Harshavarman III
Harshavarman III | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Bewind | 1066 tot c. 1080 |
Voorganger | Udayadityavarman II |
Opvolger | Jayavarman VI |
Dinastie | Khmer-ryk |
Vader | Suryavarman I |
Postume naam | Sadasivapada |
Harshavarman III (Khmer: ហស៌វរ្ម័នទី៣) was van 1066 tot omstreeks 1080 koning van die Khmer-ryk nadat hy sy ouer broer, Udayadityavarman II, opgevolg het.[1]:139[2]:376 Sy hoofstad was die sogenaamde "Tweede Yasodharapura", met in sy middel die tempel Baphuon, wat deur sy broer laat bou is. Sy belangrikste reservoir was die Wes-Baray.
Sy bewind is gekenmerk deur interne rebellies wat hy nie kon onderdruk nie. Harshavarman III was dus die laaste heerser van sy dinastie. Sy opvolger, Jayavarman VI, was ’n troonrower van die Phimai-gebied in die hedendaagse Thailand.[3]:107
Harshavarman III is genoem in stele K.908[4] by Preah Khan as ’n afstammeling deur sy ma van Jayavarman VII, hoewel ’n lang dispuut oor die saak geheers het.[5]
Tussen 1074 en 1080 is die ryk binnegeval deur die Champa-prins Pang, ’n jonger broer van koning Harivarman IV en self later koning Paramabodhisattva.[1]:152[6]:72
Harshavarman het ná sy dood die postume naam Sadasivapada gekry.[1]:152
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. vert. Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1.
- ↑ Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
- ↑ Higham, Charles (2003). The Civilization of Angkor. Phoenix. ISBN 1-84212-584-2.
- ↑ W., Aphisit. "Angkor Era - Part I (834 - 1000 A.D)". cambodia-travel (in Engels). Cambodia Tours. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019. Besoek op 18 Junie 2015.
- ↑ John, Sunday; et al. (11 April 1997). "Preah Khan Conservation Project - Report VII Appendix A" (PDF). New York, VSA: World Monuments Fund. pp. 27–28. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Mei 2011. Besoek op 17 Augustus 2009.
- ↑ Maspero, G., 2002, The Champa Kingdom, Bangkok: White Lotus Co., Ltd., ISBN 9747534991
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia