Tiger I-tenk
'n Tiger I in die noorde van Frankryk, Maart 1944 | |
Tipe | Swaartenk |
---|---|
Oorsprong | Nazi-Duitsland |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | 1942–1945 |
Oorloë | Tweede Wêreldoorlog |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerper | Erwin Aders Henschel & Son |
Ontwerp | 1938–1941 |
Vervaardiger | Henschel & Son |
Koste per eenheid | 250 800 RM[1][nota 1] |
Vervaardig | 1942–1944 |
Aantal gebou | 1 347[nota 2][2] |
Spesifikasie (RfRuK VK 4501H Ausf.E, Blatt: G-330) | |
Massa | 54 t[3] 57 t (Ausf. E)[4] (gevegsmassa)[5] |
Lengte | 6,316 m 8,45 m kanonloop vorentoe |
Wydte | 3,56 m |
Hoogte | 3,0 m |
Bemanning | 5 (bevelvoerder, kanonnier, laaier, drywer, radio-operateur) |
Pantser |
25–120 mm[6][7] |
Primêre bewapening |
1× 8,8 cm KwK 36 L/56 92 pantserdeurdringing- en hoëplofkragprojektiele |
Sekondêre bewapening |
2× 7,92 mm MG 34 4 500 patrone 4 800 patrone (Ausf. E)[8] |
Enjin | Maybach HL230 P45 V-12 |
Enjinlewering | 700 PS (690 pk, 515 kW) |
Krag/massa | 13 PS (9,5 kW) / ton |
Suspensie | Wringstaaf |
Grondvryhoogte | 0,47 m |
Brandstofkapasiteit | 540 liter |
Operasionele bereik |
Pad: 195 km[4] Veld: 110 km[4] |
Snelheid | Maksimum, pad: 45 km/h[9] volgehou, pad: 40 km/h[4] veld: 20–25 km/h[4] |
Die Tiger I is 'n Duitse swaartenk wat in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is. Dit het diens gedoen op die front in Noord-Afrika asook Europa, gewoonlik in onafhanklike swaartenkbataljons. Die tenk se amptelik naam is: Panzerkampfwagen VI Tiger Ausf. E, verkort tot Tiger. Die Tiger I is die Duitse weermag se eerste pantsergevegsvoertuig wat toegerus was met die 8,8 cm KwK 36-kanon wat ontwikkel is van die 8,8 cm Flak 36-lugafweerkanon. Vanaf Augustus 1942 tot Augustus 1944 is daar 1 347 van die tenks gebou.[10] Na Augustus 1944 is die Tiger II bo die Tiger I verkies.
Die Tiger I se ontwerp is as buitengewoon vir sy tyd beskou,[11] tog was dit oorontwerp,[12] omrede duur materiaal gebruik is en produksie arbeidsintensief was. Die Tiger se swakheid was die rusperbande wat gereeld gebreek het en sy togafstand was beperk weens sy hoë brandstofverbruik. Die tenk was duur om te onderhou, maar meganies betroubaar.[13] Dit was moeilik om die tenk te vervoer en dit is gou tot stilstand gedwing wanneer ys, modder en sneeu tussen die oorvleulende, tussengelaagde Schachtellaufwerk-patroon padwiele gekom het. Soms was die blokkasie van so 'n aard dat die wiele glad nie wou beweeg nie. Hierdie was 'n probleem wat veral op die oos-front in Oos-Europa ondervind is, gedurende die rasputitsa-seisoen en tydperke van uiterste koue.
Die bynaam van Tiger is deur Ferdinand Porsche geskep en die romeinse syfer is eers bygevoeg nadat die Tiger II in produksie gekom het. Die aanvanklike naam was Panzerkampfwagen VI Ausführung H, letterlik Pantser Gevegsvoertuig VI weergawe H, afgekort tot PzKpfw VI Ausf. H waar die 'H' Henschel & Son voorstel, wat die ontwerper en vervaardiger was. Dit is in Maart 1943 herklassifiseer as PzKpfw VI Ausf. E met voorraadverwysing Sd.Kfz. 181.
Wêreldwyd is daar tans slegs sewe Tiger I-tenks oor in museums en privaatversamelings. Tiger 131, wat tydens die Noord-Afrika offensief verower is, behoort aan die Bovington Tenkmuseum en is die enigste werkende model.
Ontwerpgeskiedenis
[wysig | wysig bron]Eerste ontwerp
[wysig | wysig bron]In Januarie 1937 het die Duitse Leërwapenagentskap Waffenamt 'n versoek aan Henschel & Son gerig om 'n deurbraakvoertuig Durchbruchwagen in die 30-33 ton klas te ontwerp.[14] Slegs een prototipe se romp is ontwikkel en nooit met 'n skiettoring toegerus nie. Die Durchbruchwagen I se ontwerp het baie ooreenkomste met die Panzer III getoon, die skiettoring kom ooreen met die vroeëre Panzer IV C se skiettoring met die 7.5 cm L/24-kanon en kortloop.
Nog voordat die Durchbruchwagen I egter voltooi kon word, het die Waffenamt 'n versoek aan Henschel gerig om 'n 30 ton Durchbruchwagen te ontwikkel met dikker pantser. Die Durchbruchwagen II het oor pantser van 50 mm aan die voorkant beskik en sou toegerus word met die Panzer IV se skiettoring met 'n 7.5 cm L/24-kanon, ook met 'n kortloop. Die totale massa sou 36 ton wees. Slegs een romp is ooit gebou en weereens was dit nie met 'n skiettoring toegerus nie. Verdere ontwikkeling van die Durchbruchwagen is gestaak in 1938 ten gunste van die groter en beter gepantserde VK 30.01 (H) en VK 36.01 (H) ontwerpe. VK beteken Vollketten in Duits, volrusperband.[nota 3] Beide die Durchbruchwagen I en II prototipes was gebruik as toetsvoertuie tot in 1941.
Verbeterde ontwerp
[wysig | wysig bron]Die VK 30.01 (H) mediumtenk- en die VK 36.01 (H) swaartenk-ontwerpe is die pioniers vir die komplekse Schachtellaufwerk rusperband-onderstel van wringstaafgeveerde, oorvleulend-gelaagde vere vir gebruik op die hoofwiele van die tenks. Hierdie konsep was reeds gebruik op die Duitse halfrusperbandvoertuie soos die Sd.Kfz. 7. Die VK 30.01 (H) is ontwerp om met 'n Krupp-skiettoring toegerus te word waarin 'n 7.5 cm L/24 infanterie ondersteuningskanon met 'n lae trompsnelheid, 'n 7.5 cm L/40 veeldoelige antitenkkanon of 'n 10.5 cm L/28 veldkanon gemonteer is. Die totale massa mag nie meer as 33 ton gewees het nie. Die pantser aan die voorkant was 50 mm en 30 mm aan die kante. Vier prototipes is gebou vir evaluering. Twee is later toegerus met die 12.8 cm Selbstfahrlafette L/61 kanon en het bekend gestaan as die Sturer Emil selfaangedrewe kanon.
Die VK 36.01 (H) ontwerp was vir 'n tenk van 40 ton met 100 mm pantser aan die voorkant, 80 mm aan die kante van die skiettoring en 60 mm aan die kante van die romp. Dit moes toegerus word met 'n Krupp-skiettoring wat of met 'n 7.5 cm L/24 of 'n 7.5 cm L/43 of 'n 7.5 cm L/70 of 'n 12.8 cm L/28 kanon toegerus is. Dit lyk amper soos die Panzer IV C se skiettoring. Aanvanklik is daar een prototipe van die romp gebou en later nog vyf meer. Die rompe is egter nooit toegerus met die skiettorings nie en dié was gebruik vir die sg. Atlantiese Muur. Die VK 36.01 (H) projek is later gestaak ten gunste van die VK 45.01 projek.
Verdere verwikkelinge
[wysig | wysig bron]Die Duitse magte het die Franse SOMUA S35 kavallerietenk en Char B1 swaartenk en die Britse Matilda II infanterietenks teëgekom gedurende die Slag van Frankryk in Junie 1940 en dié ondervinding het hulle oortuig dat die Duitse Leër beter bewapende en gepantserde tenks benodig.[15]
Op 26 Mei 1941 is Henschel en Ferdinand Porsche versoek om ontwerpe vir 'n 45 ton swaartenk in te dien, wat teen Junie 1942 vir diens gereed moes wees.[16] Porsche het aan 'n verbeterde weergawe van die hul VK 30.01 (P) Leopard-tenk prototipe gewerk en Henschel aan 'n verbeterde weergawe van hul VK 36.01 (H) ontwerp. Henschel het twee prototipes gebou: die VK 45.01 (H) H1 met 'n 8,8 cm L/56 kanon en die VK 45.01 (H) H2 met 'n 7.5 cm L/70 kanon.
Finale ontwerp
[wysig | wysig bron]Op 22 Junie 1941 het Duitsland Operasie Barbarossa geloods en die Sowjetunie binnegeval. Die Duitsers was egter geskok toe hulle die Sowjet T-34 mediumtenk en die KV-1 swaartenk teëgekom het,[17] en volgens die Henschel-ontwerper Erwin Aders "was daar groot konsternasie toe daar ontdek word dat die Sowjettenks beter was as enige iets waaroor die Duitse Leër beskik het".[18]
Tenks met 'n massa van 45 ton en 8,8 cm kaliber kanonne is toe bestel. Die afleweringsdatum was 20 April 1942, die 53ste verjaarsdag van Hitler. Die ontwerp het egter nie voorsiening gemaak vir skuinspantserplate soos die Panther-tenk nie, 'n innovasie van die Sowjetleër op hul T-34 tenk.
Beide Porsche en Henschel se ontwerpe het gebruik gemaak van die Krupp-ontwerpte skiettoring. Die prototipe is aan Hitler gedemonstreer by Rastenburg. Die Henschel ontwerp is aanvaar omrede die Porsche VK 4501 (P) prototipe se ontwerp 'n petrol-elektriese hibriedkrageenheid gebruik het wat groot hoeveelhede koper benodig het om die skiettoring aan te dryf. Koper was egter 'n strategiese materiaal waartoe Duitsland beperkte toegang gehad het.[19] Produksie van die Panzerkampfwagen VI Ausf. het in Augustus 1942 begin. Porsche het 'n bestelling vir sy tenks verwag en het 100 onderstelle gebou. Nadat die kontrak aan Henschel toegeken is, was Porsche se onderstelle gebruik vir 'n skiettoringlose tipe tenkvernietiger, 91 omgeskakel na die Panzerjäger Tiger (P) vroeg in 1943.
Die Tiger was nog in sy prototipe fase toe dit dringend in diens gestel is en daarom is groot en klein veranderinge aangebring deur die produksieloop. Die grootste verandering was die herontwerpte skiettoring met 'n laer luik. Om koste te verminder is die onderwatervermoë en buite lugfiltreerstelsel geskrap.
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Die Tiger se ontwerpbeginsels het verskil van die filosofie wat tot op daardie stadium vir Duitse tenks gegeld het. Sy voorgangers het gestreef na 'n balans tussen beweegbaarheid, pantser en slaankrag en het soms teen vyandelike tenks te staan gekom wat oor beter slaankrag beskik het.
Die Tiger, alhoewel groot, was nie stadiger as die beste van sy opponente nie. Tog, met 'n dooie gewig van 50 ton, het die onderstel, ratkaste en ander soortgelyke items hulle boonste ontwerplimiet bereik en falings was aan die orde van die dag indien instandhouding nie gereeld gedoen is nie.
Alhoewel die algemene ontwerp en uitleg min of meer dieselfde was as die vorige mediumtenk, die Panzer IV, was die Tiger twee keer so swaar. Dit was as gevolg van sy aansienlik-dikker pantser, die groter hoofkanon, groter brandstoftenks en ook meer stoorplek vir ammunisie, 'n groter enjin en stewiggeboude onderstel en transmissiestelsel.
Pantser
[wysig | wysig bron]Die Tiger I se pantser op die voorste romp was 100 mm dik, die voorkant van die skiettoring was 100 mm dik en die basis van die skiettoring was 120 mm dik.[20] Die kantplate was 60 mm dik en die bokant van die romp was 80 mm dik terwyl die skiettoring se kante en agterkant ook 80 mm dik was. Die bokant en onderkant was 25 mm dik en vanaf Maart 1944 is die skiettoring se dak dikker gemaak tot 40 mm.[6] Die pantserplate was hoofsaaklik plat met 'n legkaarttipe konstruksie. Die pantser was van martensiet-(termo)verharde staal en die lasplekke was van 'n hoë kwaliteit, hulle het oorvleuel en is gesweis eerder as om met klinknaels gelas te word.
Kanon
[wysig | wysig bron]Die 56-kaliber lang 8,8 cm KwK 36 is vir die Tiger gekies. 'n Kombinasie van die projektiel se plat trajek as gevolg van sy hoë trompsnelheid en die presisie Turmzielfernrohr TZF 9b visier van Leitz (die 9b is later vervang met die mono TZF 9C) maak die kanon uiters akkuraat. Met toetse gedurende die oorlog deur die Britte het hulle 'n teiken van 410 mm x 460 mm vyf keer agtereenvolgens getref op 'n afstand van 1 100 m.[21] In vergelyking met die ander Duitse tenkkanonne het die 8,8 cm KwK 36 beter deurdringingsvermoë gehad as die 7.5 cm KwK 40 van die Sturmgeschütz III en Panzer IV maar was ondergeskik aan die 7.5 cm KwK 42 van die Panther-tenk[22] tot op 'n afstand van 2,500 meter. Verder as 2,500 meter was die 8,8 cm KwK 36 beter in deurdringingsvermoë en akkuraatheid.
Die ammunisie vir die Tiger het elektriese slagdoppe gebruik. Vier tipes ammunisie was bruikbaar maar nie altyd geredelik beskikbaar nie; die PzGr 40 het wolfram benodig, wat skaars was gedurende die oorlog.
- PzGr. 39 (pantserbreek-ballistiese-dopgeskut)
- PzGr. 40 (pantserdeurdringing, soliede projektiel)
- Hl. Gr. 39 (hoë plofkrag antitenk)
- sch. Sprgr. Patr. L/4.5 (brandbom skrapnel)
Enjin en aandrywing
[wysig | wysig bron]Die enjin is aan die agterkant van die tenk en weerskante daarvan is twee afsonderlike kompartemente wat die brandstoftenk en die verkoeler huisves. Die Duitsers het nog nie 'n aanvaarbare dieselenjin ontwikkel nie en moes dus 'n petrolenjin gebruik. Die eerste enjin wat gebruik is, was die 21,35 liter 12-silinder Mayback HL210 P45 enjin wat 485 kW kon lewer teen 3 000 opm. Alhoewel dit 'n goeie enjin was, was dit nie kragtig genoeg vir die Tiger nie. Van die 251ste Tiger wat uitgerol is, is die enjin vervang met die opgegradeerde Maybach HL230 P45 van 23,095 liter, wat 521 kW teen 3 000 opm kon lewer.[23] Die groot verskil tussen die twee enjins is dat die HL210 se silinderblok van aluminium gemaak is en die H230 s'n van gietyster. Die voordeel van gietysterblokke is dat groter silinders gebruik kan word, met gepaardgaande groter verplasing, wat die kraglewering verhoog het tot 521 kW. Die ontwerp van die enjin was in V-vorm met twee silinderbanke teen 60 grade. 'n Traagheidaansitter (soos gebruik in 'n vliegtuig) was gemonteer regs agter en met die enjin verbind via 'n ketting en ratte deur 'n luik in die romp se agterkant. Die enjin kon deur 'n luik aan die bokant van die romp uitgehaal word. In vergelyking met ander V12-petrolenjins wat gebruik is vir tenks, was die HL 230 amper vier liter kleiner in verplasing as die Rolls Royce Meteor V12 AFV-enjin soos gebruik deur die Britte. Die Meteor was self ontwikkel uit die Rolls-Royce Merlin maar afgeskaal na 448 kW uitset. Die Amerikaanse Ford GAA V8 met 18 liter verplasing is ontwikkel uit Ford se eerste V12 vir vegvliegtuie wat afgekeur is deur die Amerikaanse Vloot en Leër. Die oorspronklike V12 het 27 liter verplaas soos die Meteor.
Die enjin het die twee dryfratte deur 'n aandrywingstelsel wat die ratkas wat laag voor in romp was; die gevolg was dat die dryfratte relatief laag was. Die elf ton Krupp ontwerpte skiettoring was toegerus met 'n hidrouliese motor wat se pomp meganies aangedryf was vanaf die enjin. Dit het die skiettoring een minuut geneem om een keer in die rondte te draai.
'n Verdere nuutjie was die Maybach-Olvar hidrouliesbeheerde halfoutomatiese voorkiesratkas. Die swaar massa van die tenk het 'n nuwe stuurstelsel vereis. Die Duitse maatskappy Argus Motoren, waar Hermann Klaue die skyfrem ontwerp het[24] wat in 1940 op die Arado Ar 96 geïnstalleer is, het 55 cm skyfremme vir die Tiger ontwerp.[25] Klaue het in sy patentaansoek erken dat hy slegs bestaande tegnologie verbeter het, wat teruggevoer kan word na Britse ontwerpe vanaf 1904.
Die koppelaar-en-remstelsel, tipies gebruik op ligter voertuie, is behou vir gebruik in noodgevalle alleen. Normaalweg het die stuurstelsel bestaan uit 'n dubbel-ewenaar soos Henschel se ontwikkeling van die Britse Merritt-Brown stelsel [26] wat vir die eerste keer gebruik is in die Churchill-tenk. Die voertuig het oor 'n agtgangratkas beskik en die stuurstelsel bied twee vaste draaisirkels vir elke rat, dus het die Tiger-I oor sestien verskillende draaisirkels beskik. In eerste rat was die minimum draaisirkel 3.44 m. In neutraal kon die ruspers in teenoorgestelde rigting beweeg word, dus kon die Tiger op een plek in die rondte draai.[27] Die Tiger het oor 'n stuurwiel beskik en nie soos die gebruik was vir tenks 'n stuurstang of twee hefbome aan die kante nie. Dit het die bestuur van die tenk vergemaklik, en was 'n nuwigheid vir sy tyd.[26]
Veerstelsel
[wysig | wysig bron]Daar was sestien wringstawe in die veerstelsel met agt arms aan elke kant. Om plek te bespaar het die swaaiarms vorentoe gewys aan die een kant en agtertoe aan die ander kant. Daar was drie padwiele (een was dubbel, die naaste aan die rusper se middelpunt) op elke arm, in die Schachtellaufwerk oorvleuelende en tussengelaagde patroon, soortgelyk aan die Duitse Weermag se half-rusper militêre voertuie van voor die Tweede Wêreldoorlog. Die Tiger I was die eerste Duitse gepantserde militêre voertuig wat in massa vervaardig is wat die padwieluitleg gebruik het. Die wiele met 'n diameter van 800 mm het verseker dat die gewig van die tenk eweredig oor die rusper versprei is, maar het meer instandhouding genoodsaak.
Om een van die binneste wiele te verwyder om die soliede rubberband om die wiel te vervang het beteken dat tot nege ander wiele eers verwyder moes word. Die reënseisoen, wat herfs voorafgegaan het en die rasputitsa (modderseisoen) gebring het op die Oosfront, het tot gevolg gehad dat al die voertuie wat die Schachtellaufwerk-wiele gebruik het, se wiele vol modder aangepak het of vasgevries het nadat dit vol sneeu gepak is. Daar kan aanvaar word dat die Duitse ingenieurs, gebaseer op hulle ondervinding met die voertuie met halfrusperbande, aangeneem het die Schachtellaufwerk-ontwerp beter vermoë, langer wiel- en rusperlewe, beter beweegbaarheid wanneer van die wiele verlore is of beskadig word en die ekstra beskerming wat benodig was teen vyandelike vuur sou hê. Hulle het gemeen hierdie eienskappe sou vergoed vir die instandhoudingskompleksiteit van die stelsel, wat vererger is wanneer modder en ys teëgekom is. Hierdie beginsel was, op verskeie maniere, oorgedra na die Panther-tenk en die nie-tussengelaagde wielontwerp van die Tiger II-tenk. Later is 'n nuwe 800 mm staalwiel ontwerp, wat baie soos die Tiger II se wiel gelyk het ontwikkel met 'n veerstaalband in stede van rubber en soos die Tiger II s'n het dit oorvleuel maar was nie tussengelaag nie.
Om die buitengewone massa van die tenk te ondersteun was die rusperbande 725 mm wyd. Om egter vervoer te kon word per spoor, waar daar breedtebeperkings was, kon die buitenste padwiele verwyder word van 'n flens[28] op elke as,(16 in totaal), en nouer 520 mm wye vervoer rusperbande (Verladeketten) geïnstalleer word.[29][26][30] Die vervanging van 'n band met wielverwydering het 30 minute geneem aan elke kant van 'n tenk.[31] Tog was tenks gereeld per spoor vervoer met hulle breër rusperbande, die treinoperateurs het geweet waar daar nie nou tonnels of ander versperrings op die roete was wat die vervoer van abnormale breë vragte sou verhoed het nie, ten spyte daarvan dat hierdie praktyk streng verbode was.[32]
Water deurwaadstelsels
[wysig | wysig bron]Die Tiger tenk se gevegsmassa was 56 ton, wat te swaar was vir meeste van die kleiner brûe wat 'n beperking van 35 ton gehad het. Om dié probleem te omseil is die tenks toegerus met deurwaadstelsels om deur 4,6 m water te kon gaan.[5] Dit het ongewone meganismes vir ventilasie en verkoeling benodig wanneer die tenk onderwater was. Die stelsel het 30 minute geneem om opgestel te word, dit het vereis dat die kanon en die skiettoring in die vorentoe posisie gesluit moes word en 'n groot snorkel is uitgelig op die agterkant van die tenk. 'n Opblaasbare ronde ring het die skiettoringring verseël. Die twee agterste kompartemente, wat elk 'n brandstoftenk, verkoeler en waaier bevat het, kon onder water gaan. Slegs die eerste 495 eenhede is met die diep deurwaadstelsel toegerus[33] en latere modelle kon slegs water tot twee meter diep deurwaad. Maar die koste verbonde aan die stelsel teenoor die praktiese beperkings het tot gevolg gehad dat die stelsel later vanaf Augustus 1943 nie meer geïnstalleer is nie.[5][33]
Kajuit
[wysig | wysig bron]Die uitleg van die kajuit was tipies soos vir Duitse tenks. Die voorkant van die kajuit was oop met die drywer en radio-operateur wat voor weerskante van die ratkas gesit het. Agter hulle was die skiettoring se vloer omring met panele om 'n gelyk aanlopende vlak te verseker. Dit het die laaier gehelp om die ammunisie maklik te kan kry; dit was hoofsaaklik bokant die rusperbande gestoor. Daar was drie bemanningslede in die kajuit, die laaier regs van die kanon en hy het agtertoe gekyk, die kanonnier links van die kanon en die tenkbevelvoerder agter hom. Daar was ook 'n opvoubare stoel aan die regterkant vir die laaier. Die skiettoring se vloer was rond met 157 cm kopruimte. Van die eerste weergawes se skiettorings het oor twee skietpoorte vir pistole beskik, een is later vervang met 'n ontsnapluik vir die laaier en die ander een is later verwyder.[34]
Die Geallieerdes het met na-oorlogse toetsing gevind dat die tenk ongerieflik en spartaans was. Dit was in teenstelling met die Duite bemannings wat die tenk ruim en gerieflik gevind het.[35]
Koste
[wysig | wysig bron]Die grootste probleem van die Tiger was dat sy produksie aansienlike hulpbronne in terme van manure en materiaal geverg het, wat gelei het tot 'n hoë eenheidskoste. Die Tiger I het twee keer soveel as die Panzer IV en vier keer soveel as die StuG III aanvalkanon gekos.[36] Deels as gevolg van hul hoë koste is slegs 1 347 Tiger I en 492 Tiger II-tenks vervaardig.[37] Die Geallieerdes se naaste ekwivalent was die Amerikaanse M26 Pershing-tenk waarvan ongeveer 200 gedurende die oorlog in Europa ontplooi is[38] en die Russiese IS-2-tenk waarvan ongeveer 3 800 geproduseer is.
Uit 'n tegniese oogpunt beskou was die Tiger I die meerdere van sy tydgenote[39], en ten spyte van die lae aantal geproduseer, tekorte aan opgeleide bemannings en die tenk se hoë brandstofverbruik in tye toe Duitsland tekorte ondervind het, het die Tiger tenks (I en II) 'n groot impak op die oorlog gehad. Hulle was verantwoordelik daarvoor dat ten minste 10 300 vyandelike tenks en 11 380 antitenkkanonne en artillerie-items gedurende die Tweede Wêreldoorlog vernietig is. Dit was gedoen met die verlies van 1 725 Tiger tenks wat tenks insluit wat verlore gegaan het vir strategiese redes bv. gebreek, agtergelaat ens.[40]
Produksiegeskiedenis
[wysig | wysig bron]Die produksie van die Tiger I het in Augustus 1942 begin in die fabriek van Henschel und Sohn in Kassel,[41] aanvanklik teen 'n tempo van 25 eenhede per maand en die piek word bereik in April 1944 toe 104 eenhede per maand uitgerol word. 'n Dokument bestaan wat bevestig dat die eerste Tiger I op 4 Augustus voltooi is. Daar is 1 355 eenhede voltooi toe produksie gestaak is. Daar is 671 Tiger I tenks in diens gestel op 1 Julie 1944.[42] Dit het twee keer solank geneem om 'n Tiger I te bou as enige ander Duitse tenk tydens die oorlog. Toe die Tiger II tenk in produksie getree het in Januarie 1944 is daar begin om die Tiger I uit te faseer.
Japan het in 1943 verskillende Duitse tenks gekoop om te bestudeer. Slegs een Tiger I was blykbaar gekoop tesame met 'n Panther en twee Panzer III's, slegs die Panzer III's is uiteindelik afgelewer.[43] Die onafgelewerde Tiger is aan die Duitse Weermag geleen deur die Japannese regering.
Modifikasies
[wysig | wysig bron]Daar was baie modifikasies aan die tenks aangebring gedurende hul produksietyd, die meeste het ten doel gehad om die voertuig, sy vuurkrag en beskerming te verbeter. Die ontwerp is ook later vereenvoudig deels om koste te bespaar as gevolg van 'n skaarste in roumateriale. In 1942 is ses veranderinge aangebring, die Vorpanzer, voorste pantserskild, wat verwyder is van die voorproduksiemodelle in April. Gedurende Mei is modderskerms aan die kante vasgebout en verwyderbare modderskerms was ten volle geïntegreer in September. Daar is ook begin om rookgranaatlanseerders te installeer vanaf Augustus 1942, drie aan elke kant. Deur die jare is soortgelyke modifikasies aangebring, in laat 1943 is die tenks bedek met 'n laag Zimmerit, 'n laag nie-magnetiese verf wat voorkom het dat myne aan die tenk vaskleef.[44][45][46] As gevolg van die lae produksietempo van die tenks, het die integrering van die modifikasies soms tot maande geneem.
Die humoristiese en ietwat pittige handleiding van die tenk, die Tigerfibel, was die eerste van sy soort soos gebruik in die Duitse Weermag. Die sukses van die onortodokse handleiding het tot gevolg gehad dat die styl nageboots is deur ander.
Inligting oor produksie van die Tiger I tenk het die ore van die Geallieerdes teen September 1943 bereik. Die weerstandgroep van die priester Heinrich Maier, wat later tereggestel is, het dokumentasie aan die American Office of Strategic Services gestuur. Met sketse, wat die ligging van die vervaardigingsaanleg aandui, kon bomwerpers van die Geallieerdes presisie-aanvalle op die aanleg loods.[47][48]
Variante
[wysig | wysig bron]Daar is 'n paar variante van die Tiger I gebou. Een was die Sturmtiger (Aanvalstier), 'n swaargepantserde, selfaangedrewe voertuig toegerus met 'n vuurpylaangedrewe mortier.[49] Daar is ook 'n tenkherwinningsweergawe gebou van die Porsche Tiger I genaamd die BergeTiger en ook een Porsche Tiger I was uitgereik aan die 653ste Swaartenkvernietigingsbattaljon, wat toegerus was met die Ferdinand/Elefant-tenk. 'n Mynveërweergawe was ook gebou in Italië, die kanon was onder andere verwyder, in 'n poging om deur mynvelde te breek. Hulle was soms verwar met die BergeTiger Daar was drie van die voertuie gebou. Hulle het 'n klein lading plofstof aan 'n klein hefboom gehang wat oor die mynveld laat val is, die tenk rol terug en laat die lading ontplof om die mynveld skoon te maak. Daar is geen verifikasie dat enige van hul in 'n gevegsrol gebruik is nie.
'n Ander weergawe was die Fahrschulpanzer VI Tiger-tenk wat gebruik is vir dryweropleiding van Tiger-tenkbemannings. Hierdie tenks se enjins is gemodifiseer om of saamgepersde Towngas (Stadtgas-stelsel) of houtgas (Holzgas-stelsel) te gebruik. Dit was as gevolg van die skaarste van brandstof. Dit was 'n mengsel van tenks met skiettorings en tenks sonder skiettorings. Hulle is ook nooit in 'n gevegsrol gebruik nie.
Naamgewing
[wysig | wysig bron]Titel | Verwysing | Datum |
---|---|---|
Prototipes | ||
VK 45.01 | Henschel | 28 Julie 1941 |
Pz.Kpfw. VI Ausf. H1 (VK 4501) | Wa Prüf 6[50] | 21 Oktober 1941 |
VK 4501 (H) | Wa J Rue (WuG 6)[51] | 5 Januarie 1942 |
Tiger H1 (VK 4501 – Aufbau fur 8,8 cm Kw.K.Krupp-Turm) | Wa Prüf 6 | Februarie 1942 |
Pz.Kpfw. VI (VK 4501/H Ausf. H1 (Tiger)) | Wa Prüf 6 | 2 Maart 1942 |
Pz.Kpfw. "Tiger" H | Wa J Rue (WuG 6) | 20 Junie 1942 |
Pz.Kpfw. VI VK 4501 (H) Tiger (H) Krupp-Turm mit 8,8 cm Kw.K. L/56 fur Ausf. H1 |
Wa Prüf 6 | 1 Julie 1942 |
Produksie | ||
Panzerkampfwagen VI H (Sd.Kfz. 182) | KStN 1150d[52] | 15 Augustus 1942 |
Tiger I | Wa Prüf 6 | 15 Oktober 1942 |
Pz.Kpfw. VI H Ausf. H1 (Tiger H1) | – | 1 Desember 1942 |
Panzerkampfwagen VI H Ausf. H1 Panzerkampfwagen Tiger Ausf. E |
D656/21+ (Tenkhandleiding) | Maart 1943 |
Pz.Kpfw. Tiger (8,8 cm L/56) (Sd.Kfz. 181) | KStN 1176e[53] | 5 Maart 1943 |
Panzerkampfwagen Tiger Ausf. E (Sd.Kfz. 181) Panzerkampfwagen Tiger Ausf. E |
D656/22 (Tenkhandleiding) | 7 September 1944 |
Hitler se opdrag van 27 Februarie 1944 het weggedoen met die titel Panzerkampfwagen VI ten gunste van Panzerkampfwagen Tiger Ausf. E, wat amptelik die titel tot die einde van die oorlog was.[20] Vir algemene gebruik was dit verkort tot Tiger.
Gevegsgeskiedenis
[wysig | wysig bron]Kanon en pantser
[wysig | wysig bron]'n Verslag deur die Duitse Leër Wapenagentskap (Waffenamt) gee die berekende waarskynlikheid van 'n voltreffer (pantser word deurdring) op afstande waarmee teenstanders betroubaar uit diens gestel word tot op 'n hoek van 30 grade met die inkomende projektiel.
Volgens die Waffenamt se verslag kan die Tiger se 88 mm kanon die Amerikaanse M4 Sherman die ewenaaromhulsel vanaf 2 100 m en die voorkant van die skiettoring vanaf 1 800 m deurdring, dit kon egter glad nie die skuins, voorste pantser van die Sherman vanaf enige afstand deurdring nie. Die Sherman se 75 mm kanon kon ook glad nie die Tiger se pantser aan die voorkant op enige afstand deurdring nie, en kon slegs die pantser aan die bokant van die sye deurdring op 'n afstand van 100 m of minder. Die Sherman se opgegradeerde 76 mm kanon mag die voorkant van die Tiger se pantser deurdring vanaf 600 m, die neus van 400 m en die voorkant van die skiettoring vanaf 700 m.
Die Amerikaanse M3 90 mm kanon, normaalweg gebruik as 'n statiese antitenk- en lugafweerkanon, en later gemonteer op die M36 tenkvernietiger en nog later die M36 Pershing, kon die voorkant van die Tiger deurdring vanaf 1000 m met standaardammunisie en vanaf 2000 m met hoëspoedpantserdeurdring-ammunisie[54](HVAP).[nota 4]
Toetse gedoen deur die Sowjetunie in Mei 1943 het getoon dat die 8,8 cm KwK 36 kanon die T-34/76 se skiettoring se voorkant vanaf 1500 m en die romp ook vanaf 1500 m kan deurdring. 'n Voltreffer op die bestuurder se luik het dit binnetoe laat inplof en in stukke opgebreek.[55][56][nota 5] Volgens die WaPrüf 1 verslag kon die Sowjet T-34 se boonste pantservoorkant en skiettoring deurdring word tussen 100 en 1400 m terwyl hulle geskat het dat die T-34 se 85 mm kanon die voorkant van 'n Tiger I tussen 200 en 500 m[57] kon deurdring, maar Sowjettoetse het bewys dat die 85 mm die Tiger I kon binnedring vanaf 1000 m[58] Die 120 mm pantser van die romp van die Sowjet IS II, model 1943, kan tussen 100 en 300 m deurdring word by die bestuurder se voorste plaat.[57] Die IS II se 122 mm kanon kan die Tiger se voorste pantser tussen 1500 tot 2500 m deurdring.[57] Volgens Steven Zaloga kan die Tiger en die IS II mekaar uitwis in normale gevegstoestande onder 1000 m.[59] Op langer afstande speel die vaardigheid van die bemanning en die gevegsomstandighede 'n groot rol.[60]
Die Britse Churchill IV-tenk was kwesbaar teen die Tiger I op afstande van 1100 tot 1700 m, sy sterkpunt was die neus en die skiettoring sy swakpunt. Volgens 'n STT dokument, dateer April 1944, was die beraming dat die Britse 17-pond kanon soos gebruik op die Sherman Firefly met sy normale pantserbreek-ballistiese-dopgeskut (APCBC)[nota 6] ammunisie, die skiettoring en die bestuurder se sigplaat van die Tiger I-tenk sal deurdring vanaf 1700 m.[57]
Wanneer hulle teikens genader het is die bemanning van Tiger I-tenks aangeraai om die romp in die 10:30 of 13:30 posisie op die horlosie relatief tot die teiken te kry, 'n posisie waarna as na Mahlzeit Stellung verwys is.[nota 7]Dit sou verseker dat die voorste pantser tot die ekwivalent van 180 mm en die sye tot 140 mm dikker word, wat beteken dat geen Geallieerde kanon tot 152 mm die Tiger uit aksie kon stel nie.[61][62] Omrede die Tiger se pantser regop was en nie met 'n helling nie, was dit maklik om die aanbevele posisie te verkry. Die Panzer IV en Panther-tenks was ligter as die Tiger wat veroorsaak het dat die Tiger se sypantser die bemanning meer beskerm het teen aanvalle van die flanke af. Die Tiger was ook aan die agterkant en sykante immuun teen Sowjet antitenkkanonvuur. Die groter kaliber 8,8 cm kanon van die Tiger het ook verseker dat teikens meer uitmekaar geruk word met 'n kragtiger ontploffing as die 7.5 cm KwK 42 kanon van die ander twee tenks. Dus was die Tiger 'n beter tenk om ondersteuning aan die Infanterie gee en fortifikasies te vernietig. Volgens die Duitse tenkbevelvoerder, Otto Carius, het die tenk ook 'n belangrike rol gespeel om antitenkkanonne te vernietig:
Die vernietiging van antitenkkanonne was meestal beskou as niks spesiaal deur leke en soldate van ander takke nie. Slegs die vernietiging van ander tenks word as 'n sukses beskou. Maar aan die ander kant, die belangrikheid van 'n antitenkkanon was tweemaal soveel werd vir ervare tenkbemannings. Hulle was 'n groot gevaar vir die tenks. Die antitenkkanon word opgestel vir 'n lokval situasie, goed gekamoefleer en strategies opgestel in die terrein. Hulle was moeilik om geidentifiseer te word en was ook moeilik om raak te skiet as gevolg van hulle lae hoogte. Gewoonlik was die tenks onbewus van die dié kanonne totdat hulle die eerste skoot geskiet het. Gewoonlik is ons onmiddellik getref as die kanonbemannings ervare was; ons loop ons gewoonlik vas in 'n muur van kanonne. Dit was dan die beste om so kalm as moontlik te bly en die vyand te vernietig voor hulle die tweede skoot kon vuur. |
Eerste aksie
[wysig | wysig bron]Hitler was gretig om die nuwe, kragtige wapen te gebruik en het beveel dat die voertuig in diens gestel moes word maande voor die beplande tyd.[63] 'n Afdeling van vier Tiger-tenks was in aksie op 23 September 1943 naby Leningrad.[64] Omrede die gebied moerasagtige en bebos was, is hulle beweging hoofsaaklik gebruik op paaie en spore, wat verdediging deur die Sowjet-magte vergemaklik het. Baie van die eerste modelle het probleme onderving met hul transmissies omrede dit probleme ondervind het met die swaar massa van die tenk wanner die tenk te hard bestuur is. Dit het die bestuurders 'n tydjie geneem om te leer hoe om die tenk binne sy vermoë te bestuur en sodoende die enjin en transmissie te spaar, tog het vele gebreek. Dit belangrikste gebeure van die aksie was dat een van die Tigers vasgeval het in die moerasagtige grond en net so gelos is. Die Sowjet-magte het die tenk net so ongeskonde in die hande gekry en hulle in staat gestel om sy ontwerp te bestudeer en teenmaatreëls teen die tenk op stel.[65][66]
Die 503de Swaarpantserbataljon was ontplooi op die Don-front by Stalingrad in die herfs van 1942 maar arriveer te laat om deel te neem aan Operasie Winter Storm, die poging om die vasgekeerde Duitse troepe in Stalingrad te bevry. Die bataljon was daarna betrokke in swaar, verdedigende aksie in Rostof aan die Don en aangrensende gebiede gedurende Januarie en Februarie 1943.
In die Noord-Afrika-veldtog het die Tiger I-tenk vir die eerste keer aksie gesien gedurende die Tunisië-veldtog op 1 Desember 1942, oos van Tebourba. Hier het drie Tigers 'n olyfboord aangeval 5 km wes van Djedeida.[67] Die digte olyfboord het sigbaarheid belemmer en vyandelike tenks kon eers op kortafstand gewaar word. Die Tigers was getref deur skote van 'n aantal M3 Lee-tenks op 'n afstand van 80 tot 100 m. Twee van die Amerikaanse tenks was uit diens gestel in die aksie. Dit het bewys dat die Tiger baie goeie beskerming bied aan sy bemanning teen vyandelike vuur, dit het die bemanning se vertroue aansienlik laat styg in die tenk.[67] Die eerste verlies van 'n Tiger deur 'n Geallieerde kanon het op 20 Januarie 1943 naby Robaa,[68] plaasgevind toe 'n battery kanonne van die Britse 72ste Antitenk Regiment 'n Tiger uitgewis het met 'n 6-pond (57 mm) teen-tenk kanon. Sewe Tigers was uit diens gestel deur myne gedurende die aanval op Béja gedurende Operasie Ochsenkopf teen die einde van Februarie.[69]
Verder aksie
[wysig | wysig bron]In Julie 1943 het twee swaartenkbataljons (503de en 505de) deelgenaam aan Operasie Caitadel wat die Slag van Koersk tot gevolg gehad het. Die 505de bataljon het op die noordelike flank en die 503de bataljon het op die suidelike flank van die Koersk-uitloper diens gedoen, die doelwit was om die uitloper af te sny en sodoende te omsingel. Die Duitse magte kon egter nie daarin slaag nie en hulle moes 'n verdedigende rol aanneem. Die ontrekking uit Koersk het tot gevolg gehad dat vele gebreekte Tigers net so daar gelos was omrede die bataljonne nie die nodige instandhoudingwerk of herstelwerk kon doen nie.[70]
Op 11 April 1945 het 'n Tiger I-tenk drie Sherman M4 tenks en 'n pantser kar vernietig terwyl hulle op 'n pad vorentoe beweeg het.[71] Op 12 April 1945 het 'n Tiger I-tenk (F02) twee Comet-tenks vernietig, een halfruspervoertuig en een verkennings motor.[71] Hierdie Tiger I was egter op sy beurt deur 'n Comet-tenk van die 3de Koninklike Tenkregiment vernietig die volgende dag sonder die hulp van infanterie.[71]
Beweegbaarheid en betroubaarheid
[wysig | wysig bron]Die tenk se massa het sy vermoë om brûe oor te steek aansienlik beperk. Om die rede is die tenk gebou met waterdigte luike en 'n snorkel om dit toe te laat om deur water van 4 m te kan waad. Sy massa het dit ook riskant gemaak om deur geboue te ry omrede kelders mag ingee onder die massa en die tenk daarin val. Nog 'n swakpunt was die stadige spoed waarmee die hidrolies aangedrewe skiettoring in die rondte kon draai. As gevolg van betroubaarheidsprobleme met die Maybach HL 210 TRM P45 enjin, wat in die eerste 250 Tigers installeer is, kon die tenk nie teen sy maksimum vermoë werk nie.[72] Die Maybach-enjin se maksimum omwentelinge was 3 000 opm die bemannings was ingelig in die handleiding dat hulle nie 2 600 opm mag oorskry het nie. Hierdie beperking was op gehef toe die Maybach HL 230 enjin beskikbaar geraak het.[72] Die skiettoring kon met die hand gedraai word maar die opsie is slegs gebruik wanneer klein veranderinge gedoen moes word.[73]
Die eerste Tigers kon 'n topspoed van 45 km/h behaal oor geskikte terrein. Dit was egter nie aanbeveel vir normale operasies nie en was verbied gedurende opleiding. 'n Reëlaar was later geïnstalleer om die enjin se omwentelinge tot 2 600 opm te beperk en die tenk se spoed tot ongeveer 38 km/h. Die Tiger se bemannings het verslag gedoen dat die tenk se kruip spoed ongeveer 10 km/h is.[74] Daarteenoor het medium tenks van die tyd, soos die Sherman of T-34, 'n gemiddelde topspoed van 45 km/h gehad. Dus was die Tiger se topspoed nie sleg nie as in aanmerking geneem word dat sy massa tweekeer dié van die twee tenks was nie.[73] Met sy wye rusperbande, 'n idee geleen van die Sowjet se T-34, het die Tiger minder druk op die grond uitgeoefen as ander kleiner tenks soos byvoorbeeld die M4 Sherman.
Tiger I-tenks het groot instandhouding vereis. Dit het twee of soms drie standaard Duitse Sd.Kfz. 9 Famo swaar halfrusperband sleepvoertuie geneem om dit te sleep. Tigerbemannings het soms ander Tigers versoek om hulle te sleep, maar dit was nie aanbeveel nie omrede die tweede tenk kon oorverhit en die enjin breek. Die wipstuk waarmee die tenk gesleep kan word is laag geïnstalleer wat sleeptou bemoeilik het oor ruwe terrein. Wanneer die tenk gesleep word het die rusperband opgehoop op die agterste tandrat wat die tenk geïmobilsieer het. Wanneer die rusperband opgehoop het, het dit twee Tigers geneem om die tenk te trek. Die opgehoopte rusperband was ook 'n probleem op sigself, dit was soms onmoontlik om die band uit mekaar te haal omrede die boute in die band nie uit gehaal kan word nie. Die rusperband moes dan met 'n klein plofstoflading uit mekaar geskiet word.
Gedurende die tweede helfte van 1943 was die gemiddelde betroubaarheidsindeks soortgelyk soos die van die Panther-tenk, naamlik 36%, in vergelyking van die 48% van die Panxer IV en 65% van die StuG III.[75] Vanaf Mei 1944 tot Maart 1945 was die betroubaarheid van die Tiger dieselfde as die van die Panzer IV. Met 'n gemiddeld van 70% was die Tiger se operasionele betroubaarheid op die Wesfront beter as die 62% van die Panthers. Op die Oosfront was die Tiger se betroubaarheid 65% teenoor die 71% van die Panzer IV en 65% van die Panther.[76][77]
Taktiese ontplooiing
[wysig | wysig bron]Die Tiger-tenks was gebruik in verskeie swaartenk bataljons (schwere Panzer-Abteilung) onder bevel van die leër. Die bataljons was ontplooi in kritiese sektore waar hulle moes sorg vir 'n deurbraak of gebruik is vir teenaanvalle. 'n Paar voorkeur divisies soos die Grossdeutschland, 1ste SS Leibstandarte Adolf Hitler, 2de SS Das Reich en 3de SS Totenkopf Panzergrenadier Divisie by Koersk het 'n Tiger-afdeling in hulle tenkregiment gehad. Die Grossdeutschland Divisie se Tiger-kompanie is vergroot tot 'n bataljon, bekend as die III Pantser Bataljon van die Pantserregiment Grossdeutschland. Die 3de SS Totenkopf het sy Tiger I-kompanie regdeur die oorlog behou. Die 1ste SS en 2de SS se kompanies is weggeneem en met die 101ste SS Tiger Bataljon geïntegreer, wat deel van die 1ste SS Pantser Korps was.[78]
Die Tiger is oorspronklik ontwerp as 'n aanvallende, deurbraak wapen maar teen die tyd dat dit in diens gestel is, het die militêre situasie drasties verander en dit was meestal in 'n verdedigingsrol gebruik: as 'n antitenk en infanterie ondersteuning wapen.[78] Takties het dit ook beteken dat die Tiger-eenhede aanhoudend moes rondbeweeg om deurbrake te bewerkstellig, wat buitengewone meganiese slytasie tot gevolg gehad het. Die gevolg was dat daar feitlik nooit 'n oomblik was waar enige bataljon teen volle sterkte in aksie gegaan het nie.
Teen die Sowjetunie en Weste Geallieerdes se produksie nommers was 'n vernietig verhouding van 10:1 nie goed genoeg nie. Die nommer moet gemeet word aan die geleentheidskoste van die duur Tiger-tenk. Elke Tiger kos viermaal die koste van een Sturmgeschütz III-kanon.
Geallieerdes se reaksie
[wysig | wysig bron]Britse reaksie
[wysig | wysig bron]Die Britte het die geleidelike verbetering van die Duitse pantsergevegsvoertuie en wapens sedert 1940 dopgehou en besef dat hulle oor kragtiger antitenkwapens sal moet beskik. Werk aan die 76,2 mm kaliber OF 17-ponder het reeds begin in laat 1940 en in 1942 was 100 eenhede van die eerste produksieloop na Noord-Afrika gehaas om die dreigement van die nuwe Tiger I-tenk die hoof te bied. Daar was nog nie 'n kanonwa vir die kanon ontwerp nie en hulle is gemonteer op die 25-pond kanon se waens, dit het bekend gestaan as die Pheasant.
Daar was 'n jaagtog om kruiser-tenks,[nota 8] gewapen met die 17-pond kanon in diens gestel te kry. Die A30 Challenger was reeds by die prototipestadium in 1942[79] maar relatief lig gepantser, die voorkant was slegs 64 mm dik en slegs 200 is bestel. Die bemanning het van die tenk gehou omrede dit so vinnig was. Die Sherman Firefly, toegerus met die 17-pond kanon was 'n groot sukses alhoewel dit veronderstel was om slegs 'n tydelike oplossing te wees. Die Firefly was suksesvol teen die Tiger, in een skermutseling het 'n enkele Firefly drie Tigers vernietig met vyf skote in twaalf minute.[80] Daar was oor die 2 000 Firefly's gebou gedurende die oorlog. Vyf verskillende ontwerpe wat toegerus was met die 17-pond kanon het die lig gesien gedurende die oorlog: die A30 Challenger, A34 Comet (wat die OQF 77 mm variant gebruik het), die Sherman Firefly, die 17-pond SP Achilles (tenkvernietiger) en die 17-pond SP Archer (selfaangedrewe kanon) terwyl die A41 Centurion tenk op die punt was om in diens gestel te word toe die oorlog beëindig is. In 1944 het die Britte 'n APDS[nota 9] projektiel bekendgestel wat sy deurdringvermoë aansienlik verhoog het.
Sowjetreaksie
[wysig | wysig bron]Die Sowjetunie se reaksie op die verskyning van die Tiger I-tenk was deur die produksie van die 57 mm ZiS-2 antitenkkanon te hervat, wat in 1941 gestaak was ten gunste van goedkoper en meer funksionele alternatiewe byvoorbeeld die ZiS-3. Die ZiS-2 se vermoë het die basiese behoefte toe vir antitenkkanonne ver oorskry. Die ZiS-2 het beter pantserdeurdringing gehad as die 76 mm F-34 antitenkkanon soos gebruik deur die meeste Sowjettenks of as die ZiS-3 76 mm kanon, maar dit was nog nie goed genoeg om die Tiger I uit aksie te stel nie. 'n Klein aantal T-34 tenks was toegerus met die tenkweergawe van die ZiS-2, die ZiS-4, maar dit kon nie 'n aanvaarbare hoëplofkragprojektiel vuur nie, wat dit onaanvaarbaar gemaak het as 'n antitenkkanon.
Praktiese toetse uitgevoer met die nuwe 85 mm D-5T, ontwerp as 'n lugafweerkanon, was terleurstellend. Verskeie verowerde Tiger I-tenks is verskeep na Chelyabinsk, waar die D-5T uit verskeie hoeke op hulle gevuur het. Die D-5T kon slegs die Tiger se pantser deurdring wanneer dit self binne trefafstand van die Tiger se 88 mm kanon was.[81] Tog was dit nog gebruik vir die SU-85 selfaangedrewekanon wat op die onderstel van die T-34 gebou is vanaf Augustus 1943. Daar was ook begin met die produksie van die KV swaartenk wat toegerus is met die 85 mm D-5T in 'n skiettoring van die IS-85. Daar was ook 'n kort produksieloop van 148 KV-85 tenks wat vanaf September 1943 na die front gestuur is, die produksie is voltooi aan die einde van Desember 1943.[82] Vroeg in 1944 het die T-34/85 tenk verskyn, dit is die standaard T-34 wat met die SU-85 toegerus is met die voordeel dat die kanon beweegbaar is in die skiettoring. Die T-34/85 se slaankrag was net so goed as die swaarder IS-85 tenk maar in 'n meer koste effektiewe pakket wat 'n herhaling was van die omstandighede wat gelei het tot die afname van KV-1 produksie. Die IS was daarna herbewapen met die 122 mm D-25T, wat met BR–471 pantserdeurdring projektiele die Tiger se pantser kon deurdring vanaf 1,200 m,[83] en kon met die verbeterde BR–471B APHEBC projektiele dit doen verder as 2,000 m.[84][nota 10] Die verouderde SU-85 was vervang met die SU-100, wat toegerus is met die D-10 tenkkanon en kon 149 mm vertikale pantser deurdring op 1,000 m.[85]
In Mei 1943 het die Rooi Leër die SU-152 uitgerol wat in 1944 vervang is met die ISU-152. Hierdie selfaangedrewe kanonne was toegerus met die groot 152 mm houwitser-kanon. Die SU-152 was ontwerp in 'n naby ondersteuningsrol vir gebruik teen Duitse fortifikasies eerder as vir gebruik teen pantser, tog het dit saam met die latere ISU-152 die bynaam beast killer gekry vir sy rare vermoë om Duitse swaartenks te vernietig. Die 152 mm pantserdeurdringprojektiele het meer as 45 kg geweeg en kon 'n Tiger se pantser reg van voor vanaf 1000 m deurdring. Sy hoëplofkragprojektiele was ook kragtig genoeg om groot skade aan 'n tenk aan te rig, soms het dit tot die skiettoring afgeruk. Maar as gevolg van die grootte en massa van die ammunisie het beide wapens 'n lae vuurtempo gehad en kon slegs twintig projektiele dra.
Amerikaanse reaksie
[wysig | wysig bron]Die Amerikaners het gehuiwer om hul 76 mm M1 kanon te gebruik, al was hul wel beskikbaar, omrede daar is reeds in 1944 vasgestel is dat die 75 mm M3 kanon opgewasse was om die Duitse bedreiging die hoof te bied.[86] Hulle besluit was gebaseer op die feit dat hulle verwag het dat hulle minder Tigers sou teëkom en dat die antitenk kanonne (soos in Tunisië en Sisilië) eerder die tenks moet vernietig as ander tenks.[87]
Gebruikers van die tenk
[wysig | wysig bron]- Duitsland – Die hoofgebruiker
- Hongarye – Duitsland het in 1944 dertien tenks aan die [88] die Eerste Hongaarse Leër gegee wat onder Duitse bevel op die Oos-front geveg het. 'n Gebrek aan herstelfasiliteite het egter veroorsaak dat die meeste tenks gou buite aksie en vernietig was. Drie beskadigde Tigers is na Duitsland teruggestuur.[89]
- Frankryk – Hulle het gebuite Tigers in die Saint-Nazaire-uitloper en die Geallieerde offensief in Duitsland gebruik.[90]
Tigertenks in bewaring
[wysig | wysig bron]Tiger 131
[wysig | wysig bron]'n Tiger I-tenk met rompnommer 131, wat deel was van die 504de Duitse Swaartenkbataljon, is verower op 'n heuwel genaam Djebel Djaffa in Tunisië. 'n Treffer deur die 6-ponder kanon van 'n Churchill-tenk het die loop van die Tiger getref, afgewyk en die skiettoring se ring getref wat dit staties gelaat het en ook die tenkbevelvoerder gewond het. Die bemanning het die tenk verlaat en dit was oorgeneem deur die Geallieerdes.[nota 11] Nadat die tenk herstel is, is dit na Engeland gestuur vir 'n deeglike ondersoek.
Die Tiger 131 was amptelik oorhandig aan Bovington Tenkmuseum deur die Britse Ministry of Supply op 25 September 1951. In Junie 1990 was die tenk verwyder uit die uitstalling area en is daar begin met sy restorasie. Dié werk was uitgevoer deur die museum en die Leër se herstel afdeling. Die hele tenk was feitlik uitmekaar gehaal. Die Maybach HK230 enjin van die museum se Tiger II-tenk was geïnstalleer in die Tiger I. Die Tiger I se oorspronklike Maybach HL210 was uitmekaar gehaal vir permanente uitstalling.[91] Ook was 'n moderne, permanente vuurblusstelsel in die tenk se enjin aangebring. Dit is die enigste twee veranderinge wat aangebring is aan die Tiger 131. Die Tiger was teruggebring na die museum in Desember 2003; dit was nou in 'n perfek werkende toestand. Hierdie tenk was gebruik in die rolprent Fury in 2014, die eerste keer wat 'n ten volle werkende Tiger I tenk in 'n rolprent gebruik is sedert die Tweede Wêreldoorlog.[92]
Ander tenks
[wysig | wysig bron]Omrede daar slegs 1300 Tiger I-tenks vervaardig is gedurende die Tweede Wêreldoorlog, het min van hulle die oorlog en die na-oorloge metaalherwinnngsprojekte oorleef. Groot gedeeltes van Tiger I's is gevind maar 'n volledige voertuig ontwyk pantser-entoesiaste en tenkversamelaars nog steeds. Behalwe die Tiger 131 het slegs ses ander Tigers die oorlog oorleef. Die ses tenks word uitgestal (soos in April 2018) en kan besoek word by:
- Musée des Blindés in Saumur, Frankryk. Die tenk word binnenshuis uitgestal en is in 'n goeie toestand. Dit is in die middel van 1944 gebou en het staal oorvleuelende wiele wat van die Tiger II oorgedra is en is ook toegerus met nouer vervoer rusperbande. Hierdie tenk was deel van die 2de Kompanie van die SS Swaar Pantser Bataljon 102 wat in die Cauville omgewing geveg het. Die tenk was ontruim en net so gelos nadat dit meganiese probleme ontwikkel het. Dit was later as die Colmar deur die Vrye Franse in die 6de Cuirassier Regiment indiens gestel en het al die pad terug Duitsland toe aan gevegte deelgeneem.
- Vimoutiers in Normandië. Hierdie tenk was ook net so gelos nadat dit beskadig en deur die bemanning uit aksie gestel is in Augustus 1944. Dit word tans in 'n buitenmuurse fasiliteit ten toon gestel maar is in 'n slegte toestand weens die lang tyd in oop weerstoestande. Die tenk het ook 'n paar verlore onderdele soos die luike en beide uitlaatpype.
- Kubinka Tenkmuseum in Moskou. Hierdie tenk is in 'n goeie toestand en word binnenshuis ten toon gestel. Die enigste verlore onderdele is die buitenste ry van vier padwiele.
- Militêre-Historiese museum te Lenino-Snegiri, Rusland. Die tenk staan buite en is in 'n slegte toestand. Dit was voorheen gebruik as 'n teiken en is beskadig in die proses. Van die skade is stukkende aandrywing en baie gate in die romp.
- Fort Benning, Georgia, VSA. Die tenk is Tiger 712, rompnommer 250031 en is deur die 501ste Swaar Pantser Bataljon gebruik. Dit vorm nou deel van die Verenigde State se Leër Pantser en Kavallerie Museum in Fort Benning, Georgia. Die tenk is in 'n goeie toestand en word nou binnenshuis uitgestal nadat dit eers buite gestaan het. Die linkerkant van die skiettoring en 'n gedeelte van die boonste romp was oopgesny, blykbaar as deel van 'n ondersoek tydens die Tweede Wêreldoorlog; die plekke is nou bedek met vals metaalplate.
- Duitse Pantser Museum in Munster, Nedersakse[93] Hierdie tenk was deur mnr. Hoebig van Duitsland aanmekaar gesit met onderdele wat hy by die Trun-skrootwerf in Normandië[94] en ander onderdele wat hy in Koerland, Letland gekry het.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Tiger Colmar in die Musée des Blindés in Saumur, Frankryk
-
Die Vimoutiers Tiger-tenk in Vimoutiers in Normandië, Frankryk
-
Ergbeskadigde Tiger op uitstalling in die Lenino-Snegiri Militêre-Historiese Museum, Rusland
-
In Kubinka Tenkmuseum, Rusland
Vergelykbare tenks uit die era
[wysig | wysig bron]Vergelykbare tenks uit die era is die:
- Sowjet IS Stalin
- Verenigde State se M26 Pershing.
Nota's, verwysings en bronne
[wysig | wysig bron]Notas
[wysig | wysig bron]- ↑ Sonder wapens, optiese toerusting, of radio. 399 800 Ryksmark veggereed.
- ↑ Die algemene aantal wat gebruik word is 1 350, die World War II tydskrif vermeld die syfer van 1 355 in hulle Januarie 1994 uitgawe (p.16). Jentz vermeld die getal van 1 347, insluitende die prototipe, dit is die resultaat van die deeglikste ondersoek van die primêre bronne ooit gedoen.
- ↑ VK van die Duitse Vollketten beteken "volle rusperband"; H vir Henschel
- ↑ High-velocity armor-piercing
- ↑ Die data wat gebruik is, is afkomstig van die Sowjet Militêre Intelligensie Diens. Tydens Operasie Tskra het die Russe daarin geslaag om 'n werkende Tiger I tenk te verower by die meer Ladogameer wat hulle in staat gestel het om data in oor die tenks se tegniese en operasionele vermoë in te samel. In 'n toets het hulle die 8,8 cm kanon op 'n T-34 se romp afgevuur, die data wat verkry is het gelei tot verskeie verbeteringe aan die T-34 en die ontwikkeling van die IS II tenk. Deur die IS II se pantser dikker te maak en dit met 'n 122 mm kanon toe te rus, het dit gedugte tenk geword mee kragte te meet.
- ↑ Armour-piercing capped ballistic cap. Moontlik Pantserbreek-dop balistiese-dop in Afrikaans
- ↑ Die maaltydposisie op 'n horlosie verwys na 10:30 vir ontbyt of 13:30 vir middagete.
- ↑ Kruiser-tenk:konsep tussen die wêreld-oorloë waar die tenks ligter pantser dra om sy spoed te verbeter vs. infanterie-tenks wat swaar gepantser was
- ↑ Armour-piercing discarding sabot. Afrikaans: pantserbreek skei-klomp. Dit is wanneer 'n dunner projektiel gedra word deur dele wat wegval sodra die projektiel die loop van die wapen verlaat
- ↑ Die Br-471B projektiel was reeds bestel vroeg in 1945, maar was te laat beskikbaar om gebruik te kon word in Europa. David R. Higgins, King Tiger Vs IS-2: Operation Solstice. 1945 p. 26
- ↑ Die bewaringsmense het die skade aan die loop veroorsaak deur die treffer net so gelaat en dit nie met verf bedek nie. Dit kan besigtig word te Bovington Tenkmuseum
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Zetterling 2000, p. 61.
- ↑ Jentz & Doyle 1993, pp. 11–13.
- ↑ Jentz & Doyle 2000, p. 177.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 Jentz & Doyle 2000, p. 179.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 Green, Michael; Brown, James D. (15 Februarie 2008). "Tiger Tanks at War" (in Engels). Voyageur Press. p. 20.
- ↑ 6,0 6,1 Jentz & Doyle 1993, pp. 8, 16.
- ↑ Hart 2007, p. 17.
- ↑ Jentz & Doyle 2000, p. 182.
- ↑ Jentz & Doyle 2000, p. 181.
- ↑ Trewhitt, Philip A. (1999). Armored Fighting Vehicles. Barnes & Noble. p. 26. ISBN 0-7607-1260-3.
- ↑ Bishop 2002, p. 9.
- ↑ Tucker-Jones 2012, p. 7.
- ↑ Drabkin & Sheremet 2006:43
- ↑ White, B. T. German Tanks and Armoured Vehicles, 1914–1945. p. 69-70
- ↑ Green & Brown 2008, pp. 12–13.
- ↑ Green & Brown 2008, p. 13.
- ↑ Green & Brown 2008, p. 14.
- ↑ Carruthers 2013, chapt. "Design features".
- ↑ Jentz & Doyle 1993, p. 6.
- ↑ 20,0 20,1 Fabio Prado. "Pzkpfw Vi Tiger I" (in Engels). Armorsite. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 30 April 2010.
- ↑ Carruthers 2013, chapt. Design features.
- ↑ Bird & Livingston 2001, p. 61.
- ↑ Green & Brown 2008, p. 41.
- ↑ Disk brake for use in motor cars, airplanes, and the like US Patent 2323052 A
- ↑ Transmission & Steering, Tiger I Information Center.
- ↑ 26,0 26,1 26,2 Green & Brown 2008, p. 44.
- ↑ Green & Brown 2008, p. 46.
- ↑ Jentz & Doyle 2000, p. 35.
- ↑ Jentz & Doyle 2000, p. 36.
- ↑ Wilbeck 2004.
- ↑ Anderson 2013, p. 69.
- ↑ Anderson 2013, p. 71.
- ↑ 33,0 33,1 Forty, George. "Tiger Tank Battalions in World War II" (in Engels). Zenith Imprint. p. 51.
- ↑ Green, Michael; Brown, James D. (15 Februarie 2008). "Tiger Tanks at War". Google Books (in Engels). Voyageur Press. p. 88. Besoek op 1 Januarie 2019.
- ↑ Forty, George (2009). "Tiger Tank Battalions in World War II". Zenith Imprint. p. 108.
- ↑ Panzer Statistics Geargiveer 8 Januarie 2018 op Wayback Machine achtungpanzer.com
- ↑ Jentz 1996, p. 288.
- ↑ Hunnicutt 1971.
- ↑ Zaloga 2015, p. 204.
- ↑ Askey, Nigel. Operation Barbarossa : the complete organisational and statistical analysis, and military simulation. IngramSparks Publishing. p. 103. ISBN 978-0-648-22192-0.
- ↑ "The Henschel Tiger Factory". alanbamby.com. Besoek op 12 November 2018.
- ↑ Jentz & Doyle 1993, p. 13.
- ↑ Zaloga 2007, p. 17.
- ↑ Panzerkampfwagen VI Tiger Ausf. E Sd. Kfz. 181 Geargiveer 3 Julie 2009 op Wayback Machine achtungpanzer.com
- ↑ Crawford 2000, p. 41.
- ↑ Jentz & Doyle 1993, p. 12.
- ↑ Peter Broucek "Die österreichische Identität im Widerstand 1938–1945" (2008), p 163.
- ↑ Peter Pirker "Suberversion deutscher Herrschaft. Der britische Geheimdienst SOE und Österreich" (2012), p 252.
- ↑ "Sturmmörser: 38 cm Rocket Projector on Tiger E Chassis – Catalog of Enemy Ordnance". www.lonesentry.com (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2018. Besoek op 3 September 2018.
- ↑ Waffenamt Prüfwesen 6 – Panzer and Motorized Equipment Branch of the Heereswaffenamt (Army Weapons Department)
- ↑ Wa J Ru-WuG 6—Panzerkraftwagen und Zugkraftwagenabteilung – Tanks and Tractors Branch of Amtsgruppe fur Industrielle Rustung—Waffen und Gerat, the Group for Weapons and Equipment Manufacture
- ↑ "Table of Organisation, KStN 1150d" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Maart 2012. Besoek op 17 Julie 2020.
- ↑ "Table of Organisation, KStN 1176e" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 Maart 2016. Besoek op 17 Julie 2020.
- ↑ "USA Guns 90 mm calibre". Gva.freeweb.hu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2010. Besoek op 30 April 2010.
- ↑ Baryatinsky 2008, pp. 29–30.
- ↑ Kolomiets 2013, p. 92.
- ↑ 57,0 57,1 57,2 57,3 Jentz & Doyle 1993, pp. 19–20.
- ↑ WWII Ballistics: Armor and Gunnery & Rexford Livingston.
- ↑ Zaloga 1994, p. 12.
- ↑ Zaloga 1994, p. 13.
- ↑ "Tigerfibel p84-85". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 18 Julie 2020.
- ↑ Bird & Livingston 2001, p. 83.
- ↑ Guderian 1952, p. 280.
- ↑ Showalter 2013, p. 48.
- ↑ Glantz 2005, p. 201.
- ↑ Speer, Albert (1995). Inside the Third Reich. London: Weidenfeld & Nicolson. pp. 335–336. ISBN 978-1-84212-735-3.
- ↑ 67,0 67,1 Jentz 1996, p. 13.
- ↑ Schneider 2004, p. 43.
- ↑ Schneider 2004, p. 44.
- ↑ Forty, George (2009). "Tiger Tank Battalions in World War II". Zenith Imprint. pp. 47–50.
- ↑ 71,0 71,1 71,2 Schneider 2005.
- ↑ 72,0 72,1 "The Maybach Engine". The Tiger I Information Center.
- ↑ 73,0 73,1 Carruthers 2013.
- ↑ Lochmann and Rubbel p 22
- ↑ Zaloga 2015, p. 202.
- ↑ Fletcher 2011, p. 139.
- ↑ Jentz 1996, p. 202,230.
- ↑ 78,0 78,1 Wilbeck 2004, pp. 25, 99.
- ↑ The 17 Pounder Anti-Tank Gun Geargiveer 4 Oktober 2008 op Wayback Machine David Boyd, wwiiequipment.com
- ↑ Hart 2007, p. 65.
- ↑ Zaloga 1994, pp. 6–7.
- ↑ Boldyrev, Eugeni. "KV-85 Heavy Tank". The Russian Battlefield. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2015. Besoek op 20 Oktober 2014.
- ↑ Potapov, Valeri. "Development History of the JS-1/JS-2". The Russian Battlefield. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2005. Besoek op 21 Januarie 2015.
- ↑ "Specification and Armor Penetration". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2020. Besoek op 20 Julie 2020.
- ↑ Zaloga 1994, p. 225.
- ↑ Zaloga 2003, p. 13.
- ↑ Zaloga 2003, p. 14.
- ↑ Kliment, C. K. and Bernád, D. (2007). Maďarská armáda 1919–1945 (N.B.- Die bron meld dat daar miskien 15 tenks afgelewer was maar slegs dertien word in die Hongaarse Leër se bronne weerspieël.)
- ↑ Mujzer, Péter (2018). "A 2. páncéloshadosztály hadműveletei Galíciában, 1944-ben II. rész". Haditechnika. 52 (3): 2–6. doi:10.23713/HT.52.1.01.
- ↑ http://www.chars-francais.net/2015/index.php/engins-blindes/chars?task=view&id=52
- ↑ "The Tiger Tank Restoration project – "Our Tiger" Journal". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2003. Besoek op 23 Julie 2020.
- ↑ "BBC News – 'Last' WW2 Tiger tank to be used in Brad Pitt film". BBC News.
- ↑ "Deutsches Panzermuseum Munster: Die schwerste Katze aller Zeiten". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2013. Besoek op 23 Julie 2020.
- ↑ "Un char Tigre Allemand reconstruit avec des pièces de la poche de Falaise-Chambois". Ouest-France.fr.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Anderson, Thomas (2013). Tiger. Osprey Publishing. ISBN 978-1-78096-201-6. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2014. Besoek op 30 Julie 2020.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Agte, Patrick (2006). Michael Wittmann and the Waffen SS Tiger Commanders of the Leibstandarte in WWII, Vol. 1. Mechanicsburg: Stackpole Books. ISBN 978-0-8117-3334-2.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Baryatinsky, Mikhail (2008). The T-34 in Combat. Jauza, Moscow. ISBN 978-5-699-26709-5.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Bird, Lorrin Rexford; Livingston, Robert D. (2001). World War II Ballistics – Armor and Gunnery. Albany, N.Y.: Overmatch Press. OCLC 71143143.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Bishop, Chris (2002). "1". The Encyclopedia of Weapons of World War II. London: Metrobooks. ISBN 1-58663-762-2.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Carius, Otto (2003). Tigers in the Mud – The Combat Career of German Panzer Commander Otto Carius. Vertaal deur Edwards, Robert J. Stackpole Books. ISBN 978-0-8117-2911-6.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Carruthers, Bob (2000). German Tanks at War. London: Cassell. ISBN 978-0-304-35394-1.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Carruthers, Bob (2013). Tiger I in Combat. Coda Books Ltd. ISBN 978-1-78159-129-1.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Drabkin, Artem; Sheremet, Oleg (2006). T-34 in action. Barnsley (S-Y): Pen & Sword Military. ISBN 1-84415-243-X.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Fletcher, David (2011). Tiger Tank: Owners' Workshop Manual. Haynes Publishing. ISBN 978-0-7603-4078-3.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Forty, George (2004). Villers Bocage. Battle Zone Normandy. Sutton Publishing. ISBN 0-7509-3012-8.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Glantz, David (2005). Colossus Reborn : the Red Army at War : 1941–1943. Lawrence, KS: University of Kansas Press. ISBN 0-7006-1353-6.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Green, Michael; Brown, James D. (2008). Tiger Tanks at War. St. Paul, MN: Zenith Press. ISBN 978-0-7603-3112-5.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Guderian, Heinz (1952). Panzer Leader (Reissue edition, 2001 uitg.). New York: Da Capo Press.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Hart, Stephen (2007). Sherman Firefly vs Tiger: Normandy 1944. Reading: Osprey Publishing. ISBN 1-84603-150-8.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Hunnicutt, Richard Pearce (1971). Pershing: A History of the Medium Tank T20 Series. Navato, CA: Presidio Press. ISBN 0-9821907-0-0.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Jentz, Thomas (1996). Panzertruppen 2: The Complete Guide to the Creation & Combat Employment of Germany's Tank Force 1943–1945. Schiffer. ISBN 978-0-7643-0080-6.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Jentz, Tom; Doyle, Hillary (1993). Tiger 1 Heavy Tank 1942–45. illustrated by Sarson, Peter. Osprey. ISBN 978-1-85532-337-7.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Jentz, Tom; Doyle, Hillary (1997). Germany's Tiger Tanks: Tiger I & II : Combat Tactics. Schiffer Publishing. ISBN 978-0-7643-0225-1.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Jentz, Tom; Doyle, Hillary (2000). Germany's Tiger tanks D.W. to Tiger 1. Schiffer. ISBN 978-0-7643-1038-6.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Kolomiets, Maxim (2013). "Тигры" на Огненной Дуге "Тигры" на Огненной Дуге ["Tiger Tierra del Arc"] (in Russian). KM Strategy. ISBN 978-5-699-65932-6.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - Lochmann, Franz-Wilhelm; Rubbel, Alfred (2000). Combat History of German Tiger Tank Battalion 503. Mechanicsburg, PA, USA: Stackpole Books. ISBN 978-0-8117-3484-4.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Perrett, Bryan (1999). Panzerkampfwagen IV medium tank : 1936–1945. Oxford, United Kingdom: Osprey. ISBN 978-1-85532-843-3.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Schneider, Wolfgang (2004) [First published 2000 by J.J. Fedorowicz; Winnipeg]. Tigers in Combat I (2nd uitg.). Mechanicsburg, PA: Stackpole Books. ISBN 0-8117-3171-5.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Schneider, Wolfgang (2005). Tigers in Combat II. Mechanicsburg, PA: Stackpole Books; originally published 1998 by J.J. Fedorowicz; Winnipeg, Canada. ISBN 0-8117-3203-7.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Showalter, Dennis E (2013). Armor and Blood : the Battle of Kursk, the turning point of World War II. New York, NY: Random House.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Spielberger, Walter & Doyle, Hilary (2007). Tigers I and II and their variants. Pennsylvania: Schiffer Publishing Ltd. ISBN 978-0-7643-2780-3. Spielberger & Doyle (2002).
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - Tucker-Jones, Anthony (2012). "Introduction". Tiger I and Tiger II. Barnsley: Pen & Sword Military. ISBN 978-1-78159-030-0.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Wilbeck, Christopher (2004). Sledgehammers: Strengths and Flaws of Tiger Tank Battalions in World War II. Bedford, Pa.: The Aberjona Press. ISBN 978-0-9717650-2-3.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Zaloga, Steven (1994). IS-2 Heavy Tank 1944–73. Osprey. ISBN 978-1-85532-396-4.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Zaloga, Steven (2003). M4 (76 mm) Medium Tank 1943–65. New Vanguard. Osprey. ISBN 1-84176-542-2.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Zaloga, Steven (2005). US Anti-Tank Artillery 1941–45. New Vanguard. Osprey. ISBN 1-84176-690-9.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Zaloga, Steven (2007). Japanese Tanks 1939–45. New Vanguard. Osprey. ISBN 978-1-84603-091-8.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Zaloga, Steven (2015). Armored Champion: The Top Tanks of World War II. Mechanicsburg, PA: Stackpole Books. ISBN 978-0-8117-1437-2.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Zetterling, Niklas (2000). Kursk 1943: a statistical analysis. London: Frank Cass. ISBN 978-0-7146-5052-4.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Bird, Lorrin Rexford; Livingston, Robert D. (2001). WWII Ballistics: Armor and Gunnery. Overmatch Press.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tiger I-tenk.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |