Manchester-lughawe
Manchester-lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: MAN – ICAO: EGCC | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Manchester Airport Holdings | ||
Bedien | Groter Manchester, ooste van Cheshire, noorde van Staffordshire, noordooste Derbyshire en suidelike Lancashire | ||
Ligging | Ringway, Manchester, Engeland | ||
Geopen | 25 Junie 1938 | ||
Fokuspunt vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 257 vt / 78 m | ||
Koördinate | 53°21′14″N 002°16′30″W / 53.35389°N 2.27500°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
05L/23R | 3 048 | 10 000 | Beton |
05R/23L | 3 050 | 10 007 | Beton/ Gegroefde teer |
Statistieke (2020) | |||
Passasiers | 6 787 127 | ||
Passasierverskil 19 – 20 | 76.9% | ||
Lugbewegings | 63 316 | ||
Bewegingsverskil 19 – 20 | 68.8% | ||
Bron: MAG Manchester Airports Group webblad, VK AIP by NATS[1] Statistiek van die VK Burgerlugvaartowerheid[2] |
Manchester-lughawe is 'n internasionale lughawe by Ringway, Manchester, Engeland, 14 km of 8,6 myl suidwes van Manchester se middestad.[1][3] In 2019 was dit die derde besigste lughawe in die Verenigde Koninkryk wat passasiersgetalle betref en die besigste van diegene wat nie Londen bedien nie.[4]
Die lughawe bestaan uit drie passasiersterminale en 'n vragterminaal, en is die enigste lughawe in die Verenigde Koninkryk buiten Heathrow-lughawe wat twee aanloopbane oor 2 999 meter in lengte bedryf. Manchester-lughawe beslaan 'n oppervlakte van 560 hektaar en het vlugte na 199 bestemmings, wat die lughawe wêreldwyd dertiende plaas vir totale bestemmings wat bedien word.[5]
Nadat dit op 25 Junie 1938 amptelik geopen is,[6] het dit aanvanklik bekend gestaan as Ringway Airport, 'n naam wat steeds in plaaslike gebruik is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was dit 'n basis vir die Britse Lugmag (Royal Air Force), as RAF Ringway. Die lughawe word besit en bestuur deur die Manchester Airport Holdings, 'n beheermaatskappy wat besit word deur die Australiese finansieringshuis IFM Investors en die tien metropolitaanse stadsrade van Groter Manchester, met Manchester Stadsraad wat die grootste belang besit. Ringway, waarna die lughawe vernoem is, is 'n dorpie met 'n paar geboue en 'n kerk aan die westelike rand van die lughawe.
Passasiersterminale
[wysig | wysig bron]-
Terminaal 1
-
Inweegarea by Terminaal 2
-
Terminaal 3
Manchester-lughawe het drie passasiersterminale. Terminale 1 en 2 word deur die skylink verbind, met outomatiese rolloopvlakke om passasiers te help met die 10–15 minute se stap. Terminaal 3 is aan Terminaal 1 gekoppel en die skylink deur 'n bedekte wandelpad. Die "skylink" verbind ook die terminale met die lughawe-treinstasiekompleks (bekend as "The Station") en die Radisson BLU Hotel. Skylink 1 is in 1993 geopen. Skylink 2 het in September 1996 saam met die Radisson geopen.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Manchester – EGCC". Nats-uk.ead-it.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2010. Besoek op 4 April 2010.
- ↑ "Aircraft and passenger traffic data from UK airports". VK Burgerlugvaartowerheid. 11 Maart 2017.
- ↑ "Live Search Maps". Microsoft.
- ↑ "Manchester Airport is 'ready' for A380 Super Jumbo". BBC News. 19 Augustus 2010. Besoek op 1 September 2010.
- ↑ "Frankfurt with almost 300 destinations and Paris CDG with over 100 airlines lead global analysis of airport operations in S17". anna aero. 15 Februarie 2017. Besoek op 12 Maart 2017.
- ↑ Scholefield 1998, p. 10
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Manchester-lughawe.
- Amptelike webwerf