Gaan na inhoud

Pous Franciskus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Franciscus
Lêer:Papa Francisco con periodistas 2013-03-16-2.jpg
Geboortenaam Jorge Mario Bergoglio
Pontifikaat begin 13 Maart 2013
Pontifikaat eindig
Voorganger Benedictus XVI
Gebore 17 Desember 1936
Buenos Aires, Argentinië

Pous Franciscus (Latyns: Franciscus PP., gebore as Jorge Mario Bergoglio in Buenos Aires, Argentinië, op 17 Desember 1936) is die 266ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Hy is op 13 Maart 2013 verkies tydens die konklaaf van 2013, wat gehou is na die aftrede van Pous Benedictus XVI.

Franciscus is die eerste Latyns-Amerikaner en Jesuïet wat as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk verkies is. Hy is ook die eerste pous vanuit die Amerikas, die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond. Die vorige pous wat van nie-Europese afkoms was, was pous Gregorius III vanaf 731 tot 741. Franciscus het homself vernoem ná Franciskus van Assisi, die "heilige van die arme", en Franciscus Xaverius, die stigter van die Jesuïete.

Jorge Mario Bergoglio is van Italiaanse afkoms en praat Italiaans, Spaans, Duits en Latyn.

Bronne

  • (en) 2010: Cardinal Argentin: Jorge Mario Bergoglio, Leonardo Sandri, Estanislao Esteban Karlic, Eduardo Francisco Pironio, Ral Primatesta, Livres Groupe, ISBN 978-1159403461

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Benedictus XVI
Pous (Pontifex Maximus)
2013 - hede
Opgevolg deur
--