Walter Madeley
Walter Madeley | |
Walter Madeley in 1928 | |
Minister van Vervoer
| |
Ampstermyn 1939 – 1945 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
---|---|
Voorafgegaan deur | Harry Gordon Lawrence |
Opgevolg deur | Colin Steyn |
Minister van Sosiale Sake
| |
Ampstermyn 1939 – 1943 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
Voorafgegaan deur | Henry Fagan |
Opgevolg deur | Harry Gordon Lawrence |
Minister van Pos en Telegraafdienste en openbare werke
| |
Ampstermyn 1925 – 1928 | |
Eerste minister | Barry Hertzog |
Voorafgegaan deur | Thomas Boydell |
Opgevolg deur | Henry Sampson |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 28 Julie 1873 Woolwich, Engeland |
Sterf | 12 Mei 1947 (op 73) Boksburg, Unie van Suid-Afrika |
Politieke party | Arbeidersparty |
Walter Bayley Madeley (Woolwich, Engeland, 28 Julie 1873 - Boksburg, 12 Mei 1947) was 'n leier van die Arbeidersparty in Suid-Afrika en kabinetsminister.
Madeley ontvang sy skoolopleiding in Indië aan die Bombay Cathedral High School en word in 1889 'n vakleerling aan die Woolwich Arsenal, maar immigreer in 1896 na Suid-Afrika waar hy 'n passer word op 'n myn op die Rand. Hy word 'n heftige vakbondlid en neem aan verskeie stakings deel. Gou word hy beskou as 'n vooraanstaande figuur in die Arbeidersparty danksy sy uitsonderlike bekwaamheid. Hy word in 1910 tot die eerste Unie-Volksraad verkies tot Arbeiderlid vir Springs en later Benoni (wat eers deel was van sy oorspronklike kiesafdeling). Hy behou laasgenoemde setel dertig jaar lank.
Genl. J.B.M. Hertzog se Pakt-regering ('n koalisie tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty kom in 1924 aan bewind toe hulle saam daarin slaag om genl. Jan Smuts se Suid-Afrikaanse Party te verslaan ná dié die Unionisteparty ingelyf het. In November 1925 tree Madeley toe tot die kabinet as minister van pos- en telegraafdienste en openbare werke. Selfs as minister verkondig hy 'n gevorderde soort sosialisme wat dikwels sy kollegas in die verleentheid gestel het. In 1928 ontvang hy, teen die uitdruklike wil van genl. Hertzog, 'n afvaardiging van 'n onerkende organisasie met betrekking tot die werksomstandighede van die swart werknemers in sy departemente. Genl. Hertzog vra hy moet bedank, maar toe hy weier, bedank die eerste minister self en stel 'n nuwe kabinet saam waaruit hy Madeley weglaat. 'n Skeuring ontstaan in die Arbeidersparty, waarvan kol. F.H.P. Creswell die een leier is en Madeley die ander, maar uiteindelik kry Madeley se faksie die oorhand en so word hy Arbeiderleier.
Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog stem die Arbeiders teen genl. Hertzog se mosie van neutraliteit en werk hulle nou saam met die Verenigde Party van genl. Smuts. Madeley word minister van arbeid en beklee die amp tot sy aftrede in 1945.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
- Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.