Vlag van Paraguay
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 27 November 1842 |
Ontwerp | Drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die wapenskild in die middel van die wit baan. |
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 31 Oktober 1851 |
Ontwerp | Drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die seël van die tesourie in die middel van die wit baan. |
Die nasionale vlag van Paraguay is op 27 November 1842 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in rooi, wit en blou met die wapenskild in die middel van die wit baan. Die vlag van Paraguay is die enigste nasionale vlag met verskillende embleme op die voor- en agterkante: die voorkant van die vlag toon die nasionale wapen en die agterkant die seël van die tesourie. Dit is in 2013 ten einde van ’n ontwerp nader aan die oorspronklike s’n hersien. Die vlag het ’n verhouding van 11:20.
Simboliek
[wysig | wysig bron]Die vlag is in 1842 amptelik in gebruik geneem (as gevolg van die Recomendación, i. e. : address, de la Junta gubernativa de Asunción), elke kant van hierdie driekleurvlag bestaan uit ’n horisontale driekleur met rooi, wit en blou met die nasionale wapen gesentreer op die wit baan.[1] Die embleem op die agterkant is die nasionale wapen van Paraguay: ’n geel vyfpuntige ster omring deur ’n groen palmkrans en olyftakke vasgebind met linte in die kleur van die bane, en bedek met die woorde REPÚBLICA DEL PARAGUAY ("Republiek Paraguay" in Spaans), alles binne twee konsentriese sirkels).[1][2]
Die kleure van die vlag is glo geïnspireer deur dié van die vlag van Frankryk om onafhanklikheid en vryheid te vertoon, en die wapen verteenwoordig die onafhanklikheid van Paraguay. Die embleem op die agterkant is die seël van die tesourie: ’n geel leeu onder ’n rooi Frigiese mus op die top van ’n paal (wat dapperheid simboliseer) en die woorde Paz y Justicia ("Vrede en Geregtigheid").[1] Die verskille van die voor- en agterkante dateer uit die tydperk toe José de Francia aan die bewind was (1814–1840).[3] Op 15 Julie 2013 is die vlag hersien. Die wapen is vereenvoudig en die ontwerp is nader aan sy oorspronklike vorm gebring.[4]
Kleure
[wysig | wysig bron]Die kleurskema word hieronder gelys:
Rooi | Wit | Blou | |
---|---|---|---|
RGB | 213-43-30 | 255-255-255 | 0-56-168 |
Heksadesimaal | #d52b1eff | #FFFFFF | #0038a8ff |
CMYK | 0, 80, 86, 16 | 0, 0, 0, 0 | 100, 67, 0, 34 |
Ander vlae
[wysig | wysig bron]-
Presidensiële vlag van Paraguay.
-
Paraguaanse vlootgeus.
Soortgelyke vlae
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 (en) Alison Behnke (1 Augustus 2009). Paraguay in Pictures. Twenty-First Century Books. pp. 69–. ISBN 978-1-57505-962-4.
- ↑ (en) Leslie Jermyn; Jui Lin Yong (1 September 2009). Paraguay. Marshall Cavendish. pp. 123–. ISBN 978-0-7614-4858-7.
- ↑ "Paraguay flag" (in Engels). World Flags 101. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2019. Besoek op 22 Maart 2019.
- ↑ "New Country Flags" (in Engels). Flags Australia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 22 Maart 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Paraguay. |
- (en) Paraguay by Flags of the World.
- (en) "Flag of Paraguay". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |