Gaan na inhoud

Kevin Mileham

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kevin Mileham
Kevin Mileham
Mileham tydens 'n parlementêre debat in September 2019

Skaduminister van minerale bronne en energie
Ampsbekleër
Termynaanvang
5 Junie 2019

Skaduminister van energie
Ampstermyn
21 Februarie 2019 – 5 Junie 2019
Voorafgegaan deur Gavin Davis

Skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake
Ampstermyn
29 Mei 2014 – 21 Februarie 2019
Voorafgegaan deur John Steenhuisen
Opgevolg deur Joe McGluwa

Hoofsweep vd Demokratiese Alliansie in 2 munisipale koukusse
Ampstermyn
April 2006 – Junie 2013

Persoonlike besonderhede
Gebore 23 April 1971 (1971-04-23) (53 jaar oud)
Durban
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/-note Laura Guest (geskei)
Natasha Mazzone (Julie 2017–)
Kind(ers) 2 (uit vorige huwelik)
Alma mater Universiteit van die Witwatersrand

Kevin John Mileham (gebore op 23 April 1971) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie en tans die skaduminister van minerale bronne en energie. Mileham is op 3 Junie 2013 vir die eerste keer tot die parlement verkies, in die plek van Athol Trollip wat bedank het.[1] Sy eerste parlementêre rol was as die skadu-adjunkminister van grondhervorming en landelike ontwikkeling. Ná die algemene verkiesing in 2014 is hy aangestel as die skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake. In Februarie 2019 word hy aangestel as skaduminister van energie. Ná die nasionale en provinsiale verkiesing op 8 Mei 2019 is Mileham as skaduminister aangestel in die uitgebreide portefeulje van minerale bronne en energie. [2]

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Mileham het in 1988 aan die Selborne College in Oos-Londen gematrikuleer en aan die Universiteit van die Witwatersrand gegradueer met 'n B.Comm (regte)-graad. Hy het sy studies voortgesit om 'n nagraadse diploma in reklame en bemarking aan die AAA School of Advertising te verwerf.

Ná sy studies begin hy werk by The Jupiter Drawing Room, 'n bekroonde Suid-Afrikaanse reklameagentskap, wat handelsmerke soos Coca-Cola en 5FM hanteer. In 1996 was hy in diens van Coca-Cola om die Powerade- sportdrankie in Suid-Afrika bekend te stel. In 1998 het hy by Microsoft Suid-Afrika as 'n bemarkingsbestuurder aangesluit, wat aanvanklik slegs verbruikersprodukte gedek het, maar later bevorder is om alle tafelmodel-toepassings (insluitend Microsoft Office en Windows) vir beide die verbruikers- en sakesektor in te sluit.

In 2001 verhuis hy na die Oos-Kaap, waar hy sy eie bemarkings- en bestuurskonsultasieonderneming, Forward Momentum, stig, met die fokus op die ontwikkeling van nie-regeringsorganisasies en klein, medium en mikro-ondernemings.

Mileham het twee kinders uit sy eerste huwelik met Laura Guest. Hy is in Julie 2017 met die Demokratiese Alliansie-lid, Natasha Mazzone, getroud.

Politiek

[wysig | wysig bron]

Mileham was tydens die verkiesing in 1994 en 1999 aktief betrokke by partypolitiek vir die voormalige Demokratiese Party as 'n partyagent en aktivis. In 2003 raak hy aktief betrokke by plaaslike politiek as gevolg van die versuim van die plaaslike munisipaliteit om dienste aan minderbevoorregte gemeenskappe te lewer. Hy het hom by die Demokratiese Alliansie in Port Alfred (Ndlambe Plaaslike Munisipaliteit) aangesluit, waar hy kort daarna as voorsitter van die kiesafdeling aangestel is. In 2006 is hy verkies tot die Ndlambe munisipale raad en word hy aangestel as die hoofsweep en woordvoerder van die party.

In 2007 is Mileham gekies om deel te wees van die eerste klas van die Young Leaders-program van die Demokratiese Alliansie, 'n jaarlange kursus in politieke en leierskapsontwikkeling.[3] In 2009 het hy onsuksesvol vir die parlement gestaan. In 2011 is hy verkies as 'n munisipale raadslid van die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit, en is hy aangestel as die DA se hoofsweep.

In 2013, na die dood van Pine Pienaar, 'n lid van die Oos-Kaapse provinsiale wetgewer, het die DA se provinsiale leier Athol Trollip verkies om na die provinsie terug te keer na sy nederlaag teen Lindiwe Mazibuko vir die pos as parlementêre leier van die DA. Mileham neem toe Trollip se setel in die parlement op.[4] Sy aanstelling as skadu-adjunkminister vir grondhervorming en landelike ontwikkeling[5] kom op 'n stadium (net voor die 2014 nasionale en provinsiale verkiesing) toe grondherstel in die nasionale kollig was, en Mileham was spoedig in die kollig.[6][7][8][9][10]

Na sy herverkiesing in 2014 is Mileham deur die nuwe leier van die opposisie, Mmusi Maimane, as die skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake aangewys. In Februarie 2019 word hy aangestel as skaduminister van energie. Hy het hierdie pos beklee tot Junie 2019, toe Maimane hom as skaduminister van minerale bronne en energie aangestel het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Mileham to fill Trollip's shoes in Parliament soon" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
  2. "The DA's new Shadow Cabinet ready to make Parliament work for the people" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2019.
  3. "Redirecting..." www.bdlive.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op 21 November 2017. {{cite web}}: Cite uses generic title (hulp)
  4. http://www.sabc.co.za/news/a/8503f2004fe5136d959cf70b5d39e4bb/Trollip-back-in-Eastern-Cape-vows-to-fight-for-rural-development-20130606
  5. "Shadow Cabinet tweaked - DA - PARTY | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 21 November 2017.
  6. "8 million hectares of land unaccounted for - Kevin Mileham - PARTY | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 21 November 2017.
  7. "397 000 new land claims need to be processed - Kevin Mileham - PARTY | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 21 November 2017.
  8. "Only R8.7bn budgeted for land restitution over next 3 years - Kevin Mileham - PARTY | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 21 November 2017.
  9. "Why the DA opposes the Property Valuation Bill - Kevin Mileham - PARTY | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 21 November 2017.
  10. "We can't pick and choose which sections of the Constitution we want to uphold - Kevin Mileham - PARTY | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 21 November 2017.