Albert Hofmann
Voorkoms
Albert Hofmann | |
Albert Hofmann in 1993
| |
Gebore | 11 Januarie 1906 Baden, Switserland |
---|---|
Oorlede | 29 April 2008 (op 102) Burg im Leimental, Switserland |
Nasionaliteit | Switserland |
Vakgebied | Chemie |
Instelling(s) | Universiteit van Zürich |
Bekend vir | Sintese van LSD-25 |
Albert Hofmann (11 Januarie 1906 - 29 April 2008) is 'n prominente Switserse wetenskaplike en bekend as die "vader" van LSD. Hy is gebore in Baden, Switserland, en het chemie gestudeer by die Universiteit van Zürich. Sy hoofbelangstelling was die chemie van plante en diere, en hy het later belangrike navorsing gedoen oor die chemiese struktuur van die algemene dierestof chitien, waarvoor hy sy doktoraat ontvang het. Hofmann het aangesluit by die farmaseutiese-chemiese departement van die Sandoz Laboratoriums, Basel (nou Novartis), en het die medisinale plante squill en ergot bestudeer as deel van 'n program om die aktiewe elemente te suiwer vir gebruik as farmaseutiese middels.