Rugby Afrika
Rugby Afrika | |
---|---|
Kenteken van Rugby Afrika
| |
Engelse naam | Rugby Africa |
Franse naam | Rugby Afrique |
Afkorting | RA |
Vasteland | Afrika |
Lede | 36 |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1986 |
Gestig in | Tunis, Tunisië |
Sambreelorganisasie | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1988 |
President | Herbert Mensah ( Ghana) |
Setel | Kaapstad, Suid-Afrika |
Amptelike tale | Engels en Frans |
Amptelike webwerf | rugbyafrique.com |
Rugby Afrika (Engels: Rugby Africa; Frans: Rugby Afrique, afgekort “RA”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Afrika. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1986 gestig en hulle hoofkantoor is in Kaapstad, Suid-Afrika, geleë. Die amptelike tale is Engels en Frans en Herbert Mensah dien as president van Rugby Afrika.
Rugby Afrika organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Afrikabeker vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Rugby Afrika hou ook toesig oor Sewesrugby in Afrika en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees van Afrika (ANOCA) saam.
In 1986 is Rugby Afrika onder die naam Konfederasie van Afrikarugby (Engels: Confederation of African Rugby; Frans: Confédération Africaine de Rugby) in Tunis gestig deur Ivoorkus, Kenia, Madagaskar, Marokko, Senegal, Seychelle, Tanzanië en Tunisië.[2] Ná die einde van Apartheid kon in Julie 1992 die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) ook toetree, by verre die vasteland se belangrikste beheerliggaam. In 1998 het die vastelandse beheerliggaam die eerste eie toernooi aangebied, die Rugbywêreldbeker 1999-Afrikakwalifisering. Twee jaar later het die eerste Afrikabeker gevolg.[3] In Desember 2014 is die Konfederasie van Afrikarugby hernoem in Rugby Afrika.[4]
Lidlande
[wysig | wysig bron]Rugby Afrika het tans 36 lede:[6]
- Algerië
- Benin
- Botswana
- Burkina Faso
- Burundi
- Demokratiese Republiek die Kongo
- Egipte
- Eswatini
- Gaboen
- Ghana
- Guinee
- Ivoorkus (FIR)
- Kameroen
- Kenia (KRU)
- Lesotho
- Madagaskar
- Malawi
- Mali
- Marokko
- Mauritius
- Namibië (NRU)
- Niger
- Nigerië
- Kongo
- Rwanda
- Senegal
- Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Seychelle
- Suid-Afrika (SARU)
- Tanzanië
- Togo
- Tsjad
- Tunisië
- Uganda
- Zambië
- Zimbabwe (ZRU)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Africa". Wêreldrugby. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (en) "About us". Rugby Afrika. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (en) "Thirty years of rugby in Africa: The early days". Wêreldrugby. 4 April 2016. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (fr) "La Confédération africaine de rugby devient Rugby Afrique". Africa Top Sports. 14 Desember 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018. Besoek op 3 November 2018.
- ↑ (en) "Global Participation in Rugby" (PDF). Wêreldrugby. 2018. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (en) "Rugby Africa Unions". Rugby Afrika. Besoek op 17 Desember 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) (fr) Amptelike webwerf