Koninkryk van Nieu-Seeland
Die Koninkryk van Nieu-Seeland (Engels: Realm of New Zealand) is die hele gebied, waarin die koning van Nieu-Seeland die staatshoof is. Die Koninkryk bestaan uit Nieu-Seeland, die Cookeilande, Niue, Tokelau en die Ross-Afhanklikheid in Antarktika,[1] en is gedefinieer deur 'n Patentbrief van 31 Oktober 1983 vanaf die kantoor van die goewerneur-generaal van Nieu-Seeland.[2]
Goewerneur-generaal
[wysig | wysig bron]Die Goewerneur-generaal van Nieu-Seeland verteenwoordig die staatshoof van Nieu-Seeland (Charles III in sy hoedanigheid as koning van Nieu-Seeland) in die gebied van die Koninkryk. Die Goewerneur-generaal neem hoofsaaklik al die waardigheid en reserwe magte van die staatshoof oor. Die huidige Goewerneur-generaal is sedert 2021 Cindy Kiro.
Soewereiniteit in die Koninkryk
[wysig | wysig bron]Cookeilande en Niue
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikels vir hierdie afdeling is: Cookeilande en Niue.
Die Cookeilande en Niue is selfregerende lande in vrye assosiasie met Nieu-Seeland. Die parlement van Nieu-Seeland is nie gemagtig om eensydig wetgewing ten opsigte van hierdie lande te doen nie. In buitelandse sake en verdedigingskwessies mag Nieu-Seeland nie optree namens hierdie lande nie, maar slegs met hulle raad en toestemming.
Nieu-Seeland
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Nieu-Seeland.
Nieu-Seeland bestaan uit die volgende eilandgroepe:
- Die Noordeiland, die Suideiland en naburige eilande aan die kus wat behoort aan die 16 streke van Nieu-Seeland
- Die Chatham-eilande in die ooste behoort aan die Chatham-eilande-gebied
- Die Kermadec-eilande in die noorde en sub-antarktiese eilande in die suide is almal buite plaaslike owerheidsgrense geleë en word net bewoon deur 'n klein aantal van navorsings- en bewaringspersoneel.
Tokelau
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Tokelau.
Tokelau het 'n mindere mate aan de jure-onafhanklikheid as die Cookeilande en Niue en beplan 'n status van vrye assosiasie. Nieu-Seeland se verteenwoordiger in Tokelau is die administrateur van Tokelau, wat die mag het om wette wat deur die algemene parlement besluit is te verwerp. Die bevolking van Tokelau het in verskeie referendums, wat deur Nieu-Seeland uitgevoer en deur die Verenigde Nasies ondersteun is, teen 'n stelsel van 'n regering met gelyke magte soos die Cookeilande en Niue gestem.[3]
Ross-Afhanklikheid
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Ross-Afhanklikheid.
Die Ross-Afhanklikheid is grondwetlik deel van Nieu-Seeland.[4] Die Goewerneur-generaal van Nieu-Seeland is ook die goewerneur van die Ross-Afhanklikheid. Die Ross-Afhanklikheid sluit in die McMurdo-stasie wat bedryf word deur die Verenigde State, wat nie Nieu-Seeland se soewereiniteit oor Ross-Afhanklikheid erken nie. Die toepassing van soewereiniteit in die Ross-Afhanklikheid is daaropvolgend op die toepassing van terme wat in die Antarktiese Verdrag gevind is.
Gebiede van die Koninkryk
[wysig | wysig bron]Vlag | Wapen | Gebied | Verteenwoordiger van die koningin | Hoof van die Regering | Wetgewer | Hoofstad | Bevolking | Oppervlakte | Bevolkingsdigtheid |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | Goewerneur-generaal Cindy Kiro |
Eerste Minister Jacinda Ardern |
Huis van Verteenwoordigers | Wellington | 5 128 370 (2022) |
268 021 km² | 19,1/km² | ||
Cookeilande | Verteenwoordiger van die koning Tom Marsters |
Eerste Minister Mark Brown |
Parlement van die Cookeilande | Avarua | 17 518 (2018) |
236,7 km² | 42/km² | ||
Niue | Verteenwoordiger van die koning (Goewerneur-generaal van Nieu-Seeland) |
Premier van Niue Dalton Tagelagi |
Vergadering van Niue | Alofi | 1 937 (2021) |
261,46 km² | 6,71/km² | ||
Tokelau | Administrateur Don Higgins |
Ulu-o-Tokelau (Hoof van die Raad van die voortdurende Regering) |
Algemene Fono | Wissel jaarliks tussen Atafu, Nukunonu en Fakaofo | 1 499 (2016) |
10 km² | 115/km² | ||
Ross-Afhanklikheid | Goewerneur | Uitvoerende Hoof | Geen | Scott Base | Scott Base: 10–80; McMurdo-stasie: 200–1000 (seisoenaal) |
450 000 km² | 0/km² |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Samoa, wat vroeër deur Nieu-Seeland as Volkebondmaandat en later as VN-trougebied geadministreer is
- Nauru, wat vroeër deur Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk as Volkebondmaandat en later as VN-trougebied geadministreer is
- Pitcairneilande
- Die Koninkryk van die Nederlande bestaan uit die lande Nederland, Aruba, Curaçao en Sint Maarten
- Die Franse Republiek verwys ná die Metropolitaanse land Frankryk en sy oorsese gebiede
- Die Koninkryk van Denemarke bestaan uit Denemarke, die Faroëreilande en Groenland
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Grondwet van Nieu-Seeland, Regering van Nieu-Seeland, besoek op 10 Junie 2012.
- ↑ (en) Letters Patent Constituting the Office of Governor-General of New Zealand (SR 1983/225) Geargiveer 7 Maart 2012 op Wayback Machine, Parlementêre Raadskantoor van Nieu-Seeland, besoek op 10 Junie 2012.
- ↑ (en) "Tokelau decolonisation high on agenda". The New Zealand Herald. 17 Mei 2008. Besoek op 10 Junie 2012.
- ↑ (en) New Zealand and Antarctica Geargiveer 22 Mei 2010 op Wayback Machine, Nieu-Seeland se Ministerie van Buitelandse Sake, besoek op 10 Junie 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Koninkryk van Nieu-Seeland. |
- (en) Letters Patent constituting the office of Governor-General of New Zealand Geargiveer 3 Oktober 2003 op Wayback Machine – gee verduideliking vir die Koninkryk van Nieu-Seeland
- (en) Cook Islands Geargiveer 3 November 2012 op Wayback Machine, Nieu-Seeland se Ministerie van Buitelandse Sake
- (en) Niue Geargiveer 21 Augustus 2011 op Wayback Machine, Nieu-Seeland se Ministerie van Buitelandse Sake
- (en) New Zealand and the Tokelau Islands Geargiveer 5 Junie 2010 op Wayback Machine, Nieu-Seeland se Ministerie van Buitelandse Sake
- (en) Ross Dependency Geargiveer 21 Augustus 2011 op Wayback Machine, Nieu-Seeland se Ministerie van Buitelandse Sake
Koninkryk van Nieu-Seeland (Realm of New Zealand) | ||||
---|---|---|---|---|
|
Koloniale ryke |
---|
Amerikaans • Australies • Belgies • Brits • Deens • Duits • Engels • Frans • Habsburgs • Italiaans • Japannees • Koers • Nederlands • Nieu-Seelands • Noors • Ottomaans • Portugees • Russies • Spaans • Suid-Afrikaans • Sweeds |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |