Oos-Vlaams
Oos-Vlaams Oostvlaams | ||
---|---|---|
Gepraat in: | België Nederland | |
Gebied: | Oos-Vlaandere | |
Totale sprekers: | onbekend | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Nederfrankies Nederlands Oos-Vlaams | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Oos-Vlaams (Oos-Vlaams: Uuëst-Vloams, Nederlands: Oost-Vlaams) is 'n Nederfrankiese dialek, wat tot die Nederlandse taal behoort. Oos-Vlaams word tot die Brabants-Frankiese dialekte en die suidelik-sentrale dialekgroep gereken.
Oos-Vlaams word in die westelike deel van België gepraat: hoofsaaklik in die provinsie Oos-Vlaandere, verder in die noordooste en die suidooste van die provinsie Wes-Vlaandere, in die munisipaliteit Zwijndrecht van die provinsie Antwerpen en in 'n paar Hainautse dorpe by die Oos-Vlaamse grens. Daarbenewens word Oos-Vlaams ook in die ooste van die Nederlandse gebied van Zeeuws-Vlaandere gepraat.
Die Oos-Vlaamse streektaal het invloede van die Franse taal en die Brabantse streektaal ondergaan.
Die ooste van Wes-Vlaandere en die weste van Oos-Vlaandere vorm 'n oorgangsgebied tussen die Wes-Vlaamse en die Oos-Vlaamse dialek. Hierdie grensgebied is oral taamlik breed, behalwe naby die stad Aalter. Verder vorm die ooste van Oos-Vlaandere 'n oorgangsgebied met die Brabantse dialek. In die omgewing van die rivier die Dender, soos in Denderleeuw en Aalst, vertoon die dialek al baie Brabantse kenmerke.
Taaleilande
[wysig | wysig bron]Daar is twee egte taaleilande in Oos-Vlaandere, plekke waar die dialek baie verskil van die andere dialekte, naamlik Gents en Ronses. Gent is die hoofstad van die provinsie Oos-Vlaandere. Albei die dialekte vertoon baie Franse kenmerke.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Nederlandstalige Wikipedia
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale | ||
---|---|---|
Noord-Germaanse tale: | ||
Deens | Faroëes | Noors (Bokmål, Nynorsk) | Sweeds | Yslands | ||
Wes-Germaanse tale: | ||
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots | ||
Oos-Germaanse tale: | ||
Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†) |