Akhdam
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Akhdam | |
---|---|
Totale bevolking: | 500 000–1 000 000 |
Belangrike bevolkings in: | Jemen |
Taal: | Arabies |
Geloofsoortuiging: | Islam |
Verwante etniese groepe: |
Al-Akhdam, Akhdam of Achdam (enkelvoud vorm Khadem, wat kneg in Arabies beteken; ook Al-Muhamasheen of die gemarginaliseerdes) is 'n etniese groep in Jemen. Hulle word van die meerderheid van die bevolking onderskei weens hul Negrito-agtige gesigkenmerke. Hulle word op die laagste sosiale vlak geag en doen hoofsaaklik nederige werkies in die groot stede. Daar is tussen 500 000 en 1 000 000 Akhdam in Jemen.