Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/16 Oktober
Voorkoms
16 Oktober: Wêreldvoedseldag
- 1793 – Marie Antoinette word onder die valbyl tereggestel by die Place de la Révolution in Parys tydens die hoogtepunt van die Franse Rewolusie.
- 1854 – Die Anglo-Ierse skrywer Oscar Wilde word in Dublin, Ierland, gebore.
- 1964 – Die Volksrepubliek China ontplof hulle eerste atoombom.
- 1978 – Karol Józef Wojtyła, kardinaal van Kraków, Pole, word pous Johannes Paulus II, die eerste nie-Italiaanse pous sedert die 16de eeu.
- 1981 – Oorlede: Mosje Dajan, Israeliese politikus.