15 Desember
Voorkoms
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
15 Desember is die 349ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (350ste in skrikkeljare). Daar volg nog 16 dae in die res van die jaar .
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1124 – Teobaldo Boccapecci word gekies as Pous Celestinus II.
- 1386 – Pous Urbanus VI ontsnap uit die burg Nocera. Hy neem ses kardinale saam wat teen hom saamgesweer het, waarvan hy vyf terregstel toe hy aan land gaan.
- 1401 – Oddone Colonna (later Pous Martinus V) word administrateur van Palestina.
- 1788 – Pous Pius VI stel Etienne-Charles de Loménie de Brienne, aartsbiskop van Sens, Frankryk aan as kardinaal.
- 1828 – Pous Leo XII stel Antonio Domenico Gamberini, biskop van Orvieto en Juan Francisco Marco y Catalán, goewerneur van Rome aan as kardinale.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Colenso vind plaas.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Frankryk verslaan Duitsland in die Slag van Verdun.
- 1945 – Generaal Douglas MacArthur verbied Shinto as die amptelike godsdiens in Japan.
- 1958 – Giovanni Battista Montini (later Pous Paulus VI) word kardinaal.
- 1961 – 'n Israeli-oorlogsmisdaadtribune vonnis Adolf Eichmann met die doodstraf vir sy aandeel in die Joodse volksmoord.
- 1969 – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word patriarg van Venesië.
- 2013 – Nelson Mandela word op sy geboortedorp, Qunu, begrawe.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 37 – Nero, Romeinse keiser († 68).
- 130 – Lucius Verus, Romeinse keiser († 169).
- 1832 – Alexandre Gustave Eiffel, Franse ingenieur († 1923).
- 1854 – John Daniel Kestell, Suid-Afrikaanse Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier († 1941).
- 1859 – L. L. Zamenhof, ontwikkelaar van Esperanto († 1917).
- 1883 – Ds. Pieter Willem Bingle, predikant in 2 Gereformeerde kerke, nl. Colesberg en Venterstad. († 1923)
- 1888 – Jan Greshoff, Nederlandse digter († 1971).
- 1907 – Oscar Niemeyer, Brasiliaanse argitek († 2012)
- 1926 – Dolf Bekker, Springbokrugbyspeler († 2012)
- 1930 – B.P.J. Erasmus, Suid-Afrikaanse skrywer († 2012).
- 1948 – Cassandra Harris, Amerikaanse aktrise († 1991).
- 1953 – Randy Parton, Amerikaanse akteur († 2021).
- 1956 – Tony Leon, Suid-Afrikaanse opposisieleier.
- 1985 – Desiré Gardner, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1025 – Basilius II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 958).
- 1263 – Koning Haakon IV van Noorweë (* 1204)
- 1675 – Johannes Vermeer, 'n Nederlandse skilder (* 1632).
- 1691 – Hendrik Adriaan van Reede tot Drakestein, krygsman en administratiewe beampte van die VOC (* 1636).
- 1811 – Johannes Theodorus van der Kemp, Nederlandse militêre offisier, dokter en sendeling van die Londense Sendinggenootskap (* 1747).
- 1912 – Sir Thomas Scanlen, eerste minister van die Kaapkolonie (* 1834).
- 1958 – Wolfgang Pauli, Oostenrykse teoretiese fisikus (* 1900).
- 1959 – Dr. Louis Viljoen Rex, predikant in die NG Kerk, actuarius van die Sinode Hoëveld (* 1907).
- 1966 – Walt Disney, animeerder, sketskunstenaar (* 1901).
- 1991 – Wasili Zaitsef, bekende Sowjet-sluipskutter (* 1915).
- 2006 – Clay Regazzoni, Switserse motorrenjaer (* 1939).
- 2009 – Henriette Grové, Afrikaanse skrywer (* 1922).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Sint Valeriaan, wat 'n marteldood gesterf het in 457.
- Koninkryksdag (Nederland)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 15 Desember.