Roy Lichtenstein
Roy Lichtenstein (27 Oktober 1923 - 29 September 1997, New York) was 'n Amerikaanse popkunskunstenaar. Sy werke is veral bekend vir hul tekenprentagtige beelde met helder, meestal primêre kleure wat met vet swart kontoere omlyn is. Hy het skilderye, litografieë en beelde geskep.
Lewe en werk
[wysig | wysig bron]Lichtenstein is in New York Stad gebore, in 'n welgestelde Joodse gesin. Sy ma, Beatrice Werner, gebore in New Orleans, was 'n begaafde pianis en later 'n huisvrou. Sy pa Milton, gebore in Brooklyn, was 'n eiendomsagent. Na sy skoolopleiding het hy somerskilderkursusse aan die befaamde Art Students League van New York gevolg, en het daarna gestudeer aan die Ohio State University. Nadat hy van 1943 tot 1946 in die weermag gedien het, het hy na Ohio teruggekeer om sy meestersgraad te verwerf en het daar onderrig te gee.
Jare vyftig
[wysig | wysig bron]Lichtenstein keer in 1951 terug na New York en hou sy eerste solo-uitstalling daar. Hy het ook voortgegaan om onderrig te gee, aanvanklik aan die New York State College of Education en later aan Douglas College, deel van die Rutgers-universiteit in New Jersey.
In die 1950's het Lichtenstein basiese tegnieke van abstrakte ekspressionisme gebruik. Hy het temas soos cowboys, Indiane en papiergeld vir sy skeppings gebruik.
Jare sestig
[wysig | wysig bron]In 1961 begin hy strokiesprente en tekenprentkarakters gebruik waarmee hy beroemd geword het. "Slaan plat... sandvlooie" is die eerste belangrike voorbeeld van hierdie nuwe styl. Die skildery "Whaam!" die bekendste voorbeeld uit 1963. Fernand Léger, is 'n kunstenaar wat sy styl beïnvloed het.
Lichtenstein het dikwels rooi, geel en blou as kleurskema gebruik, dikwels met dik swart lyne. Soms het hy ook groen gebruik. Hy het 'n spesiale soort kolletjies (roosterkolletjies) gebruik, soos die roosterkolletjies wat in koerantfoto's en strokiesprente gesien word, wat sy skilderye die tipiese strokiesvoorkoms gee. Hy het dinge uit die verbruikersamelewing uitgebeeld net soos hulle was. Hy was nie teen die verbruikersamelewing nie, maar het geglo dat hy homself belaglik sou maak as hy die dinge wat hierdie samelewing simboliseer, nie so akkuraat as moontlik uitbeeld nie.
Vanaf 1962 het hy meer na werke van Picasso, Mondriaan en Monet gaan kyk vir inspirasie vir sy werk. In die middel van die 1960's begin hy sonsondergange en landskappe in sy nou bekende styl skilder.
Latere jare
[wysig | wysig bron]Die meeste van sy werk is geïnspireer deur advertensies en tekenprente, wat hy "so kunsmatig as moontlik" beskryf. Hy het die tekenprenttekeninge grootliks vergroot, sodat selfs die eenvormige kleure wat in 'n strook gedruk is, as kolletjies op die skildery verskyn. Hy het ook monumentale staalbeeldhouwerke gemaak wat in verskillende stede opgerig is: Barcelona, Madrid, Yale, Washington D.C., New York.
In 1997 is Lichtenstein in die New Yorkse buurt van Manhattan aan longontsteking oorlede. Sy laaste voltooide projek was die ontwerp van 'n logo vir Dreamworks Records.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Alloway, Lawrence (1983). Roy Lichtenstein. Modern Masters Series. Vol. 1. New York: Abbeville Press. ISBN 0-89659-331-2.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Coplans, John (1972). Roy Lichtenstein. New York: Praeger. OCLC 605283.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Corlett, Mary Lee (2002). The Prints of Roy Lichtenstein : a Catalogue Raisonné 1948–1997 (2 uitg.). New York, NY: Hudson Hills Press. ISBN 1-55595-196-1.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Hendrickson, Janis (1988). Roy Lichtenstein. Cologne, Germany: Benedikt Taschen. ISBN 3-8228-0281-6.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Lobel, Michael (2002). Image duplicator : Roy Lichtenstein and the emergence of pop art. New Haven, CT: Yale University Press. ISBN 978-0-300-08762-8.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Lucie-Smith, Edward (1 September 1999). Lives of the Great 20th-Century Artists. Thames & Hudson. ISBN 978-0-500-23739-7.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Marter, Joan M., red. (1999). Off limits : Rutgers University and the Avant-Garde, 1957–1963. Newark, N.J.: Newark Museum. ISBN 0-8135-2610-8.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Selz, Peter (1981). "The 1960s: Painting". Art in Our Times: A Pictorial History 1890–1980. Harry N. Abrams, Inc. ISBN 0-8109-1676-2.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Nederlandse Wikipedia vertaal.