Gaan na inhoud

Oos-Afrika-veldtog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oos-Afrika-veldtog
Deel van die Eerste Wêreldoorlog in Afrika

Kaart van die Oos-Afrika-veldtog
Datum 3 Augustus 191425 November 1918
Ligging Tanzanië, Zambië, Mosambiek, Rwanda, Burundi, Kenia, Uganda, DR Kongo (Oos-Afrika)
Resultaat Taktiese oorwinning deur die Geallieerdes

Duitse strategiese oorwinning
Beëindiging van die Duitse koloniale heerskap

Gebieds-
veranderinge
Duits-Oos-Afrika word verdeel tussen België (Rwanda-Urundi), Portugal (Kionga-driehoek) en die Verenigde Koninkryk (Tanganjika)
Strydende partye
Vlag van Verenigde Koninkryk Britse Ryk

Vlag van België België

Vlag van Portugal Portugal

Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk

Derwisjstaat

Aanvoerders
Vlag van Suid-Afrika Jan Christian Smuts
Vlag van Suid-Afrika Jacob van Deventer
Vlag van België Charles Tombeur
Vlag van Portugal José César Ferreira Gil
Vlag van Duitse Keiserryk Paul von Lettow-Vorbeck
Sterkte
Aanvanklik 2 bataljonne.[1]
Gemiddelde sterkte tussen 12 000 en 20 000
Totaal: 250 000[2][3]
Aanvanklik 220 Europeërs en 2 500 inheemse[4]
Hoogste sterkte 3 000 Duitsers en 15 000 inheemse soldate.[5]
Ongevalle en verliese
10 000 Britse gesneuweldes[6] 2 000 Duitse gesneuweldes
115 Europeërs en 1 168 inheemse oorgegee.[5]
365 000 siviele dood en die oorlog het ca. £12 miljard teen 2007-pryse gekos.[7]
Duitse kolonies in Afrika      met Oos-Afrika     , 1914
Kaart wat Oos-Afrika tussen 1914 en 1918 vertoon
Generaal Paul Emil von Lettow-Vorbeck sy oorgawe aan die Britse troepe in Mbala in November 1918

Die Oos-Afrika-veldtog (Duits: Erster Weltkrieg in Ostafrika, Engels: East African Campaign) was 'n reeks veldslae en guerilla-aksies wat in Duits-Oos-Afrika begin en versprei het na dele van Mosambiek, Noord-Rhodesië, Brits-Oos-Afrika, Uganda en Belgies-Kongo. Die veldtog is effektief in November 1917 beëindig.[8] Die Duitsers het Portugees-Oos-Afrika binnegeval en die veldtog voortgesit deur van Portugese voorrade te leef.

Tydens die veldtog het hoofsaaklik die Duitse magte van Oos-Afrika aan die een kant teen troepe van België, die Britse Ryk en Portugal op die ander kant geveg. Die meerderheid van die deelnemers aan albei kante was Swartes wat as koloniale soldate onder die bevel van die Europese offisiere teen mekaar geveg het of as draer vir die voorrade gebruik is. Tydelik is ook talle wit Suid-Afrikaners en soldate van die Brits-Indiese weermag gebruik.

Die strategie van die Duitse koloniale troepe, wat deur Luitenant-generaal (later Generaal-majoor) Paul von Lettow-Vorbeck gelei is, was om magte van die Wes-Front na Afrika te lok. Sy strategie het na 1916 misluk om hierdie resultate te bereik, nadat hoofsaaklik Indiese en Suid-Afrikaanse magte, wat deur die koloniale beleid verhinder is om in Europa te ontplooi, die res van die veldtog laat voortgaan.[9][10] Desondanks het die Duitsers vir die hele Eerste Wêreldoorlog geveg, totdat hulle die wapenstilstand op 14 November om 07:30 vermeem het. Albei kante het vir 'n bevestiging gewag, en die Duitsers het amptelik oorgegee op 25 November. Duits-Oos-Afrika is uiteindelik in twee Volkebond-klas-B-mandate verdeel, naamlik die Britse Tanganjika-gebied en die Belgiese Rwanda-Urundi, terwyl die Kionga-driehoek deel van Portugees-Oos-Afrika geword het.

Veldslae en veldtogte

[wysig | wysig bron]
  • Slag van Zanzibar op 20 September 1914, Duitse oorwinning
  • Slag van Rufiji Delta tussen Oktober 1914 en 11 Julie 1915, Britse oorwinning
  • Slag van Kilimandjaro, 3 November 1914, Duitse oorwinning
  • Slag van Tanga, 3–5 November 1914, Duitse oorwinning
  • Slag van Jassin, 18–19 Januarie 1915, Duitse oorwinning
  • Slag van Bukoba, 21-23 Junie 1915, Britse oorwinning
  • Slag van die Tanganjika-meer, vanaf Desember 1915 tot Julie 1916, Geallieerde oorwinning
  • Slag van Salaita, 12 Februarie 1916, Duitse oorwinning
  • Slag van Latema Nek, 11-12 Maart 1916, Geallieerde oorwinning
  • Slag van Kahe, 18 Maart 1916, Britse oorwinning
  • Slag van Kondoa Irangi, 7-10 Mei 1916, Geallieerde oorwinning
  • Slag van Dodoma
  • Slag van Mkalamo
  • Slag van Lukigura
  • Slag van Matamondo
  • Slag van Wami
  • Slag van Kilosa
  • Slag van Mlali, 24 Augustus 1916
  • Slag van Morogoro
  • Slag van Kidodi
  • Slag van Dutumi
  • Slag van Kisaki, 5–11 September 1916, Duitse oorwinning
  • Slag van Njinjo
  • Slag van Kimbaramba
  • Slag van Kibata (1916)
  • Slag van Behobeho, 3–4 Januarie 1917
  • Slag van Kibata (1917)
  • Slag van Mpotona
  • Slag van Utete
  • Slag van Nambanje
  • Slag van Kiawe Bridge, 29 Julie 1917, Britse oorwinning
  • Slag van Rumbo, 2-10 Augustus 1917, Geallieerde oorwinning
  • Slag van Narungombe
  • Slag van Mahiwa, 15–18 Oktober 1917, Duitse oorwinning
  • Slag van Ngomano, 25 November 1917, Duitse oorwinning

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Miller 1974, p. 41.
  2. Holmes 2001, p. 359.
  3. (en) John Iliffe: A Modern History of Tanganyika. Cambridge University Press, Cambridge 1969; digitally printed version 2008 ISBN 978-0-521-10052-6 (paperback), bl. 246
  4. Contey 2002, p. 46.
  5. 5,0 5,1 Crowson 2003, p. 87.
  6. Strachan 2001, p. 641.
  7. Paice 2007, p. 1.
  8. (en) Holmes 2001, bl. 361.
  9. (en) Holmes 2001, bl. 359.
  10. (en) Strachan 2003, bl. 642.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Notas

[wysig | wysig bron]