Gaan na inhoud

Karabo Khakhau

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Karabo Lerato Khakhau is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sedert November 2022 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Voor dit het sy vanaf Mei 2019 tot November 2022 as DA-lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer gedien. Sy was 21 jaar oud ten tyde van haar verkiesing tot die Provinsiale Wetgewer en het die jongste lid van 'n Provinsiale Wetgewer ooit in Suid-Afrika geword. Khakhau is 'n voormalige president van die Studenteraad (SR) van die Universiteit van Kaapstad (UK) vir die raadstermyn 2017/18. In hierdie verkiesing het sy die meeste stemme van alle kandidate gekry.

Vroeë lewe en opvoeding

[wysig | wysig bron]

Khakhau kom van Welkom in die Vrystaat. Sy het in 2015 aan Welkom-Gimnasium gematrikuleer.[1] Sy het daarna vir 'n Baccalaureusgraad in Sosiale Wetenskappe studeer waar sy in Politiek en Bestuur, Sosiologie en Maatskaplike Ontwikkeling aan die Universiteit van Kaapstad as hoofvak geneem het. Sy het in 2019 haar akademiese studies gestaak en haar tyd aan staatsdiens in die Vrystaatse Wetgewer gewy. Sy het later 'n Nagraadse Sertifikaat in Gevorderde Bestuur en Openbare Leierskap van die Universiteit van die Witwatersrand bekom.[2]

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Khakhau het in 2016 by die Demokratiese Alliansie aangesluit. As 'n studente-aktivis het sy gedien as die Demokratiese Alliansie Studente-organisasie (DASO) se takvoorsitter van die Universiteit van Kaapstad. Sy is ook verkies as die DASO Wes-Kaap Provinsiale tussentydse voorsitter.[1] Die DA se studenteorganisasie het in Oktober 2017 ’n meerderheid van nege uit die vyftien setels op die studenteraad van die Universiteit van Kaapstad verower. Sy het die meeste studentestemme in hierdie verkiesing gekry, en is daarna as president van die SR verkies.[3]

Na die provinsiale verkiesing wat op 8 Mei 2019 gehou is, is Khakhau tot die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer benoem namate die party se steun in die provinsie gegroei het.[4] Sy is op 22 Mei 2019 as lid van die wetgewer ingesweer. Gevolglik het sy die jongste lid ooit geword, aangesien sy net 21 jaar oud was toe sy die amp aanvaar het.[5]

Khakhau het op 15 November 2022 uit die Vrystaatse Wetgewer bedank om die voormalige DA-provinsiale leier in die Vrystaat, Patricia Kopane, se setel in die Nasionale Vergadering op te neem. Sy is op 16 November as parlementslid ingesweer. Die DA se koukusleier in die Dihlabeng-munisipaliteit, Jafta Mokoena, het Khaukau in die Provinsiale Wetgewer vervang.[6]

Op 21 April 2023 het Khakhau die Skadu-adjunkminister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie geword.[7] Khakhau is in die algemene verkiesing van 2024 vir 'n volle termyn tot die Parlement verkies.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Madisa, Kgothatso (15 Junie 2019). "Equality drives Karabo Khakhau". SowetanLIVE. Besoek op 11 September 2020.
  2. Maputla, Tswelopele (23 Mei 2019). "#BlackGirlMagic: These female parliamentarians are only in their 20s". SowetanLIVE. Besoek op 11 September 2020.
  3. Van Damme, Phumzile. "DASO UCT wins SRC election". Democratic Alliance. Besoek op 11 September 2020.
  4. Ngatane, Nthakoana (21 Mei 2019). "Meet the Free State's youngest MPL, Karabo Khakhau". Johannesburg. EWN. Besoek op 11 September 2020.
  5. "Youngest member of legislature sworn in". Bloemfontein Courant. Besoek op 11 September 2020.
  6. "The Democratic Alliance welcomes Jafta Mokoena as a member of the Free State Legislature". Democratic Alliance - Free State. Besoek op 18 November 2022.
  7. "Mathew Cuthbert replaces Gwen Ngwenya as DA's head of policy". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 21 April 2023.
  8. "The 400 MPs elected to the National Assembly - IEC - DOCUMENTS | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 10 Julie 2024.

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]