Cannes-rolprentfees 2008
Cannes-rolprentfees 2008
| ||
Datum | 14-25 Mei 2008 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Édouard Baer | |
Getal prente | 22 (In Kompetisie) 20 (Un Certain Regard) 9 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Blindness | |
Afsluitingsfliek | What Just Happened | |
Palme d'Or | The Class |
Die 61ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2008 gehou. Benewens die flieks wat om pryse meegeding het, het groot Hollywood-produksies soos Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull en Kung Fu Panda hul premières hier gehad. Die Amerikaanse akteur en regisseur Sean Penn was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Édouard Baer het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 51 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Franse rolprent The Class (Entre les murs), met Laurent Cantet as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Fernando Meirelles se Blindness[2] en afgesluit met What Just Happened van Barry Levinson.[3]
Belangrikste fliekpryse
[wysig | wysig bron]Rolprent | Regisseur | Land | Prys |
---|---|---|---|
The Class (Entre les murs) | Laurent Cantet | Frankryk | Palme d'Or |
Gomorra (Gomorrah) | Matteo Garrone | Frankryk | Grand Prix |
Il Divo | Paolo Sorrentino | Italië | Jurieprys |
Tulpan | Sergei Dvortsevoy | Kazachstan | Un Certain Regard |
Hunger | Steve McQueen | VSA | Caméra d'Or |
Megatron | Marian Crişan | Roemenië | Kortfilm-Palme d'Or |
Ander pryse
[wysig | wysig bron]Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Nuri Bilge Ceylan | Three Monkeys (Üç Maymun) | Turkye |
Beste draaiboek | Luc & Jean-Pierre Dardenne | Lorna's Silence (Le Silence de Lorna) | België |
Beste akteur | Benicio del Toro | Che | VSA |
Beste aktrise | Sandra Corveloni | Linha de Passe | Brasilië |
Prix du 61ème anniversaire | Catherine Deneuve Clint Eastwood |
Un conte de Noël Changeling |
Frankryk VSA |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Edouard Baer, emcee of the 62nd Cannes Film Festival". festival-cannes.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 2 Januarie 2009.
- ↑ Cannes Film Festival 2008 opener: the end of civilisation. telegraph.co.uk. 10 Desember 2013
- ↑ "2008 Cannes Film Festival Lineup. voices.yahoo.com. 10 Desember 2013". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2014. Besoek op 10 Desember 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Fees se amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cannes-rolprentfees 2008.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia