Hoofse liefde
Hoofse liefde (Engels: courtly love; Frans: amour courtois) was in die Middeleeue 'n kulturele vorm van 'n verfynde liefdesbelewing wat klem gelê het op adellikheid en ridderlikheid.
Die Middeleeuse letterkunde is vol voorbeelde van ridders wat op avonture gaan en verskeie dienste lewer aan ladies vanweë hulle "hoofse liefde". Dié soort liefde was oorspronklik 'n soort fiksie wat vir die vermaak van die adel geskep is, maar mettertyd 'n groter gehoor gelok het. In die hoë Middeleeue is 'n "liefdespel" ontwikkel om dié idees as 'n stel sosiale parktyke. Hoofse liefde is as 'n verrykende praktyk beskou.[1][2]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Hoofse liefde het aan die einde van die 11de eeu ontstaan aan die howe van byvoorbeeld Akwitanië, Provence en Boergondië.[3] In beginsel was dit 'n eksperiment tussen erotiese begeerte, 'n spirituele vervulling, 'n "liefde wat terselfdertyd ongeoorloof en moreel verheffend, passievol en gedissiplineerd, vernederend en hartverheffend, menslik en voortreflik was".[4] Die onderwerp was gewild onder musikante, digters en minnesangers. Groot skywers soos Dante, Francesco Petrarca en Geoffrey Chaucer het daaroor geskryf.
Dit het veral die bewondering van 'n edelman behels vir 'n onbereikbare, gewoonlik getroude, vrou. In die meeste gevalle is 'n platoniese vriendskap gevorm.
Ridders het dikwels in riddertoernooie hulle oorwinning opgedra aan die onbereikbare vrou.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Stevens, John (1979). Music & Poetry in the Early Tudor Court. New York: Cambridge University Press. ISBN 0-521-29417-7.
- ↑ Newman, F. X., red. (1968). The Meaning of Courtly Love. Albany: State University of New York. ISBN 0-87395-038-0.
- ↑ Ousby, I., red. (1995). "Courtly Love". The Cambridge Guide to Literature in English. p. 213.
- ↑ Newman, Francis X., red. (1968). The Meaning of Courtly Love. vii. ISBN 0-87395-038-0.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.