Platycephalidae
Platycephalidae | |
---|---|
Sunagocia otaitensis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Platycephalidae
|
Genera | |
Ambiserrula |
Die Platkoppe (Platycephalidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Scorpaeniformes behoort. Daar is ongeveer agttien genera met drie en sestig spesies in hierdie familie. Twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die familie se lyf is lank en die koppe plat en die lyf is bedek met skubbe. Die familie het twee dorsale vinne. Die bekken vinne is agter die pektorale vinne se basis. Die grootte wissel van 12 – 100 cm.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die familie leef op sanderige bodems en naby koraalriwwe in water wat tot 300 m diep is en eet hoofsaaklik vis en skaaldiere. Die familie gebruik hul kamoeflerings vermoë om prooi te vang en weg te kruip van ander roofvisse.
Genera
[wysig | wysig bron]Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Cociella
- Cociella punctata
- Cociella heemstrai
- Papilloculiceps
- Papilloculiceps longiceps - Madagaskar-platkop
- Platycephalus
- Platycephalus indicus - Balkstertplatkop
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7