Kleinbyvanger
Voorkoms
Kleinbyvanger | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. ludwigii
|
Binomiale naam | |
Dicrurus ludwigii Smith, 1834
|
Die kleinbyvanger (Dicrurus ludwigii) is 'n skaars tot algemene standvoël wat in die Oostelike kusgebiede van Suider-Afrika voorkom. Die voël leef gewoonlik in pare saam. In Engels staan die voël bekend as die Square-tailed Drongo.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die voël is 18 tot 19 cm lank en weeg 20 tot 40 gram. Dit is kleiner as die Mikstertbyvanger; die mikstert is korter en vlakker. Die hoofslagvere is donker in vlug. Dit word onderskei van die Swartvlieëvanger deur laasgenoemde se swaar snawel en rooi oë. Die voël word onderskei van die Swartkatakoeroe deur sy regop houding, gewoontes en swart (nie geel nie) bekgaping. Die jong voël se vlerkdekvere, mantel- en borskantvere het ligte punte.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7