Gaan na inhoud

Christusmonogram

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Chi-Rho simbool

Die Christusmonogram of Chi-Rho; ook bekend as die chrismon[1]) is een van die vroegste vorms van die Christogram, gevorm deur die eerste twee (hoof) letters —chi en rho (ΧΡ)—van die Griekse ΧΡΙΣΤΟΣ (verlatyns:Christos) op so 'n wyse te superponeer dat die vertikale streep van die rho die middel van die chi kruis.[2]

Die Chi-Rho simbool is deur die Romeinse Keiser Konstantyn die Grote (r. 306–337 AD) gebruik as deel van 'n militêre vaandel (vexillum). Konstantyn se vaandel was bekend as die Labarum. Vroeë simbole wat soortgelyk is aan die Chi-Rho was die Staurogram () en die IX monogram ().

In voor-Christelike tye is die Chi-Rho simbool ook gebruik om 'n besonders waardevolle of relevante passasie te merk aan die kantlyn van bladsy, met die afkorting van chrēston (goed).[3] Sommige munte van Ptolemeus III Euergetes (r. 246–222 BC)is gemerk met 'n Chi-Rho.[4]

Alhoewel dit uit Griekse karakters gevorm is, word die simbool (of sy afsonderlike dele) gereeld gevind as 'n afkorting in Latynse tekste, met eindes wat toepaslik by 'n Latynse selfstandige naamwoord gevoeg word, dus is XPo aanduidend van Christo, "aan Christus", die datief van Christus,[5] of χρ̅icola, aanduidend van Christicola, "Christelik", in die Latynse lirieke van Sumer is icumen in. [6]

'n Missorium wat keiser Konstantyn die Grote se seun Konstantyn II van Rome uitbeeld. Hy word begelei deur 'n wag met die Chi-Rho uitgebeeld op sy skild (links, agter die perd).

Oorsprong en aanneming as simbool

[wysig | wysig bron]

Volgens Lactantius,[7] 'n Latynse historikus van Noord-Afrikaanse herkoms wat van armoede gered is deur keiser Konstantyn die Grote (r. 306–337), wat hom 'n leermeester gemaak het vir sy seun Crispus, het Konstantyn het daarvan gedroom om beveel te word om 'n "hemelse goddelike simbool" (Latyn: coeleste signum dei) op die skilde van sy soldate te plaas. Die beskrywing van die eintlike simbool wat die volgende môre deur keiser Konstantyn gekies is, soos gerapporteur deur Lactantius, is nie baie duidelik nie: dit stem baie ooreen met 'n Tau-Rho of 'n staurogram(), 'n soortgelyke Christelike simbool. Op dieselfde dag het Konstantyn se leër Maxentius se magte beveg en die Slag by die Milviese Brug buite Rome (312) gewen.

chi rho op 'n munt van Crispus, omstreeks 326
Hierdie munt van Crispus, seun van Konstantyn, met 'n chi-rho op die skild (gemunt omstreeks 326) wys dat die simbool wat genoem word deur Lactantius en Eusebius 'n chi-rho was.
Keiser Konstantyn die Grote se labarum, 'n vaandel wat die Chi-Rho insluit, van 'n antieke silwermedalje.

Eusebius van Caesarea (oorlede 339) het twee verskillende weergawes van die gebeure gegee. In sy kerkgeskiedenis, geskryf kort na die slag, toe Eusebius nog nie kontak met Konstantyn gehad het nie, noem hy geen droom of visioen nie, maar vergelyk die nederlaag van Maxentius (hy het in die Tiber verdrink) met dié van die Bybelse farao en skryf Konstantyn se oorwinning toe aan goddelike beskerming.

]n Labarum met die Chi-Rho bo-op.

In 'n memorie van die Romeinse keiser wat Eusebius ná Konstantyn se dood geskryf het (On the Life of Constantine, omstreeks 337–339), word gesê dat 'n wonderbaarlike verskyning in Gallië 'n hele ruk voor die Slag by die Milviese Brug plaasgevind het. In hierdie latere weergawe het die Romeinse keiser nagedink oor die ongelukke wat bevelvoerders getref het wat die hulp van baie verskillende gode ingeroep het, en besluit om goddelike hulp in die komende geveg by die Een God te soek. Teen die middag het Konstantyn 'n ligkruis oor die son gesien. Daarop, in Griekse karakters, was die gesegde "Εν τούτῳ Νίκα!" ("Hierin, oorwin!").[8] Nie net Konstantyn nie, maar die hele leër, het die wonderwerk gesien. Daardie nag het Christus in 'n droom aan die Romeinse keiser verskyn en vir hom gesê om 'n replika te maak van die teken wat hy in die lug gesien het, wat 'n sterk verdediging in die geveg sou wees.

Eusebius het in die Vita geskryf dat Konstantyn self hierdie verhaal aan hom vertel het "en dit laat in sy lewe met 'n eed bevestig het", "toe ek sy kennismaking en geselskap waardig geag is." “Inderdaad,” sê Eusebius, “as iemand anders hierdie storie vertel het, sou dit nie maklik gewees het om dit te aanvaar nie.”

Eusebius het ook 'n beskrywing gelaat van die labarum, die militêre vaandel wat die Chi-Rho-teken ingesluit het, wat deur keiser Konstantyn in sy latere oorloë teen Licinius gebruik is.[9]

Die sogenaamde "Chrismon van Ambrosius van Milaan" (Chrismon Sancti Ambrosii), uitgestal op die oostelike muur van Milaan-katedraal, 'n Chi-Rho gekombineer met die Alfa en Omega in 'n sirkel. Volgens Landolf van Milaan (12de eeu) is dit deur Ambrosius van Milaan gebruik om die kategese aan die geheimenisse van die Christelike geloof bekend te stel (waarna dit die "orakel" of chresmos van Ambrosius van Milaan genoem is. geskryf deur Landulf as crismon, vandaar die latere Nieu-Latynse term vir die Chi-Rho-simbool).[10][11]

Latere gebruik

[wysig | wysig bron]

Laat-oudheid

[wysig | wysig bron]

Die gebruik van 'n krans rondom die Chi-Rho simboliseer die oorwinning van die Opstanding oor die dood, soos gesien kan word in 'n vroeë visuele voorstelling van die verband tussen die Kruisiging van Jesus en sy opstanding, gesien op die 4de eeu sarkofaag van Domitilla in Rome, [12]

Na Konstantyn het die Chi-Rho deel geword van die amptelike keiserlike kentekens. Argeoloë het bewyse ontdek wat aantoon dat die Chi-Rho afgebeeld is op die helms van sommige Laat-Romeinse soldate. Munte en medaljes wat tydens keiser Konstantyn se bewind gemunt is, het ook die Chi-Rho getoon. Teen die jaar 350 is die Chi-Rho gebruik op Christelike sarkofage en fresko's. Dit blyk dat Magnentius die eerste was wat die Chi-Rho-monogram, omring deur die Alfa en Omega, begin gebruik het op die agterkant van sommige munte wat in 353 gemunt is.[13] In 1963 in Britannia, is 'n tesselvormige mosaïek sypaadjie ontdek by Hinton St. Mary, Dorset. Dit kan op stilistiese gronde teruggevoer word na die 4de eeu; die sypaadjie se sentrale rondel verteenwoordig 'n baardlose manlike kop en borsbeeld gedrapeer in pallium voor die Chi-Rho-simbool, omring deur granate, simbole van die ewige lewe. Nog 'n Romeins-Britse Chi-Rho in fresko, is gevind op die terrein van 'n villa by Lullingstone (geïllustreer). Die simbool is ook op Laat-Romeinse Christelike seëlringe in Brittanje gevind.[14]

In 2020 het argeoloë in Vindolanda in Noord-Engeland 'n 5de-eeuse kelk ontdek wat bedek is met godsdienstige ikonografie, insluitend die Chi-Rho. [15][16]

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Van die Middellatyn, crismon, spesifiek toegepas op die "Chrismon van Ambrosius van Milaan" in die Milaanse Katedraal. Crismon (par les Bénédictins de St. Maur, 1733–1736), in: du Cange, et al., Glossarium mediae et infimae latinitatis, ed. augm., Niort: L. Favre, 1883‑1887, t. 2, col. 621b. "CRISMON, Nota quæ in libro ex voluntate uniuscujusque ad aliquid notandum ponitur. Papias in MS. Bituric. Crismon vel Chrismon proprie est Monogramma Christi sic expressum ☧"; 1 chrismon (par les Bénédictins de St. Maur, 1733–1736), in: du Cange, et al., Glossarium mediae et infimae latinitatis, ed. augm., Niort : L. Favre, 1883‑1887, t. 2, col. 318c Geargiveer 26 Augustus 2016 op Wayback Machine.
  2. Steffler 2002, p. 66.
  3. Southern 2001, p. 281; Grant 1998, p. 142, citing Bruun, Studies in Constantinian Numismatics.
  4. von Reden 2007, p. 69: "Die chi-rho-reeks van Euergetes se heerskappy is die mees uitgebreide reeks bronsmunte wat gemunt is, en omvat agt denominasies van 1 chalkous tot 4 obols."
  5. Soos ingeskryf op die bronsmonument van Thomas de Camoys, 1ste Baron Camoys (d.1421) in St George's Church in Trotton, Sussex, Engeland
  6. Sumer is icumen in is die "incipit" [Die "incipit" of begin van 'n teks bestaan uit die eerste woorde van die openingsreël. "Incipit" is Latyn vir "begin". In sommige gevalle word die hele eerste reël of openingsin behou of 'n hele paragraaf, en in volksliedjies en tradisionele kinderliedjies dikwels die eerste twee reëls. In musiek verwys die term na die eerste note of die openingsmate.] van 'n middeleeuse Engelse "round" ['n "Round" (ook genoem 'n ewigdurende kanon [canon perpetuus] of oneindige kanon) is 'n musikale komposisie, d.w.s. 'n beperkte tipe kanon, waarin veelvuldige stemme presies dieselfde melodie by die unisono sing (en dit onbepaald kan aanhou herhaal), maar met elke stem wat begin op verskillende tye, sodat verskillende dele van die melodie in die verskillende stemme saamval, maar tog harmonieus in mekaar pas.] of rota uit die middel van die 13de eeu; dit is ook bekend as die "Summer Canon" en die "Cuckoo Song".
  7. Lactantius. On the Deaths of the Persecutors, Hfst. 44.
  8. Die bekende sin In hoc signo vinces is bloot 'n latere Latynse vertaling van Eusebius se Griekse bewoording.
  9. Eusebius Pamphilius: Kerkgeskiedenis, Lewe van Konstantyn, Redespraak tot lof van Kpnstantyn, Hoofstuk 31.
  10. Kenelm Henry Digby, ' 'Mores Catholici, Or, Ages of Faith vol. 1 (1844), bl. 300.
  11. A. L. Millin, Voyage dans le Milanais (1817), p. 51.
  12. Harries 2004, p. 8. Sarkofaag met tonele uit die Passie van Christus (waarskynlik uit die Katakombe van Domitilla), Rome, middel-vierde eeu. Marmer, 23' x 80'. Museo Pio Christiano, Vatikaanstad, Rome.
  13. Kellner 1968, p. 57ff. Sien ook Grigg 1977, p. 469 (Nota #4).
  14. Johns 1996, p. 67.
  15. "Hadrian's Wall dig reveals oldest Christian graffiti on chalice". theguardian. 29 Augustus 2020.
  16. "Early Christian Chalice Unearthed in Northern England". archaeology.org. 31 Augustus 2020. {{cite news}}: line feed character in |title= at position 6 (hulp)

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Heiland, Fritz (1948). "Die astronomische Deutung der Vision Kaiser Konstantins". Sondervortrag Im Zeiss-Planatarium-Jena: 11–19.
  • Latura, George (2012). "Plato's Visible God: The Cosmic Soul Reflected in the Heavens". Religions. 3 (3): 880–886. doi:10.3390/rel3030880. {{cite journal}}: Ongeldige |doi-access=gratis (hulp)
  • Rahner, Hugo (1971). Greek Myths and Christian Mystery. Vertaal deur Battershaw, Brian. New York, New York: Biblo & Tannen Booksellers and Publishers Incorporated. ISBN 0-8196-0270-1.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]