30 Mei
Voorkoms
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
30 Mei is die 150ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (151ste in skrikkeljare). Daar volg nog 215 dae in die jaar.
Gebeure
- 1232 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Antonius van Padua heilig.
- 1416 – Die Katolieke Kerk verbrand Hiëronymus van Praag (Jerome of Prague).
- 1431 – Rouen, Frankryk: 19-jaar oue Johanna van Arkel (Joan of Arc) verbrand op die brandstapel.
- 1518 – Martin Luther stuur 'n verdudeliking van sy stellings na Pous Leo X.
- 1539 – Florida, VSA: Hernando de Soto land by Tampabaai met 600 soldate met die doelwit om goud te vind.
- 1550 – Pous Julius III stel sy aangenome neef en minnaar Innocenzo Ciocchi del Monte aan as kardinaal.
- 1574 – Hendrik III word Koning van Frankryk.
- 1588 – Die laaste skip van die Spaanse Armada seil vanaf Lissabon na die Engelse kanaal.
- 1626 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word pouslike nuntius in Spanje.
- 1792 – Pous Pius VI publiseer Quo flucto met reëlings vir die bediening van die sakramente, weens die verbod daarop in Frankryk.
- 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer Non ambigimus oor vas.
- 1814 – Die Eerste Verdrag van Parys word geteken en die Franse grense word herstel tot die grenslyne van 1792. Napoleon I van Frankryk op dieselfde dag verban na Elba.
- 1815 – Die HMS Arniston strand by Waenhuiskrans en 373 persone sterf.
- 1868 – Herinneringsdag (Memorial Day) (wat toe bekend gestaan het as "Decoration Day") word vir die eerste keer gevier in die Verenigde State.
- 1876 – Ottoman-sultan Abdülaziz word uit die weg geruim en opgevolg deur sy neef Murat V.
- 1879 – New York Stad se “Gilmore's Garden” deur William Vanderbilt hernoem as Madison Square Garden en vir die publiek geopen op die hoek van “26th Street” en “Madison Avenue”.
- 1883 – New York Stad: 'n Gerug dat die Brooklynbrug (Brooklyn Bridge) gaan ineenstort, veroorsaak paniek waardeur twaalf mense sterf.
- 1896 – Die Chodinka-tragedie vind plaas buite Moskou.
- 1911 – By die Indianapolis Motor Speedway eindig die eerste Indianapolis 500. Ray Harroun word die eerste wenner van die 500-myl motorwedren.
- 1913 – Eerste Balkanoorlog: 'n Vredesverdrag word in Londen geteken wat die oorlog beëindig. Albanië word 'n onafhanklike land.
- 1922 – In Washington, D.C. word die Lincoln-gedenkteken ingehuldig.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland neem Kreta oor.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: 1000 Britse bomwerpers loods 'n 90-minuut-aanval op Keulen, Duitsland.
- 1958 – Die liggame van verskeie ongeïdentifiseerde soldate wat in die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse Oorlog gesneuwel het, word begrawe in die Grafkelder van die Onbekendes (Tomb of the Unknowns) in Arlington Nasionale Begraafplaas.
- 1967 – By die “Ascot Speedway” in Gardena, Kalifornië, spring Evel Knievel met sy motorfiets oor 16 motors.
- 1971 – Marinerprogram: Mariner 9 gelanseer na Mars.
- 1975 – Die Europese Ruimtevaartorganisasie word amptelik gestig.
- 1982 – Spanje word die 16de lid van NAVO en die eerste nasie wat by die alliansie aansluit sedert Wes-Duitsland se toelating in 1955.
- 1989 – Tiananmenplein-protes van 1989: Die 33-voet hoë standbeeld vir die "Godin van Demokrasie" deur studentebetogers onthul op Tiananmenplein.
- 1998 – 'n 6.6-sterkte aardbewing tref Noord-Afghanistan, en ongeveer 5 000 mense sterf.
- 2007 – Anthe, Saturnus se 60ste natuurlike satelliet, word ontdek danksy foto's deur die Cassini-Huygens-ruimtetuig.
- 2012 – Die International Union of Pure and Applied Chemistry verander die name van die Chemiese elemente 114 Ununquadium (Uuq) tot Flerovium (Fl) en 116 Ununhexium (Uuh) tot Livermorium (Lv).
Geboortes
- 1814 – Michael Bakunin, anargis († 1876).
- 1896 – Howard Hawks, Amerikaanse rolprentregisseur († 27 Desember 1977).
- 1899 – Irving Thalberg, vervaardiger († 1936).
- 1901 – Cornelia Otis Skinner, Broadway skrywer, regisseur, aktrise († 1979).
- 1902 – Stepin Fetchit, danser, akteur († 1985).
- 1907 – Elly Beinhorn, vlieënier.
- 1908 – Mel Blanc, stem vir Barney Rubble, Bugs Bunny, Tweety Bird, en andere († 1989).
- 1909 – Benny Goodman, klarinetspeler, groepleier († 1986).
- 1910 – Inge Meysel, aktrise.
- 1912 – Hugh Griffith, akteur († 1980).
- 1920 – Franklin Schaffner, filmregisseur († 1989).
- 1920 – Ralph Metcalfe, atleet († 1978).
- 1921 – Jamie Uys, rolprentregiseur († 1996).
- 1922 – Hal Clement, fiksie-skrywer.
- 1926 – Christine Jorgensen († 1989).
- 1927 – Clint Walker, akteur.
- 1934 – Aleksei Leonof, ruimtevaarder en eerste persoon om in die ruimte te wandel.
- 1936 – Keir Dullea, akteur.
- 1939 – Michael J. Pollard, akteur.
- 1943 – Ken Andrew, politikus en parlementslid van die Demokratiese Alliansie.
- 1951 – Stephen Tobolowsky, akteur.
- 1953 – Colm Meaney, akteur.
- 1955 – Topper Headon, musikant (The Clash).
- 1964 – Wynonna Judd, sanger.
- 1972 – Trey Parker, komediant (South Park).
Sterftes
- 727 – Biskop Hubertus van Luik.
- 1416 – Hiëronymus van Praag, teoloog.
- 1431 – Johanna van Arkel, verbrand op die brandstapel (* 1412).
- 1640 – Peter Paul Rubens, Vlaamse skilder (* 1577).
- 1915 – Jannie Marais, kampvegter vir Afrikaans en weldoener (* 1851).
- 1919 – Gustav Cleemann, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1858).
- 1961 – Rafael Leonidas Trujillo, diktator van die Dominikaanse Republiek.
- 1964 – Leo Szilard, kernfisikus.
- 1967 – Claude Rains, akteur.
- 1986 – Perry Ellis, mode-ontwerper.
- 1993 – Sun Ra, musikant.
- 2000 – Tex Beneke, musiekgroepleier, sanger.
- 2003 – Mickie Most, musikant.
Vakansiedae
- Verenigde State – Memorial Day, tans vierde Maandag in Mei; oorspronklik 30 Mei.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 30 May. |