Antimoon
| |||||||||||||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | antimoon, Sb, 51 | ||||||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | metaalagtiges | ||||||||||||||||||||||||
Groep, periode, blok | 15, 5, p | ||||||||||||||||||||||||
Voorkoms | |||||||||||||||||||||||||
Atoommassa | 121.760 (1) g/mol | ||||||||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Kr] 4d10 5s2 5p3 | ||||||||||||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 18, 5 | ||||||||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | |||||||||||||||||||||||||
Toestand | vastestof | ||||||||||||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | 6.697 g/cm³ | ||||||||||||||||||||||||
Vloeistof digtheid teen s.p. | 6.53 g/cm³ | ||||||||||||||||||||||||
Smeltpunt | 903.78 K (630.63 °C) | ||||||||||||||||||||||||
Kookpunt | 1860 K (1587 °C) | ||||||||||||||||||||||||
Smeltingswarmte | 19.79 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
Verdampingswarmte | 193.43 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 25.23 J/(mol·K) | ||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | |||||||||||||||||||||||||
Kristalstruktuur | romboëdries | ||||||||||||||||||||||||
Ruimtegroep | R3m nommer: 166 | ||||||||||||||||||||||||
Strukturbericht-kode | A7 | ||||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande | −3, 3, 5 | ||||||||||||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 2.05 (Skaal van Pauling) | ||||||||||||||||||||||||
Ionisasie-energieë | 1ste: 834 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
2de: 1594.9 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||
3de: 2440 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||
Atoomradius | 145 pm | ||||||||||||||||||||||||
Atoomradius (ber.) | 133 pm | ||||||||||||||||||||||||
Kovalente radius | 138 pm | ||||||||||||||||||||||||
Diverse | |||||||||||||||||||||||||
Magnetiese rangskikking | geen data | ||||||||||||||||||||||||
Elektriese resistiwiteit | (20 °C) 417 nΩ·m | ||||||||||||||||||||||||
Termiese geleidingsvermoë | (300 K) 24.4 W/(m·K) | ||||||||||||||||||||||||
Termiese uitsetting | (25 °C) 11.0 µm/(m·K) | ||||||||||||||||||||||||
Spoed van klank (dun staaf) | (20 °C) 3420 m/s | ||||||||||||||||||||||||
Young se modulus | 55 GPa | ||||||||||||||||||||||||
Skuifmodulus | 20 GPa | ||||||||||||||||||||||||
Massamodulus | 42 GPa | ||||||||||||||||||||||||
Mohs se hardheid | 3.0 | ||||||||||||||||||||||||
Brinell hardheid | 294 MPa | ||||||||||||||||||||||||
CAS-registernommer | 7440-36-0 | ||||||||||||||||||||||||
Vernaamste isotope | |||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||
Portaal Chemie |
Antimoon is 'n chemiese element met die simbool Sb en 'n atoomgetal van 51. Antimoon is 'n metaalagtige element met vier allotropiese vorms. Die stabiele vorm van antimoon is 'n blouwit metaalagtige stof. Geel en swart antimoon is onstabiele nie-metale. Antimoon word gebruik vir brandwerende bedekkings, verwe, keramieke, emaljes, 'n wye verskeidenheid legerings, elektroniese komponente en rubber.
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Antimoon in sy elementêre vorm is 'n silwerige wit, bros, laagsmeltende, kristallyne vastestof wat oor swak elektriese- en termiese geleidingsvermoë beskik en by lae temperature verdamp. Antimoon is 'n metaalagtige wat ooreenkomste met 'n metaal toon ten opsigte van sy voorkoms en in baie van sy fisiese eienskappe, maar reageer nie chemies soos 'n metaal nie. Dit word ook aangeval deur oksiderende sure en halogene. Antimoon en sommige van sy legerings is ongewoon in die opsig dat hulle uitsit wanneer hulle verkoel word. Antimoon is geochemies gekategoriseer as 'n kalsofiel en kom voor saam met swael en die swaarmetale lood, koper en silwer.
Ramings oor die hoeveelheid antimoon in die Aarde se kors wissel van 0.2 tot 0.5 dele per miljoen.
Gebruike
[wysig | wysig bron]Antimoon word toenemend in die halfgeleierbedryf gebruik vir die vervaardiging van diodes, infrarooisensors en Hall-effek toestelle. As 'n legering dra hierdie element baie by tot lood se hardheid en meganiese sterkte. Die belangrikste gebruik van Antimoon is as 'n verharder in lood opgaarbatterye. Ander gebruike sluit in:
- Lae wrywing legerings
- Drukkersmetaal
- Kleingeweer en Ligspoorammunisie
- Kabelskede
- Vuurhoutjies
- Soldeersels – sommige "loodvrye" soldeersels bevat sowat 5% Sb
- Laers in binnebrandenjins
Antimoonverbindings in die vorm van oksiede, sulfiede, natriumantimonaat en antimoontrichloried, word gebruik in die vervaardiging van brandbestande materiale, keramiek-emaljes, glas, verwe en pottebakkery. Antimoontrioksied is die belangrikste antimoonverbinding en word hoofsaaklik gebruik in brandbestande toepassings. Dit word ook gebruik in die veselglasnywerheid as 'n bymiddel tot poli-ester harse. Die harse sal brand terwyl dit aan 'n vlam blootgestel word maar sal onmiddellik geblus word as die vlam verwyder word. Antimoonsulfied is ook een van die bestanddele van veilige vuurhoutjies.
- Sien ook: Kategorie:Verbindings van antimoon
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Antimoon se sulfiedverbindings, antimoontrisulfied, Sb2S3 is reeds in 3000 jaar v.C. gebruik. Mengsels van Sb2S3 poeier in vet[1] of ander materiale is sedert hierdie vroeë datum gebruik as grimeermiddel. 'n Kunswerk wat uit antimoon vervaardig is rondom 3000 v.C. is naby Tello, Chaldea in die teenswoordige Irak gevind en 'n kopervoorwerp wat met antimoon-oorslag, wat rondom 2500 v.C. tot 2200 v.C. vervaardig is, is in Egipte gevind.[2]
Volgens metallurgiese geskiedkundiges kom die eerste beskrywing vir 'n prosedure om antimoon te skei voor in die Italiaanse boek De la pirotechnia wat dateer uit 1540 en deur Vannoccio Biringuccio geskryf is. Hierdie boek het die meer bekende boek van Agricola, De re metallica vooruitgeloop, al word die ontdekking verkeerdelik aan Agricola toegeskryf. Ander persone word ook soms aangehaal as sou hulle antimoon voor Biringuccio ontdek het maar die bewyse ter stawing daarvan word bevraagteken.
Ontginningsbronne
[wysig | wysig bron]Alhoewel hierdie element nie volop is nie, word dit in meer as 100 mineraalspesies aangetref. Antimoon word soms in suiwer vorm aangetref maar meer dikwels word dit as die sulfied stibniet (Sb2S3) wat die belangrikste ertsbron is. Kommersiële vorme van antimoon is gewoonlik stawe, gebreekte stukkies, korrels of gegote koek. Ander vorms is poeier, skerwe en enkele kristalle.
In 2005 was China die topprodusent van antimoon met ongeveer 84% van die wêreldmark, gevolg deur Suid-Afrika, Bolivië en Tadjikistan volgens die British Geological Survey.
Land | Tonnemaat | % van totaal |
---|---|---|
Volksrepubliek China | 126 000 | 84,0 |
Suid-Afrika | 6 000 | 4,0 |
Bolivië | 5 225 | 3,5 |
Tajikistan | 4 073 | 2,7 |
Rusland | 3 000 | 2,0 |
Top 5 | 144 298 | 96,2 |
Wêreldtotaal | 150 000 | 100,0 |
Chiffres de 2003, métal contenue dans les minerais et concentrés, Bron: L'état du monde 2005
Die grootste myn in China is die Xikuangshan-myn in die Hunanprovinsie.
Voorsorgmaatreëls
[wysig | wysig bron]Antimoon en baie van sy verbindings is giftig. Klinies is antimoonvergiftiging baie soortgelyk aan arseenvergiftiging. In klein hoeveelhede veroorsaak antimoon hoofpyn, duiseligheid en depressie. Groter toedienings veroorsaak heftige en gereelde braking en lei tot die dood binne 'n paar dae.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bibliografie
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Antimony. |
Sien antimoon in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- W. F. Albright "Notes on Egypto-Semitic Etymology. II", The American Journal of Semitic Languages and Literatures, Vol. 34, Nr. 4. (Jul., 1918), pp. 215-255. JSTOR skakel. veral p.230
- Endlich, F.M. "On Some Interesting Derivations of Mineral Names", The American Naturalist, Vol. 22, Nr. 253. (Jan., 1888), pp. 21-32. JSTOR skakel. p.28
- Kirk-Othmer Encyclopedia of Chemical Technology, 5de oplaag. 2004. Inskrywing: antimony.
- Lippmann, E O von [Edmund Oscar]. 1919. Entstehung und Ausbreitung der Alchemie, deel 1. Berlyn: Julius Springer. In Duits.
- Moorey, PRS. 1994. Ancient Mesopotamian Materials and Industries: the Archaeological Evidence. New York: Clarendon Press.
- Priesner, Claus en Figala, Karin, reds. 1998. Alchemie. Lexikon einer hermetischen Wissenschaft. München: C.H. Beck. 412 p. In Duits.
- Sarton, George. 1935. Review of Al-morchid fi'l-kohhl, ou Le guide d'oculistique, na Engels vertaal deur Max Meyerhof. Isis (Feb. 1935), 22(2):539-542 (Die joernaal Isis is in die JSTOR-argiewe.) In Frans.
- Shotyk, William; Krachler, Michael; Chen, Bin. Contamination of Canadian and European bottled waters with antimony from PET containers J. Environ. Monit 2006, 8:288-292 DOI: 10.1039/b517844b
- Los Alamos National Laboratory – Antimony
- Public Health Statement for Antimony
- Wakayama, Hiroshi, "Revision of Drinking Water Standards in Japan", Ministerium vir Gesondheid, Arbeid en Welvaart (Japan), 2003
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |