Gaan na inhoud

Nicaragua

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
República de Nicaragua
Republiek Nicaragua
Vlag van Nicaragua Wapen van Nicaragua
Vlag Wapen
Nasionale leuse: En Dios Confiamos
(Spaans vir: "In God vertrou ons")
Volkslied: Salve a ti, Nicaragua
Ligging van Nicaragua
Hoofstad Managua

12°9′N 86°16′W / 12.150°N 86.267°W / 12.150; -86.267

Grootste stad Managua
Amptelike tale Spaansa
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Daniel Ortega
Rosario Murillo
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Van die
Eerste Meksikaanse Keiserryk
• Van die
Federale Republiek
van Sentraal-Amerika

• Erken
• Rewolusie
• Huidige grondwet

15 September 1821

1 Julie 1823


31 Mei 1838
25 Julie 1850
19 Julie 1979
9 Januarie 1987[1]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
130 375 km2  (96ste)
50 338 myl2
7,14
Bevolking
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
6 167 237[2]
51 / km2 (155ste)
132,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$34,550 miljard[3] (115de)
$5 433[3] (129ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$12,612 miljard[3] (127ste)
$1 983[3] (134ste)

MOI (2017) 0,658[4] (124ste)  –  medium
Gini (2014) 46,2[5] –  medium
Geldeenheid Córdoba (NIO)
Tydsone
 - Somertyd
CST (UTC-6)
nie toegepas nie (UTC-6)
Internet-TLD .ni
Skakelkode +505
a. Engels en inheemse tale word ook aan die Karibiese kus gepraat.

Nicaragua (Spaans: [nikaˈɾaɣwa]), amptelik die Republiek Nicaragua (Spaans: República de Nicaragua, [reˈpuβlika ðe nikaˈɾaɣwa]), is 'n verteenwoordigende demokratiese republiek en die grootste nasie in Sentraal-Amerika. Aangrensend is Honduras in die noorde, die Stille Oseaan in die weste, die Karibiese See in die ooste en Costa Rica in die suide.

Nasa-Satellietbeeld van Nicaragua
Kaart van Nicaragua

In die depressie het die grootste mere van Sentraal-Amerika ontstaan, naamlik die Lago de Managua (Managuameer, 1 049 km²) en die Lago de Nicaragua (Nicaraguameer, 8 264 km²), wat deur die Rio Tipitapa verbind word. Tussen – asook in – die mere en die Stille Oseaan is daar 'n reeks vulkane wat nog gedeeltelik aktief is.

Hier lê egter ook die grootste stede van die land, soos die hoofstad Managua, wat op 23 Desember 1972 byna geheel en al deur 'n aardbewing verwoes is en heeltemal ontruim moes word. Op die Punta Cosigüina in die noordweste is die vulkaan Cosigüina (859 m), in die Cordillera de los Marrabios onder meer die vulkaan San Cristóbal (1 745 m), die vulkaan Telica (1 010 m) en die vulkaan Momotombo (1 280 m); meer na die suidooste, in die Mesetas de los Pueblos, lê die vulkaan Mombacho (1 224 m).

Die bergland bestaan uit 'n aantal kort, steil bergreekse waartussen vrugbare valleie (vulkaniese grond) geleë is. Op die grens met Honduras loop die Cordillera entre Ríos, met die Cerro Mogotón (2 107 m). Suid van en ewewydig met hierdie berge lê die hoogste berg reeks van Nicaragua, die Cordillera Isabelia, met die Cerro Penas Blancas (1 745 m), die Cerro Saslaya (1 994 m), die Cerro Piu (1 800 m) en die Cerro Yelucá (1 128 m). Die suidelike deel van die driehoek bestaan uit laer bergreekse soos die Montes de Huapi (Huapiheuwels), Sierra de Amerique en die Cordillera de Yolaina.

Klimaat

[wysig | wysig bron]

Tropies. Heeljaar deur baie warm in die laagland. Koeler in die berge. Orkane kom soms voor.

Demografie

[wysig | wysig bron]

Religie

[wysig | wysig bron]

Die land handhaaf 'n beleid van vryheid van geloof, ondersteun deur beide die regering en die grondwet.

Die grootste denominasie, en tradisioneel die geloof van die meerderheid, is Rooms-Katoliek. Die aantal praktiserende Rooms-Katolieke is besig om af te neem, terwyl ledegetalle van evangeliese Protestantegroepe en Mormone sterk gegroei het sedert die 1990's. Daar is ook sterk teenwoordigheid van Anglikaanse en Morawiese gemeenskappe langs die Karibiese kus.

Sosiale gegewens

[wysig | wysig bron]
2 100 jaar oue menslike voetafdrukke, Huellas de Acahualinca genoem, bewaar in vulkaniese modder naby Managuameer
Die koloniale stad Granada naby die Nicaraguameer is een van die mees besoeke plekke in Sentraal-Amerika

Van die bevolking van meer as 2,8 miljoen (1982) is 70% Mestiese, 16% Blankes, 9 tot 10% Afrikane en 4 tot 5% Indiane. Omdat die woord mestiese nie net na die velkleur verwys nie, maar ook ekonomiese en kulturele implikasies het, word Spaanssprekende Indiane wat nie meer by hul stamme leef nie, ook Mestiese genoem.

Aan die ander kant gaan Mestiese wat dieselfde lewenstyl as die Blankes het, as Blankes deur. Die feitlik ontoeganklike laagland langs die Karibiese Kus word bewoon deur Indiane, Sumo, Ramaquie, Misquito en moreno's of Karibiërs, Afrikane, mulatte en zambo's.

Die Afrikane het as plantasie- en boswerkers van die Wes-Indiese eilande gekom en woon nou in die groter kusdorpe. Tot in die 18de eeu was die kus van die gebied onder Britse beheer, en gevolglik praat die bevolking daar naas hul eie taal ook Engels en is Protestants. Die res van die bevolking is Rooms-Katoliek en het Spaans as omgangstaal.

Nicaragua behoort ondanks sy baie natuurlike rykdomme tot die armste lande van Sentraal-Amerika en van die hele Latyns-Amerika. Dit blyk uit die lae gemiddelde inkomste van die bevolking, die swak gesondheidsvoorsiening, die swak opleidingsmoontlikhede vir leerpligtige kinders tussen 6 en 13 jaar en die onvoldoende huisvesting in die stede sowel as op die platteland.

Net in die hoofstad en in die stad León is daar vir die inwoners beperkte sosiale voorsieninge. Meer as 40% van die bevolking is analfabete. Die getal laer skole is nie eens voldoende vir die helfte van die totale getal leerpligtige kinders nie.

Honger en armoede dwing baie om te gaan werk, sodat net ’n handjievol sekondêre onderwys ontvang; nog kleiner getalle besoek die Sentraal-Amerikaanse Universiteit van Managua (1961) en die Nasionale Outonome Universiteit van Nicaragua in León, wat in 1814 gestig is. Vakbonde verleen 'n sekere mate van hulp aan hul lede, maar moet hulle van politieke aktiwiteite weerhou.

Die meeste vakbonde is baie klein (nie meer as 5 000 lede nie) en word deur die regering beheer. Vakbondleiers wat aan stakings deelneem, word in hegtenis geneem en stakings word deur spesiale keurtroepe van die Nasionale Wag stopgesit. Die wat werk het, is relatief goed daaraan toe, aangesien hulle byvoordele van werkgewers ontvang. Die werkloses (sowat 50% van die bevolking tussen 15 en 65 jaar) ontvang niks.

Politieke en ekonomiese situasie

[wysig | wysig bron]
Amerikaans-ondersteunde anti-Sandinista "Contra"-rebelle (ARDE Frente Sur) in 1987
10 herdenking van die Nicaraguaanse rewolusie in Managua, 1989

Die land het in 1821 onafhanklik geword van Spaanse beheer. Na ’n periode van bloedige burgeroorloë het Anastasio Somoza (1896–1956) in 1936 die mag oorgeneem. Nadat hy in 1956 vermoor is, is die presidentskap afwisselend beklee deur sy seuns Luis (1957–1963) en Anastasio jr. (1967) en sy vertroueling René Schick (1963–1967).

Tydens hul bewind het die Somozas op 'n hardhandige manier alle opposisie onderdruk. Hierdeur is 'n skyn van politieke rus verkry, wat dit veral vir Amerikaanse ondernemers aantreklik gemaak het om daar te investeer. Die investerings is gedoen in die verbouing van koffie, katoen en piesangs, in die soektog na aardolie in die Karibiese See en Stille Oseaan, en in die bou van paaie (onder meer die Ramapad van die ooskus van die Nicaragua-meer na Rama aan die Río Escondido, die belangrikste verbinding tussen die oos- en weskus), spoorlyne en lugverkeer (Transportes Aéreos Centro-Americanos; TACA).

Landbouprodukte, garnale, goud en koper word uitgevoer na die Verenigde State, Nicaragua se belangrikste handelsvennoot. Nywerheidsprodukte soos masjinerie, motors en lewensmiddele, hoofsaaklik bestem vir die oostelike dele van die land, word weer uit die VSA ingevoer. Byna 60% van die arbeidsmag werk in die landbou in die sentrale bergland op klein plasies, waar bone, mielies, sorghum, kassawe en suikerriet vir eie gebruik verbou word.

Die nywerhede is beperk tot die verwerking van landbouprodukte en lewer verbruikersgoedere soos dranke, seep, leerware, suiwelprodukte, kitskoffie en dies meer. Hoe die verdere ontwikkeling van die groot rykdomme van die land (groot vrugbare gebiede wat nog nie bewerk is nie, hout, delfstowwe en kommersiële visvangs) sal plaasvind, hang van die politieke situasie af.

Teen die einde van 1974 het die Sandinistiese Front van Nasionale Bevryding daarin geslaag om ’n paar politieke gevangenes te bevry, waarop Somoza 'n noodtoestand afgekondig en krygswet en perssensuur ingestel het. Weerstand teen die beleid het onder die middel- en hoër klasse opgebou. Burgeroorlog het in 1979 in die land uitgebreek en teen die einde van 1979 het die Sandinistiese Front van Nasionale Bevryding die bewind oorgeneem.

Die land word deur 'n junta van vyf lede geregeer. Na die bewindsoorname is ondernemings met plaaslike eienaars genasionaliseer en is handelsbeheer ingestel. Maatreëls is afgekondig om die ekonomie, wat onder die burgeroorlog verswak het, te verbeter en te herstel.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Nicaragua". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 17 April 2019.
  2. "Población Total, estimada al 30 de Junio del año 2012" (PDF) (in Spaans). National Nicaraguan Institute of Development Information. pp. 1–5. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 April 2020. Besoek op 17 April 2019.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Nicaragua". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 17 April 2019.
  4. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 17 April 2019.
  5. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 17 April 2019.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]