Khatia Buniatishvili
Khatia Buniatishvili ხატია ბუნიათიშვილი | |
---|---|
Gebore | 21 Junie 1987 Batumi, Georgiese Sowjet Sosialistiese Republiek, Sowjetunie |
Nasionaliteit | Georgies Frans |
Beroep | Klassieke pianis |
Khatia Buniatishvili (Georgies: ხატია ბუნიათიშვილი, Georgiese uitspraak: xɑtʼiɑ buniɑtʰiʃvili; gebore 21 Junie 1987 is 'n Frans-Georgiese konsertpianis.
Vroeë lewe en opvoeding
[wysig | wysig bron]Khatia Buniatishvili is in 1987 in Georgië gebore en het op driejarige ouderdom onder haar moeder klavier begin studeer. Sy het haar eerste konsert saam met die Tbilisi Kamerorkes op 6-jarige leeftyd gegee, en teen die ouderdom van 10 internasionaal opgetree. Khatia het in Tbilisi onder Tengiz Amiredjibi en in Wene onder Oleg Maisenberg studeer.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Buniatishvili het in 2010 'n platekontrak geteken met Sony Classical as 'n eksklusiewe kunstenaar.[1] Haar 2011 debuutalbum sluit Liszt se Klaviersonate in B mineur, Liebestraum No. 3, en Mefisto Wals No. 1 in.[2]
In 2012 het Buniatishvili haar tweede album, Chopin,[3] vrygestel wat solo klavierwerke bevat sowel as Chopin se Klavierconcerto No. 2 in F mineur, begelei deur die Orchestre de Paris en Paavo Järvi.[4]
Diskografie
[wysig | wysig bron]- 2011 - Franz Liszt,[5] soloklavier album (Sony Classical)
- 2012 - Chopin,[6] met die Orchestre de Paris, gedirigeer deur Paavo Järvi (Sony Classical)
- 2014 - Motherland,[7] soloklavier album (Sony Classical)
- 2016 - Kaleidoscope,[8] soloklavier album (Sony Classical)
- 2016 - Liszt Beethoven, met die Israel Filharmoniese Orkes, gedirigeer deur Zubin Mehta (Sony Classical)
- 2017 - Rachmaninoff, met die Tsjeggiese Filharmoniese Orkes, gedirigeer deur Paavo Järvi (Sony Classical)
- 2019 - Schubert,[9] soloklavier album (Sony Classical)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Cullingford, Martin. "New Sony signing - Khatia Buniatishvili". Gramophone (in Engels). No. 6 Julie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2019.
- ↑ Nicholas, Jeremy. "A name to remember". Classic FM Music Magazine (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2017. Besoek op 12 Maart 2020.
- ↑ « C comme Chopin » (C as Chopin), in Improvisation so piano, Jean-Pierre Thiollet, Neva Editions, 2017 ISBN 978-2-35055-228-6, Sjabloon:P..
- ↑ Pritchard, Stephen. "Khatia Buniatishvili: Chopin – review". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2019.
- ↑ "'Franz Liszt' Album Information". Khatiabuniatishvili.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op 8 Julie 2017.
- ↑ "'Chopin' Album Information". Khatiabuniatishvili.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 8 Julie 2017.
- ↑ "'Motherland' Album Information". Khatiabuniatishvili.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 8 Julie 2017.
- ↑ "'Kaleidoscope' Album Information". Khatiabuniatishvili.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 8 Julie 2017.
- ↑ "'Schubert' Album Information". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2019. Besoek op 12 Maart 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Khatia Buniatishvili.
- Amptelike Webtuiste
- Israelse Filharmoniese Orkes vier Maestro Mehta se 80ste verjaardag - Khatia Buniatishvili speel Tsjaikofski se Klavierconcerto No. 1 Op. 23. Youtube video
- Schumann: Klavierkonzert ∙ hr-Sinfonieorchester ∙ Khatia Buniatishvili ∙ Paavo Järvi. Youtube video