Kisjlak
'n Kisjlak (Russies: кишлак, kisjlak; Aserbeidjans: qışlaq; Kasaks: қыстау, kistai; Tataars: кышлау, kisjlai; Tadjiks: қишлоқ, kisjlok; ensovoorts) is 'n permanente plattelandse dorp in sommige lande waar boere tradisioneel die winter in die berge deurgebring het. Die woord kisj beteken in baie Turkse tale "winter". Die term word gebruik in Azerbeidjan, Afghanistan en Sentraal-Asië.[1][2].
Beskrywing
[wysig | wysig bron]'n Kisjlak was aanvanklik 'n plek waar nomades in die winter oorgebly het. Die Russiese woord is uit die Turkse tale oorgeneem.[1]. Die term het 'n antoniem: jailak, wat "somerhuis", of datsja, beteken.
Die huise in byna al dié soort dorpe was deur 'n klipheining omring. Daar was 'n put op die erf, asook 'n grond- of klei-oond waarin met hout of mis vuurgemaak is. Daar was geen rioolstelsel nie, en dit is vandag nog skaars op dié dorpe.
Benewens die woonhuise, was die basaar, moskee en begraafplaas belangrike plekke op die dorp. Die inwonertal het gewissel tussen sowat 20 en 5 000.
Galery
[wysig | wysig bron]-
'n Moderne kisjlak in die Djizakstreek van Oesbekistan.
-
'n Kisjlak in die Nawoistreek, Oesbekistan.
-
Bobosoerchon in die Gissardistrik van Tadjikistan.
-
Die kisjlak Niloe in die Gissardistrik van Tadjikistan.
-
Sjohon in Tadjikistan.
-
Mirankoel die Samarkandstreek van Oesbekistan.
-
Elok in die Faizabaddistrik van Tadjikistan.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Russiese Wikipedia vertaal.