Heidelberg, Wes-Kaap
Heidelberg | |
---|---|
Koördinate: 34°05′S 20°57′O / 34.083°S 20.950°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Hessequa |
Stigting | 1855 |
Oppervlak | |
• Totaal | 23,69 km2 (9,15 vk. myl) |
Hoogte | 84 m (276 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 8 259 |
• Digtheid | 349/km2 (900/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 14.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 75.3% |
• Swart mense | 9.3% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 91.9% |
• Engels | 3.4% |
• Xhosa | 2.9% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 6665 |
Skakelkode | 028 |
Heidelberg is 'n dorp naby die Suid-Afrikaanse suidkus op die N2 nasionale pad, 276 km vanaf Kaapstad. Die dorp is geleë op die oewer van die Duivenhoksrivier in die Wes-Kaap, ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Knysna. Heidelberg is net oos van die Overbergdistrik, en sommige beskou dit as die begin van die Tuinroete.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorp is gestig toe 'n NG Kerkgemeente hier gestig is in 1855. Dit het in 1862 'n munisipaliteit geword.[2]
Die spoorlyn van Kaapstad na Port Elizabeth het die dorp in 1903 bereik.
Die dorp se burgersentrum is in 1912 opgerig en in 1966 uitgebrei. 'n Munisipale kliniek is in 1973 gebou, en 'n gemeenskapsentrum is in 1977 voltooi.[2]
Wapens
[wysig | wysig bron]Munisipaliteit (1) — Voor 1961 het die munisipale raad 'n skynheraldiese "wapen" gebruik wat 'n merinoram, 'n ope boek, 'n koringgerf en 'n aalwyn toon.
Munisipaliteit (2) — 'n Behoorlike wapen is in 1961 ontwerp en by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer.[3] Die wapen was : Gaffelsgewys verdeel van rooi, silwer en groen, in die skildhoof 'n ope boek van goud, regs 'n aalwyn met twee blomklosse van natuurlike kleur, en silwer 'n staande goue leeu. Die skild is met 'n muurkroon oortop. Die wapenspreuk is "Geloof en toewyding". Schalk Pienaar het die wapen ontwerp.
Munisipale gebied
[wysig | wysig bron]Heidelberg vorm deel van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit. Die belangrikste produkte wat verbou word is: wol, koring, ander graan, vrugte en tabak.
Bekende boorlinge
[wysig | wysig bron]- Ds. Henry Charles Hopkins, predikant, geskiedskrywer en argivaris van die NG Kerk (1918-1992).
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Die dorp se webwerf Geargiveer 12 Februarie 2007 op Wayback Machine
- Kaart wat Heidelberg wys in die Wes-Kaap
- Nog 'n kaart wat Heidelberg wys in die Wes-Kaap Geargiveer 25 Januarie 2007 op Wayback Machine
- Kaart wat Heidelberg net oos van die Overbergdistrik wys Geargiveer 24 Januarie 2007 op Wayback Machine
Wikimedia Commons bevat media in verband met Heidelberg, Western Cape. |