Kragoorbrenging
Kragoorbrenging is die grootmaatbeweging van elektriese energie vanaf 'n opwekkingsterrein, soos 'n kragsentrale, na 'n elektriese substasie. Die onderling verbinde lyne wat hierdie beweging fasiliteer, vorm 'n transmissienetwerk. Dit verskil van die plaaslike bedrading tussen hoogspanning substasies en kliënte, waarna tipies verwys word as elektriese kragverspreiding. Die gekombineerde transmissie- en verspreidingsnetwerk is deel van elektrisiteitslewering, bekend as die elektriese netwerk.
Doeltreffende langafstand-oorbrenging van elektriese krag vereis hoë spannings. Dit verminder die verliese wat deur sterk strome geproduseer word. Transmissielyne gebruik óf wisselstroom (WS) óf gelykstroom (GS). Die spanningsvlak word met transformators verander. Die spanning word verhoog vir transmissie, dan verlaag vir plaaslike verspreiding.
'n Breë-area sinchroniese netwerk, bekend as 'n interkonneksie in Noord-Amerika, verbind kragopwekkers wat wisselstroomkrag met dieselfde relatiewe frekwensie aan baie verbruikers lewer direk. Noord-Amerika het vier groot interkonneksies: Wes, Oos, Quebec en Texas. Een netwerk verbind die grootste deel van die vasteland van Europa.
Histories was transmissie- en verspreidingslyne dikwels deur dieselfde maatskappy besit, maar in die aanvang van die 1990's het baie lande die regulering van die elektrisiteitsmark verander sodat afsonderlike maatskappye transmissie en verspreiding hanteer het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Grand Coulee Powerplant". U.S. Bureau of Reclamation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2014. Besoek op 11 Maart 2015.