BMW
Bayerische Motoren Werke Aktiengesellschaft | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 7 Maart 1916 |
Hoofkantoor | München, Duitsland |
Sleutelpersone | Norbert Reithofer (hoof uitvoerende beampte) Joachim Milberg (voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motorvoertuie |
Inkomste | 76 058 miljoen €[1] (2013) |
Bedryfsinkomste | 138 368 miljoen €[1] (31 Desember 2013) |
Netto inkomste | 5 340 miljoen €[1] (31 Desember 2013) |
Werknemers | 110 351[1] (31 Desember 2013) |
Webwerf | bmwgroup.com |
BMW (kort vir Bayerische Motoren Werke AG) is 'n Duitse maatskappy wat motors en motorfietse vervaardig en BMW Mini asook Rolls-Royce besit. Hulle het ook voorheen Rover besit.
Hulle huidige slagspreuk in die Verenigde Koninkryk is "The Ultimate Driving Machine", terwyl dit in die VSA en Suid-Afrika "Sheer Driving Pleasure" is. In Afrikaans is die slagspreuk "Loutere bestuursgenot".
BMW se kompetisie sluit in Alfa Romeo, Audi, Lexus, Mercedes-Benz, Volvo en Porsche.
Geskiedenis
BMW is gestig in 1913 naby München. Die vervaardiger het gespesialiseer om vliegtuigenjins te bou en dit is ook waarvandaan die wapen van die vervaardiger afkomstig is. Dit stel die draaiende skroef van 'n vliegtuig voor.
Stand in Motorbedryf
BMW het gedurende 2006 amptelik die grootste vervaardiger van luukse motors in die wêreld geword.
Kontroversie
Ontwerp
Tydens die vroeë 2000's, het BMW die nuwe ontwerphoof, Christopher Bangle aangestel. Die ontwerpe het onder die spervuur gekom, en allerlei pers het na die nuwe ontwerpe verwys as "Bangled" of "Bangle-ized". Die ontwerpe was heelwat meer gegolf, maar ten spyte van kritiek het hulle verkope bly styg.
Kuns
Ook in 2000, het kunstenaars en BMW onder spervuur gekom as gevolg van 'n kunsuitstalling gehou te München met die naam "Dream City" ("Droomstad"). Twee van die kunstenaars, Swetlana Heger en Plamen Dejanov, het hulle uitstalspasie gebruik om BMW's te adverteer. Dit het die belangrike bespreking oor die verhouding tussen kuns en nywerheid ontlok.
Produksie buite Duitsland
BMW produseer motors en motorfietse in Spartanburg, Suid-Carolina. Dit lewer meer as 500 motors daagliks en het 4 700 werknemers.
In Suid-Afrika is BMW se Rosslyn-fabriek, en 70% van die motors wat hier vervaardig word, word uitgevoer na die VSA, Japan, Australië, Afrika en die Midde-Ooste. In die vroeë 1990's het BMW R1 biljoen geïnvesteer in die Rosslyn-fabriek.
Vanaf 2004 word BMW's ook in Shenyang, Sjina vervaardig.
Modelle – Motors
Die huidige BMW motormodelle word verdeel in verskillende "Reekse", byvoorbeeld 3 Reeks.
1-reeks
'n Klein motor, die enigste agterwielaangedrewe voertuig in sy klas, wat vrygestel is in 2004 in Europa en 2006 in die VSA.
3-reeks
Die opvolger van die 2002, 'n kompakte sedan in die vyfde generasie (E90) vrygestel in 2006.
5-reeks
'n Medium grootte sedan.
6-reeks
Die afslaankap weergawe van die 5 reeks.
7-reeks
'n Luukse volgroottevoertuig in kompetisie met die Mercedes-Benz S Klas. Ook beskikbaar in 'n koeëlvaste weergawe.
X3
'n Klein SUV met klem op bekostigbaarheid.
X5
BMW se eerste SUV, in kompetisie met die Porsche Cayenne, Land Rover Range Rover en Mercedes-Benz M-klas.
Z4
'n Tweesitplek-voertuig, ook beskikbaar in afslaankap.
Modelle – Motorfietse
Die huidige BMW motorfiets modelle word verdeel in verskillende "Reekse", byvoorbeeld R Reeks.
F Reeks
Hierdie reeks bestaan uit die F650 reeks wat 'n veeldoel fiets is asook die nuwe F800 reeks wat tans slegs vir padgebruik bedoel is. beide die reekse gebruik Rotax enjins wat in samewerking met BMW ontwikkel is. Die F800 reeks is in 2006 vrygestel.
R Reeks
Die reeks bestaan uit 'n groot hoeveelheid modelle wat bykans alle applikasie velde insluit. Al die fietse in die reeks word aangedryf deur BMW se "plat 2 silinder" of Boxer enjins. Een van die mees gewilde fietse in die reeks is die GS ( Gelande Strasse) model wat vir veeldoel gebruik bedoel is.
K Reeks
Die K Reeks bestaan uit fietse met inlyn 4 silinder enjins, en dit is dan ook die BMW fietse met die beste werkverrigting. Die nuwe K1200 s wat in 2005 vrygestel is het onder andere die landspoed rekord op die soutpanne in Amerika verbeter.
Kultuur
Die term "beemer" se oorsprong is vanaf die uitspraak van die afkorting "BMW". In Suid-Afrika het Johannes Kerkorrel die bekende lied "BMW" gesing.
Gemeenskap
BMW het 'n hegte en lojale gevolg deur entoesiaste. Die volgende webwerwe is voorbeelde hiervan: E46fanatics.com, M3forums.com, E90post.com, BimmerPortal.com, en bimmerforums.com.
Sedert 1999 het BMW-entoesiaste bymekaar gekom in Santa Barbara, Kalifornië om die "Bimmerfest" by te woon; meer as 3000 mense het dit bygewoon in 2006 met meer as 1000 voertuie.
BMW motorfiets eienaars kom elke jaar bymekaar tydens in geleentheid in SA wat die ABBG (annual BMW Bikers gathering) genoem word.
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 (de) bmwgroup.com: Geschäftsbericht 2013, besoek op 12 April 2014.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met BMW. |