Gaan na inhoud

Vlag van Palestina

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Palestina
Vlag van Palestina
Vlag van Palestina
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 28 Mei 1964 (PBO)[1]
15 November 1988 (Staat Palestina)
Ontwerp Drie horisontale bane in swart, wit en groen met ’n rooi driehoek aan die vlagpaalkant.

Die Palestynse vlag is op 28 Mei 1964 deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie in gebruik geneem en op 15 November 1988 deur die Staat Palestina. Die vlag vertoon drie horisontale bane in swart, wit en groen met ’n rooi gelyksydige driehoek aan die vlagpaalkant.

Kleure

[wysig | wysig bron]
Wapperende Palestynse vlae by Jasser Arafat se graf in Ramallah

Die kleurskema word hieronder gelys:

Rooi Wit Groen Swart
RGB 206/17/38 255/255/255 0/122/61 0/0/0
Heksadesimaal #ce1126 #FFFFFF #007a3d #000000
CMYK 0/92/82/19 0/0/0/0 100/0/50/52 0/0/0/100

Interpretasie van kleure

[wysig | wysig bron]
Skema Tekstielkleur
Rooi Die Hasjemitiese dinastie; bloedige stryd vir vryheid.
Wit Die Omajjadiese dinastie; helder en vreedsame toekoms.
Groen Die Fatimidiese dinastie; Ali, die neef en skoonseun van Mohammed.
Swart Die Abbasidiese dinastie; onderdrukking in die verlede.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Palestynse vlag oor die Alhambra-bioskoop, Jaffa, 1937

Die vlag is byna identies aan dié van die Hasjemiete Koninkryk Hidjaz wat die westelike gedeelte van die Arabiese Skiereiland uitmaak, die Arabiese Sosialistiese Ba’ath-party (albei gebruik ’n vlagverhouding van 2:3 teenoor die 1:2 van die Palestynse vlag) asook die kortstondige Arabiese Federasie van Irak en Jordanië (wat elk ’n gelyksydige driehoek aan die vlagpaalkant gebruik het)

Die vlag wat in die eerste helfte van die 20ste eeu deur die Arabiese Palestyne gebruik is, is die vlag van die Arabiese Opstand van 1916. Die oorsprong van die vlag is onduidelik. ’n Weergawe wil dit hê dat die kleure in 1909 deur die Arabiese nasionalistiese ‘Literêre Klub’ in Istanboel gekies is na aanleiding van die woorde van die 13de-eeuse Arabiese digter Safi al-Din al-Hili:

Vra die hoogreikende lanse na ons aspirasies
Bring die swaard aan getuies, het ons hoop verloor
Ons is ’n groep, eer halt ons siele
Van oorsprong met leed, dié wat ons nie leed aandoen nie
Wit is ons dade, swart is ons gevegte
Groen is ons velde, rooi is ons swaarde

’n Ander weergawe meen weer dit is te danke aan die Jong Arabiere-genootskap wat in 1911 in Parys gestig is. Nóg ’n weergawe lui dat die vlag deur sir Mark Sykes van die Britse Ministerie vir Buitelandse Sake ontwerp is. Wat die regte weergawe ook al mag wees, die vlag is ten minste teen 1917 deur Sharif Hussein gebruik en dit het vinnig bekendheid begin verwerf as die vlag van die Arabiese nasionale beweging in die Masjriek.[2]

Op 18 Oktober 1948 is die vlag van die Arabiese Opstand aangeneem. ’n Gewysigde weergawe (wat die volgorde van die horisontale bane verander het) is amptelik in 1964 deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie as die vlag van die Palestynse volk aanvaar. Op 15 November 1988 het die PBO die vlag ook as die vlag van die Staat Palestina aanvaar.

Op voetsoolvlak is die vlag sedert die Oslo-akkoord, met die stigting van die Palestynse Owerheid in 1993, wydverspreid gebruik. Die vlag word vandag dikwels deur Palestyne en hul ondersteuners vertoon.[3][1][4]

Ander vlae

[wysig | wysig bron]

Soortgelyke vlae

[wysig | wysig bron]

Die vlae van Jordanië en Wes-Sahara is ook deur die Arabiese Opstand (1916–1918) teen Ottomaanse oorheersing geïnspireer. Die vlag van die Arabiese opstand het dieselfde grafiese vorm gehad maar die kleure is anders gerangskik.

Verbanning

[wysig | wysig bron]

Onmiddellik na die Sesdaagse Oorlog in 1967 het die Staat Israel die Palestynse vlag in die besette Gasastrook en Wesoewer verbied. In 1980 het ’n wet kunswerke van “politieke noemenswaardigheid” waarin die vier kleure gebruik is, verbied en Palestyne is gearresteer indien hulle sulke kunswerke sou vertoon.[10][11][12]

Die verbanning is sedert die ondertekening van die Oslo-akkoorde in 1993 opgehef.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Palestina" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 16 Maart 2020.
  2. (en) Tamir Sorek, The orange and the ‘Cross in the Crescent’: imagining Palestine in 1929, Nations and Nationalism, Vol 10 (2004) 269-291.
  3. (en) VN Veiligheidsraad: Die situasie in die Midde-Ooste, insluitend die Palestynse kwessie (S/PV.5077 Geargiveer 2 Junie 2008 op Wayback Machine)
    Mnr. Terje Roed-Larsen, spesiale koördineerder vir die Midde-Oosterse Vredesproses en Persoonlike Verteenwoordiger van die Sekretaris-Generaal: “[Arafat] met die kenmerkende kaffijeh het Palestynse identiteit en nasionale strewe verpersoonlik, selfs meer as die Palestynse vlag of nasionale lied.”
  4. (en) AmericanDiplomacy.org: Palestynse Sielkundige Operasies: Die eerste intifada Geargiveer 6 Oktober 2012 op Wayback Machine deur Jamie Efaw
    Aanhaling: “’n Voorbeeld van ’n gemene, voor die hand liggende simboliek het in die vorm van die Arabiese vlag gekom. […] die vlag en die kleure het die boodskap van die onderliggende tema van gehele Intifada-Palestynse nasionalisme aan elke teikengehoor oorgedra. Die vlag, simbool van Palestynse nasionalisme, is alomteenwoordig in die besette gebiede.”
  5. "Ottoman Empire (Turkey, 1299–1923)" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 Desember 2018.
  6. "British Mandate of Palestine 1923–1948" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 23 Desember 2018.
  7. "Civil Ensign 1927–1948 (British Mandate of Palestine)" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 23 Desember 2018.
  8. Breschi, Roberto. "Palestina". www.rbvex.it (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2019. Besoek op 25 Julie 2019.
  9. Breschi, Roberto. "PALESTINA – Bandiera del presidente". Bandiere – Passato e Presente (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2016. Besoek op 31 Julie 2019.
  10. (en) Kifner, John (16 Oktober 1993). "Ramallah Tydskrif; 'n Palestynse weergawe van die Oordeel van Salomo". The New York Times. Besoek op 21 Mei 2010.
  11. (en) Dalrymple, William (2 Oktober 2002). "'n Kultuur onder vuur". The Guardian. Londen. Besoek op 21 Mei 2010.
  12. "Die waatlemoen gee 'n kleurvolle intermezzo". The Age (in Engels). Melbourne. 12 September 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.