Barberton
- Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir ander gebruike, sien Barberton (dubbelsinnig).
Barberton | |
---|---|
Die Barbertonse madeliefie | |
Koördinate: 25°47′10″S 31°3′11″O / 25.78611°S 31.05306°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Mbombela |
Stigting | 1882 |
Regering | |
• Burgemeester | Richard Lukhele |
Oppervlak | |
• Totaal | 37,74 km2 (14,57 vk. myl) |
Hoogte | 877 m (2 877 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 11 997 |
• Digtheid | 318/km2 (820/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 41.9% |
• Indiërs/Asiërs | 4.9% |
• Bruin mense | 8.5% |
• Swart mense | 44.2% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 47.9% |
• Engels | 22.7% |
• Swazi | 20.8% |
• Zoeloe | 2.2% |
• Ander | 6.4% |
Poskode (strate) | 1300 |
Poskode (posbusse) | 1300 |
Skakelkode | 013 |
Webwerf | http://www.barberton.co.za |
Barberton is een van Suid-Afrika se oudste dorpe, geleë in die suidooste van die provinsie Mpumalanga.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorp het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van goud in die jaar 1882 by Kaapsehoop op die heuwels. Hierdie vonds was nie lonend nie. In Junie 1883 het Auguste Robert (wat later die bynaam French Bob gekry het) die Pioneerrif ontdek. In Junie 1883 het Graham Barber die rif by Rimer's Creek ontdek. Die Shebarif is in Mei 1885 deur Edwin Bray gevind. Hierdie rif was die rykste van almal. Suid-Afrika se goudbedryf het met die genoemde reeks ontdekkings begin. In die loop van 1886 is tot 4 000 aktiewe kleims in Barberton afgepen. Die goud het uitgewerk geraak en baie van die myne het gesluit. Die meeste delwers het na die Witwatersrand agter die goud aan getrek.
Suid-Afrika se eerste aandelebeurs is op 13 April 1887 in Barberton gestig. Die dorp het ook sy naam verleen aan die Barbertonse madeliefie (daisy), met botaniese naam Gerbera jamesonii . Die Gerbera is met groot sukses deur kwekers veredel .
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 5 400 km2 groot. Goud speel nie meer so 'n belangrike rol nie. Die volgende gewasse is van belang: katoen, sitrus, subtropiese vrugte, tabak, koffie, rys, pekanneute en groente. Daar is ook groot bloekom-, denne- en sisalplantasies in die distrik.
Van die aarde se oudste rots word in die Makhonjwaberge in die Barberton-omgewing gevind. Die rots dateer van ongeveer 3 500 miljoen jaar gelede.[2]
Skole
[wysig | wysig bron]- Hoërskool Barberton
- Laerskool Barberton
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Barberton (kiesafdeling)
- Gereformeerde kerk Barberton
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- NG gemeente Barberton
- Bon Accord-nikkelafsetting
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wiki-webtuistes
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Barberton.
- Fotograwe en die Barberton-goudstormloop