Harshavarman I
Harshavarman I | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Bewind | 910-923 |
Voorganger | Yasovarman I |
Opvolger | Ishanavarman II |
Dinastie | Khmer-ryk |
Vader | Yasovarman I |
Moeder | Suster van Jayavarman IV |
Eggenote | Kambujarajalakshmi |
Oorlede | 923 |
Harshavarman I (Khmer: ហស៌វរ្ម័នទី១; oorl. 923) was van 910-923 n.C. koning van die Khmer-ryk. Hy word onder andere genoem deur David P. Chandler, een van die voorste kenners van Kambodja se moderne geskiedenis.[1][2]
Lewe
[wysig | wysig bron]Harshavarman was die seun van koning Yasovarman I en sy vrou, wat ’n suster van Jayavarman IV was.[3] Hy het ’n jonger broer, Ishanavarman II, gehad. Sy vrou se naam was Kambujarajalakshmi.
Die bewind van Harshavarman en sy jonger broer was ’n tydperk van onstabiliteit vir die Khmer-ryk. Albei was betrokke in ’n magstryd met hul ma se broer Jayavarman IV – dié konflik het deur Harshavarman se hele bewind voortgeduur. Jayavarman is eindelik uit Angkor verdryf en het sy eie hoofstad 100 km van daar gestig.[4]
Niks anders is bekend van Harshavarman nie, buiten dat hy ’n klein tempelberg, Baksei Chamkrong, laat bou het wat hy aan sy ouers opgedra het.[5][6]:359,362[7]:114
Hy is in 923 dood en is deur Ishanavarman II opgevolg.[8]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Book Review: Voices from S-21" Geargiveer 12 Oktober 2008 op Wayback Machine. The American Historical Review (October 2002).
- ↑ SBS French program[dooie skakel]. Special Broadcasting Service (10 Desember 2007).
- ↑ Higham, 2001: p.70
- ↑ Briggs, Lawrence Palmer. The Ancient Khmer Empire. Transactions of the American Philosophical Society 1951, bl. 115.
- ↑ "The temple complex of Angkor Baksei Chamkrong". CambodianOnline.Net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2019. Besoek op 13 Oktober 2008.
- ↑ Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
- ↑ Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. trans.Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1.
- ↑ The Khmers, Ian Mabbet en David P. Chandler, Silkworm Books, 1995, bl. 262.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia