Gendarmerie
Voorkoms
'n Gendarmerie (verbastering van die Franse gens d' armes, krygsvolk, letterlik mense met wapens[1]) is 'n gewapende diens wat algemene polisietake uitvoer en (van oorsprong) 'n onderdeel van die weermag is. Hierdie polisiesoldate is oorspronklik verspreid oor die platteland in kasernes gehuisves. Voor telefoon- en radioverbindings kon sulke eenhede (veral snags) vinnig en in groot getalle gemobiliseer word. Dit is veral effektief teen die bestryding van misdaadbendes aangewend.
Voorbeelde
[wysig | wysig bron]- België: Rijkswacht/Gendarmerie (opgehef na eenwording van die polisiedienste in 2001)
- Frankryk: Gendarmerie Nationale
- Italië: Carabinieri
- Spanje: Guardia Civil
- Portugal: Guarda Nacional Republicana
- Nederland: Koninklijke Marechaussee
- Roemenië: Gendarmerie Romania
Bovermelde lande (met uitsondering van België) maak deel uit van 'n gesamentlike Europese Gendarmerie (Eurogendfor).
- Oostenryk: Bundesgendarmerie (opgehef in 2005)
- San Marino: Gendarmeria
- Turkye: Jandarma
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ M. Philippa, F. Debrabandere, A. Quak, Etymologisch Woordenboek van het Nederlands, Amsterdam University Press, aanlyn weergawe van 17 November 2005.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gendarmerie.