Douglas C-54 Skymaster
Douglas C-54 Skymaster | |
---|---|
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Douglas Aircraft Company |
Nooiensvlug | 14 Februarie 1942 |
Bekendstelling | 1942 |
Onttrek | 1975 |
Hoofgebruiker | United States Army Air Forces Amerikaanse Vloot |
Vervaardig | 1942–1947 |
Aantal gebou | 1 170 |
Ontwikkel van | Douglas DC-4 |
Die Douglas C-54 Skymaster is 'n viermotorige vragvliegtuig wat deur die Amerikaanse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse Oorlog gebruik is. Net soos die Douglas C-47 Skytrain ontwikel is van die Douglas DC-3, is die C-54 Skymaster ontwikkel van die passasiersvliegtuig, die Douglas DC-4. Behalwe vrag, was die C-54 ook gebruik vir die vervoer van presidente, eerste ministers en militêre personeel. Verskeie variante van die C-54 was gebruik in 'n verskeidenheid nie-gevegs rolle, soos lug-see-redding, wetenskaplike en militêre navorsing en missiel nasporing en herwinning. Gedurende die Berlynse Lugbrug het dit steenkool en voedsel voorrade voorsien aan Wes-Berlyn. Na die Koreaanse Oorlog was die vliegtuig steeds gebruik vir militêre en siviele gebruik deur meer as 30 lande. Dit was een van die eerste vliegtuie wat die President van die Verenigde State van Amerika vervoer het, die eerste was president Franklin D. Roosevelt gedurende die Tweede Wêreldoorlog.