Gaan na inhoud

Pous Paulus VI

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Paulus VI
Geboortenaam Giovanni Battista Enrico Antonio Maria Montini
Pontifikaat begin 21 Junie 1963
Pontifikaat eindig 6 Augustus 1978
Voorganger Johannes XXIII
Opvolger Johannes Paulus I
Gebore 26 September 1897
Concesio by Brescia, Italië
Sterf 6 Augustus 1978
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Paulus
Sint Pous Paulus VI
Gebore 26 September 1897, Concesio by Brescia, Italië
Sterfte 6 Augustus 1978, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Saligverklaring 19 Oktober 2014, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus
Heiligverklaring 14 Oktober 2018, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus
Feesdag 26 September
30 Mei (Ambrosiaanse ritus)[1]
Attribute Pouslike klere, pouslike tiara
Beskermheilige Aartsbisdom van Milaan,[2] Paulus VI Pouslike Instituut,[3] Tweede Vatikaanse Konsilie,[4] Bisdom van Brescia,[5] Concesio, Magenta, Paderno Dugnano

Paulus VI (26 September 18976 Augustus 1978) was die 262ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 15 jaar, 1 maand en 17 dae, van 1963 tot 1978. Hy laat die Tweede Vatikaanse Konsilie wat deur sy voorganger Pous Johannes XXIII begin is, hervat. Hy was die eerste pous wat per vliegtuig om die wêreld gereis het.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Pous Paulus VI[6] is gebore as Giovanni Battista Montini (meer volledig Giovanni Battista Enrico Antonio Maria Montini) op 26 September 1897 in Concesio by Brescia, Italië. Hy is die seun van Giorgio Montini en Giudetta Alghisi. Op 29 Mei 1920 word hy priester gewy. In 1921 behaal hy 'n doktorsgraad in teologie aan die Gregoriaanse Universiteit in Rome. In 1954 word hy aartsbiskop van Milaan. Pous Johannes XXIII stel Montini aan as kardinaal priester op 15 Desember 1958. Op 21 Junie 1963 volg hy Pous Johannes XXIII op en regeer tot sy dood op 6 Augustus 1978. Hy word opgevolg deur Pous Johannes Paulus I. Die naam ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'.

Kerklike loopbaan

[wysig | wysig bron]

Pontifikaat

[wysig | wysig bron]
Pous Paulus VI tydens die Tweede Vatikaanse Konsilie (1963–1965)

Na die dood van Pous Johannes XXIII kies die kardinale Montini as nuwe pous na twee dae se konklaaf op 21 Junie 1963. As sy vernaamste taak het hy die voortsetting van die Tweede Vatikaanse konsilie op hom geneem. Hy het ook dadelik die tweede sitting begin voorberei. Hy het aktief toenadering na ander religieuse groeperinge gesoek.

In die laaste jaar van sy lewe is Paulus swaar geskok deur die moord op Aldo Moro premier van Italië en vriend van die pous. Sy laaste openbare optrede was die begrafnisdiens vir Moro. Twee maande later op 6 Augustus 1978 beswyk hy aan 'n hartaanval in sy vakansiehuis Castel Gandolfo.

Die kollege van kardinale

[wysig | wysig bron]

Die mees verreikende beleid van Paulus was die verandering van die aard en omvang van die Kollege van Kardinale. Deur sy motu proprio (Ingravescentem Ætatem) kondig hy aan dat kardinale van 80 jaar en ouer nie meer mag deelneem aan die konklaaf by die verkiesing van 'n nuwe pous. In Ecclesiae Sanctae bepaal hy dat biskoppe en hoë Kuriefunktionarisse op hulle 75ste verjaarsdag vrywillig hulle ontslag moet aanbied. Beide reëlings laat Paulus toe om die kerk ingrypend te vernuwe. Hy verhoog ook die maksimum aantal kardinale aansienlik. Paulus het 'n groot aantal nuwe kardinale aangestel veral ook uit lande wat nog nooit 'n kardinaal gehad het nie. Die persentasie Italianers in die kollege het aansienlik gedaal en lande in Afrika en Suid-Amerika kry baie meer mag. Dit was ook die oorsaak daarvan dat in 1978 vir die eerste keer in baie eeue 'n nie-Italiaan as pous gekies is.

Pous Paulus VI het 143 nuwe kardinale aangestel in 6 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit hier gehou.

Saligverklarings

[wysig | wysig bron]
  • 1963 – Carlos Manuel Rodrigues Santiago
  • 1963 – Pous Johannes XIII
  • 1963 – Maria Guadalupe Garcia Zavala
  • 1963 – Oleksiy Zarytskyi
  • 1964 – Anwarite Nengapeta
  • 1964 – Cyprianus Michael Iwene Tansi
  • 1964 – Simeon Lukach
  • 1965 – Maria orsini Beltrame Quattrocchi
  • 1967 – Maria Alvarado Cardozo
  • 1968 – Padre Pio van Pietrelcina
  • 1971 – James Alberione
  • 1971 – Vasyl Velychkovsky
  • 1974 – Maria Maravillas van Jesus
  • 1975 – Josemaria Escriva de Balaguer
  • 1976 – Gabriele Allegra

Heiligverklarings

[wysig | wysig bron]

Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete

[wysig | wysig bron]

‘’’Pous Paulus ‘’’ skryf sewe ensiklieke. In “Ecclesiam suam” van 6 Augustus 1964 en “Mysterium fidei” van 3 September 1965 beskryf hy die konsilieproblematiek. Twee word gewy aan Mariaverering: “Mense Maio” van 29 April 1965 oor die maand Mei en “Christi Matri Rosarii” van 15 September 1966 oor die rosekrans. “Populorum Progressio” van 26 Maart 1967 is gewy aan die kloof tussen arm en ryk lande. Die priesterlike selibaat en geboortebeperking kom aan bod in “Sacerdotalis Caelibatus” van 24 Junie 1967 en “Humanae Vitae” van 25 Julie 1968.

Verering

[wysig | wysig bron]

Op 20 Desember 2012 word pous Paulus VI eerbiedwaardig verklaar deur Pous Benedictus XVI. Dit is die eerste stap op die pad na saligverklaring. Op 19 Oktober 2014 is hy deur Pous Franciskus salig en op 14 Oktober 2018 heilig verklaar. Sy gedenkdag is op 26 September.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Memory of Blessd Paul VI". Aartsbisdom van Milaan. 15 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2015. Besoek op 23 Mei 2015.
  2. "In the Diocese of Milan. A pastoral community dedicated to Paul VI" (in Engels). 1 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2015. Besoek op 21 November 2014.
  3. "About Paul VI, Patron of the Institute" (in Engels). Archdiocese of St. Louis. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2017. Besoek op 18 Maart 2015.
  4. (en) "Paul VI Blessed!". Diocese of Brescia. 2014. Besoek op 28 Maart 2015.
  5. "Letter to the diocese for calling a "Montinian Year"" (PDF) (in Italiaans). Diocese of Brescia. 2014. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2016. Besoek op 28 Maart 2015.
  6. Paul VI. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Bulle 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
  • Inskrywing in die Saint-Mike Papal Library (Engels).

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Alfredo Lidefonso Schuster
Aartsbiskop van Milaan
1954–1963
Opgevolg deur
Giovanni Colombo
Voorafgegaan deur
Johannes XXIII
Pous (Pontifex Maximus)
1963–1978
Opgevolg deur
Johannes Paulus I