Gaan na inhoud

Doris Lessing

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Voyageur (besprekings | bydraes) op 16:24, 17 November 2013 (Nuwe artikel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Doris May Lessing (née Tayler, * 22 Oktober 1919, † 17 November 2013) was 'n Britse skryweres, digteres, toneelskryweres, librettis en biograaf. Haar bekendste romans sluit The Grass Is Singing (1950), 'n reeks van vyf romans wat as Children of Violence (1952-1969) gepubliseer is, The Golden Notebook (1962), The Good Terrorist (1985), en die wetenskapsfiksiereeks Canopus in Argos: Archives (1979-1983) in.