie verteer sal word deur ’n drang om
simpatie en aandag te soek nie. In die siel wat hom aan God oorgee,
kan Sy wysheid tot stand bring wat die menslike wysheid nie kan
doen nie. Deur die openbaring van Sy genade kan harte wat eens
onverskillig of vervreemd was, verenig word met bande wat sterker
Die Geestelike Aard van die Wet 49

en duursamer is as aardse bande - die goue bande van ’n liefde wat


die toets van beproewing sal deurstaan.

“Sweer hoegenaamd nie.” Mattheüs 5:34.


Die rede vir hierdie opdrag word verstrek: Ons moet nie sweer [73]
“by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; ook nie by die
aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusa-
lem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning; ook by jou hoof
mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak
nie.”
Alle dinge kom van God. Ons het niks wat ons nie ontvang het
nie; en, wat meer is, ons het niks wat nie vir ons gekoop is deur
die bloed van Christus nie. Alles wat ons besit, kom na ons met
die stempel van die kruis daarop, gekoop met die bloed wat on-
berekenbaar duur is, omdat dit die lewe van God is. Daarom het ons
niks wat ons die reg het om as pand te gee, asof dit ons eie is, vir die
vervulling van ons woord nie.
Ons Heiland het egter nie die gebruik van die geregtelike eed
verbied waarin God plegtig geroep word om te getuig dat wat gesê
word die waarheid en niks anders as die waarheid is nie. Jesus het
self, toe Hy voor die Joodse Raad verhoor is, nie geweier om onder
eed te getuig nie. Die hoëpriester het vir Hom gesê: “Ek besweer U
by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van
God is.” Jesus het geantwoord: “U het dit gesê” (Mattheüs 26:63,
64). As Christus die geregtelike eed in Sy Bergpredikasie veroordeel
het, sou Hy die hoëpriester tydens Sy verhoor tereggewys het en
sodoende ter wille van Sy volgelinge uitvoering aan Sy eie leer
gegee het.
Daar is baie wat nie aarsel om hul medemens te bedrieg nie,
maar hulle is geleer, en word deur die Gees van God beïndruk, dat
dit ’n vreeslike ding is om vir hul Maker te lieg. Wanneer hulle onder
eed gestel word, voel hulle dat hulle nie sommer net voor mense
getuig nie, maar voor God; dat as hulle valse getuienis lewer, dit
aan Hom is wat die hart kan lees en die waarheid ken. Die wete van
die verskriklike oordele wat al op hierdie sonde gevolg het, het ’n
beteuelende invloed op hulle.
Maar as daar iemand is wat konsekwent onder eed kan getuig, [74]
50 Die Meester se Onsterflike Rede

is dit die Christen. Hy verkeer voortdurend in die teenwoordigheid


van God, wetende dat elke gedagte oop en bloot is voor die oë van
Hom met wie ons te doen het; en wanneer van hom wettiglik verwag
word om dit te doen, is dit reg dat hy God roep om te getuig dat wat
hy sê die waarheid is en niks anders as die waarheid nie.
Hierna het Jesus ’n beginsel neergelê wat die neem van ede
onnodig maak. Hy leer dat die reine waarheid die beginsel van
spraak moet wees. “Laat julle woorde wees: Ja ja, nee nee. Wat meer
as dit is, is uit die Bose.”
Hierdie woorde veroordeel al die onbeduidende sinne en krag-
terme wat aan vloektaal grens. Hulle veroordeel onbedoelde pluim-
pies, die ontwyking van die waarheid, vleitaal, oordrywings, wan-
voorstellings in die handel wat so alledaags in die samele-wing en
sakewêreld voorkom. Hulle leer dat niemand wat probeer voorgee
om te wees wat hy nie is nie, of wie se woord nie die werklike
bedoeling van sy hart weergee nie, as opreg kan deurgaan nie.
As ag op hierdie woorde van Christus geslaan sou word, sou
hulle as remskoen dien op die uitspreek van bose vermoedens en
onvriendelike kritiek; want wie kan seker wees dat hy die reine
waarheid praat as hy kommentaar lewer op die dade en motiewe
van ander? Hoe dikwels gee hoogmoed, hartstog, persoonlike afkeur
kleur aan die indruk wat geskep word! ’n Sydelingse blik, ’n woord,
selfs ’n stembuiging kan vol valsheid wees. Selfs feite kan so ge-
stel word dat hulle ’n wanindruk skep. En alles “wat meer as” die
waarheid is, “is uit die Bose.”
Alles wat Christene doen, behoort so deursigtig soos die daglig
te wees. Die waarheid is van God; bedrog in al sy tallose vorms is
van die Satan; en wie ook al in enige opsig afwyk van die waarheid
se reguit pad, lewer homself uit aan die mag van die Bose. Maar dit
[75] is nie ’n maklike ding om die reine waarheid te praat nie. Ons kan
die waarheid nie praat tensy ons die waarheid ken nie; en hoe dik-
wels belet vooropgesette menings, vooroor-deel, gebrekkige kennis,
oordeelsfoute, ’n behoorlike begrip van die dinge waarmee ons te
doen het! Ons kan nie die waarheid praat tensy ons gedagtes gedurig
deur Hom gelei word wat die waarheid is nie.
Deur die apostel Paulus sê Christus vir ons: “Laat julle woord
altyd aangenaam wees.” “Laat daar geen vuil woord uit julle mond
uitgaan nie, maar net ’n woord wat goed is vir die nodige stigting,
Die Geestelike Aard van die Wet 51

sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.” Kolossense 4:6; Efesi-
ërs 4:29. In die lig van hierdie Skriftuurplase blyk dit dat Christus se
woorde op die berg ook grappe, ligsin-nigheid en onkuise gesprekke
veroordeel. Hulle vereis dat ons woorde nie net waar moet wees nie,
maar rein.
Wie van Christus geleer het, sal “nie gemeenskap met die on-
vrugbare werke van die duisternis” hou nie (Efesiërs 5:11). In hul
spraak, soos in hul lewe, sal hulle eenvoudig, reguit en opreg wees;
want hulle berei hulle voor vir die geselskap van die heiliges in wie
se monde “geen bedrog gevind is nie” (Openbaring 14; 5).

“... dat julle ’n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as
iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een
na hom toe.” Mattheüs 5:39.
Die Jode se aanraking met die Romeinse soldate het gedurig tot
onaangenaamhede gelei. Afdelings troepe is op verskillende plekke
deur die hele Judea en Galilea gestasioneer, en hul teen-woordigheid
het die volk herinner aan hul eie vernedering. Met bitterheid van
gees het hulle die harde geskal van die trompette gehoor en gesien
hoe die troepe hulle om die Romeinse vlag op-stel en eerbiedig buig
voor die simbool van sy mag. Daar was dikwels insidente tussen die
soldate en die volk, en dit het die volk se haat net meer aangeblaas. [76]
Dikwels het ’n Romeinse beampte met sy wag van die een plek na
’n ander getrek en Joodse plaaswerkers wat êrens in ’n land gewerk
het, gedwing om dragte teen die berg uit te dra of om ander nodige
werk te verrig. Dit was Romeinse wet en gebruik, en verset teen so
’n opdrag het net tot vernedering en wreedheid gelei. Elke dag het
die drang feller in die harte van die volk gebrand om die Romeinse
juk af te skud. Veral die moedige, geharde Galileërs was ryp vir
opstand. Kapernaum, ’n grensdorp, was die setel van ’n Romeinse
garnisoen, en terwyl Jesus nog gepraat het, het die opwagting van ’n
afdeling soldate Sy gehoor herinner aan Israel se bittere vernedering.
Die volk het gretig na Christus opgesien en gehoop dat Hy die Een
sou wees wat die trots van Rome tot in die stof sou verneder.
Jesus aanskou die gesigte voor Hom met droefheid. Hy sien die
gees van wraak wat sy bose stempel op hulle afgedruk het, en Hy
weet hoe bitter die volk verlang na die mag om hul onder-drukkers
52 Die Meester se Onsterflike Rede

[77] te vernietig. Bedroef sê Hy vir hulle: “Maar Ek sê vir julle dat julle
’n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou
regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.”
Om die brood van die lewe vir Sy vyande te bring, het ons
Heiland Sy verblyf in die hemele verlaat. Hoewel Hy van die wieg
tot in die graf belaster en vervolg is, het Hy net met vergewende
liefde gereageer. Deur die profeet Jesaja sê Hy: “Ek het my rug
gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk;
my aangesig het ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.”
“Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond
nie oopgemaak nie; soos ’n lam wat na die slagplek gelei word en
soos ’n skaap wat stom is voor sy skeerders - ja, Hy het sy mond
nie oopgemaak nie.” Jesaja 50:6; 53:7. En deur die eeue, van die
kruis van Golgota af, weerklink Sy gebed vir Sy moordenaars en Sy
boodskap van hoop aan die sterwende misdadiger.
Die Vader se teenwoordigheid het Christus omring, en niks het
Hom oorgekom nie behalwe wat die oneindige liefde toegelaat het
tot seën van die wêreld. Dit was Sy bron van sterkte, en is ook ons
s’n. Hy wat met die Gees van Christus besiel is, bly in Chris-tus.
Die hou wat na hom gemik word, val op die Heiland wat hom met
Sy teenwoordigheid omring. Wat hom ook al oorkom, kom van
Christus af. Hy het nie nodig om hom teen die Bose te ver-weer nie,
want Christus is sy verdediging. Niks kan hom aanraak nie behalwe
met die vergunning van onse Here, wat toelaat dat “alles ten goede
meewerk” “vir hulle vir wie God liefhet” (Romeine 8:28).
“En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil
neem, laat hom ook die bo-kleed kry. En elkeen wat van jou een myl
afdwing, loop met hom twee myl saam.”
Jesus het Sy dissipels aangesê om, pleks van hulle te verset teen
[78] die eise van gesagdraers, selfs meer te doen as wat van hulle verwag
word. En, sover moontlik, moet hulle elke verpligting nakom, selfs
al is dit meer as wat die landswette vereis. Die wet, soos deur Moses
gegee, het ’n baie tedere sorg vir die armes vereis. As ’n arm man sy
kledingstuk as pand gegee het, of as sekuriteit vir skuld, was dit die
skuldeiser nie geoorloof om die huis binne te gaan om dit te gaan
haal nie; hy moes in die straat wag dat dit na hom toe gebring word.
En afgesien van om-standighede, moet die pand in die aand aan die
eienaar terugbe-sorg word (Deuteronomium 24:10-13). In Christus
Die Geestelike Aard van die Wet 53

se tyd het die mense hulle nie veel aan hierdie genadebepaling
gesteur nie; maar Jesus het Sy dissipels geleer om hulle neer te lê by
die beslissinge van die hof, selfs al sou dit meer eis as wat die wet
van Moses gemagtig het. Al sou dit deel van hul kleding eis, moes
hulle dit gee. Meer nog, hulle moes aan die skuldeiser gee wat hom
toekom, indien nodig meer as wat selfs die hof hom die reg gegee
het om beslag op te lê. “Hy wat met jou na die gereg wil gaan en
jou onderkleed wil neem, laat hom die bo-kleed ook kry.” En as die
koeriers wil hê u moet ’n myl met hulle saamgaan, gaan met hulle
twee myl saam.
Jesus het bygevoeg: “Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom
nie af wat van jou wil leen nie.” Dieselfde les is deur Moses gegee:
“Moet... jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm
broer nie. Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet
gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ont-
breek.” Deuteronomium 15:7, 8. Hierdie skrifgedeelte verduidelik
die Heiland se woorde. Christus sê nie ons moet onoordeelkundig
gee vir almal wat om aalmoes vra nie; maar Hy sê: “Jy moet... aan
hom leen, genoegsaam vir sy be-hoefte.” En dit moet eerder ’n ge-
skenk as ’n lening wees, want ons moet “leen sonder om iets terug
te verwag” (Lukas 6:35).

“Wie homself met sy aalmoes gee, voed drie:


homself, sy honger naaste, en vir My.” [79]

“Julle moet julle vyande liefhê.” Mattheüs 5:44.


“Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en
jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande
liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir
julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle
kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is.”
God is begaan oor elke verlore siel. “Soos ’n vader hom ont-
ferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom
vrees.” Psalm 103:13. So ’n begrip van God is nog nooit deur enige
ander geloof as dié van die Bybel aan die wêreld gegee nie. Die [80]
heidense gelowe leer die mense om die Opperwese te beskou as een
wat gevrees moet word eerder as om lief te hê - ’n kwaad-willige
54 Die Meester se Onsterflike Rede

godheid wat met offerandes gepaai moet word, eerder as ’n Vader


wat die gawe van Sy liefde oor Sy kinders uitstort. Selfs die volk van
Israel het so verblind geraak vir die kosbare dinge wat die profete
aangaande God geleer het, dat hierdie openbaring van Sy vaderliefde
na iets oorspronkliks geklink het, ’n nuwe gawe aan die wêreld.
Die Jode het geglo dat die Here dié liefhet wat Hom dien - na hul
mening, diegene wat voldoen het aan die vereistes van die rabbi’s
- en dat die res van die wêreld onder Sy kwaadwil en vloek verkeer
het. Nee, het Jesus gesê, die hele wêreld, goed en kwaad, geniet die
sonskyn van Sy liefde. Hierdie waarheid moes julle uit die natuur
self geleer het; want “Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies,
en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.”
Dit is nie ’n inherente krag wat die aarde jaar vir jaar sy oorvloed
laat gee of hom klokslag om die son laat draai nie. Die hand van God
rig die planete en hou hulle in hul bane in ’n ordelike optog deur
die hemele. Dit is Sy mag wat somer en winter, saaityd en oestyd,
dag en nag mekaar onfeilbaar laat opvolg. Dit is deur Sy woord dat
plante groei, dat die blare uitkom en die blomme oopgaan. Elke
goeie gawe wat ons geniet, elke sonstraal en reënbui, elke brokkie
[81] kos, elke lewensoomblik, is ’n gawe van die liefde.
Terwyl ons nog onminsaam en onbeminlik van aard was “haatlik
[was] en mekaar gehaat het,” het ons hemelse Vader ons genade
betoon. “Toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy
liefde tot die mens verskyn het - nie op grond van die werke van
geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het
Hy ons gered” (Titus 3:3-5). Ontvang ons Sy liefde, maak dit ons
ook vriendelik en teer, nie net teenoor diegene wat ons behaag nie,
maar teenoor die gebrekkigste, mees dwalende en sondigste.
[82] Die kinders van God is hulle wat deelgenote is aan Sy natuur. Dit
is nie aardse rang, geboorte, nasionaliteit of godsdienstige voorreg
wat bewys dat ons lede van die gesin van God is nie; dit is liefde,
’n liefde wat die hele mensdom omhels. Selfs sondaars wie se harte
nog nie heeltemal vir die Gees van God gesluit is nie, sal reageer
op vriendelikheid; hoewel hulle haat met haat sal beantwoord, sal
hulle ook liefde met liefde beantwoord. Maar net die Gees van God
gee liefde vir haat. Om vriendelik teenoor die ondankbare en die
bose te wees, om goed te doen sonder om iets terug te verwag, is die
Die Geestelike Aard van die Wet 55

kenteken van die hemelse vorstehuis, die gewisse teken waardeur


die kinders van die Allerhoogste hul hoë roeping kan openbaar.

“Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele


volmaak is.” Mattheüs 5:48.
Die woord “dan” dui op ’n gevolgtrekking, ’n afleiding van die
voorafgaande. Jesus het die onfeilbare genade en liefde van God aan
Sy gehoor verduidelik, en daarom, sê Hy, moet hulle volmaak wees.
Omdat julle hemelse Vader self “goedertieren oor die ondankbares
en slegtes” is (Lukas 6:35), omdat Hy Hom neergebuig het om jou
op te hef, daarom, sê Jesus, moet jy in karakter soos Hy word en
foutloos in die teenwoordigheid van die mense en engele staan.
Die voorwaardes vir die ewige lewe, onder die genade, is pre-
sies wat hulle in Eden was - volkome geregtigheid, een wees met
God, volkome ooreenstemming met die beginsels van Sy wet. Die
karakterstandaard wat in die Ou Testament aangegee word, is die-
selfde as in die Nuwe Testament. Dit is nie ’n standaard wat ons nie
kan bereik nie. In elke bevel of opdrag wat God ons gee, is daar ’n
belofte, die mees positiewe, om krag aan die bevel te gee. Die Here
het voorsiening daarvoor gemaak dat ons soos Hy kan word, en dit
sal Hy bewerkstellig vir almal wie se wil nie dwars in Sy pad staan
om Sy genade te dwarsboom nie. [83]
God het ons liefgehad met ’n onuitspreeklike liefde, en ons liefde
teenoor Hom ontwaak namate ons iets van die lengte en breedte en
diepte en hoogte van hierdie liefde wat alle kennis te bowe gaan,
begin besef. Deur die openbaring van die boeiende lieflikheid van
Christus, deur die kennis van Sy liefde wat aan ons betoon is ter-
wyl ons nog sondaars was, word die weerbarstige hart versag en
onderwerp, en word die sondaar verander en ’n kind van die hemel
gemaak. Die Here gebruik nie dwang nie; liefde is die middel wat
Hy gebruik om die sonde uit die hart te verdryf. Daardeur verander
hy hoogmoed in ootmoed, en vyandskap en ongeloof in liefde, en
geloof.
Die Jode het hulle vermoei in hul poging om volmaaktheid met
hul eie pogings te bereik, en het misluk. Christus het hulle alreeds
meegedeel dat hul geregtigheid nooit die koninkryk van die hemele
sou sien nie. Nou wys Hy hulle op die aard van die geregtigheid
56 Die Meester se Onsterflike Rede

wat almal sal hê wat die hemel sal binnegaan. Deur die hele Berg-
[84] predikasie beskryf Hy die vrugte daarvan, en nou, in een sin, dui Hy
sy bron en sy aard aan: Wees volmaak soos God volmaak is. Die wet
is maar ’n weergawe van die karakter van God. Sien in jou hemelse
Vader ’n volmaakte openbaring van die beginsels wat die grondslag
van Sy heerskappy vorm.
God is liefde. Soos ligstrale van die son af, vloei liefde en lig en
blydskap uit Hom na al Sy skepsele. Dit is in Sy aard om te gee. Sy
lewe self is die uitvloeisel van onbaatsugtige liefde.

“Sy heerlikheid is Sy kind se deug;


Sy tere Vaderskap Sy vreug.”

Hy sê ons moet volmaak wees soos Hy is, op dieselfde wyse.


Ons moet bronne van lig en seën vir ons kringetjie wees, net soos
Hy vir die heelal is. Ons besit niks wat ons eie is nie, maar die lig
van Sy liefde skyn oor ons, en ons moet Sy helderheid weerkaats.
“Goed in Sy geleende goedheid,” kan ons volmaak in ons sfeer wees,
[85] net soos God in Syne volmaak is.
4 Die Ware Motief vir Diens

“Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys
om deur hulle gesien te word nie.” Mattheüs 6:1.
Christus se woorde op die berg was ’n uitdrukking van die onge-
sproke boodskap wat Sy lewe gegee het, maar wat die volk nie besef
het nie. In Christus se dae het die Fariseërs gedurig geprobeer om die
guns van die hemel te verwerf sodat hulle wêreldse eer en voorspoed
kon bereik, wat hulle as die loon van verdienstelikheid beskou het.
Terselfdertyd het hulle ’n groot vertoon van hul liefdadigheid voor
die mense gemaak om hul aandag te trek en naam te verwerf vir hul
vroomheid.
Jesus het hul vertoon veroordeel en verklaar dat die Here hierdie
soort diens nie erken nie, en dat die vleitaal en bewondering van
die volk, wat hulle so naarstiglik begeer het, die enigste loon is wat
hulle ooit sal ontvang.
Ware godsvrug soek nooit na vertoon nie. Wie graag geprys en
gevlei wil word, en hulle daarin verlustig, is Christene net in naam. [86]
Deur hul goeie werke moet die volgelinge van Christus nie aan
hulself heerlikheid bring nie, maar aan Hom deur wie se genade en
krag hulle gearbei het. Dit is deur die Heilige Gees dat elke goeie
taak verrig word, en die Gees word nie gegee om die ont-vanger te
verheerlik nie, maar die Gewer. As die lig van Christus die siel verlig,
sal die mond oorloop van lof en danksegging teenoor God. U gebede,
die uitvoering van u pligte, u wel-dadigheid, u selfverloëning, sal
nie die tema van u gedagtes of gesprek wees nie. Jesus sal verhoog
en die eie-ek verberg word, en Christus sal alles in alles word.
Ons moet in opregtheid gee, nie om ’n vertoon van ons weldade
te maak nie, maar uit deernis en liefde vir die lydendes. Opregtheid
van doel, ware hartediens, is die motief wat die Hemel waardeer. Die
siel wie se liefde opreg is, wie se toewyding heelhartig is, is vir die
Here kosbaarder as die goud van Ofir.

57
58 Die Meester se Onsterflike Rede

Ons moenie aan beloning dink nie, maar aan diens; tog sal goed-
hartigheid wat in hierdie gees betoon word, nie sy loon misloop nie.
“Jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar
vergelde.” Hoewel dit waar is dat God self die groot Beloning is
wat alle ander vergoeding insluit, ontvang en geniet die siel Hom
alleenlik namate sy karakter aan Hom gelyk word. Net soort kan
soort waardeer. Namate ons ons aan God oorgee om die mensdom
te dien, gee Hy Hom aan ons.
Niemand kan in sy eie hart en lewe plek maak sodat die stroom
van God se seëninge na andere kan uitvloei, sonder dat hy self ’n ryke
loon ontvang nie. Die berghange en vlaktes, wat ’n kanaal vir die
bergstrome voorsien om die see te kan bereik, ly daardeur self geen
verlies nie. Wat hulle gee, word honderdvoud aan hulle teruggegee.
Want die stroom wat singende sy weg vind, laat agter hom ’n gordel
van groenigheid en vrugbaarheid. Die gras aan sy oewers is groener,
die bome is lowerryker, die blomme oorvloediger. Wanneer die aarde
[87] kaal en vaal onder die verskrompelende somerhitte bak, dui ’n groen
soom die water-loop aan; en die vlakte wat sy boesem oopgemaak
het om die bergstroom na die see te voer, word met varsheid en
skoonheid beklee as ’n getuie van die loon wat die genade van God
aan almal gee wat hulle as kanale beskikbaar stel sodat dit na die
wêreld kan uitvloei.
Dit is die seën van diegene wat genade aan die armes bewys.
Die profeet Jesaja sê: “Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat
honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As
jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees
nie verberg nie? Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou
genesing skielik uitspruit.... En die Here sal jou gedurigdeur lei en
jou siel versadig in dor plekke... en jy sal wees soos ’n tuin wat goed
besproei is en soos ’n fontein van waters waarvan die water nooit
teleurstel nie.” Jesaja 58:7-11.
Weldadigheid dra ’n dubbele seën weg. Terwyl hy wat aan die
behoeftiges gee andere seën, ontvang hy self nog ’n groter seën.
Die genade van Christus in die siel ontwikkel karaktertrekke wat
die teenoorgestelde van selfsug is - karaktertrekke wat die lewe
sal louter, veredel en verryk. Vriendskapsdade wat in die geheim
bewys word, bind harte saam en sal hulle nader trek aan die hart
van Hom wat die oorsprong van elke milddadige ingewing is. Klein
Die Ware Motief vir Diens 59

vriend-skapsdaadjies, klein liefdesblykies en selfopoffering vloei


so opsigtelik uit die lewe soos die geur van ’n blom, en maak geen
geringe deel uit van die seëninge en geluk van die lewe nie. En
eindelik sal ontdek word dat selfverloëning ter wille van die welsyn
en geluk van ander, hoe gering en ongeprese dit ook hier was, in
die hemel erken word as die teken van ons eenheid met Hom, die
Erekoning, wat ryk was maar ter wille van ons arm geword het.
Hy wat groter talente toeken aan diegene wat verstandig gewoe-
ker het met die gawes wat Hy aan hulle toevertrou het, erken met [88]
behae die diens van Sy gelowige kinders in die Geliefde, deur wie
[89]
se genade en krag hulle opgetree het. Diegene wat die Christelike
karakter probeer ontwikkel en vervolmaak het deur hul talente aan
weldade te bestee, sal in die komende wêreld maai wat hulle gesaai
het. Die werk wat op aarde begin is, sal sy voleinding in die hoër en
heiliger lewe bereik wat tot in alle ewigheid sal duur.

“Wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie.”


Mattheüs 6:5.
Die Fariseërs het vaste ure vir gebed gehad; en wanneer hulle,
soos dikwels gebeur het, op die aangewese tyd uithuisig was, het
hulle net waar hulle is - in die straat of op die markplein, te midde
van die krioelende menigtes - gaan stilstaan en hul formele gebede
hardop geresi-teer. Hierdie soort gebede, wat bloot vir selfverheerli-
king bedoel is, is sterk deur Jesus vero-ordeel. Hy het egter nie gesê
dat daar nie openbare gebede moet wees nie, want Hy het self saam [90]
met Sy dissipels in die teenwo-ordigheid van die skare gebid. Hy
leer egter dat die persoonlike gebed nie openbaar gemaak moet word
nie. In ons private omgang met God moet ons gebede geen ander ore
bereik as die van die gebedverhorende God nie. Geen nuuskierige
oor moet die sielelas van sulke gebede aanhoor nie.
“Wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer.” Jy moet ’n plek hê
om in die geheim te bid. Jesus het uitgesoekte plekke gehad vir
gemeenskap met God, en ons behoort ook te hê. Ons moet ons
dikwels na ’n stil plek onttrek, hoe nederig ook al, waar ons alleen
met God kan wees.
“Bid jou Vader wat in die verborgene is.” In die Naam van Jesus
moet ons in die teenwo-ordigheid van God verskyn met die vertroue
60 Die Meester se Onsterflike Rede

van ’n kind. Geen mens is as middelaar nodig nie. Deur Jesus kan
ons ons harte voor die Here oopmaak soos teenoor Een wat ons ken
en liefhet.
[91] In die geheime bidplek, waar net die oog van God kan sien, net
Sy oor kan hoor, kan ons ons innigste gedagtes en verlangens voor
die Vader met Sy oneindige ontferming uitstort, en in die stilte van
die siel sal die stem wat nooit versuim om die roepstem van ’n mens
in nood te beantwoord nie, tot ons harte spreek.
“Die Here [is] vol medelye en ontferming.” Jakobus 5:11. Hy
wag met onvermoeide liefde op die belydenis van die afkeriges om
hul boetedoening te aanvaar. Hy wag op die geringste teken van
dank van ons, soos die moeder op ’n glimlag van erkenning van haar
geliefde kind. Hy wil hê ons moet verstaan hoe opreg en teer Sy
hart na ons uitgaan. Hy nooi ons om met ons be-proewinge na Sy
simpatie te kom, met ons droefheid na Sy liefde, met ons wonde na
Sy genesing, met ons swakheid na Sy krag, met ons leegheid na Sy
volheid. Niemand wat na Hom gekom het, is nog ooit teleurgestel
nie. “Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle
aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.” Psalm 34:6.
Wie die Here in die geheim opsoek en Hom vertel van hul be-
hoeftes, en om hulp pleit, sal nie tevergeefs pleit nie. “Jou Vader
wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” As
ons Christus ons daaglikse metgesel maak, sal ons voel dat die
kragte van ’n ongesiene wêreld ons omring; en deur na Jesus op te
sien, sal ons in Sy beeld opgeneem word. Deur aanskouing word
ons verander. Die karakter word versag, gelouter en veredel vir die
hemelse koninkryk. Die gewisse gevolg van gemeenskap met onse
Here sal wees dat vroomheid, reinheid en ywer verhoog Sal word.
Ons sal al intelligenter bid. Ons ontvang ’n Goddelike onderwys, en
dit lei tot ’n lewe van vlyt en ywer.
Die siel wat hom deur daaglikse, ernstige gebed, by God hulp,
steun en krag soek, sal ’n edele strewe, duidelike begrippe van waar-
heid en plig, verhewe motiewe en ’n voortdurende honger en dors
na die geregtigheid hê. Deur gedurig in verbinding met die Here te
[92] wees, sal ons in staat gestel word om, deur ons omgang met ander,
die lig, die vrede, die gelatenheid wat in ons harte is na hulle uit
te straal. Die krag wat deur gebed tot God verkry word, laat ons
volhard om die gedagte te dissiplineer om bedagsaam en sorgsaam
Die Ware Motief vir Diens 61

te word, berei ’n mens voor vir jou daaglikse pligte en bewaar die
gees om in alle omstandighede vrede te hê.
As ons tot God nader, sal Hy ons ’n woord in die mond gee om
namens Hom te praat, selfs lof vir Sy Naam. Hy sal ons ’n wysie uit
die lied van die engele leer tot danksegging aan onse hemelse Vader.
In elke lewensdaad sal die liefde en lig van ’n inwonende Verlosser
geopenbaar word. Moeilikhede van buite kan nie deurdring tot die
lewe wat deur die geloof in die Seun van God gelei word nie.

“As julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos
die heidene nie.” Mattheüs 6:7.
Die heidene het geglo dat hul gebede self verdienste versoening
vir die sonde verdien. Hoe langer die gebed dus, hoe groter die
verdienste. As hulle deur hul eie pogings heilig kon word, sou hulle
iets in hulself gehad het om hulle oor te verheug, iets om hulle op
te beroem. Hierdie begrip van die gebed berus op die beginsel van
selfversoening, wat die grondslag van alle valse godsdiensstelsels is.
Die Fariseërs het hierdie heidense begrip van die gebed aangeneem,
en dit is vandag nog nie iets van die verlede nie, selfs onder diegene
wat voorgee dat hulle Christene is. Die herhaling van afgesaagde
sinsnedes wanneer die hart geen behoefte aan God voel nie, dra
dieselfde stempel as die “ydele herhalings” van die heidene.
Die gebed is nie ’n soenoffer vir die sonde nie; dit het self geen
verdienste nie. Al die gevleuelde woorde waaroor ons beskik weeg
nie op teen een heilige begeerte nie. Die welspre-kendste gebede
bly maar ydele woorde as hulle nie die ware begeertes van die hart [93]
weergee nie. Maar die gebed wat uit ’n opregte hart kom, waarin ons
[94]
die eenvoudige behoeftes van die siel uitspreek, soos ons ’n aardse
vriend om ’n guns sou vra en verwag dat dit aan ons bewys sal word
- dit is die geloofsgebed.

“Wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die


geveinsdes nie.” Mattheüs 6:16.
Die vas waarop die woord van God aandring, is meer as ’n vorm.
Dit beteken nie om nie te eet nie, om in sak geklee te gaan en as oor
62 Die Meester se Onsterflike Rede

jou hoof te strooi nie. Hy wat in opregte berou oor sy sonde vas, sal
nie na vertoon soek nie.
Die doel van die vas wat die Here van ons vereis, is nie om die
liggaam te teister oor die sonde van die siel nie, maar om ons te help
om die afgryslike aard van die sonde te besef, om die hart voor God
te verootmoedig en om Sy vergewende genade te ontvang. Sy bevel
aan Israel was: “Skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle
tot die Here julle God.” Joël 2:13.
Dit sal ons niks baat om boete te doen of om ons wys te maak dat
ons met ons eie werke ’n erfenis saam met die heiliges kan verdien
of koop nie. Toe aan Christus gevra is: “Wat moet ons doen om die
werke van God te volbring?” het Hy geantwoord: “Dit is die werk
van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het” (Johannes 6:28,
29). Bekering is om jou van jouself af na Christus te keer; en as ons
Christus ontvang sodat Hy deur die geloof Sy lewe in ons kan lei,
sal goeie werke gesien word.
Jesus het gesê: “As jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat
jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die
verborgene is.” Mattheüs 6:17, 18. Wat ook al tot eer en verheerliking
van God gedoen word, moet opgeruimd gedoen word, nie bedroef
en terneergedruk nie. Daar is niks droef-geestigs in die godsdiens
van Jesus nie. As Christene deur hul lang gesigte die indruk wek dat
[95] hulle in hul Here teleurgesteld is, gee hulle ’n wanvoorstelling van
Sy karakter en voer hulle Sy vyande met argumente. Hoewel hulle
met hul woorde te kenne mag gee dat hulle God as hul Vader beskou,
doen hulle hulle met hul droefgeestigheid en swartgalligheid voor
as weeskinders in die wêreld.
Christus wil hê dat Sy diens aantreklik moet voorkom, soos dit in
werklikheid is. Laat die selfverloëning en die geheime beproewinge
van die hart aan die barmhartige Verlosser bekend gemaak word. Los
die sorge aan die voet van die kruis, en gaan daar weg met gejuig
in die liefde van Hom wat jou eerste liefge-had het. Die mense sal
moontlik nooit weet watter werk heimlik tussen die siel en God aan
die gang is nie, maar die gevolge van die Gees se werk op die hart
sal vir almal sigbaar wees, want Hy “wat in die verborgene sien, sal
jou in die openbaar vergelde.”
Die Ware Motief vir Diens 63

“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde... nie.”


Mattheüs 6:19.
Skatte wat op die aarde opgegaar is, sal nie hou nie; diewe breek
in en steel; die mot en die roes verniel; vuur en storm voer jou
besittings weg. En “waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
Opgegaarde aardse skatte sal die gedagtes in beslag neem en die
hemelse dinge uitsluit.
Geldgierigheid was die heersende drang in die tyd van die Jode.
Wêreldsgesindheid het die plek van God en godsdiens in die siel
ingeneem. So is dit nou. Inhaligheid kry so ’n houvas op die lewe
dat dit die mens se edelmoedigheid bederf en hom sy menslikheid
ontroof totdat hy in die verderf insink. Die Satan se diens is vol
sorge, bekommernis en vermoeienis, en die skatte waarvoor mense
op aarde werk, is maar net tydelik van duur.
Jesus het gesê: “Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel
waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel
nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” [96]
Die opdrag is: “Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel.” Dis
in u eie belang om hemelse rykdom te verwerf. Van al wat u besit, is
dit al wat u sal oorhou. Die skatte wat in die hemel bymekaargemaak
word, is onverganklik. Geen brand of oorstroming kan dit vernietig
nie, geen dief kan dit buit nie, geen mot of roes kan dit verniel nie,
want God bewaar dit.
Hierdie skat, wat Christus van onberekenbare waarde ag, is “die
rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges” (Efe-
siërs 1:18). Jesus se dissipels word Sy “juwele” genoem, Sy kosbare
eiendom. Hy sê: “Hulle is kroongesteentes.” “Ek sal sterwelinge
skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir” (Sagaria
9:16; Jesaja 13:12). Christus beskou Sy gelou-terde, vervolmaakte
volk as die beloning vir al Sy lyding, verne-dering en liefde - die
aanvulling van Sy heerlikheid. Christus is die groot Middelpunt
waaruit alle heerlikheid straal.
En aan ons word dit gegun om met Hom saam te werk in die
groot verlossingstaak en om ’n aandeel te hê in die rykdom wat Sy
lyding en dood verwerf het. Die apostel Paulus het aan die Christene
van Thessalonika geskryf: “Want wie anders as julle is ons hoop of
blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here
64 Die Meester se Onsterflike Rede

Jesus Christus by sy wederkoms? Want julle is ons eer en blydskap.”


1 Thessalonisense 2:19, 20. Dit is die skat waarvoor Christus wil
hê dat ons moet arbei. Karakter is die groot lewensoes. Elke woord
of daad wat ’n siel deur die genade van Christus aanspoor om he-
melwaarts te reik, elke poging wat die vorming van ’n Christelike
karakter aanmoedig, is die versameling van rykdom in die hemel.
Waar die skat is, daar sal die hart wees. Elke poging om ander te
help, strek tot ons eie voordeel. Hy wat tyd of geld aan die verkon-
diging van die evangelie bestee, gebruik sy eie belang-stelling en
gebede vir die werk en vir siele wat daardeur bereik moet word; sy
[97] liefde gaan na ander uit en hy word aangespoor tot groter toewyding
aan God, sodat hy in staat gestel kan word om hulle in die grootste
mate te help.
In die laaste dag, wanneer die rykdom van die aarde sal ver-gaan,
sal hy wat vir hom skatte in die hemel bymekaargemaak het, sien
wat sy lewe vir hom besorg het. As ons die woorde van Christus
gehoorsaam het, sal ons, wanneer ons voor die troon van God staan,
duisende siele sien wat deur ons bemiddeling gered is, en ons sal
weet dat die een weer andere gered het, en hulle nog weer andere
- ’n groot skare wat deur ons pogings die hawe van rus gehaal het en
wat almal hul krone voor Jesus sal neerlê en Hom in alle ewigheid
sal prys.

“As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.”
Mattheüs 6:22.
Doelgerigtheid, heelhartige toewyding aan God, is die voor-
waarde wat Christus vereis. As u opreg en onwankelbaar daarna
streef om die waarheid te verstaan en te gehoorsaam, al kos dit ook
wat, sal u Goddelike lig ontvang. Ware vroomheid begin wanneer
alle toegewings aan die sonde gestaak word. Dan sal die taal van
die hart dié van die apostel Paulus wees: “Maar een ding: ek vergeet
die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die
doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus
Jesus.” “Ek ag ook alles skade om die uitne-mendheid van die kennis
van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee
het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry.” Filippense
3:14, 8.
Die Ware Motief vir Diens 65

Maar waar die oog deur eieliefde verblind word, is daar net duis-
ternis. “As jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees.”
Dit was hierdie verskriklike donkerheid wat die Jode in hardnekkige
ongeloof gewikkel het, sodat hulle nie die karakter en die sending
van Hom kon verstaan wat hulle van hulle sondes kom red het nie. [98]
Toegewing aan versoeking begin wanneer to egelaat word dat
[99]
die gemoed wankel en ons nie meer standvastig in God glo nie. As
ons nie kies om ons ten volle aan God te onderwerp nie, is ons in die
duisternis. As ons enigiets te rughou, laat ons ’n deur oop waardeur
die Satan kan inkom om ons te verlei. Hy weet dat as hy ons uitsig
kan belemmer sodat ons God nie met die geloofsoog kan sien nie,
daar geen beskerming teen die sonde sal wees nie.
Die oorheersing van ’n sondige begeerte wys hoe die siel mislei
word. [100]
Elke toegewing aan die begeerte versterk die siel se afkeer van
God. As ons die Satan se pad volg, word ons deur die skaduwees
van die sonde omsluier, en elke stap lei na dieper duisternis en [101]
toenemende blindheid van die hart.
Dieselfde wet geld vir sowel die geestelike as die natuurlike
wêreld. Hy wat in die donkerte woon, verloor naderhand die vermoë
om te sien. Hy word ingekerker deur ’n duisternis wat donkerder
as die middernag is, en die helderste middagson kan vir hom geen
lig bring nie. Hy “wandel in die duisternis en weet nie waarheen
hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het” (1 Johannes
2:11). Deur voortdurend sonde te koester en die roepstem van die
hemelse liefde te veronagsaam, verloor die sondaar alle liefde vir
die goeie, die verlange na God, en selfs die vermoë om die hemelse
lig te ontvang. Die uitnodiging van genade bly steeds vol liefde, die
lig skyn nog net so helder soos toe dit eers op sy siel geskyn het,
maar die stem val op dowe ore, die lig op blinde oë.
God laat geen siel finaal aan sy lot oor solank daar nog hoop op
sy redding is nie. Die mens verlaat God, maar God nie die mens nie.
Onse hemelse Vader volg ons met uitnodigings en waarskuwings
en versekeringe van Sy barmhartigheid totdat verdere geleenthede
en voorregte nutteloos sou wees. Die verant-woordelikheid berus
by die sondaar. Deur vandag die Gees van God te weerstaan, baan
hy die weg vir nuwe weerstand wanneer die lig met groter krag na
hom kom. So gaan hy van die een weerstand tot die volgende, totdat
66 Die Meester se Onsterflike Rede

die lig nie meer indruk op hom maak nie en hy glad nie meer op die
Gees van God reageer nie. Dan het selfs “die lig in jou” donkerheid
geword. Selfs die waarheid wat ons ken, is dan so verwronge dat dit
die blindheid van die siel vererger.

“Niemand kan twee here dien nie.”Mattheüs 6:24.


Christus sê nie dat die mens nie twee here sal of moet dien nie,
[102] maar dat hy nie kan nie. Die belange van God en die belange van
mammon het niks gemeen nie. Net daar waar die Christen se gewete
halt roep en hom tot selfverloëning lei, daar trap die wêreldling
oor die tou en laat hy sy selfsugtige neiginge botvier. Aan die een
kant van die tou is die selfverloënende navolger van Christus; aan
die ander kant is die genotsugtige wêreldliefhebber wat hom na die
mode skik, aan ligsinnighede deelneem en hom verbode plesiere
veroorloof. Aan daardie kant van die tou kan die Christen hom nie
waag nie.
Niemand kan werklik ’n draadsitter wees nie; daar is geen mid-
delgroep wat nog God nog die vyande van die geregtigheid dien nie.
Christus moet in Sy menslike werktuie leef en deur hul vermoëns
werk en handel. Hulle wil moet aan Sy wil onderworpe wees; hulle
moet deur Sy Gees handel. Dan leef hulle nie meer nie, maar Chris-
tus leef in hulle. Hy wat hom nie geheel en al aan God oorgee nie,
staan onder beheer van ’n ander mag, luister na ’n ander stem wie se
ingewings van ’n heel ander aard is. Halfhartige diens skaar die mens
aan die kant van die vyand, en hy is ’n doeltreffende bondgenoot
van die duistere magte. Mense wat hulle as stryders vir Christus
voordoen, maar met die Satan saamspan en sy saak bevorder, is vy-
ande van Christus. Hulle skend ’n heilige vertroue. Hulle vorm ’n
skakel tussen die Satan en die ware stryders, en deur hulle probeer
die vyand gedurig om die harte van Christus se stryders te roof.
Die sterkste vesting van ondeug in ons wêreld is nie die sondige
lewe van die geharde sondaar of van die versonke verstoteling nie;
dit is die lewe wat andersins deugsaam, eerbaar en edel voorkom,
maar wat een sonde koester, aan een kwaad toegee. Vir die siel
wat met ’n reuseversoeking worstel en op die rand van die afgrond
huiwer, is so ’n voorbeeld een van die grootste aansporings tot sonde.
Hy wat verhewe begrippe van die lewe, waarheid en eerbaarheid
Die Ware Motief vir Diens 67

koester maar moedswillig een voorskrif van Gods heilige wet oortree,
misbruik sy edele gawes om ander tot sonde te verlei. Vernuf, talente, [103]
meegevoel, selfs edelmoedige en vriendelike dade, kan die Satan se
[104]
lokvinke word om siele vir hierdie lewe en vir die toekomstige oor
die afgrond na ondergang te lok.

“Moenie julle kwel... nie.” Mattheüs 6:25.


Hy wat u lewe aan u gegee het, weet dat u voedsel nodig het om
dit te onderhou. Hy wat die liggaam geskape het, weet dat u klere
nodig het. Sal Hy, wat die groter gawe gegee het, dan nie ook die
nodige gee om dit volkome te maak nie?
Jesus het Sy gehoor se aandag op die voëls gevestig wat so
onbesorg hul lofliedere gesing het, want “hulle saai nie en hulle maai
nie;” en tog voorsien die grote Vader in hul behoeftes. En Hy vra:
“Is julle nie baie meer werd as hulle nie?”

“Geen mossie val wat Hom nie raak,


geen siel buig laag, of Jesus weet,
want Hy is dit wat oor ons waak
in grootste nood of diepste leed.
Sy sorg sal nimmer ooit verflou
oorhom watop sy Heer vertrou.”

Die heuwels en velde was oortrek van blomme in die dou-vars


móre. Jesus het na hulle gewys en gesê: “Let op die lelies van
die veld, hoe hulle groei.” Vaardige mense kan die sierlike vorms
en delikate kleure van die plante en blomme afteken, maar watter
aanraking kan aan selfs een blom of grashalmpie die lewe gee? Elke
ou blommetjie langs die pad ontvang die lewe van dieselfde bron
wat die sterrehemel in die uitspansel uitstrek. Deur alle geskape
dinge klop die polsslag van die lewe uit die groot hart van God. Hy
beklee die veldblomme met meer prag en praal as wat enige aardse
koning nog versier het. En “as God dan die gras van die veld, wat [105]
vandag daar is en móre in die oond gegooi word, so beklee, hoeveel
te meer vir julle, kleingelowiges?”
Hy, wat die blomme gemaak en aan die mossie sy lied gegee
het, sê: “Let op die lelies,” “Kyk na die voëls.” Die lieflikheid van
68 Die Meester se Onsterflike Rede

die natuur kan ’n mens meer van die wysheid van God leer as wat
die opvoed-kundiges weet. Op die kroonblare van die lelie het die
Here ’n boodskap geskrywe in ’n taal wat die hart net kan lees as
hy die lesse van wantroue en self-sug en verterende kommer kan
afleer. Om watter ander rede sou Hy u die singende voëls en die
geurige bloeisels gee as dat Sy Vaderhart oorloop van liefde en
Hy u lewensweg wil ophelder en veraangenaam? U sou sonder die
blomme en die voëls nog alles gehad het wat vir u bestaan nodig
[106] is, maar die Here was nie tevrede om net die nodige vir u blote
voortbestaan te voorsien nie. Hy het die aarde en die lug en die
hemel met skoonheid gevul om u te vertel hoe lief Hy u het. Die
skoonheid van alle geskape dinge is maar ’n skynsel van die lig van
Sy heerlikheid. As Hy sulke oneindige vernuf bestee het aan die
skeppinge van die natuur, vir u geluk en vreugde, kan u dan nog
twyfel dat Hy u met alles wat u nodig het sal seën?
“Let op die lelies.” Elke blom wat vir die son oopgaan, gehoor-
saam dieselfde groot wette wat die sterre rig, en hoe eenvoudig en
mooi en welriekend tog! Deur middel van die blomme wil die Here
ons aandag vestig op die lieflikheid van ’n Christelike karakter. Hy
wat die blomme so mooi gemaak het, verlang nog veel inniger dat
die siel beklee moet word met die lieflike karakter van Christus.
Kyk, sê Jesus, hoe die lelies groei; hoe die plante uit die koue,
donkere aarde, of uit die modder van ’n rivierbedding spruit, en hoe
pragtig en geurig hulle ontluik. Wie sou ooit kon droom dat sulke
skoonheid in die growwe bruin bol van die lelie skuil? Maar as
die lewe van God wat daarin sluimer op Sy roep-stem in reën en
sonskyn ontwaak, verwonder die mens hom aan die sierlikheid en
prag. Net so sal die lewe van God hom in elke mensesiel ontvou as
hy hom maar net wil oorgee aan die werking van Sy genade, wat net
so mildelik soos die reën en sonskyn wag om almal te seën. Dit is
die woord van God wat die blomme skep, en dieselfde woord sal in
u die deugde van Sy Gees voortbring.
Die wet van God is die wet van liefde. Hy het u met skoon-heid
omring om u te leer dat u nie op die aarde geplaas is om net vir uself
te delf, te grawe en te bou, te arbei en te spin nie, maar om die lewe
helder en bly en mooi te maak met die liefde van Christus - soos die
[107] blomme, wat ander lewens verbly met hul liefdediens.
Die Ware Motief vir Diens 69

Vaders en moeders, laat u kinders by die blomme leer. Neem


hulle saam met u na die tuin en die veld en onder die skaduryke
bome, en leer hulle om die boodskap van die liefde van God in die
natuur te lees. Laat die gedagtes aan Hom met voël en blom en boom
geassosieer word. Leer die kinders om in elke aangename en mooi
ding ’n uitdrukking te sien van die liefde van God vir hulle. Maak
u godsdiens vir hulle aantreklik en aangenaam. Laat u lippe altyd [108]
vriendelike dinge sê.
Leer die kinders dat hul geaardhede deur die groot liefde van
God so verander kan word, dat dit soos Syne kan word. Leer hulle
dat Hy wil hê dat hul lewens mooi soos die blomme moet wees.
Leer hulle, terwyl hulle die lieflike bloesems pluk, dat Hy wat die
blomme gemaak het, nog liefliker as hulle is. So sal die rankies van
hul harte aan Hom vaskleef. Hy wat “geheel en al die lieflikheid [109]
self” is, sal vir hulle ’n daaglikse metgesel en bekende vriend word,
[110]
en hul lewens sal verander word na die beeld van Sy reinheid.

“Soek eers die koninkryk van God.” Mattheüs 6:33.


Die mense wat na Christus geluister het, het nog gretig gewag dat
Hy Sy aardse koninkryk moes aankondig. Hoewel Jesus die skatte
van die hemel aan hulle geopenbaar het, was daar net een vraag in
hul gedagtes: Hoe sal ’n bondgenootskap met Hom ons wêreldse
vooruitsigte bevorder? Jesus verduidelik dat hul behep-theid met
aardse dinge hulle gelykstel met die heidene om hulle, wat geleef
het asof daar geen God is wat Sy skepsele teer be-waak nie.
“Want al hierdie dinge,” het Jesus gesê, “soek die nasies van die
wêreld.” “Julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig
het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al
hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Lukas 12:30; Mattheüs
6:32, 33. Ek het gekom om die koninkryk van liefde en geregtigheid
en vrede aan julle te openbaar. Maak julle harte oop en ontvang
hierdie koninkryk en maak sy diens julle hoogste belang. Hoewel
dit ’n geestelike koninkryk is, hoef u nie bang te wees dat die beno-
digdhede van hierdie lewe nie voorsien sal word nie. As u u aan die
diens van God oorgee, sal Hy wat alle mag in die hemel en op aarde
het, in u behoeftes voorsien.
70 Die Meester se Onsterflike Rede

Jesus stel ons nie vry van die plig om te arbei nie, maar Hy leer
ons dat ons Hom in alles eerste en laaste en beste moet maak. Ons
moet geen saak onderneem, geen doel nastreef, geen plesier soek wat
die volbrenging van Sy geregtigheid in ons karakter kan verhinder
nie. Alles wat ons doen, moet van harte gedoen word, soos vir die
Here.
Jesus het, toe Hy op aarde was, waardigheid aan elke aspek van
[111] die lewe verleen deur die heerlikheid van God gedurig voor oë te hou
en alles aan die wil van Sy Vader te onderwerp. As ons Sy voorbeeld
volg, het ons Sy belofte dat alles wat vir hierdie lewe nodig is, vir
ons “bygevoeg” sal word. Armoede of rykdom, siekte of gesondheid,
eenvoudigheid of wysheid - vir alles word voorsiening gemaak in
die belofte van Sy genade.
God slaan Sy ewige arms om die siel wat by Hom kom hulp
soek, hoe swak daardie siel ook al is. Die kosbare dinge van die
berge sal vergaan, maar die siel wat vir God leef, sal by Hom bly.
“Die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil
van God doen, bly vir ewig.” 1 Johannes 2:17. Die goue poorte van
die Godstad sal oopgaan vir hom wat op aarde geleer het om sy
leiding, wysheid, troos en hoop in tye van verlies en ver-drukking
by God te soek. “Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar
my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie
wankel nie, sê die Here, Jou Ontfermer.” Jesaja 54:10.

“Kwel julle dus nie oor móre nie....Elke dag het genoeg aan sy
eie kwaad.” Mattheüs 6:34.
As u u aan God oorgegee het, om Sy werk te doen, het u geen
rede om u oor móre te bekommer nie. Hy wie se dienskneg u is,
weet van die begin af die einde. Wat móre vir u voorlê en wat nou
vir u verborge is, lê oop en bloot voor die oë van die Almagtige.
As ons die dinge waarmee ons te doen het in ons eie hande neem
en op ons eie wysheid staatmaak om sukses, neem ons ’n las op
ons wat God nie op ons gelê het nie, en probeer ons om dit sonder
Sy hulp te dra. Ons neem op onsself die verantwoorde-likheid wat
aan God behoort, en stel ons in werklikheid in Sy plek. Dan kan
ons tereg onrustig wees en vrees vir onheil en skade, want dit sal
ons gewis oorkom. Maar as ons werklik glo dat God ons liefhet
Die Ware Motief vir Diens 71

en die goeie vir ons beoog, sal ons ons nie langer oor die toekoms
bekommer nie. Ons sal op God vertrou soos ’n kind op ’n liefdevolle [112]
ouer. Dan sal ons angste en sorge verdwyn, want ons wil is verswelg
in die wil van God.
Christus het nie belowe om ons vandag te help om móre se laste
te dra nie. Hy het gesê: “My genade is vir jou genoeg” (2 Korinthiërs
12:9); maar, soos die manna in die woestyn, word Sy genade daagliks
geskenk vir die behoefte van die dag. Soos die menigtes van Israel
op hul pelgrimstog, kan ons oggend vir oggend genoeg hemelse
brood vir die dag se behoeftes vind.
Net een dag behoort aan ons, en hierdie dag moet ons vir God
lewe. Vir hierdie enkele dag moet ons al ons voornemens en planne
in die hand van Christus lê en al ons bekommernisse op Hom werp,
want Hy sorg vir ons. “Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande
julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie onheil nie,
om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.” “In terugkeer en rus lê julle
heil, in stil-wees en vertroue bestaan julle krag.” Jeremia 29:11;
Jesaja 30; 15.
As u die Here wil soek en u daagliks bekeer; as u uit u eie gees-
telike keuse vry en bly wil wees in die Here; as u met ’n blymoedige,
innige bereidwilligheid die juk van Christus op u neem - die juk
van gehoorsaamheid en diensvaardigheid - sal al u murmurerings
gestil, al u moeilikhede verwyder, al die ontstellende probleme wat
u bedreig, opgelos word. [113]
5 Die Modelgebed

“So moet julle dan bid.” Mattheüs 6:9.


Die Heiland het Sy modelgebed twee keer gegee - eers aan die
skare in die Bergpredikasie, en enkele maande later aan net die
dissipels. Die dissipels was ’n kort tydjie weg van hul Here af, en
by hul terugkeer het hulle Hom verdiep in gemeenskap met God
gevind. Asof onbewus van hul teenwoordigheid, het Hy aangehou
hardop bid. Die Heiland se gelaat het gestraal van hemelse lig. Dit
was asof Hy in die teenwoordigheid van die Ongesiene self was, en
Sy woorde het van lewenskrag getuig soos van een wat met God
verkeer.
Die dissipels se harte was diep ontroer. Hulle wis hoe dikwels
Hy lange ure alleen in gemeenskap met Sy Vader deurgebring het.
Hy het Sy dae gewy aan die bediening van die menigtes wat om
Hom saamgedring het, en in die ontmaskering van die verrader-like
drogredenasies van die rabbi’s, en hierdie ononderbroke arbeid het
Hom dikwels so uitgeput dat Sy moeder en sy broers, en selfs Sy
dissipels vir Sy lewe gevrees het. Maar wanneer Hy teruggekeer
[114] het van hierdie ure van gebed na afloop van ’n vermoeiende dag,
het hulle die vrede op Sy gelaat gelees, die verkwikking wat Sy
teenwoordigheid dan deurtrek het. Dit was van hierdie ure wat Hy
in die teenwoordigheid van God deurge-bring het, dat die Heiland
oggend vir oggend uitgegaan het om die lig van die hemel na die
mensdom te neem. Sy dissipels het begin besef dat Sy ure van gebed
verband het met die krag van Sy woorde en werke. En nou, terwyl
hulle na Sy smeking geluister het, is hul harte met ontsag en ootmoed
vervul. Toe Hy ophou bid, was dit met ’n besef van hul eie groot
behoefte dat hulle uitgeroep het: “Here, leer ons bid” (Lukas 11:1).
Jesus gee hulle geen nuwe gebedsvorm nie. Hy herhaal wat
Hy hulle tevore geleer het, asof Hy wil sê: Julle behoefte is om te
verstaan wat Ek julle reeds gegee het. Daarin skuil ’n diepte van
betekenis wat julle nog nie gepeil het nie.

72
Die Modelgebed 73

Die Heiland beperk ons egter nie tot die gebruik van hierdie
presiese woorde nie. As mens bied Hy ons Sy eie ideaal vir gebed
aan - sulke eenvoudige woorde dat ’n klein kindjie hulle kan gebruik,
en tog so alomvattend dat die grootste geeste nooit die betekenis
daarvan ten volle kan begryp nie. Ons word geleer om God met
danksegging te nader, om ons behoeftes bekend te maak, ons sondes
te bely, en om aanspraak op Sy genade te maak volgens Sy belofte.

“Wanneer julle bid, sê: Onse Vader.” Lukas 11:2.


Jesus leer ons om Sy Vader ons Vader te noem. Hy skaam Hom
nie om ons broeders te noem nie (Hebreërs 2:11). Die Heiland se
hart is so bereid, so gretig om ons as lede van die gesin van God te
verwelkom, dat Hy in die heel eerste woorde wat ons moet besig om
God te nader, die versekering van ons Goddelike verwantskap stel,
“Onse Vader.”
Hier het ons ’n bevestiging van die wonderbare waarheid, so vol
bemoediging en vertroosting, dat God ons liefhet soos Hy Sy Seun [115]
liefhet. Dit is wat Jesus in Sy laaste gebed vir Sy dissipels gesê het,
dat U “hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het” (Johannes
17:23).
Die wêreld wat die Satan ingepalm en so wreed geregeer het, het
die Seun van God in een ontsaglike daad met Sy liefde omring en
weer met die troon van die Allerhoogste verbind. Gerubs en serafs
en die ontelbare leërskare van die ongevalle wêrelde het in lofliedere
tot God en die Lam uitgebreek toe hierdie oorwinning behaal is.
Hulle het hulle daaroor verheug dat verlossing vir die gevalle wêreld
verseker is en dat die aarde bevry sou word van die vloek van die
sonde. Hoe veel te meer moet hulle hul nie ver-heug om wie se
onthalwe hierdie weergalose liefde bewys is nie!
Hoe kan ons ooit twyfel of onseker wees, of voel dat ons wese
is? Juis ter wille van hulle wat die wet oortree het, het Jesus die
mensheid op Hom geneem; Hy het aan ons gelyk geword sodat ons
ewigdurende vrede en veiligheid kan hê. Ons het ’n Voorspraak
in die hemel, en elkeen wat Hom as sy persoonlike Saligmaker
aanneem, is nie ’n weeskind wat sy eie sondes moet dra nie. [116]
“Geliefdes, nou is ons kinders van God.” “En as ons kinders is
dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van
74 Die Meester se Onsterflike Rede

Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met
Hom verheerlik kan word.” “Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal
wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal
wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” 1 Johannes 3:2; Romeine
8:17.
Die heel eerste stap as ons God wil nader, is om die liefde wat
Hy vir ons het te ken en te glo (1 Johannes 4; 16); want dit is Sy
liefde wat ons tot Hom trek.
Die besef van God se liefde bring selfverloëning. Deur God ons
Vader te noem, aanvaar ons al Sy kinders as ons broeders. Ons is
almal deel van die groot mensemassa, almal lede van een gesin. In
ons gebede moet ons aan ons naastes dink soos aan onsself. Niemand
bid reg as hy ’n seën net vir homself soek nie.
Die oneindige God, het Jesus gesê, gun u die voorreg om Hom as
Vader aan te spreek. Dink aan alles wat dit beteken. Geen aardse ouer
pleit ooit so ernstig met ’n afkerige kind as wat ons Skepper by die
oortreder pleit nie. Geen mens het die onboet-vaardige nog ooit met
sulke liefdevolle belangstelling en tere uitnodigings agtervolg nie.
Die Here woon in elke huis; Hy hoor elke woord wat gespreek word,
luister na elke gebed wat tot Hom gerig word, deel in die verdriet en
teleurstellings van elke siel, sien hoe vader, moeder, suster, vriend
en buurman behandel word. Hy ken ons behoeftes, en Sy liefde,
ontferming en genade vloei voortdurend uit om daarin te voorsien.
Maar as u God u Vader noem, erken u dat u Sy kind is, om deur
Sy wysheid gelei te word en in alles gehoorsaam te wees, wetende
dat Sy liefde onveranderlik is. U sal Sy plan vir u lewe aanvaar.
As kind van God sal u Sy eer, Sy karakter, Sy volk en Sy werk,
onderwerpe van intense belangstelling vind. Dit sal u vreugde gee
[117] om u plig teenoor u Vader en elke lid van Sy gesin te erken en na te
kom. U sal u verbly in enige daad, hoe nederig ook al, wat Hom tot
eer sal strek of wat die welvaart van u medemens sal bevorder.
“Wat in die hemele is.” Hy wat Christus wil hê dat ons as onse
Vader moet beskou, is “tog in die hemel... Hy doen alles wat Hom
behaag” (Psalm 115:3). In Sy sorg kan ons ons veilig berus en sê:
“die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou” (Psalm 56:4).
Die Modelgebed 75

“Laat u Naam geheilig word.” Mattheüs 6:9.


Om die Naam van God te heilig, moet die woorde waarin ons die
Opperwese aanspreek met eerbied geuiter word. “Sy Naam is heilig
en vreeslik.” Psalm 111:9. Ons moet die titels en benaminge van die
Godheid nooit ligsinnig gebruik nie. Wanneer ons bid, kom ons in
die teenwoordigheid van die Allerhoogste, en ons moet met heilige
ontsag voor Hom verskyn. Die engele bedek hul aangesigte in Sy
teenwoordigheid. Die gerubs en die glansende, heilige serafs nader
Sy troon met plegtige eerbied. Hoeveel te meer moet ons aardse,
sondige wesens dan nie met eerbied voor God, ons Skepper, verskyn
nie!
Maar om die Naam van die Here te heilig, vra veel meer as dit.
Ons kan, soos die Jode in Christus se tyd, die grootste uiterlike ver-
toorn van eerbied vir God maak en tog Sy Naam gedurig ontheilig.
“Die Naam van die Here” is “barmhartige en genadige God, lank-
moedig en groot van goedertierenheid en trou... wat ongeregtigheid
en oortreding en sonde vergewe” (Exodus 34:5-7). Aangaande die
kerk van Christus staan geskrywe: “Dit sal die naam daarvan wees:
Die Here Ons Geregtigheid.” Jeremia 33:16. Hierdie naam word aan
elke volgeling van Christus gegee. Dit is die erfenis van die kind
van God. Die gesin dra die Naam van die Vader. Toe Israel bittere
beproewing en nood deurgemaak het, het die profeet Jeremia gebid:
“U Naam is oor ons uitgeroep. Verlaat ons nie!” (Jeremia 14:9). [118]
Hierdie Naam word geheilig deur die hemelse engele, deur die
bewoners van sondelose wêrelde. Wanneer u bid; “Laat u Naam
geheilig word,” vra u dat dit geheilig word in hierdie wêreld, in u
geheilig word. God het u voor mense en engele erken as Sy kind;
bid dat u nie “die edele Naam... wat oor julle aangeroep is” oneer
sal aandoen nie (Jakobus 2:7). God stuur u die wêreld in as Sy
verteenwoordiger. In elke daad behoort u die Naam van God te
openbaar. Hierdie gebed beteken dat u Sy karakter moet besit. U kan
Sy Naam nie heilig, Hom nie aan die wêreld voorstel tensy u lewe
en karakter die lewe en karakter van God self open-baar nie. Dit kan
u alleenlik doen deur die genade en geregtigheid van Christus aan te
neem.
76 Die Meester se Onsterflike Rede

“Laat u koninkryk kom.” Mattheüs 6:10.


God is ons Vader wat ons liefhet en vir ons sorg asof ons Sy
kinders is. Hy is ook die groot Koning van die heelal. Die belange
van Sy koninkryk is ons belange, en ons moet arbei om dit op te bou.
Christus se dissipels het die onmiddellike koms van die konink-
ryk van Sy heerlikheid verwag, maar met hierdie gebed het Jesus
hulle geleer dat Sy koninkryk nie toe al sou kom nie. Hulle moes
daarvoor bid as ’n toekomstige gebeurtenis. Maar die gebed was vir
hulle ook ’n gerusstelling. Hoewel hulle die koms van die koninkryk
nie in hulle tyd sou sien nie, is die feit dat hulle daarvoor moes bid
ook die bewys dat God dit op die regte tyd gewis sou laat kom.
Die koninkryk van Gods genade word nou gevestig namate harte
wat vol sonde en verset was, hulle dag vir dag oorgee aan die heer-
skappy van Sy liefde. Maar die volle verwesenliking van die ko-
ninkryk van Sy heerlikheid sal eers by die wederkoms van Christus
geskied. “Die koningskap en die heerskappy en die grootheid van
[119] die koninkryke onder die ganse hemel” moet “aan die volk van dié
heiliges van die Allerhoogste” gegee word (Daniël 7:27). Hulle sal
[120]
die koninkryk beërwe wat “van die grondlegging van die wêreld af”
vir hulle berei is (Mattheüs 25:34). En Christus sal Sy groot mag
opneem en regeer.
Die hemelpoorte sal weer oopgaan, en vergesel van tien-duisend
maal tienduisend en duisend duisende heiliges, sal ons Heiland as
Koning van die konings en Here van die here verskyn. Jehova Em-
manuel “sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here
een wees, en sy Naam een.” “Die tabernakel van God” sal by die
mense wees “en Hy sal by hulle woon en hulle sal sy volk wees; en
God sal self by hulle wees as hulle God” (Sagaria 14:9; Openbaring
21:3).
Maar voor daardie koms, het Jesus gesê, sal “hierdie evangelie
van die koninkryk... verkondig word in die hele wêreld tot ’n ge-
tuienis vir al die nasies” (Mattheüs 24:14). Sy koninkryk sal nie
kom voordat die goeie tyding van Sy genade aan die hele wêreld
verkondig is nie. Waar ons ons dus in die hande van God oorgee en
ander siele vir Hom win, verhaas ons die koms van Sy koninkryk.
Net hulle wat hulle aan Sy diens wy en sê: “Hier is ek, stuur my”
(Jesaja 6:8), om die oë van die blindes te open, “dat hulle hul van
Die Modelgebed 77

die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot
God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ’n
erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang” (Handelinge 26:18) - net
hulle bid in alle opregtheid: “Laat u koninkryk kom.”

“Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.”
Mattheüs 6:10.
Die wil van God word in Sy heilige wet uitgedruk, en die be-
ginsels van hierdie wet is die beginsels van die hemel. Die hemelse
engele bereik geen hoër kennis as om die wil van God te ken nie,
en om Sy wil te doen, is die verhewendste diens waarvoor hulle hul [121]
kragte kan inspan.
Maar in die hemel word diens nie gelewer asof dit ’n wetsver-
pligting is nie. Toe die Satan hom teen die wet van die Allerhoogste
verset het, het die besef dat daar ’n wet is die engele amper as ’n
verrassing getref - as iets waaraan hulle nie gedink het nie. Die
engele dien nie as knegte nie, maar as seuns. Daar heers volkome
eenheid tussen hulle en hul Skepper. Gehoor-saamheid is vir hulle
geen las nie. Omdat hulle God liefhet, is hul diens die ene genot.
Net so weerklink die woorde van Christus in elke siel waarin die
heerlike verwagting woon: “Ek het lus, o my God, om u welbehae
te doen, en u wet is binne-in my ingewande.” Psalm 40:9.
Die versoek: “Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook
op die aarde,” is ’n gebed dat die bewind van sonde op hierdie
aarde moet eindig, dat die sonde vir ewig uitgewis moet word en
die koninkryk van geregtigheid gevestig moet word. Dan sal “alle
welgevalle aan wat goed is” (2 Thessalonicense 1: 11) net soos in
die hemel ook op aarde volbring word.

“Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Mattheüs 6:11.


Die eerste helfte van die gebed wat Jesus ons geleer het, gaan
oor die Naam en die koninkryk en die wil van God - dat Sy Naam
geëer mag word. Sy koninkryk gevestig word en Sy wil geskied. As
u so die diens van God u grootste belangstelling gemaak het, kan u
met vertroue vra dat in u eie behoeftes voorsien moet word. As u
die eie-ek verloën en u aan Christus oorgegee het, is u ’n lid van die
78 Die Meester se Onsterflike Rede

gesin van God en is alles wat in die Vaderhuis is vir u. Al die skatte
van God is vir u toeganklik - die huidige wêreld en die een wat kom.
Die bediening van die engele, die gawe van Sy Heilige Gees, die
werk van Sy dienaars - alles is vir u. Die wêreld met alles daarin
behoort aan u sover dit u kan goed doen. Selfs die vyandskap van
[122] die goddeloses sal ’n seën vir u wees omdat dit u vir die hemel sal
dissiplineer. “Alles behoort aan julle” as julle aan Christus behoort
(1 Korinthiërs 3:21, 23).
Maar u is soos ’n kind wat nog nie beheer oor sy erfporsie gegee
is nie. Die Here gee nie u kosbare besitting in u hande oor nie, anders
kan die Satan u met sy arglis bedrieg soos hy die eerste paar in Eden
bedrieg het. Christus bewaar dit vir u, veilig buite die bereik van die
bederwer. Soos ’n kind sal u dag vir dag ontvang volgens die dag
se behoefte. U moet elke dag bid: “Gee ons vandag ons daaglikse
brood.” Moenie mismoedig word as daar nie genoeg vir móre is
nie. U het die versekering van Sy belofte: “Dan sal Hy jou gee die
begeertes van jou hart.” David sê: “Ek was jonk, ook het ek oud
geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy
nageslag brood soek nie.” Psalm 37:4, 25. Die God wat die rawe
gestuur het om Elia by die spruit Krit te voed, sal nie een van Sy
getroue, selfverloënende kinders verbygaan nie. Oor hom wat opreg
wandel, staan daar geskryf: “Sy brood word hom gegee, sy water
[123] is gewis.” “Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in
die dae van hongersnood sal hulle versadig word.” “Hy wat selfs
sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee
het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk
nie.” Jesaja 33:16; Psalm 37:19; Romeine 8:32. Hy wat die sorge en
angs van Sy weduweemoeder verlig het en haar gehelp het om vir
die huishouding in Nasaret te sorg, het meegevoel vir elke moeder
wat worstel om vir haar kindertjies kos te vind. Hy wat Hom oor die
skare ontferm het omdat hulle “moeg en uitgeput was,” (Mattheüs
9:36), ontferm Hom nog oor die wat ly. Hy strek Sy hand met seëning
na hulle uit; en selfs in die gebed wat Hy aan Sy dissipels gegee het,
leer Hy ons om aan die armes te dink.
Wanneer ons bid: “Gee ons ons vandag ons daaglikse brood,”
vra ons vir sowel andere as vir onsself. En ons erken dat wat God
vir ons gee, nie net vir ons is nie. God gee dit in ons hande, sodat
ons die hongeriges kan voed. Hy het dit in Sy goedheid berei vir die
Die Modelgebed 79

ellendige (Psalm 68:11). En Hy sê: “Wanneer jy ’n móre of middag-


ete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante
of ryk bure nie.... Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes,
verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees, omdat hulle
niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die
opstanding van die regverdiges.” Lukas 14:12-14.
Die gebed om daaglikse brood behels nie net voedsel om die
liggaam te onderhou nie, maar ook die geestelike brood wat die siel
tot die ewige lewe sal voed. Jesus beveel ons: “Moenie werk om
die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige
lewe.” Johannes 6:27. Hy sê: “Ek is die lewende brood wat uit die
hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal Hy lewe
tot in ewigheid.” Vers 51. Ons Heiland is die brood van die lewe, en
deur Sy liefde te aanskou, deur dit in die siel te ontvang, eet ons die [124]
brood wat uit die hemel neergedaal het.
Ons ontvang Christus deur Sy woord, en die Heilige Gees word
gegee om die woord van God vir ons verstaanbaar te maak en om sy
waarhede by ons op die hart te druk. Ons moet dag vir dag bid dat,
wanneer ons Sy woord lees, God Sy Gees sal stuur om die waarheid
aan ons te openbaar wat ons siele vir die dag se behoefte sal versterk.
Deur ons te leer om elke dag te vra wat ons nodig het - sowel
tydelike en geestelike seëninge - het God ’n doel wat tot ons beswil
dien. Hy wil hê ons moet bewus wees van Sy voort-durende sorg,
want Hy wil met ons gemeenskap hê. In hierdie gemeenskap met
Christus, deur gebed en die bestudering van die groot en kosbare
waarhede van Sy woord, sal ons as hongerige siele gevoed word; as
dorstiges sal ons by die fontein van die lewe verkwik word.

“Vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan
ons skuldig is.” Lukas 11:4.
Jesus leer ons dat ons van God net in die mate vergifnis kan
verwag waarin ons ander vergewe. Dit is die liefde van God wat ons
na Hom toe trek, en daardie liefde kan ons harte nie aanraak sonder
om liefde vir ons broeders op te wek nie.
Toe Jesus Sy gebed voltooi het, het Hy bygevoeg: “As julle die
mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook
vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe
80 Die Meester se Onsterflike Rede

nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” Hy wat
onvergewensgesind is, sluit sodoende die enigste kanaal waardeur
hy van God genade kan ontvang. Ons moenie dink dat ons die
vergifnis maar kan weerhou totdat die een wat ons te na gekom het
om vergifnis kom vra nie. Dit is ongetwyfeld hulle plig om hulle te
verootmoedig met berou en belydenis; maar ons moet ’n gees van
[125] barmhartigheid aan die dag lê teenoor diegene wat ons te na gekom
het, ongeag of hulle hul skuld bely het of nie. Ongeag hoe diep hulle
ons miskien seergemaak het, mag ons nie griewe koester of onsself
oor die onreg bejam-mer nie; maar in dieselfde mate waarin ons
verwag om vergifnis van God te ontvang vir ons misdrywe teenoor
Hom, moet ons ook diegene vergewe wat ons te na gekom het.
Maar vergifnis het ’n baie breër betekenis as wat baie dink.
Wanneer God beloof dat Hy menigvuldiglik sal vergewe, sê Hy,
asof die betekenis van daardie belofte ons verstand te bowe gaan:
“My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë
nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so
is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”
Jesaja 55:8, 9. God se vergifnis is nie ’n blote regsdaad waardeur
ons ver-oordeling tersyde gestel word nie. Dis nie net vergifnis van
die sonde nie, maar herwinning uit die sonde. Dis die uitstraling
[126] van ’n reddende liefde wat die hart verander. Dawid het die ware
begrip van vergifnis gehad toe hy gebid het: “Skep vir my ’n rein
[127]
hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.”
Psalm 51:12. “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver
verwyder Hy ons oortredinge van ons.” Psalm 103:12.
In Christus het God Homself vir ons sondes gegee. Hy het die
wrede kruisdood gesterf, vir ons die skuldlas gedra, “die Regverdige
vir die onregverdiges,” om Sy liefde aan ons te openbaar en ons
na Hom toe te trek. En Hy sê: “Wees vriendelik en vol ontferming
teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle
vergewe het” (Efesiërs 4:32). Laat Christus, die Goddelike Lewe, in
julle leef en deur julle die hemelse liefde openbaar wat die hopeloses
met hoop sal besiel en hemelse vrede na die sondegeteisterde hart
sal bring. Dit is die voor-waarde wat by die drumpel vir ons wag as
ons tot God kom, dat ons met die genade wat ons van Hom ontvang,
onsself moet oorgee om Sy genade aan andere te openbaar.
Die Modelgebed 81

Om die vergewende liefde van God te kan ontvang en bewys, is


een ding noodsaaklik: dat ons die liefde wat Hy vir ons het, ken en
glo (1 Johannes 4:16). Die Satan gebruik elke denkbare mis-leiding
om te verhoed dat ons daardie liefde besef. Hy sal ons oortuig dat
ons foute en oortredinge so groot is dat die Here ons gebede nie
sal verhoor en ons nie sal seën en red nie. Ons kan in onsself niks
anders as swakheid sien nie, niks wat ons by God kan aanbeveel nie;
die Satan vertel ons dat dit hopeloos is; dat ons ons karaktergebreke
nie kan aansuiwer nie. Wanneer ons die Here probeer nader, fluister
die vyand: “Dit help nie om te bid nie; het jy nie daardie bose dinge
begaan nie? Het jy nie teen God gesondig en jou gewete verkrag
nie?” Maar ons kan vir die vyand sê dat die bloed van Jesus Christus
ons van alle sonde reinig. (1 Johannes 1:7.) Wanneer ons voel ons
is sondaars en ons kan nie bid nie, is dit juis die tyd om te bid. Ons
voel moontlik skaam en verneder, maar ons moet bid en glo. “Dit [128]
is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word,
dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van
wie ek die vernaamste is.” 1 Timotheus 1:15. Vergifnis, versoening
met God, is nie beloning vir ons werke nie, dit word nie toegeken
weens die verdienste van sondige mense nie, maar is ’n geskenk aan
ons met die vlekkelose geregtigheid van Christus as grondslag vir
sy toekenning.
Ons moet nie ons skuldlas probeer verlig deur die sonde te verde-
dig nie. Ons moet God se taksering van die sonde aanvaar -en dit is
inderdaad ernstig. Net Golgota kan die ontsaglikheid van die sonde
aan die lig bring. Om self die las te moet dra sou ons verpletter. Maar
die Sondelose het ons plek ingeneem; al verdien ons dit nie, het Hy
ons sonde gedra. “As ons ons sondes bely,” God “is getrou en regver-
dig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te
reinig” (1 Johannes 1:9). Heerlike waarheid! - regverdig teenoor Sy
eie wet, maar Regverdigmaker van almal wat in Jesus glo. “Wie is
’n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding
van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir [129]
ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid.” Miga 7:18.
82 Die Meester se Onsterflike Rede

“Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.”
Mattheüs 6:13.
Versoeking is die uitlokking tot sonde. Dit kom nie van God nie,
maar van die Satan en die boosheid van ons eie harte. “God kan deur
die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.”
Jakobus 1:13.
Die Satan wil ons in versoeking bring, sodat die boosheid van
ons karakters voor mense en engele ontbloot kan word en hy ons
as syne kan opeis. In die simboliese profesie van Sagaria staan die
Satan aan die regterkant van die Engel van die Here en beskuldig
hy Josua, die hoëpriester, wat vuil klere aan het, en hy weerstaan
die werk wat die Engel vir Josua wil doen. Dit is die houding van
die Satan teenoor elke siel wat Christus na Homself trek. Die vyand
verlei ons tot sonde en beskuldig ons voor die heelal dat ons Gods
liefde nie waardig is nie. Maar, “toe sê die Here aan die Satan:
Mag die Here jou bestraf, o Satan! Ja, mag die Here, wat Jerusalem
verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ’n brandhout wat uit die
vuur geruk is nie?” En aan Josua het Hy gesê: “Kyk, Ek het jou
skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.” Sagaria
3:1-4.
God streef in Sy groot liefde daarna om die deugde van Sy Gees
in ons te ontwikkel. Hy laat toe dat ons struikelblokke, moeilikhede
en vervolging teëkom - nie as ’n vloek nie, maar as die grootste seën
van ons lewe. Elke versoeking wat ons weerstaan, elke beproewing
wat ons verduur, bring ’n nuwe ondervinding mee en bevorder die
ontwikkeling van ons karakters. Die siel wat versoekings in die krag
van God kan weerstaan, toon aan die wêreld en aan die hemele hoe
[130] doeltreffend die genade van Christus is.
Maar hoewel ons nie moet toelaat dat beproewinge, hoe bitter
ook al, ons moet ontmoedig nie, moet ons bid dat die Here nie sal
toelaat dat ons na ’n punt gelei sal word waar ons deur die begeertes
van ons eie bose harte weggevoer sal word nie. Deur hierdie gebed
van Christus te bid, onderwerp ons ons aan die leiding van God en
vra ons Hom om ons langs veilige weë te lei. Ons kan die gebed nie
opreg bid en tog nog ons eie weg bewan-del nie. Ons sal wag dat Sy
hand ons lei, ons sal na Sy stem luis-ter as Hy sê: “Dit is die weg,
wandel daarop!” (Jesaja 30:21).
Die Modelgebed 83

Dit is onveilig om stil te staan en te bereken watter voordele


ons kan ontvang as ons aan die Satan se versoekings toegee. Die
sonde bring oneer en rampspoed oor elkeen wat hom daaraan skuldig
maak; maar dit is oëverblindend en verleidelik van aard en lok ons
met vleiende voorstellings. Waag ons ons op die Satan se terrein, het
ons geen waarborg van beskerming teen sy mag nie. So ver moontlik
moet ons elke opening toestop waardeur die verleier toegang tot ons
kan kry.
Die gebed: “Lei ons nie in versoeking nie,” is ook ’n belofte.
As ons ons aan God toevertrou, het ons die versekering dat Hy “nie
sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal
saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan
verdra” (1 Korinthiërs 10:13).
Al beskerming teen die bose is die inwoning van Christus in
die hart deur die geloof in Sy geregtigheid. Dit is die bestaan van
selfsug in ons harte wat maak dat die versoeking mag oor ons het.
Maar as ons die liefde van God aanskou, besef ons hoe afstootlik en
laakbaar selfsug is, en verlang ons dat dit uit die siel verdryf moet
word. Terwyl die Heilige Gees Christus in ons ver-heerlik, word
ons harte week en onderdanig, verloor die versoek-ing sy krag, en
verander die genade van Christus die karakter.
Christus laat geen siel vir wie Hy gesterf het in die steek nie.
Die siel kan Hom verlaat en deur ’n versoeking oorweldig word, [131]
maar Christus draai nooit die rug op een wat Hy met Sy eie lewe
losgekoop het nie. As ons geestelike oë kon oopgaan, sou ons siele
sien wat onder verdrukking en droefheid gebuk gaan soos ’n wa
onder gerwe, gereed om in wanhoop te sterwe. Ons sal ook sien hoe
engele hierdie versoekte siele te hulp snel waar hulle op die rand
van ’n afgrond staan. Die engele van die hemel dryf die bose magte
terug en lei die verdrukte siel terug na vaste grond. Die stryd tussen
die twee leërs is so werklik soos dié wat tussen die leërs van die
wêreld gevoer word, en die lotsbestemming van mense hang van die
uitslag van hierdie geestelike stryd af.
Tot ons, soos tot Petrus, kom die woord: “Die Satan het vurig
begeer om jou soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou
geloof nie ophou nie” (Lukas 22:31, 32). Dank God ons staan nie
alleen nie. Hy wat die wêreld so liefgehad het dat Hy Sy eie Seun
gegee het, “sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,
84 Die Meester se Onsterflike Rede

maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16), sal ons in die stryd
met die teenstander van God en mens nie verlaat nie. “Kyk,” sê Hy,
[132] “Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en
oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”
Lukas 10:19.
Bly in voeling met die lewende Christus, en Hy sal u hand altyd
vashou. Ken en glo die liefde wat God vir ons het, en u is veilig;
daardie liefde is ’n ondeurdringbare vesting vir die misleid-ings en
aanslae van die Satan. “Die Naam van die Here is ’n sterk toring;
die regverdige hardloop daarin en word beskut.” Spreuke 18:10.

“Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid.”


Mattheüs 6:13.
Soos die aanvangsin van die modelgebed, leer die slotsin ons
dat onse Vader verhewe is bo alle mag en gesag en elke naam wat
genoem word. Die Heiland het ’n toekomsblik gewerp op die jare
wat vir Sy dissipels voorgelê het, en hulle anders gesien as wat Sy
dissipels gedroom het - nie in die sonlig van wêreldse voor-spoed
en eer gehul nie, maar donker van die storms van mense-haat en
[133] sataniese toorn. Die voetstappe van die dissipels, omring deur die
volk se stryd en ondergang, sou hulle deur baie gevare lei, en dikwels
sou vrees hul harte beklem. Hulle sou Jerusalem in puin sien, die
tempel verwoes, om nooit weer vir aanbidding gebruik te word nie,
met Israel deur alle lande verstrooi, soos wrakke op ’n woestynkus.
Jesus het gesê: “Julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.”
“Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk
teen die ander; en daar sal honger-snode wees en pessiektes en
aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is ’n begin
van die smarte.” Mattheüs 24:6-8. Tog moes Christus se volgelinge
nie vrees dat hulle geen hoop meer het of dat God die aarde verlaat
het nie. Die krag en die heerlikheid behoort aan Hom wie se planne
ongehin-derd verwesenlik sal word. In die gebed wat hul daaglikse
behoeftes te kenne gee, is die dissipels aangesê om bo al die krag en
heerskappy van die Bose heen te kyk na die Here hulle God, wie se
koninkryk oor almal heers en wat hul Vader en ewige Vriend is.
Die verwoesting van Jerusalem was simbolies van die uitein-
delike verwoesting wat oor die wêreld sal kom. Die profesieë, wat
Die Modelgebed 85

gedeeltelik vervul is in die omverwerping van Jerusalem, is meer


regstreeks van toepassing op die laaste dae. Ons staan op die voor-
aand van grootse en gewigtige gebeurtenisse. ’n Krisis lê voor ons
soos wat die wêreld nog nooit beleef het nie. En die-selfde soete
versekering wat aan die eerste dissipels gegee is, word aan ons gegee,
dat die koninkryk van God oor alles heers. Die program van gebeur-
tenisse berus in die hande van ons Maker. Die hemelse Majesteit het
die bestemming van die volke, asook die belange van Sy kerk, in Sy
eie hande. Die Goddelike Leermeester sê vir elke werktuig in die
vervulling van Sy planne, soos Hy vir Kores gesê het: “Ek omgord
jou, hoewel jy My nie geken het nie” (Jesaja 45:5).
In die gesig van die profeet Esegiël verskyn daar ’n hand onder [134]
die vlerke van die gerubs. Dit is ’n les aan Sy dienaars dat dit
die krag van God is wat hulle sukses besorg. Diegene wat God
as Sy boodskappers gebruik, moet nie dink dat Sy werk van hulle
afhang nie. Dit word nie aan sterflinge oorgelaat om die verant-
woordelikheid te dra nie. Hy wat nooit sluimer nie, wat gedurig aan
die werk is om Sy planne uit te voer, sal Sy werk voortsit. Hy sal
die planne van goddelose mense verydel en verwarring bring onder
diegene wat saamsweer om Sy volk kwaad aan te doen. Hy wat die
Koning is, die Here van die leërskare, sit tussen die gerubs, en te
midde van die stryd en beroering onder die nasies beskerm Hy steeds
Sy kinders. Hy wat in die hemele regeer, is ons Verlosser. Hy meet
elke beproewing, Hy waak oor die vuuroond wat elke siel louter.
Wanneer konings se vestings val, wanneer die pyle van woede Sy
vyande se harte tref, sal Sy volk veilig in Sy hande wees. [135]
6 Nie Oordeel Nie, Maar Doen

“Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.”


Mattheüs 7:1.
Om te probeer om jou saligheid deur jou eie werke te verdien,
lei noodwendig tot die opstapeling van ’n muur van menslike voor-
skrifte teen die sonde. Sodra die mens besef dat hy die wet nie
kan onderhou nie, bedink hy allerhande reëls en vereistes om hom
tot gehoorsaamheid te dwing. Dit trek die aandag van God af na
jouself. Liefde vir God sterf in die hart, en daarmee ook die liefde
vir jou medemens. ’n Stelsel wat deur die mens bedink is, met sy
eindelose reeks voorskrifte, beweeg die voorstanders daarvan om
almal wat nie aan hierdie voorskrifte voldoen nie, te veroordeel.
Hierdie selfsug-tige, eng kritiese houding smoor talle edelmoediger
en groothart-ige gewaarwordings en maak van die mens eiegeregtige
regters en kleinlike spioene.
Jesus het gesê: “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel
word nie.” Dit wil sê, moenie jouself as standaard voorhou nie.
[136] Moenie jou menings, jou idees van plig, jou vertolkings van die
Skrifte, ’n standaard vir ander maak en hulle veroordeel as hulle
nie aan jou ideaal beantwoord nie. Moenie ander mense kritiseer,
probeer raai wat hul motiewe is, en oordeel oor hulle uitspreek nie.
“Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here
kom nie, wat nie verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring
en die bedoelinge van die hart openbaar sal maak.” 1 Korinthiërs 4:5.
Ons kan die hart nie beoordeel nie. Ons is self feilbaar en onbevoeg
om te oordeel. Sterflinge kan net volgens die uiterlike oordeel. Net
aan Hom, wat die verborge oorsprong van ons dade ken, en wat teer
en medelydend optree, is dit gegee om oor die lot van elke siel te
beslis.
“Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder
verontskuldiging; want waarin jy ’n ander oordeel, veroordeel jy
jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.” Romeine 2:1.

86
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 87

Mense wat ander dus kritiseer of veroordeel, verklaar dat hulle self
skuldig is, want hulle doen dieselfde dinge. Deur ander te veroordeel,
vel hulle vonnis oor hulself, en die Here verklaar dat hierdie vonnis
regverdig is. Hy aanvaar hul eie uitspraak teen hulself.

“Met lompe voete, nog vol klei,


trap ons die tenger blomme plat;
met growwe hande sal ons aan
’n vriend se fyn hartsnare vat”

“En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder?”
Mattheüs 7:3.
Selfs die sin “jy wat oordeel doen dieselfde dinge” gee nie uit-
drukking aan die volle omvang van die sonde van iemand wat hom
die reg aanmatig om sy broeder te veroordeel nie. Jesus het gesê:
“Waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die [137]
balk in jou eie oog merk jy nie op nie?”
Hiermee beskryf Hy iemand wat ander se foute baie gou raaksien.
Sodra hy meen hy het ’n gebrek in iemand se lewe of karakter ontdek,
bring hy dit ywerig op die lappe; maar juis hierdie gesindheid om so
onchristelik op te tree is, vergeleke met die fout waarop die kritiek
gemik is, soos ’n balk teenoor ’n splinter. Dit is weens jou eie gebrek
aan lankmoedigheid en liefde dat ’n mens van ’n atoom ’n wêreld
maak. Mense wat nog nie die ne-derigheid van ’n algehele oorgawe
aan Christus ken nie, lê nie die versagtende invloed van die Hei-land
se liefde aan die dag nie. Hulle gee ’n verwronge voorstelling van
die sagmoedige, hoflike gees van die evangelie en kwets kosbare
siele vir wie Christus gesterf het. Volgens die beeld wat ons Heiland
gebruik, is hy wat ’n vitterige gees aan die dag lê, aan groter sonde
skuldig as die persoon wat hy beskuldig, want hy begaan nie net self
daardie sonde nie, maar is boonop nog verwaand en vitterig.
Christus is al ware maatstaf vir karakters, en hy wat homself
as maatstaf vir andere stel, stel hom-self in die plek van Christus. [138]
En aangesien die Vader “die hele oordeel aan die Seun gegee” het
(Johannes 5:22), matig hy wat ander oordeel hom die regte aan wat
net die Seun van God toekom. Hierdie selfaangestelde regters en
kritici skaar hulle aan die kant van die antichris, “wat hom verhef
88 Die Meester se Onsterflike Rede

bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat


hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is”
(2 Thessalonicense 2:4).
Die sonde wat tot die grootste ongeluk lei, is die gevoellose,
kritiese, onvergewensgesinde gees wat die Fariseërs gekenmerk het.
As liefde in die godsdienslewe ontbreek, is Jesus nie daar nie en
ontbreek ook die sonskyn van Sy teenwoordigheid. Geen drukke
bedrywigheid of Christuslose ywer kan die gebrek aansuiwer nie.
Andere se tekortkominge kan met groot skerpsinnigheid raakgesien
word, maar aan elkeen wat hierdie gees openbaar, sê Christus: “Ge-
veinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om
[139] die splinter uit die oog van jou broeder te haal.” Hy wat aan die on-
geregtigheid skuldig is, is die eerste om ongeregtigheid te vermoed.
Sy veroordeling van ’n ander is ’n poging om die boosheid in sy eie
lewe te verberg of goed te praat. Dit is deur die sonde dat die mens
die kwaad geleer ken het. Pas het die eerste mensepaar gesondig, of
hulle begin mekaar te beskuldig; en dit is die onvermydelike gedrag
van die menslike gees wat nie deur die genade van Christus beheers
word nie.
Mense wat aan hierdie beskuldigende gees toegee, is nie tevrede
om net op die broeder se tekortkoming te wys nie. As hulle hom nie
kan oorreed om te doen wat hulle meen dat hy moet doen nie, gaan
hulle tot dwang oor. Sover moontlik sal hulle mense dwing om te
doen wat na hul mening reg is. Dit is wat die Jode in Christus se
tyd gedoen het en wat die kerk sedertdien nog altyd gedoen het toe
hy die genade van Christus kwytgeraak het. Toe die krag van die
liefde hom verlaat het, het hy na die sterk arm van die staat gegryp
om sy leer af te dwing en sy bevele uit te voer. Hier lê die geheim
van al die godsdienstige wette wat nog ooit gemaak is en van alle
vervolging sedert die tyd van Abel.
Christus dwing nie, maar trek die mens na Hom. Al dwang wat
Hy gebruik, is die drang van die liefde. As die kerk hom op die steun
van die wêreldse gesag beroep, is dit duidelik dat hy sonder die krag
van Christus is - naamlik die drang van die liefde.
Maar die moeilikheid lê by die individuele lede van die kerk, en
hier moet die antwoord ook gevind word. Jesus raai die beskuldiger
aan om eers die balk uit sy eie oog te haal, af te sien van sy vitte-
rige gees, sy eie sonde te bely en te los, voordat hy ander probeer
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 89

hervorm. “Want dit is nie ’n goeie boom wat slegte vrugte dra nie,
en ook nie ’n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.” Lukas 6:43.
Die beskuldigende gees waaraan u toegee, is slegte vrugte en toon
dat die boom sleg is. Dit is vir u nutteloos om u eie geregtigheid te [140]
probeer bewerk. Wat u nodig het, is ’n verandering van hart. U moet
dit eers ondervind voor u toegerus is om andere te bestraf, “want uit
die oorvloed van die hart praat die mond” (Mattheüs 12:34).
As ’n siel voor ’n krisis te staan kom en u probeer hom raad gee
of vermaan, sal die goeie invloed wat u woorde uitoefen net gelyk
staan aan dié van u eie voorbeeld en gesindheid. U moet goed wees
voordat u goed kan doen. U kan geen invloed uitoefen wat andere
sal verhef voordat u eie hart verneder en gelouter en sag gemaak
is deur die genade van Christus nie. As hierdie ve-randering in u
plaasgevind het, sal dit vir u net so natuurlik wees om andere tot
seën te wees as vir die roosboom om sy geurige blomme te dra of
vir die wynstok om sy pers trosse voor te bring.
As Christus in u “die hoop van die heerlikheid” is, sal dit nie in
u aard wees om andere se foute te soek en uit te basuin nie. Eerder
as om te beskuldig en te veroordeel, sal u streef om te help, tot seën
te wees, en te red. Wanneer u met dwalendes te doene kry, sal u ag
slaan op die vermaning: Let op jouself “dat jy ook nie versoek word
nie” (Galasiërs 6:1). U sal onthou hoe dikwels u self afgedwaal het
en hoe moeilik dit vir u was om weer die regte pad te vind nadat u
dit byster geraak het. U sal u broeder nie na groter duisternis dryf
nie, maar met ’n hart vol liefde sal u hom op sy gevaar wys.
Hy wat dikwels na die kruis van Golgota kyk en onthou dat sy
sonde die Heiland daaraan gespyker het, sal nooit die mate van sy
skuld met dié van ander probeer vergelyk nie. Hy sal nie op die
regstoel klim om ’n ander te beskuldig nie. ’n Gees van kritiek en
selfverheffing is onmoontlik vir diegene wat in die skaduwee van
die kruis van Golgota wandel.
Eers wanneer u bereid is om u eie waardigheid prys te gee en
selfs u lewe neer te lê om ’n dwalende broeder te red, het u die
balk uit u oog gehaal en is u in staat om u broeder te help. Dan [141]
kan u hom nader en sy hart aanraak. Niemand is nog ooit deur
bestraffing en verwyt van sy dwaling gered nie; maar baie is op dié
manier al van Christus weggedryf en teen oortuiging verhard. ’n
Minsame gees, ’n aantreklike gesindheid kan die dwalende red en ’n
90 Die Meester se Onsterflike Rede

menigte sondes bedek. Die openbaring van Christus in u eie karakter


het verkwikkende krag op almal met wie u in aanraking kom. Laat
Christus daagliks in u geopenbaar word, en Hy sal die skeppingskrag
van Sy woord deur u openbaar - ’n sagmoedige, oorredende maar
magtige invloed om ander siele na die skoonheid van die Here onse
God te herskep.

“Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop,
en vir julle sal oopgemaak word.” Mattheüs 7:7.
Om alle moontlikhede van ongeloof, misverstand of wanver-
tolk-ing van Sy woorde uit die weg te ruim, herhaal die Here die
drievoudige belofte. Hy wil graag hê dat almal wat na God soek, in
Hom moet glo wat tot alle dinge in staat is. Daarom voeg Hy by:
“Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom
wat klop, sal oopgemaak word.”
Die Here stel geen voorwaardes nie - behalwe dat u honger
moet wees vir Sy genade, Sy raad moet begeer en na Sy liefde moet
verlang. “Bid.” Deur te vra, bewys u dat u u behoefte besef; en as u
glo wat u vra, sal u dit ontvang. Die Here het Sy woord gegee, en dit
staan vas. As u met ware berou na Hom toe kom, hoef u nie te voel
dis voorbarig om te vra wat die Here belowe het nie. As u om die
nodige seëninge vra sodat u ’n karakter soos dié van Christus kan
ontwikkel, gee die Here u die versekering dat u volgens ’n belofte
bid wat bekragtig sal word. Om te voel en te weet dat u ’n sondaar is,
is genoeg rede om Hom om Sy genade en barmhartigheid te vra. Die
voorwaarde waarvolgens u na die Here kan kom, is nie dat u heilig
moet wees nie, maar dat u verlang dat Hy u van alle ongeregtigheid
[142] moet reinig. Die pleidooi wat ons nou en altyd kan aanvoer, is ons
groot behoefte, ons algehele hulpeloosheid wat Hom en Sy reddende
krag so uiters noodsaaklik maak.
“Soek.” U moet nie net na Sy seën verlang nie, maar wel na Hom.
“Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê.” Job 22:21.
Soek, en u sal vind. God soek na u, en die begeerte wat u voel om
na Hom toe te kom, is juis Sy Gees wat u aantrek. Gee u oor aan
daardie roepstem. Christus pleit ten behoewe van die versoekte, die
dwalende en die ontroue. Hy wil hulle ophef tot gemeenskap met
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 91

Hom. “As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind.” 1 Kronieke
28:9.
“Klop.” Ons kom na God op uitnodiging, en Hy wag om ons in
Sy binnekamer te verwelkom. Die eerste dissipels wat Jesus gevolg
het, was nie tevrede met ’n verbygaande gesprekkie met Hom nie;
hulle het gevra: “Rabbi... waar is U tuis?... Hulle het gegaan en [143]
gesien waar Hy tuis was, en die dag by Hom gebly” (Johannes 1:39,
40). So het ons toegang tot die intiemste gemeenskap met God.
Jesus het heengekyk oor die skare wat bymekaar gekom het om
na Hom te luister, en het inniglik verlang dat die groot skare die
genade en goedertierenheid van God moes verstaan. As ’n beeld
van hulle behoefte en van God se gewilligheid om te gee, het Hy
’n honger kind gebruik wat sy aardse ouer om brood vra. “Watter
mens is daaronder julle,” sê Hy, “wat, as sy seun hom brood vra, aan
hom ’n klip sal gee?” Hy beroep Hom op die tere, natuurlike liefde
van ’n ouer vir sy kind, en dan sê Hy: “As julle wat sleg is, dan weet
om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle
Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid?”
Geen mens met ’n vaderhart sal sy rug draai op sy honger seun wat
hom om brood vra nie. Dink julle hy sal dit oor sy hart kry om sy
kind vir die gek te hou, of om hom te treiter deur sy verwagtinge
op te wek net om hom teleur te stel? Sou hy beloof om hom goeie,
voedsame kos te gee en hom dan ’n klip gee? Sal iemand die Here
dan so ’n oneer aandoen om te dink dat Hy Hom nie aan Sy kinders
se smeekstemme sal steur nie?
As julle wat menslik en sleg is, dan “weet om goeie gawes
aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die
Heilige Gees gee aan die wat hom bid?” (Lukas 11:13). Die Heilige
Gees, Sy eie verteenwoordiger, is die grootste van alle gawes. Alle
“goeie dinge” word in Hom saamgevat. Die Skepper self kan ons
niks groters of beters gee nie. As ons die Here smeek om ons uit
ons benoudheid te red, of ons deur Sy Heilige Gees te lei, sal Hy
ons gebed nooit veronagsaam nie. Dit sou vir ’n ouer nog moontlik
wees om sy honger kind te veronagsaam, maar die Here kan nooit
die geroep van die behoeftige en verlang-ende hart verwerp nie. Hoe
tederlik beskryf Hy nie Sy liefde nie! Vir mense wat in donkere tye [144]
voel dat God Hom nie aan hulle steur nie, kom hierdie boodskap
uit die Vaderhart: “Sion sê: Die Here het my verlaat, en die Here
92 Die Meester se Onsterflike Rede

het my vergeet! Kan ’n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie
ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet,
nogtans sal Ek jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms
gegraveer.” Jesaja 49:14-16.
Elke belofte in die Woord van God gee ons iets om voor te bid,
en die woord van die Here is ons waarborg. Dit is ons voorreg om
elke geestelike seën wat ons nodig het deur Jesus te eis. Met die
eenvoud van ’n kind kan ons die Here vra presies wat ons nodig het.
Ons kan ons stoflike behoeftes aan Hom voorlê en Hom om voedsel
en klere vra, net soos ons om die brood van die lewe en die kleed
van Christus se geregtigheid moet vra. U hemelse Vader weet dat
u al hierdie dinge nodig het, en u word genooi om Hom daarom te
vra. Deur die Naam van Jesus word elke guns ontvang. Die Here
sal daardie Naam respekteer en in al u behoeftes voorsien uit die
rykdom van Sy milddadigheid.
Maar moenie vergeet dat u, as u tot God as Vader kom, daarmee
u kindskap erken nie. U vertrou nie net op Sy goedheid nie, maar
u onderwerp u in alle opsigte aan Sy wil, in die wete dat Sy liefde
onveranderlik is. U wy uself aan Sy werk. Dit is aan hulle vir wie Je-
sus aangeraai het om eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid
te soek dat Jesus belowe het. “Bid en julle sal ontvang” (Johannes
16:24).
Die gawes van Hom wat alle mag in die hemele en op aarde het,
is daar vir die kinders van God. Gawes wat so kosbaar is dat ons
hulle deur die duur offer van die Heiland se bloed ontvang; gawes
wat die diepste verlangens van die hart sal bevredig; gawes wat so
lank soos die ewigheid sal duur, sal ontvang en geniet word deur
almal wat soos kindertjies tot God wil kom. Aanvaar God se beloftes
[145] as u eie, lê hulle aan Hom voor as Sy eie woorde, en u sal versadiging
en vreugde vind.
[146]

“Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen,
net so moet julle aan hulle ook doen.” Mattheüs 7:12.
Nadat Jesus ons verseker het van die liefde van God vir ons,
beveel Hy ons om mekaar lief te hê - in een allesomvattende beginsel
wat alle menslike verhoudinge insluit.
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 93

Die norm van ons verpligtinge teenoor andere is te vind in ons


eie beskouing van wat hul verpligtinge teenoor ons is. In u om-
gang met ander, stel u in hulle plek. Dink u in in hul gevoelens, hul
moeilikhede, hul teleurstellings, hul vreugde en hul verdriet. Ver-
eenselwig u met hulle, en behandel hulle dan soos u self behandel
sou wou wees as u in hul skoene gestaan het. Dit is die ware toets
van eerlikheid. Dit is ’n ander manier om te sê: “Jy moet jou naaste
liefhê soos jouself” (Mattheüs 22:39). In hoofsaak is dit ook wat die
profete geleer het. Dit is ’n beginsel van die hemel, en almal wat
hulle voorberei vir die heilige gemeenskap van die hemel, sal dit [147]
aankweek.
Die gulde reël is die beginsel van ware hoflikheid, en die beste
voorbeeld daarvan word in die lewe en die karakter van Jesus gesien.
Hoe het die daaglikse lewe van ons Heiland gestraal van teerheid
en van skoonheid! Hoe aangenaam was Sy teenwoor-digheid! Sy
kinders sal dieselfde gees openbaar. Diegene in wie Christus woon,
word in ’n Goddelike atmosfeer gehul. Die wit gewaad van hul
reinheid sal welriekend wees met die geure van Gods tuin. Die glans
van Sy aangesig sal in hulle s’n weerkaats word en dit sal die pad
verlig vir die struikelende, moeë lewensreisiger.
Niemand wat ’n volmaakte karakter waarlik nastreef sal nalaat
om die meegevoel en teerheid van Jesus te openbaar nie. Welwil-
lendheid versag die hart, verfyn en louter die gevoelens en bring ’n
hemelse verfyndheid en sin vir welvoeglikheid in die lewe.
Maar die gulde reël het nog ’n dieper betekenis. Elkeen wat ’n
rentmeester van die veelvuldige genade van God is, moet dit met
siele deel wat in onkunde en duisternis verkeer, net soos hy van hulle
sou verwag. Die apostel Paulus het verklaar: “Teenoor Grieke sowel
as nie-Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ’n
skuldenaar” (Romeine 1:14). In die mate wat u die liefde van God
geken het, in die mate wat u die rykdom van Sy genade, meer as die
agterlikste en mees versonke siel op aarde ontvang het, in dié mate
is u ’n skuldenaar teenoor daardie siel om daardie gawes met hom
te deel.
Dit geld ook vir die seëninge van hierdie lewe; wat jy ook al meer
as jou medemens besit, plaas jou in dieselfde mate onder verpligting
teenoor almal wat minder bevoorreg is. As ons rykdom of selfs die
geriewe van die lewe besit, staan ons onder ernstige verpligting om
94 Die Meester se Onsterflike Rede

te sorg vir die sieke, die weduwee en die vaderlose, presies soos ons
van hulle sou verwag as hulle en ons omstandighede omgekeerd
[148] was.
Onregstreeks leer die gulde reël ons dieselfde les wat elders in
die Bergrede geleer word: “Met die maat waarmee julle meet, sal
weer vir julle gemeet word.” Wat ons aan ander doen, of dit goed
of kwaad is, sal sekerlik op ons self as ’n seën of vloek terugkaats.
Wat ons gee, sal ons terugontvang. Die aardse seëninge wat ons
aan ander meedeel, word dikwels in gelyke munt weer aan ons
uitbetaal. Dikwels kry ons wat ons aan ander gegee het viervoudig
terug wanneer ons dit nodig het. Maar afge-sien hiervan word alle
gawes selfs in hierdie lewe terugbetaal met die oorvloed van Sy
liefde, wat die volle hemelse heerlikheid en rykdom is. Die kwaad
wat ’n mens ander aandoen, kom ook op jou eie hoof neer. Elkeen
wat ’n ander veroordeel of ontmoedig, sal in sy eie ondervinding
die paadjie moet bewandel wat hy ander laat bewandel het; hy sal
[149] voel wat hulle gely het omrede van sy gebrek aan meegevoel en
teerhartigheid.
Die liefde van God teenoor ons sorg daarvoor. Sy begeerte is
dat ons ons eie hardheid van hart moet verafsku en ons harte moet
oopstel vir die inwoning van Jesus. So baar die kwaad goed, en wat
na ’n vloek gelyk het, word ’n seën.
Die gulde reël is die ware maatstaf van die Christelike lewe; wat
nie daaraan voldoen nie, is bedrog. ’n Geloof wat mense leer om
diegene gering te skat wat vir Christus so waardevol was dat Hy
Homself vir hulle gegee het; ’n geloof wat ons onverskillig maak
teenoor die behoeftes, lyding en regte van ander, is ’n valse geloof.
As ons die aansprake van die armes, die lydendes en die sondaar
geringskat, toon ons dat ons verraaiers van Christus is. Dit is omdat
mense die benaming Christen aaneem terwyl hul lewenswyse Sy
karakter verloën, dat die Christelike geloof so min krag in die wêreld
het. Hierdie dinge is die oorsaak dat die Naam van die Here belaster
word.
Van die apostoliese kerk in die dae toe die heerlikheid van die
herrese Heiland op hulle geskyn het, staan geskrywe: “Nie een het
gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie.” “Want nie-mand
onder hulle was behoeftig nie.” “En met groot krag het die apostels
getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 95

genade was oor hulle almal.” “En dag vir dag het hulle eendragtig
volhard in die tempel en van huis tot huis brood ge-breek en hulle
voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle
God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het
daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.” Handelinge 4:32,
34, 33; 2:46, 47.
In die hemel en op aarde is geen kragtiger waarheid geopen-baar
as dié wat geopenbaar word in dade van ontferming teenoor diegene
wat ons meegevoel en hulp nodig het nie. Dit is die waarheid soos ons
dit in Jesus vind. Wanneer diegene wat die Naam van Christus bely
die beginsels van die gulde reël uitleef, sal die evangelie dieselfde [150]
krag hê as in die tyd van die apostels.

“Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei.”
Mattheüs 7:14.
In Christus se tyd het die mense in Palestina in ommuurde stede
gewoon wat hoofsaaklik op heuwels of berge geleë was. Die poorte
is sononder gesluit, en die ingange moes langs steil, klipperige paaie
bereik word. Dikwels moes die reisiger wat teen die einde van die
dag op pad huis toe was, die moeisame pad haastig uitklim om die
poort voor die nag te bereik. Laatkommers moes buite slaap.
Die smal opdraandepad huis toe het Jesus van ’n indruk-wek-
kende beeld voorsien om die Christelike weg voor te stel. Hy het
gesê: Die pad wat Ek voor jou stel, is smal; dis moeilik om deur die
poort te gaan, want die gulde reël sluit alle hoogmoed en selfsug
uit. Daar is wel ’n breër pad, maar die einde daarvan is ondergang.
As mens die weg van die geestelike lewe wil bewan-del, moet jy
gedurig klim, want dit gaan opdraande. Jy moet met die minderheid
saamgaan, want die meerderheid verkies die afdraandepad.
Die hele mensdom met al sy wêreldsheid, al sy selfsug, hoog-
moed, oneerlikheid en sedelike verval, kan die weg na die dood
bewandel. Daar is ruimte vir elkeen se menings en leerstellings, en
om sy eie sin te kry - om te doen wat sy eie-liefde ook al voorskryf.
Om die weg van die verderf te kan bewandel, is dit nie nodig om na
die pad te soek nie, want die poort is wyd en die pad is breed en die
voete neig van nature na daardie pad wat na die dood lei.
96 Die Meester se Onsterflike Rede

Maar die weg na die lewe is nou en die ingang is smal. As


u aan ’n boesemsonde vaskleef, sal u ontdek dat die weg te smal
vir u is om in te gaan. U eie sin, u eie wil, u bose praktyke en
[151] gewoontes moet prysgegee word as u op die weg van die Here wil
wandel. Hy wat Christus wil volg, kan die wêreld se menings nie
huldig en aan die wêreld se standaard nie voldoen nie. Die paadjie
na die hemel is te smal vir selfgerigte ambisie, te steil en skurf vir
gemaksugtiges. Arbeid, geduld, selfopoffering, verwyt, armoede,
teëspraak van sondaars teen Hom - dit was Christus se lot, en dit
moet ook ons lot wees as ons ooit in die Paradys van God wil ingaan.
Tog moet u nie dink dat die opdraandepad moeilik en die af-
draandepad maklik is nie. Orals langs die pad van die dood is pyn
en boete, verdriet en teleurstellings, waarskuwings om nie verder
te gaan nie. Die liefde van God het dit vir onverskilliges en hard-
koppiges moeilik gemaak om hulself te vernietig. Die Satan se
pad word wel aantreklik voorgestel, maar dis ’n misleiding; op die
weg van sonde wag bittere berou en knaende sorge. Ons dink dis
aangenaam om hoogmoed en wêreldse ambisie na te streef, maar
die einde is pyn en verdriet. Selfsugtige planne hou moontlik wel
[152] vleiende beloftes in met vooruitsigte op genot, maar ons geluk word
vergiftig en ons lewe verbitter deur selfsugtige verwagtinge. Die
[153]
afdraandepad se poort is moontlik met blomme versier, maar die
pad is met dorings besaai. Die lig van hoop wat by die ingang skyn,
verflou in die duisternis van wanhoop, en die siel wat daardie pad
volg, daal neer in die skaduwees van ’n eindelose nag.
“Die weg van die ontroues is hard,” maar wysheid se “weë is
lieflike weë, en al sy paaie is vrede” (Spreuke 13:15; 3:17). Elke
daad waarmee ons Christus gehoorsaam, elke selfverloëning ter wille
van Hom, elke beproewing wat ons verduur, elke oorwinning oor ’n
versoeking, is ’n stap in die rigting van heerlikheid en uiteindelike
oorwinning. As ons Christus ons gids maak, sal Hy ons veilig lei.
Die grootste sondaar hoef nie te verdwaal nie. Nie een bewende
soeker hoef die voorreg mis te loop om in suiwere, heilige lig te
wandel nie. Al is die weg so smal, so heilig dat sonde daar nie geduld
word nie, is toegang vir almal nogtans verseker, en geen twyfelende,
bewende siel hoef te sê: “God steur Hom nie aan my nie.”
Al is die pad ru en steil; al is daar slaggate links en regs; al is ons
reis moeisaam, al moet ons maar aansukkel wanneer ons al moeg
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 97

is en na rus verlang; al moet ons veg as ons swak voel; al moet


ons aanhou hoop as ons mismoedig word; met Christus as ons gids
sal ons die begeerde oord uiteindelik bereik. Christus het die ruwe
weg self voor ons uit bewandel, en Hy het die pad vir ons voete
gelykgemaak.
En langs die hele ent pad na die ewige lewe is fonteine van geluk
om die moeë reisiger te verkwik. Hulle wat die weg van wysheid
bewandel, is selfs in verdrukking blymoedig en verheug, want Hy
wat hul siele liefhet, wandel onsigbaar langs hulle. Met elke tree skyn
die lig van die Onsienlike helderder op hul weg; en hul lofliedere
styg al hoër totdat hulle saam met die engele voor Sy troon sing.
“Die pad van die regverdiges is soos die lig van die móreglans, wat [154]
al helderder word tot die volle dag toe.” Spreuke 4:18.

“Stry hard om in te gaan deur die nou poort.” Lukas 13:24.


Die laat reisiger wat hom gehaas het om die stadspoort voor
sononder te bereik, kon nie langs die pad vertoef ter wille van ver-
maak nie. Hy het net een doel voor oë gehad - om deur die poort
te kom. Net so doelgerig, het Jesus gesê, moet die Christelike lewe
wees. Ek het die heerlike karakter, wat die ware heerlikheid van
My koninkryk is, aan jou geopenbaar. Dit belowe jou geen aardse
koninkryk nie, maar dit is jou hoogste strewe en inspan-ning werd.
Ek roep jou nie om vir die wêreld se grootste ryk te kom veg nie,
maar dit wil nog nie sê dat daar geen stryd te stry of geen oorwinning
te behaal is nie. Ek raai jou aan om te stry en te worstel om in My
geestelike koninkryk in te gaan.
Die Christelike lewe is ’n stryd en ’n skof. Maar die oorwinning
word nie deur die krag van die mens behaal nie. Die hart is die [155]
slagveld. Die stryd - die grootste wat die mens nog gevoer het -is om
die eie-ek aan die wil van God te onderwerp, om die hart oor te gee
aan die koningskap van die liefde. Die ou geaardheid wat uit bloed
en uit die wil van die vlees gebore is, kan nie die koninkryk van
die hemele beërwe nie. Die oorgeërfde neiginge, die ou gewoontes,
moet versaak word.
Wie vasberade is om in die geestelike koninkryk in te gaan,
sal ontdek dat al die mag en die hartstogte van die onwederge-
bore natuur, gerugsteun deur die magte van die koninkryk van die
98 Die Meester se Onsterflike Rede

duisternis, teen hom in die stryd gewerp word. Selfsug en trots


sal hulle verset teen enigiets wat hulle sondigheid ontmasker. Ons
kan nie die bose begeertes en gewoontes wat veg om die oor-hand
oor ons te kry, op eie houtjie oorwin nie. Ons kan nie die magtige
vyand wat ons in sy greep het, te bowe kom nie. Die Here alleen
kan ons die oorwinning gee. Hy wil hê dat ons die oorwinning oor
onsself, ons wil en ons weë moet behaal. Maar Hy kan nie sonder ons
toestemming en medewerking in ons vaardig wees nie. Die Heilige
Gees tree op deur die vermoëns wat aan die mens gegee is. Ons eie
kragte moet met die Here saamwerk.
Die oorwinning word nie sonder ernstige gebede behaal nie,
nie sonder die onderwerping van die eie-ek met elke tree nie. Ons
wil kan nie gedwing word om met God saam te werk nie; dit moet
vrywillig onderwerp word. Al sou die Gees van God ’n honderd
maal sterker op u afgedwing kon word, sou dit nie ’n Christen van u
maak wat vir die hemel geskik is nie. Dit sou die Satan se ves-ting
nog nie vernietig nie. Die wil moet hom aan die kant van Gods wil
skaar. U is nie in staat om u strewe, u begeertes en neiginge in eie
krag aan die wil van God te onderwerp nie; maar as u gewillig is om
gewillig gemaak te word, sal God die werk vir u doen en “planne
verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God,
[156] en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus”
(2 Korinthiërs 10:5). Dan sal u u “eie heil” “met vrees en bewing”
uitwerk, “want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te
werk na sy welbehae” (Filippense 2:12, 13).
Maar daar is baie wat aangetrek word deur die skoonheid van
Christus en die heerlikheid van die hemel, maar wat afgeskrik word
deur die voorwaardes wat nodig is om dit te verkry. Daar is baie
op die breë weg wat nie heeltemal tevrede is met die weg wat hulle
bewandel nie. Hulle wil graag losbreek uit die verslaw-ing van die
sonde, en hulle probeer om in hul eie krag te veg teen hierdie sondige
lewe. Hulle kyk na die smal weg en die enge poort, maar selfsugtige
plesier, liefde vir die wêreld, hoogmoed en ongeheiligde ambisie
rig ’n skeidsmuur tussen hulle en die Heiland op. Om hulle eie wil,
hul eie liefde of belange prys te gee, vereis ’n opoffering wat hulle
laat aarsel en terugdeins. Baie “sal probeer om in te gaan en sal nie
in staat wees nie” (Lukas 13:24). Hulle verlang na die goeie, en
probeer tog om dit te verkry, maar hulle gryp dit nie aan met die
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 99

hele hart nie; hulle het hulle nie voorgeneem om dit tot elke prys te
verkry nie.
Al hoop wat ons op oorwinning het, is om ons wil met die wil van
God te verenig en om elke uur, elke dag met Hom saam te werk. Ons
kan die eie-ek nie behou en nog in die koninkryk van God ingaan
nie. As ons ooit heilig sou word, sal dit wees omdat ons die eie-ek
afgesweer en die gesindheid van Christus ontvang het. Hoogmoed
en selfgenoegsaamheid moet gekruisig word. Is ons bereid om die
prys te betaal wat van ons verwag word? Is ons gewillig om ons
wil volkome in ooreenstemming met die wil van God te laat bring?
Totdat ons gewillig is, kan die vernuwende genade van God nie in
ons geopenbaar word nie.
Die stryd wat ons moet stry is die goeie stryd van die geloof. Die
apostel Paulus het gesê: “Ek arbei en stry volgens sy werking wat in
my werk met krag.” Kolossense 1:29. [157]

“Pas op vir die valse profete.” Mattheüs 7:15.


Valse leraars sal opstaan om u weg te lok van die enge pad en
die nou poort. Pas op vir hulle; hulle dra wel skaapsklere, maar van
binne is hulle roofsugtige wolwe. Jesus vertel ons hoe ons die valse
leraars van die wares kan onderskei. “Aan hulle vrugte sal julle hulle
ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels
nie!”
Ons word aangeraai om hulle nie aan hul mooi woorde en ver-
hewe beroepe te oordeel nie. Hulle moet aan die Woord van God
getoets word. “Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek
volgens hierdie woord nie, is hulle ’n volk wat geen dager-aad het
nie.” “Hou op, my seun, om na tug te luister terwyl jy tog afdwaal
van die woorde van kennis.” Jesaja 8:20; Spreuke 19:27. Wat is die
boodskap van hierdie leraars? Leer dit u om God te eer en te vrees?
Beweeg dit u om u liefde vir Hom te betoon deur gehoorsaamheid
aan Sy gebooie? As hulle nie besef hoe belangrik die sedewet is nie;
as hulle een van die geringste van die gebooie oortree en mense so
leer, het die hemel vir hulle geen agting nie. Ons kan weet dat hulle [158]
belydenis ongegrond is. Hulle doen die werk wat sy onstaan het by
die vors van duisternis, die vyand van God.
100 Die Meester se Onsterflike Rede

Nie almal wat Sy Naam bely en Sy wapen dra, behoort aan


Christus nie. Jesus het gesê dat baie wat in Sy Naam geleer het,
eindelik te lig bevind sal wees. “Baie sal in daardie dag vir My sê:
Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam dui-wels
uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan
hulle sê: Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”
Daar is mense wat glo dat hulle reg is, wanneer hulle verkeerd is.
Hoewel hulle Christus as Here aanhang en voorgee om in Sy Naam
goeie werke te doen, is hulle bewerkers van die ongeregtigheid.
“Hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan
agter hulle onregverdige wins aan.” Hy wat Gods woord verkondig,
“is vir hulle soos ’n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed
op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie”
(Esegiël 33:31, 32).
Om bloot te bely dat ’n mens ’n dissipel is, is waardeloos. Die
reddende geloof in Christus is nie wat baie mense dink nie. Hulle
sê: “Glo, glo, en u hoef die wet nie te gehoorsaam nie.” Maar geloof
wat nie tot gehoorsaamheid lei nie, is aanmatigend. Die apostel
Johannes sê: “Hy wat sê: Ek ken Hom - en sy gebooie nie bewaar
nie, is ’n leuenaar en in hom is die waarheid nie.” 1 Johannes 2:4.
Laat niemand hom verbeel dat merkwaardige voorsienigheid en
wonderbaarlike verskynsels ’n bewys is van die egtheid van hulle
werk of van die idees wat hulle verkondig nie. As mense die Woord
van God geringskat en hul eie indrukke en gevoelens en gewoontes
bo die Goddelike standaard verhef, kan ons weet dat hulle geen
dageraad het nie.
Gehoorsaamheid is die bewys van dissipelskap. Deur die ge-
[159] booie te onderhou, bewys ons die opregtheid van ons liefdesbe-
tuiginge. As die leerstellings wat ons aanneem die sonde in die hart
vernietig, die siel van besoedeling reinig en die vrugte van heiligheid
dra, kan ons weet dat dit die waarheid van God is. As liefdadigheid,
vriendelikheid, teerheid van hart, deernis in ons lewens te sien is;
as ons die vreugde van reg doen in ons harte het; as ons Christus
verhef, en nie die eie-ek nie; dan kan ons weet dat ons geloof van
die regte soort is. “Hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy
gebooie bewaar.” 1 Johannes 2:3.
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 101

“Dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.”
Mattheüs 7:25.
Jesus het Sy Bergrede met ’n gelykenis afgesluit wat dit so helder
soos daglig gemaak het hoe belangrik dit is om Sy woorde uit te voer.
In die skare wat om Jesus saamgedrom het, was baie wat hulle lewe
lank in die omgewing van die See van Galilea gewoon het. Waar
hulle teen die berghang gesit en na die woorde van Jesus geluister
het, kon hulle valleie en klowe sien waardeur die bergstrome na
die see vloei. In die somer het hierdie stroompies soms heeltemal
opgedroog. Maar wanneer die winterstorms oor die heuwels losge-
bars het, het die riviere wilde, woeste strome geword wat soms die
valleie oorstroom en alles in hul onbeheer-bare vloed meegesleur
het. Dikwels is die krotte wat die plaaswerkers op die grasvlaktes
opgerig het, oënskynlik buite bereik van die stormwater, weggevoer.
Maar hoog teen die heuwels was huise wat op vaste rots gebou is.
In baie dele van die land was huise wat heeltemal van klip gebou
was, en baie van hulle het die storms van ’n duisend jaar weerstaan.
Hierdie huise is met harde arbeid en moeite opgerig. Hulle kon nie
maklik bereik word nie, en die grasvlakte se ligging was aantrekliker.
Maar hul fondament was op die rots, en wind en vloed en orkaan
kon hulle nie skade aandoen nie.
Net soos die bouers van hierdie huise op die rots, het Jesus gesê, [160]
is hy wat die woorde ontvang wat Ek tot julle gespreek het, en wat
[161]
sy lewe en karakter daarop bou. Eeue tevore het die pro-feet Jesaja
geskrywe: “Die woord van onse God hou stand in ewigheid.” Jesaja
40:8. Petrus het hierdie woorde van Jesaja lank na die Bergrede
aangehaal en bygevoeg: “En dit is die woord wat aan julle verkondig
is.” 1 Petrus 1:25. Die Woord van God is al onwrikbare ding wat
hierdie wêreld ken. Dit is die vaste fonda-ment. “Die hemel en die
aarde sal verbygaan,” het Jesus gesê, “maar my woorde sal nooit
verbygaan nie” (Mattheüs 24:35).
Die groot beginsels van die wet, ja, die aard van God self, blyk
uit die woorde van Christus op die berg. Wie op hulle bou, bou op
Christus, die Ewige Rots. Deur die woord te ontvang, ontvang ons
Christus. En net hulle wat Sy woorde ontvang, bou op Hom. “Want
niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus
Christus.” 1 Korinthiërs 3:11. “Daar is ook geen ander naam onder
102 Die Meester se Onsterflike Rede

die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet
word nie.” Handelinge 4:12. Christus, die Woord, die openbaring
van God - die openbaring van Sy karakter, Sy wet, Sy liefde, Sy lewe
- is die enigste fondament waarop ons ’n standhoudende karakter
kan bou.
Ons bou op Christus deur Sy woord te gehoorsaam. Nie net
hy wat die geregtigheid geniet, is regverdig nie, maar hy wat die
geregtigheid doen. Heiligheid is nie ekstase of vervoering nie; dit
is dis gevolg van algehele oorgawe aan God; dit is om die wil van
onse hemelse Vader te doen. Toe die kinders van Israel op die grense
van die Beloofde Land gestaan het, was dit vir hulle nie genoeg
om net ’n kennis van Kanaan te hê of om Kanaanliedere te sing
nie. Dit sou hulle nog nie in besit van die wingerde en olyfboorde
van die Beloofde Land gestel het nie. Hulle kon dit net in besit
neem deur dit te beset, deur te voldoen aan die voorwaardes, deur ’n
lewende geloof in God te hê, deur Sy beloftes te glo en Sy opdrag te
[162] gehoorsaam.
Godsdiens is om Christus se woorde te doen; nie om God se
guns te verdien nie, maar omdat ons onverdiend die gawe van Sy
liefde ontvang het. Christus vestig die verlossing van die mens nie
op ’n blote geloofsbelydenis nie, maar op geloof wat in werke van
geregtigheid geopenbaar word. Nie om net te sê nie, maar om te
doen, word van die volgelinge van Christus verwag. Dit is dade wat
die karakter bou. “Want almal wat deur die Gees van God gelei word,
die is kinders van God.” Romeine 8:14. Nie hulle wie se harte deur
die Gees van God aangeraak is nie, nie hulle wat hulle af en toe aan
die krag van die Gees onderwerp nie, maar hulle wat deur die Gees
gelei word, is die seuns van God.
Wil u graag ’n volgeling van Christus word, maar weet u nie hoe
om te begin nie? Is u in die duisternis en weet u nie hoe om die lig te
vind nie? Volg die lig wat u het. Lê u daarop toe om wat u wel van
die woord van God weet, te gehoorsaam. Ontvang die woord in die
geloof, en dit sal u krag gee om te gehoorsaam. Namate u ag gee op
die lig wat u het, sal u groter lig ontvang. U bou op die woord van
God, en u karakter sal gebou word na die ewebeeld van die karakter
van Christus.
Christus, die ware fondament, is ’n lewende steen; Sy lewe word
aan almal oorgedra wat op Hom gebou het. “Laat julle ook soos
Nie Oordeel Nie, Maar Doen 103

lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis.” “In wie die hele gebou,
goed saamgevoeg, verrys tot ’n heilige tempel in die Here.” 1 Petrus
2:5; Efesiërs 2:21. Die boustene vorm ’n eenheid met die fonda-
ment, want ’n gemeenskaplike lewe vul hulle almal. Geen storm kan
daardie gebou laat neerstort nie.
Maar elke gebou wat op ’n ander fondament as die woord van
God gebou is, sal val. Hy wat, soos die Jode in Christus se dae,
bou op die fondament van menslike idees en menings, op vorms
en seremonies van menslike oorsprong, of op enige werke wat hy
onafhanklik van die genade van Christus kan verrig, bou sy karakter
op dryfsand. Die woeste storms van versoeking sal sy sandfondament [163]
wegspoel en sy huis ’n wrak op die oewers van die tyd maak.
“Daarom, so sê die Here Here:... Ek sal die reg tot ’n riglyn maak,
en die geregtigheid tot ’n skietlood; en die hael sal die leuendak
wegruk en die water die skuilplek wegspoel.” Jesaja 28:16, 17.
Vandag pleit die genade nog by die sondaar. “So waar as Ek
leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood
van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer
van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde
weë! Waarom tog wil julle sterwe?” Esegiël 33:11, Die stem wat
vandag by die onboetvaardige pleit, is die stem van Hom wat in
die foltering van sy hart uitgeroep het toe Hy op Sy geliefde Stad
neergekyk het: “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete dood-maak
en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders
bymekaargemaak, soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke, en
julle wou nie. Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat.” Lukas [164]
13:34. 35. In Jerusalem het Jesus ’n simbool gesien van die wêreld
wat Sy genade verwerp en verag het. Vir jou, o hard-vogtige hart,
het Hy geween! Selfs toe Jesus Sy trane op die berg gestort het,
kon Jerusalem hom nog bekeer het en aan sy ver-doemenis ontkom
het. Nog ’n klein rukkie het die hemelse Gawe gewag om aanvaar
te word. So, o hart, spreek Christus nog tot u met liefderyke toon:
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en
die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en met hom maaltyd
hou, en hy met My.” “Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk,
nou is die dag van heil.” Openbaring 3:20; 2 Korinthiërs 6:2. [165]

You might also like