1856
Voorkoms
1856 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1851 | 1852 | 1853 | 1854 | 1855 | ◄ 1856 ► | 1857 | 1858 | 1859 | 1860 | 1861 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1856 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Keiser Faustin I van Haïti | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1856 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 56ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Die Republiek van Lydenburg word van die Potchefstroomse Republiek afgestig.
- Die Tweede Opiumoorlog breek uit.
- 29 Januarie – Die Victoriakruis word vir die eerste keer toegeken ter erkenning van dapper optrede tydens die Krimoorlog.
- 25 Februarie – Kongres van Parys: Gesprekke om die Krimoorlog te beëindig begin onder die leierskap van die Franse minister van buitelandse sake Alexandre Colonna-Walewski. Verteenwoordigers van die Ottomaanse Ryk, Oostenryk, Groot-Brittanje, Frankryk en Rusland onderhandel tot 30 Maart oor die terme van die vrede.
- 30 Maart – Die Krimoorlog word met die Verdrag van Parys beëindig.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 11 Januarie – Harry Gordon Selfridge, Britse kleinhandelmagnaat († 1947).
- 12 Januarie – John Singer Sargent, Amerikaanse skilder († 1925).
- 29 Januarie – Aleksander Brückner, Poolse filosoof en literatuurhistorikus († 1939).
- 12 Februarie – Eduard von Böhm-Ermolli, Oostenrykse generaal tydens die Eerste Wêreldoorlog († 1941).
- 16 Maart – Napoléon Eugène Louis Bonaparte, seun van Napoleon III sterf later in die Anglo-Zoeloe-oorlog († 1879).
- 23 April – Granville T. Woods, Amerikaanse uitvinder († 1910).
- 6 Mei – Sigmund Freud, Oostenrykse sielkundige, († 1939).
- 22 Junie – H. Rider Haggard, skrywer († 1925).
- 10 Julie – Nikola Tesla, 'n Oostenrykse gebore, Amerikaanse uitvinder, fisikus, meganiese ingenieur, elektroniese ingenieur en futuris († 1943).
- 26 Julie – George Bernard Shaw, Ierse dramaturg en Nobelprys-wenner († 1950).
- 27 Augustus – Ivan Franko, Oekraïense skrywer, openbare digter, vertaler en filosoof († 1916).
- 3 September – Louis Sullivan, Amerikaanse argitek († 1924).
- 18 November – Groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland, die seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj senior († 1929).
- 20 November - J.F. van Oordt, Suid-Afrikaanse skrywer, bekend as D'Arbez of Nemo.
- 28 Desember – Woodrow Wilson, die 28ste President van die Verenigde State († 1924).
- Onbekend – Allan Wilson, Rhodesiese soldaat († 1893).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 23 Januarie – Elisha Collier, 'n Amerikaanse ontwerper wat die flintlock-rewolwer uitgevind het (* 1788).
- 5 Maart – Johann Nepomuk von Fuchs, Duitse chemikus en mineraloog (*1774).
- 18 Maart – Sir Henry Pottinger, 'n Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1789).
- 26 Junie – Max Stirner, Duitse filosoof (*1806).
- 9 Julie – Amedeo Avogadro, Italiaanse juris, fisikus en chemikus (*1776)
- 29 Julie – Robert Schumann, Duitse Romantiese komponis en pianis (* 1810).
- Onbekend – Augustin Thierry, Franse geskiedkundige (* 1795).